Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vryheid van Spraak/sensuur?
Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4281] Wo, 24 Maart 2004 02:11 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda, ek lees netnou dat die boek "House of Bush, House of
Saud" van Craig Unger, verban is in Engeland?

"We've had to withdraw it for legal reasons," says an editor at Secker
& Warburg, a U.K. division of Random House. "We expected we would be
able to publish it with a degree of risk. But regrettably in the final
analysis we decided we could not.

Unger's literary agent Elizabeth Sheinkman stresses the decision had
nothing to do with the book's quality and that Secker & Warburg
editors "were very excited about" the manuscript. "But they were
concerned that it could be very costly for them," she says. "In the
process of having it legally vetted they were ultimately advised it
would be dangerous to publish the book. Or rather, the likelihood of
Random House [U.K.] being sued by the Saudis was too likely for them
to go forward."


Weet jy iets hiervan?

Terloops, nou die dag stuur 'n vriendin vir my 'n baie interessante
skakel wat handel oor pers vryheid. Volgens hulle lys lê Engeland
22ste. Suid Afrika is 26ste.
Amerika is 17de en Kanada is 5de!! ;-)
Finland, Ysland, Noorweë en hoera vir Roely, Nederland, is die eerste
4 lande met die mees vrye pers.
Nogal interessant, nè?
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4282 is 'n antwoord op boodskap #4281] Wo, 24 Maart 2004 02:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Mar 2004 21:11:10 -0500, Katryn wrote:

> Lorinda, ek lees netnou dat die boek "House of Bush, House of
> Saud" van Craig Unger, verban is in Engeland?

Verban is definitief nie die woord wat ek wou gebruik nie. Jammer!!
;-)
Maar laat ek weer probeer. Ek wonder waarom hulle nie 'n ander
publiseerder kan gebruik nie? Michael Moore het mos ook groot
probleme gehad om sy boek "Stupid White Men" hier in Amerika
gepubliseer te kry, maar eventueel het hy iemand gekry, en die groot
publisseerders kon hulleself seker skop na die tyd. ;-)
Elkgeval, die artikel wat ek gelees het oor die boek wat nie vrygelaat
gaan word in Engeland nie, het my nogal interesseer, want iets klink
nie baie kosher vir my nie. Elkgeval...dog toe maar ek vra vir iemand
wat beter sal weet en wat daar woon. ;-)
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4287 is 'n antwoord op boodskap #4282] Wo, 24 Maart 2004 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:b8s160dcm1g2kthu9985flkdeh19bup1vs@4ax.com...
>
> Verban is definitief nie die woord wat ek wou gebruik nie. Jammer!!
> ;-)
> Maar laat ek weer probeer. Ek wonder waarom hulle nie 'n ander
> publiseerder kan gebruik nie? Michael Moore het mos ook groot
> probleme gehad om sy boek "Stupid White Men" hier in Amerika
> gepubliseer te kry, maar eventueel het hy iemand gekry, en die groot
> publisseerders kon hulleself seker skop na die tyd. ;-)
> Elkgeval, die artikel wat ek gelees het oor die boek wat nie vrygelaat
> gaan word in Engeland nie, het my nogal interesseer, want iets klink
> nie baie kosher vir my nie. Elkgeval...dog toe maar ek vra vir iemand
> wat beter sal weet en wat daar woon. ;-)

Daar sal dalk iewers 'n uitgewer wees wat braaf genoeg is, maar die feit is
dat die Huis van Saud baie invloed het hier. Soos jy weet is hulle
ongelooflik ryk, hulle besit geweldig baie eiendom in Londen, en hulle geld
hou 'n paar banke aan die gang :-) Omdat die boek (waarskynlik) omstrede
(?) is, sal uitgewers dalk bang wees vir 'n hofsaak, en met die geld wat die
Saudi koningshuis daaraan kan bestee dink hulle dalk hulle sal nie 'n kans
hê nie.

Lorinda
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4288 is 'n antwoord op boodskap #4281] Wo, 24 Maart 2004 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:nrq160lcq4sjajdmhlg8e22pnfaktrl3ea@4ax.com...
>
> Terloops, nou die dag stuur 'n vriendin vir my 'n baie interessante
> skakel wat handel oor pers vryheid. Volgens hulle lys lê Engeland
> 22ste. Suid Afrika is 26ste.
> Amerika is 17de en Kanada is 5de!! ;-)
> Finland, Ysland, Noorweë en hoera vir Roely, Nederland, is die eerste
> 4 lande met die mees vrye pers.
> Nogal interessant, nê?

Wat was gebruik as "criteria" Katryn? Dit is inderdaad interessant. Ek sou
sê die invloed van MI5, en wat mag en nie mag gesê word oor die Britse
vorstehuis beinvloed waarskynlik die Engelse posisie.

Lorinda
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4301 is 'n antwoord op boodskap #4288] Wo, 24 Maart 2004 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4061aa94_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:nrq160lcq4sjajdmhlg8e22pnfaktrl3ea@4ax.com...
>>
>> Terloops, nou die dag stuur 'n vriendin vir my 'n baie interessante
>> skakel wat handel oor pers vryheid. Volgens hulle lys lê Engeland
>> 22ste. Suid Afrika is 26ste.
>> Amerika is 17de en Kanada is 5de!! ;-)
>> Finland, Ysland, Noorweë en hoera vir Roely, Nederland, is die eerste
>> 4 lande met die mees vrye pers.
>> Nogal interessant, nè?

Nou, ik steek meteen de vlag uit!

>
> Wat was gebruik as "criteria" Katryn? Dit is inderdaad interessant. Ek sou
> sê die invloed van MI5, en wat mag en nie mag gesê word oor die Britse
> vorstehuis beinvloed waarskynlik die Engelse posisie.

Over ons koningshuis wordt heel wat geschreven in "de bladen", maar als het
erg lasterlijk is gaat de koninklijke persoon in kwestie naar de rechter.
Ik kreeg de indruk dat er in Engeland veel over het Engelse koningshuis
wordt geroddeld in de pers. Zou de pers zich houden aan bepaalde door het
koningshuis (of anderen) opgelegde normen?
Wat is MI5 Lorinda?

Roely
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4303 is 'n antwoord op boodskap #4301] Wo, 24 Maart 2004 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:c3sukv$2bick8$1@ID-187610.news.uni-berlin.de...
>
> Over ons koningshuis wordt heel wat geschreven in "de bladen", maar als het
> erg lasterlijk is gaat de koninklijke persoon in kwestie naar de rechter.
> Ik kreeg de indruk dat er in Engeland veel over het Engelse koningshuis
> wordt geroddeld in de pers. Zou de pers zich houden aan bepaalde door het
> koningshuis (of anderen) opgelegde normen?
> Wat is MI5 Lorinda?
>
> Roely

Die koerante skryf wel oor die koninklikes, maar maar daar is beperkinge
(byvoorbeeld oor die prinse, en sekere onderhoude met Diana voor haar dood
is net die VSA uitgesaai en nie hier nie, ens.) Dit was eens op 'n tyd veel
erger, en was die media baie versigtig oor daardie onderwerp, maar baie
mense is deesdae nie meer aanhangers van die koninklike idee nie :-)
MI5 is die ouens met lang reënjasse en donkerbrille wat in parke ontmoet en
gesprekke voer agter uitgawes van die "Times" :-)) Hulle is die
Intelligensie Diens, Roely. Maar as mens na hulle geskiedenis en "track
record" kyk, dan wonder mens maar oor die intelligensie deel :-)

Lorinda
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4304 is 'n antwoord op boodskap #4288] Do, 25 Maart 2004 01:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 2004 15:35:18 -0000, "Lorinda" wrote:

> Wat was gebruik as "criteria" Katryn? Dit is inderdaad interessant. Ek sou
> sê die invloed van MI5, en wat mag en nie mag gesê word oor die Britse
> vorstehuis beinvloed waarskynlik die Engelse posisie.

Hier is die skakel:
http://www.rsf.fr/article.php3?id_article=4116

Dit is "Reporters Without Borders" , en jy sal sien op hulle site
verduidelik hulle hoe hulle te werk gegaan het. Het blykbaar 'n
vraelys uitgestuur - ek haal aan:
" asking for details of directs attacks on journalists (such as
murders, imprisonment, physical assaults and threats) and on the media
(censorship, confiscation, searches and pressure). It also asked about
the degree of impunity enjoyed by those responsible for such
violations"

Hulle noem darem ook dat die resultate nie 'n aanduiding van die
kwalitiet van die lande se media is nie. En dat hulle bewus is van
sekere professionele en etiese afwykings van die norm, alhoewel dit
nie in ag geneem is nie.

Nogsteeds dink ek kan mens 'n redelike goeie afleiding maak van die
situasie in die wereld-media? Maar ek dink jy is heel waarskynlik reg
oor die invloed van M15 (Terloops, as jy nie verduidelik het nie, sou
ek gedink het dis 'n nuwe geheime WMD wat julle ontwikkel!!)
;-)
Re: Vryheid van Spraak/sensuur? [boodskap #4310 is 'n antwoord op boodskap #4304] Do, 25 Maart 2004 18:57 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:mcc460prt7nqvh28je6is6qfk22d26ed4s@4ax.com...
>
> Hier is die skakel:
> http://www.rsf.fr/article.php3?id_article=4116

Baie dankie hiervoor, dit was baie interessant; ek het dit vir 'n paar
vriende aangestuur.

> Nogsteeds dink ek kan mens 'n redelike goeie afleiding maak van die
> situasie in die wereld-media? Maar ek dink jy is heel waarskynlik reg
> oor die invloed van M15 (Terloops, as jy nie verduidelik het nie, sou
> ek gedink het dis 'n nuwe geheime WMD wat julle ontwikkel!!)
> ;-)

LOL! Wel, ek dink die idee was dat hulle 'n soort WMD moes wees - teen die
kommuniste en die Iere onderskeidelik en op die oomblik is hulle weer besig
met grootskaalse indiensneming, (baie hush-hush..:-)) teen die nuwe
terroriste gevaar, maar moet jou nie bekommer nie, ek het geen planne om
aansoek te doen nie :-). Of dalk moet ek, ek mag dalk uitvind wat van ons
Usenet pos word :-)). Ek sou egter eers 'n agtergrond verandering moet
ondergaan, hulle het al BAIE slegte ondervindings in daai organisasie gehad
met infiltrasie :-)), so dalk, net dalk, het hulle nou 'n ding of twee
geleer.

Lorinda
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17769 is 'n antwoord op boodskap #4281] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Sep 1998 04:05:25 +0300, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:

<<>Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
> wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
> die groot beskermer daarvan is nie.>>

So wie se maaksel is dit dan Leendert?
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17796 is 'n antwoord op boodskap #4281] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> 'n Paar feite:
>
> 1) Radio Pretoria se lisensie is nog nie onder die huidige bedeling
> weggeneem nie - dit is wel onder die vorige bedeling weggeneem.
> 2) Tot dusver was daar inderdaad onmeetlik groter vryheid van spraak
> (insluitend vryheid van die pers) as onder die vorige bedeling, en ferdi is
> heeltemal reg waar dit aangaan.

Dankie, Leendert. Ek kan altyd staatmaak
op jou om op te kom vir wat reg is. Ek wil
jou ook bedank vir al die informasie wat ons
in die buiteland deur jou noukeurige beskrywings
kan bekom. Op die oomblik is ek nie seker dat
ek weet wat ons beleid hier in Kanada is teenoor
groepe wat radiostasies en televisie-kanale wil
begin nie. Ek weet dat die CRTC taamlik moeilik
nuwe lisensies toeken, en dit na lang verhore.

Gloudina
Vorige onderwerp: spamiste en entoesiïste
Volgende onderwerp: Richard Clarke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 04:36:11 MGT 2024