Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Werk in die VSA
Re: Werk in die VSA [boodskap #42961] Ma, 28 Mei 2001 18:57
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Harry wrote:

> Het iemand dalk ondervinding van kontrak/seisonale werk op plase of in die
> konstruksie bedryf in die VSA ? (of weet dalk van iemand wat bereid is om
> inligting te verskaf)
>

Ek is nie een wat behoort te praat oor hierdie onderwerpnie, maar ek wil
darem die volgende vertel: 'n Ruk gelede
het 'n swaer van my se een seun na die VSA gegaan agter
'n vriend aan, om konstruksie-werk te doen. Daar is glo 'n
eks-Suid Afrikaner wat groot konstruksie-projekte het en
wat dan die seuns uit SA invoer om vir hom te kom werk.
Eers hoor ons toe hoe die seun so baie geld het dat hy nie
weet wat om met alles te maak nie, en dat hy sy ma en pa
sal laat kom om vir hom te kom kuier. Kort daarna hoor ons
hoe hy 'n rug-probleem ontwikkel het, en nie lank daarna nie
is hy terug in SA om doktersbehandeling te kry vir sy rug.
En nou doen hy maar werkies vir sy pa. Hy is weg na die
VSA met net sy Senior Sertifikaat, en sal seker nou nie
weer terug gaan om verder te studeer nie. As dit my kind
was, sou ek nie vir hom toestemming gegee het om oorsee
te gaan voordat hy een of ander vakmanskap geleer het
nie. Die verdien van geld is baie nadelig vir jong mense. Ek
sien dit hier ook. Die mense laat hulle kinders toe om na skool
te werk, en uiteindelik sit hulle met probleem-kinders wat nie
goed in die skool doen nie, nie aan buite-skoolse bedrywighede
deelneem nie en wat uiteindelik deel van 'n onderklas vorm -
iemand het eendag op die nuusgroep gepraat van die SA seuns
wat die "wit kaffers" van London word, waar hulle odd jobs
doen wat die mense van London nie wil doen nie.
So, as jy iemand ken wat wil konstruksie- of plaaswerk
in die VSA wil doen, ondersoek deeglik of daar voorsiening
gemaak word vir mediese fonds-skemas en dies meer, ten
minste.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Re: Tollgates in Cape Town
Volgende onderwerp: Swart Rassime of net bietjie Kritiek?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 23:08:59 MGT 2024