Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie se skuld?
Wie se skuld? [boodskap #42878] So, 27 Mei 2001 21:41 na volgende boodskap
Ava...  is tans af-lyn  Ava...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
die skuld van apartheid of rasisme?
Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.

.
Re: Wie se skuld? [boodskap #42880 is 'n antwoord op boodskap #42878] So, 27 Mei 2001 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 May 2001 23:41:39 +0200, "Fatal Exception IO Occured in
Module FFF02F0H" wrote:

> l en kos se prys sal ook styg. En wanneer die petrolprys daal, daal die kospryse ook?
> Waar van dink hulle moet 'n
> mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
> 'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
> want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
> in die aand. of voor die pc
> Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
> toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.
Natuurlik lig hulle maar net die tariewe - jy weet mos
of dink jy Pick & Pay se bestuur toi toi oor petrolpryse?

Die realistiese DD
Re: Wie se skuld? [boodskap #42884 is 'n antwoord op boodskap #42878] Ma, 28 Mei 2001 05:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suiwer ekonomiese beginsel - selfs in Engeland waar die inflasiekoers
konstant op 4% bly, die mense blykbaar redelik gelukkig met die regering is,
en apartheid en rassisme bestaan maar nie deur politici gebruik word as rede
vir alles wat kan verkeerd loop nie,en die geldeenheid sterk is,
styg die prys van petrol.
Teen R4 per liter kan ons saam met die Engelse kla oor die petrolprys.
Annette ( wat nog steeds wonder hoekom die verhoging van die brandstofprys
uitgelaat word wanneer die inflasiekoers bereken word)

Fatal Exception IO Occured in Module FFF02F0H wrote in message
...
> Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
> gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
> die skuld van apartheid of rasisme?
> Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
> gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
> budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
> mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
> 'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
> want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
> in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
> toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.
>
> .
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42885 is 'n antwoord op boodskap #42878] Ma, 28 Mei 2001 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
In Europa kost de benzine 9 rand per liter maar hier zit wel veel
tax op de benzine...
De benzineprijs is afhankelijk van de internationale olie prijzen.

Grt Emmy

Fatal Exception IO Occured in Module FFF02F0H
schreef in berichtnieuws 9ers0e$5oi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
> gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
> die skuld van apartheid of rasisme?
> Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
> gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
> budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
> mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
> 'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
> want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
> in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
> toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.
>
> .
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42895 is 'n antwoord op boodskap #42884] Ma, 28 Mei 2001 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9espll$4fh$3@ctb-nnrp1.saix.net...
Suiwer ekonomiese beginsel - selfs in Engeland waar die inflasiekoers
konstant op 4% bly, die mense blykbaar redelik gelukkig met die regering is,
en apartheid en rassisme bestaan maar nie deur politici gebruik word as rede
vir alles wat kan verkeerd loop nie,en die geldeenheid sterk is,
styg die prys van petrol.
Teen R4 per liter kan ons saam met die Engelse kla oor die petrolprys.
Annette ( wat nog steeds wonder hoekom die verhoging van die brandstofprys
uitgelaat word wanneer die inflasiekoers bereken word)

Wouter:
Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
gewees het.

Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
meer heffings en belasting op brandstof)

Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee items.

Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat hulle
nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan die
verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
taxi-eienaars en -bestuurders betaal.
Re: Wie se skuld? [boodskap #42899 is 'n antwoord op boodskap #42895] Ma, 28 Mei 2001 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Wouter:
> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
> gewees het.
>
> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
> meer heffings en belasting op brandstof)
>
> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee items.
>
> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat hulle
> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan die
> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.
>
>
Net jammer dat die salarisse nie ook verhoog saam met petrol nie.

.
Re: Wie se skuld? [boodskap #42912 is 'n antwoord op boodskap #42895] Ma, 28 Mei 2001 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink dit is absoluut noodsaaklik om die brandstofprys by die
kerninflasiekoers in berekening te bring - daarom dat ons gewone mense maar
net gryns en kopskud wanneer die "goeie" inflasiesyfers aangekondig word.
Annette

Wouter Plaasvark wrote in message ...
> "Annette" wrote in message
> news:9espll$4fh$3@ctb-nnrp1.saix.net...
> Suiwer ekonomiese beginsel - selfs in Engeland waar die inflasiekoers
> konstant op 4% bly, die mense blykbaar redelik gelukkig met die regering is,
> en apartheid en rassisme bestaan maar nie deur politici gebruik word as rede
> vir alles wat kan verkeerd loop nie,en die geldeenheid sterk is,
> styg die prys van petrol.
> Teen R4 per liter kan ons saam met die Engelse kla oor die petrolprys.
> Annette ( wat nog steeds wonder hoekom die verhoging van die brandstofprys
> uitgelaat word wanneer die inflasiekoers bereken word)
>
> Wouter:
> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
> gewees het.
>
> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
> meer heffings en belasting op brandstof)
>
> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee items.
>
> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat hulle
> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan die
> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42913 is 'n antwoord op boodskap #42899] Ma, 28 Mei 2001 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is waarom die inflasiesyfers wat aan ons gegee word so verkeerd is.
Annette

. wrote in message ...
>
>> Wouter:
>> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
>> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
>> gewees het.

>> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
>> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
>> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
>> meer heffings en belasting op brandstof)

>> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
>> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
>> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
>> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
>> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee
> items.

>> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat
> hulle
>> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
>> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
>> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan
> die
>> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
>> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
>> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.


> Net jammer dat die salarisse nie ook verhoog saam met petrol nie.
>
> .
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42919 is 'n antwoord op boodskap #42885] Ma, 28 Mei 2001 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Emmy" skryf in boodskap news:...
> In Europa kost de benzine 9 rand per liter maar hier zit wel veel
> tax op de benzine...

En in europa is die gemiddelde salarisse ook hoger... dus kan mens dit nie so vergelyk nie.
Re: Wie se skuld? [boodskap #42940 is 'n antwoord op boodskap #42878] Ma, 28 Mei 2001 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
R4 vir 'n liter petrol?
Ons betaal hier in België R8 vir 'n liter!
Ons sing al lank hier van:
"Ry maar an, ossewa�, ry maar an!..."

Die groete,

Norbert (uit Vlaanderen)

"Fatal Exception IO Occured in Module FFF02F0H"
schreef:

> Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
> gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
> die skuld van apartheid of rasisme?
> Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
> gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
> budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
> mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
> 'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
> want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
> in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
> toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42941 is 'n antwoord op boodskap #42919] Ma, 28 Mei 2001 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
As hulle 'n veilige, betroubare alternatief aanbied, kan die prys van
petrol na R5 per liter verhoog word. Dit sal ongeveer in verhouding met
Europese prys wees.

Dis asof SA se leiers nie dink dat sommige dinge in die lewe op kan raak
nie... SA doen nie veel om alternatiewe energiebronne te gebruik nie...
In 'n land met soveel sonskyn, 'n skande.

As die hele SA opgehef word tot een motor per gesin, gaan daar nie plek
op die paaie vir julle wees nie. (Wanneer laas het julle in Kaapstad
parkering gesoek?)

Tyd vir VEILIGE publieke vervoer in SA!!!
____________________________________________________________ _

"Gottlieb" skryf in boodskap news:ef555b03.0105280500.74911c4c@posting.google.com...
> "Emmy" wrote in message
news:...
>> In Europa kost de benzine 9 rand per liter maar hier zit wel veel
>> tax op de benzine...
>
> En in europa is die gemiddelde salarisse ook hoger... dus kan mens dit
nie so vergelyk nie.
Re: Wie se skuld? [boodskap #42942 is 'n antwoord op boodskap #42941] Ma, 28 Mei 2001 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Dis asof SA se leiers nie dink dat sommige dinge in die lewe op kan raak
> nie... SA doen nie veel om alternatiewe energiebronne te gebruik nie...
> In 'n land met soveel sonskyn, 'n skande.

Ek was darem baie beindruk met die gebruik vansonskyn-energie laas keer wat
ons in SA was. Beide
in die Kruger Wildtuin en op pad af na Port Elizabeth
toe het ons telkens by 'n windpomp en sonskyn-panele
verbygery, wat water oppomp om 'n dam te vul.

Gloudina

>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42944 is 'n antwoord op boodskap #42941] Ma, 28 Mei 2001 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kry op feitlik daaglikse basis parkering sonder moeite in Kaapstad.
Ek is gelukkig gebore:)))
Annette

Max wrote in message ...
> As hulle 'n veilige, betroubare alternatief aanbied, kan die prys van
> petrol na R5 per liter verhoog word. Dit sal ongeveer in verhouding met
> Europese prys wees.
>
> Dis asof SA se leiers nie dink dat sommige dinge in die lewe op kan raak
> nie... SA doen nie veel om alternatiewe energiebronne te gebruik nie...
> In 'n land met soveel sonskyn, 'n skande.
>
> As die hele SA opgehef word tot een motor per gesin, gaan daar nie plek
> op die paaie vir julle wees nie. (Wanneer laas het julle in Kaapstad
> parkering gesoek?)
>
> Tyd vir VEILIGE publieke vervoer in SA!!!
> ____________________________________________________________ _
> "Gottlieb" wrote in message
> news:ef555b03.0105280500.74911c4c@posting.google.com...
>> "Emmy" wrote in message
> news:...
>>> In Europa kost de benzine 9 rand per liter maar hier zit wel veel
>>> tax op de benzine...

>> En in europa is die gemiddelde salarisse ook hoger... dus kan mens dit
> nie so vergelyk nie.
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42945 is 'n antwoord op boodskap #42940] Ma, 28 Mei 2001 17:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Norbert!! Ons is nog nie by R4 vir 'n liter nie!!
Die motoriste hier gaan vreeslik ongelukkig wees as dit gebeur:)))
Annette

Sterrenkijker wrote in message ...
> R4 vir 'n liter petrol?
> Ons betaal hier in België R8 vir 'n liter!
> Ons sing al lank hier van:
> "Ry maar an, ossewa�, ry maar an!..."
>
> Die groete,
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
> "Fatal Exception IO Occured in Module FFF02F0H"
> schreef:
>
>> Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
>> gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
>> die skuld van apartheid of rasisme?
>> Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
>> gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
>> budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
>> mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
>> 'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
>> want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
>> in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
>> toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.

>
Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #42948 is 'n antwoord op boodskap #42912] Ma, 28 Mei 2001 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter: Toevallig was kerninflasie die afgelope tyd hoër as die volle
prentjie, Annette. (As gevolg van konstante rentekoerse wat die totale koers
stabiliseer.)

Kerninflasie meet nie die prysstygings wat gebeur het volledig nie. Deurdat
dit die groot (en soms eenmalige) versteurings ignoreer gee dit 'n beter
aanduiding van die onderliggende inflasie en is dit dus 'n beter
voorspelling vir die komende maand of twee.

Maar dit kan nooit die plek van die oorkoepelende inflasiekoers inneem nie,
dis al wat geldig is as jy terugkyk of byvoorbeeld met jou inkomste
vergelyk. Don't let anybody tell you otherwise, kerninflasie het slegs 'n
sekondêre rol.

Annette skryf in boodskap news:9etn4o$b8c$1@ctb-nnrp1.saix.net...
Ek dink dit is absoluut noodsaaklik om die brandstofprys by die
kerninflasiekoers in berekening te bring - daarom dat ons gewone mense maar
net gryns en kopskud wanneer die "goeie" inflasiesyfers aangekondig word.
Annette

Wouter Plaasvark wrote in message ...
> "Annette" wrote in message
> news:9espll$4fh$3@ctb-nnrp1.saix.net...
> Suiwer ekonomiese beginsel - selfs in Engeland waar die inflasiekoers
> konstant op 4% bly, die mense blykbaar redelik gelukkig met die regering is,
> en apartheid en rassisme bestaan maar nie deur politici gebruik word as rede
> vir alles wat kan verkeerd loop nie,en die geldeenheid sterk is,
> styg die prys van petrol.
> Teen R4 per liter kan ons saam met die Engelse kla oor die petrolprys.
> Annette ( wat nog steeds wonder hoekom die verhoging van die brandstofprys
> uitgelaat word wanneer die inflasiekoers bereken word)
>
> Wouter:
> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
> gewees het.
>
> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
> meer heffings en belasting op brandstof)
>
> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee items.
>
> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat hulle
> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan die
> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42949 is 'n antwoord op boodskap #42913] Ma, 28 Mei 2001 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter : No way, Josê, daardie syfers is reg.

Maar laer inflasie beteken glad nie dit noodwendig beter met ons gaan nie.
Nee, dit beteken die pryse styg nog steeds, maar net teen 'n laer koers.
Slegs wanneer jou netto na-belaste inkomste vinniger styg as die VPI is, sal
jy waarskynlik beter af wees.

Maar moenie die fout by die VPI (verbruikersprys-indeks) soek nie, die hele
proses is onlangs deur onafhanklike internasionale kundiges ge-oudit en dis
skoon! Die proses is ook totaal deursigtig, Stats SA publiseer maandeliks
derduisende detail op hulle webbladsye. Daar is meer as 100 indekse wat in
stand gehou word.

Annette skryf in boodskap news:9etn4s$b8c$2@ctb-nnrp1.saix.net...
Dit is waarom die inflasiesyfers wat aan ons gegee word so verkeerd is.
Annette

. wrote in message ...
>
>> Wouter:
>> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
>> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
>> gewees het.

>> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
>> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
>> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
>> meer heffings en belasting op brandstof)

>> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
>> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
>> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
>> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
>> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee
> items.

>> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat
> hulle
>> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
>> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
>> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan
> die
>> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
>> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
>> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.


> Net jammer dat die salarisse nie ook verhoog saam met petrol nie.
>
> .
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42955 is 'n antwoord op boodskap #42949] Ma, 28 Mei 2001 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Teen 'n laer koers as wat?
Annette

Wouter Plaasvark wrote in message ...
> Wouter : No way, Josê, daardie syfers is reg.
>
> Maar laer inflasie beteken glad nie dit noodwendig beter met ons gaan nie.
> Nee, dit beteken die pryse styg nog steeds, maar net teen 'n laer koers.
> Slegs wanneer jou netto na-belaste inkomste vinniger styg as die VPI is, sal
> jy waarskynlik beter af wees.
>
> Maar moenie die fout by die VPI (verbruikersprys-indeks) soek nie, die hele
> proses is onlangs deur onafhanklike internasionale kundiges ge-oudit en dis
> skoon! Die proses is ook totaal deursigtig, Stats SA publiseer maandeliks
> derduisende detail op hulle webbladsye. Daar is meer as 100 indekse wat in
> stand gehou word.
>
>
> Annette wrote in message
> news:9etn4s$b8c$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dit is waarom die inflasiesyfers wat aan ons gegee word so verkeerd is.
> Annette
>
> . wrote in message ...

>>> Wouter:
>>> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
>>> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging
> hoër
>>> gewees het.
>
>>> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
>>> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
>>> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
>>> meer heffings en belasting op brandstof)
>
>>> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
>>> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
>>> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
>>> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
>>> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee
>> items.
>
>>> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat
>> hulle
>>> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike
> oefening
>>> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
>>> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan
>> die
>>> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
>>> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
>>> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.
>
>
>> Net jammer dat die salarisse nie ook verhoog saam met petrol nie.

>> .


>
Re: Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #42956 is 'n antwoord op boodskap #42948] Ma, 28 Mei 2001 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie Dankie Wouter - Ek sal nou al daardie groot woorde gaan opswot en kyk
of ek met jou wil saamstem:))
Annette

Wouter Plaasvark wrote in message ...
> Wouter: Toevallig was kerninflasie die afgelope tyd hoër as die volle
> prentjie, Annette. (As gevolg van konstante rentekoerse wat die totale koers
> stabiliseer.)
>
> Kerninflasie meet nie die prysstygings wat gebeur het volledig nie. Deurdat
> dit die groot (en soms eenmalige) versteurings ignoreer gee dit 'n beter
> aanduiding van die onderliggende inflasie en is dit dus 'n beter
> voorspelling vir die komende maand of twee.
>
> Maar dit kan nooit die plek van die oorkoepelende inflasiekoers inneem nie,
> dis al wat geldig is as jy terugkyk of byvoorbeeld met jou inkomste
> vergelyk. Don't let anybody tell you otherwise, kerninflasie het slegs 'n
> sekondêre rol.
>
>
> Annette wrote in message
> news:9etn4o$b8c$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek dink dit is absoluut noodsaaklik om die brandstofprys by die
> kerninflasiekoers in berekening te bring - daarom dat ons gewone mense maar
> net gryns en kopskud wanneer die "goeie" inflasiesyfers aangekondig word.
> Annette
>
> Wouter Plaasvark wrote in message ...
>> "Annette" wrote in message
>> news:9espll$4fh$3@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Suiwer ekonomiese beginsel - selfs in Engeland waar die inflasiekoers
>> konstant op 4% bly, die mense blykbaar redelik gelukkig met die regering
> is,
>> en apartheid en rassisme bestaan maar nie deur politici gebruik word as
> rede
>> vir alles wat kan verkeerd loop nie,en die geldeenheid sterk is,
>> styg die prys van petrol.
>> Teen R4 per liter kan ons saam met die Engelse kla oor die petrolprys.
>> Annette ( wat nog steeds wonder hoekom die verhoging van die brandstofprys
>> uitgelaat word wanneer die inflasiekoers bereken word)

>> Wouter:
>> Jy is reg Annette, die onlangse verhoging is suiwer agv internasionale
>> olieprysstygings. As die Rand nie versterk het nie, sou die verhoging hoër
>> gewees het.

>> Die brandstofprys sluit wel 'n klomp heffings en belastings in, dit is 'n
>> belangrike rede hoekom die prys hoog is. Maar dit is niks nuut nie en ek
>> verstaan ons prys is nog laag tot bv die pryse in Europa. (Hulle het nog
>> meer heffings en belasting op brandstof)

>> Maar jy is verkeerd dat brandstof by inflasiemeting uitgelaat word, die
>> normale VPI sluit hom beslis in. Maar daar is ook 'n sogenaamde
>> kerninflasiekoers waar brandstof en die effek van rentekoersveranderings
>> uitgesluit word. Laasgenoemde word gebruik om interne prysstygings te
>> monitor, sonder die relatief groot ontwrigtings van die genoemde twee
> items.

>> Taxidrywers protesteer gereeld teen verhoogde petrolpryse, juis omdat hulle
>> nie sommer hulle tariewe verhoog kry nie, dis 'n lewensgevaarlike oefening
>> in die townships. By 'n vorige verhoging het 'n span taxi's die middestad
>> van Kaapstad geblokkeer. Maar daar is nie juis iets wat die Regering aan
> die
>> verhoging kan doen nie, behalwe om die heffings en belasting op petrol te
>> verminder. Ongelukkig is daardie belasting die enigste belasting wat
>> taxi-eienaars en -bestuurders betaal.



>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42974 is 'n antwoord op boodskap #42878] Ma, 28 Mei 2001 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die probleem lê by die OPUL en soortgelyke olie produserende lande wat die
prys eenvoduig deur beperkende produksie opjaag.

Die manne daar het nie 'n tekort aan geld nie, maar dit is net die
moontlikheid om NOG meer te maak wat hulle dryfveer vir die huidige
produksie tekorte is.

Shell en vriende het ook onlangs begin om die wêreld te vertel hoe wonderlik
hulle saam met die omgewings mense werk om aan hernubare energie bronne te
werk. Dit pla my ongelooflik baie dat 'n olie maatskappy hom nou beywer om
beheer oor die hernubare energie industrie te kry. Dit beteken een ding vir
ons.

Ons gaan maar lekker kak en betaal vir die res van ons lewens al is die
tegnologie veronderstel om goedkoop beskikbaar te wees. Hoekom? Want hulle
hou die patente.

;o)

Bye
Logika

Fatal Exception IO Occured in Module FFF02F0H wrote
in message news:9ers0e$5oi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
> gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
> die skuld van apartheid of rasisme?
> Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
> gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
> budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
> mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
> 'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
> want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
> in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
> toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.
>
> .
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #42986 is 'n antwoord op boodskap #42955] Di, 29 Mei 2001 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter : Teen 'n laer koers as tevore
Ons het lank inflasie van meer as 10% per jaar gehad. Tans fluktueer dit
tussen so 6% en 8%. Die Regering se mikpunt is om dit onder 6% te kry en
daar te hou.

"Annette"
Teen 'n laer koers as wat?
Annette

Wouter Plaasvark wrote
> Wouter : No way, Josê, daardie syfers is reg.
>
> Maar laer inflasie beteken glad nie dit noodwendig beter met ons gaan nie.
> Nee, dit beteken die pryse styg nog steeds, maar net teen 'n laer koers.
> Slegs wanneer jou netto na-belaste inkomste vinniger styg as die VPI is, sal jy waarskynlik beter af wees.
>
> Maar moenie die fout by die VPI (verbruikersprys-indeks) soek nie, die hele
> proses is onlangs deur onafhanklike internasionale kundiges ge-oudit en dis
> skoon! Die proses is ook totaal deursigtig, Stats SA publiseer maandeliks
> derduisende detail op hulle webbladsye. Daar is meer as 100 indekse wat in
> stand gehou word.
>
>
> Annette wrote in message
> news:9etn4s$b8c$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dit is waarom die inflasiesyfers wat aan ons gegee word so verkeerd is.
> Annette
Re: Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #42991 is 'n antwoord op boodskap #42956] Di, 29 Mei 2001 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 May 2001 20:17:08 +0200, "Annette" wrote:

> of ek met jou wil saamstem:))
> Annette

Of ek met jou WIL saamstem

lol...

DD
Re: Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #42996 is 'n antwoord op boodskap #42991] Di, 29 Mei 2001 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie, en jy is Doodreg!! Noudat jou *shift* sleutel weer werk, kan jy nou
al die nodige redigering op my pogings doen:))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Mon, 28 May 2001 20:17:08 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> of ek met jou wil saamstem:))
>> Annette
>
> Of ek met jou WIL saamstem
>
> lol...
>
> DD
Re: Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #43004 is 'n antwoord op boodskap #42996] Di, 29 Mei 2001 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2001 11:15:34 +0200, "Annette" wrote:

> Dankie, en jy is Doodreg!! Noudat jou *shift* sleutel weer werk, kan jy nou
> al die nodige redigering op my pogings doen:))
> Annette
>

aikôna! Ek skryf op die oomblik op my Notebook (lw nie Laptop nie maar
my Notaboek!
Ek het kantoor toe geshift Annette en sal vanmiddag by die huis die
stofsuier operasie gaan doen.

DD
Re: Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #43010 is 'n antwoord op boodskap #43004] Di, 29 Mei 2001 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy kan ook die sleutelbord omkeer en dit liggies op die agterkant tik. Jy
sal verbaas wees wat alles daar uitval. Die beste is om die sleutelbord
uitmekaar te haal en kontakte skoon te maak, maar dis heel makliker om net
'n nuwe sleutelbord aan te skaf. Om die outjie weer aanmekaar te kry kan 'n
nagmerrie wees.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:hr17htc979ui5944cvcohjkfe830dnsl2l@4ax.com...
> On Tue, 29 May 2001 11:15:34 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dankie, en jy is Doodreg!! Noudat jou *shift* sleutel weer werk, kan jy nou
>> al die nodige redigering op my pogings doen:))
>> Annette
>>
>
> aikôna! Ek skryf op die oomblik op my Notebook (lw nie Laptop nie maar
> my Notaboek!
> Ek het kantoor toe geshift Annette en sal vanmiddag by die huis die
> stofsuier operasie gaan doen.
>
> DD
Re: Kerninflasie (niemand se skuld nie) [boodskap #43021 is 'n antwoord op boodskap #43010] Di, 29 Mei 2001 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2001 15:11:08 +0200, "Sakkie" wrote:

> Jy kan ook die sleutelbord omkeer en dit liggies op die agterkant tik. Jy
> sal verbaas wees wat alles daar uitval. Die beste is om die sleutelbord
> uitmekaar te haal en kontakte skoon te maak, maar dis heel makliker om net
> 'n nuwe sleutelbord aan te skaf. Om die outjie weer aanmekaar te kry kan 'n
> nagmerrie wees.
>
>
Dankie Sakkie, ek het hom voorheen al oopgemaak - hoop dit gaan weer
so goed - so vanaand stofsuig ek 'n oopgemaakte sleutelbord - en nou
shift ek huistoe - praat netnou met julle - en as my stem bietjie hol
klink, beteken dit nie ons is terug by die spoke nie maar dat die
sleutelbord nog nie toegemaak is nie

DD
Re: Wie se skuld? [boodskap #43045 is 'n antwoord op boodskap #42974] Wo, 30 Mei 2001 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"logika" sê
: Die probleem lê by die OPUL en soortgelyke olie produserende
lande wat die
: prys eenvoduig deur beperkende produksie opjaag.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
en dit het die koffie produserende lande ook gedoen en kyk waar
is die koffiepryse deesdae :-(
--
----------------------------------------
To much analysis leads to paralysis.
----------------------------------------
Re: Wie se skuld? [boodskap #43137 is 'n antwoord op boodskap #43045] Vr, 01 Junie 2001 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
U Thant het nooit gepraat van gif by die petrol nie:))))
Annette

Tobie wrote in message ...
> "logika" sê
> : Die probleem lê by die OPUL en soortgelyke olie produserende
> lande wat die
> : prys eenvoduig deur beperkende produksie opjaag.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> en dit het die koffie produserende lande ook gedoen en kyk waar
> is die koffiepryse deesdae :-(
> --
> ----------------------------------------
> To much analysis leads to paralysis.
> ----------------------------------------
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #43157 is 'n antwoord op boodskap #43137] Vr, 01 Junie 2001 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar "wie het gemaak hom daardie bokke se klok?"

Wie maak die koffie
wie is die kok
wie gemaak hom daardie bokke se klok?
ens

Wie het die gjeef by die koffie gegooi?

Een van die VN ouens van daai tyd wat hier was se van was mos Carpio, en
hy't beweer dat daar "gif" in hulle kos gegooi was. Hulle het blykbaar 'n
hele paar leë drankbottels in die ouens se kamers gekry. Seker om te help
met die "maag"-siektes en so aan.

Vertel iemand eenkeer van die Bolander wat sy Transvaalse familie in die
winter gaan kuier het. Slaap hulle by een of ander neef in die Karoo oor.
Bolander het darem so 'n paar kaste van die verstookte voorbeeld van die KWV
se produkte saamgeneem vir die familie. Word so 'n kas dan ook heel
nonchalant aan neef Karoo gegee. Karoo se opgeskote jong seun kyk die spul
so en hak af: "Magtag Pa, ma' dis mos KWV brandewyn!"
"Ja" kap Pa Karoo terug: "Dis net virrie siek, en al vrek julle ok, sul
julle nie daarvan kry nie"

Vanaand se luggie in die Kaap sal koud wees, so ek sal maar een van die KWV
se "inspuitings" teen die koud moet vat... (En al vrek julle anner ok, sul
julle nie kry nie)

Thys oppie Bos

"Annette" skryf in boodskap news:9f7fgc$9kq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> U Thant het nooit gepraat van gif by die petrol nie:))))
> Annette
>
> Tobie wrote in message ...
>> "logika" sê
>> : Die probleem lê by die OPUL en soortgelyke olie produserende
>> lande wat die
>> : prys eenvoduig deur beperkende produksie opjaag.
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>> en dit het die koffie produserende lande ook gedoen en kyk waar
>> is die koffiepryse deesdae :-(
>> --
>> ----------------------------------------
>> To much analysis leads to paralysis.
>> ----------------------------------------
>>
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #43166 is 'n antwoord op boodskap #43157] Vr, 01 Junie 2001 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Maat van my het my 'n paar 5 jare gegee. Dis 'n baie groot maat van my.
Ons sien hulle mos nie hier rond nie, dis nou 5 jare en nie groot maats nie.
Gloudina, Danielle en die Aussie sal beter geluk hê. Ook 'n geval van al
vrek djy oek.
Sakkie

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9f7puc$2olf$1@news.adamastor.ac.za...
> Maar "wie het gemaak hom daardie bokke se klok?"
>
> Wie maak die koffie
> wie is die kok
> wie gemaak hom daardie bokke se klok?
> ens
>
> Wie het die gjeef by die koffie gegooi?
>
> Een van die VN ouens van daai tyd wat hier was se van was mos Carpio, en
> hy't beweer dat daar "gif" in hulle kos gegooi was. Hulle het blykbaar 'n
> hele paar leë drankbottels in die ouens se kamers gekry. Seker om te help
> met die "maag"-siektes en so aan.
>
> Vertel iemand eenkeer van die Bolander wat sy Transvaalse familie in die
> winter gaan kuier het. Slaap hulle by een of ander neef in die Karoo oor.
> Bolander het darem so 'n paar kaste van die verstookte voorbeeld van die KWV
> se produkte saamgeneem vir die familie. Word so 'n kas dan ook heel
> nonchalant aan neef Karoo gegee. Karoo se opgeskote jong seun kyk die spul
> so en hak af: "Magtag Pa, ma' dis mos KWV brandewyn!"
> "Ja" kap Pa Karoo terug: "Dis net virrie siek, en al vrek julle ok, sul
> julle nie daarvan kry nie"
>
> Vanaand se luggie in die Kaap sal koud wees, so ek sal maar een van die KWV
> se "inspuitings" teen die koud moet vat... (En al vrek julle anner ok, sul
> julle nie kry nie)
>
> Thys oppie Bos
> "Annette" wrote in message
> news:9f7fgc$9kq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> U Thant het nooit gepraat van gif by die petrol nie:))))
>> Annette
>>
>> Tobie wrote in message ...
>>> "logika" sê
>>> : Die probleem lê by die OPUL en soortgelyke olie produserende
>>> lande wat die
>>> : prys eenvoduig deur beperkende produksie opjaag.
>>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>>> en dit het die koffie produserende lande ook gedoen en kyk waar
>>> is die koffiepryse deesdae :-(
>>> --
>>> ----------------------------------------
>>> To much analysis leads to paralysis.
>>> ----------------------------------------
>>>
>>
>
Re: Wie se skuld? [boodskap #43184 is 'n antwoord op boodskap #43157] Vr, 01 Junie 2001 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waar is jy dat jy koud kry? Dis nog lekker hier.
Vanoggend ry in heerlike sonskyn in Stad toe, en moes oor die radio hoor hoe
lekker dit hier reen:))
Miskien bly ek in 'n ander Kaap:))))
Elk geval, ek sal ook 'n glasie cognac drink in simpatie met jou
beproewing;)))
Annette

Thys de Wet wrote in message ...
> Maar "wie het gemaak hom daardie bokke se klok?"
>
> Wie maak die koffie
> wie is die kok
> wie gemaak hom daardie bokke se klok?
> ens
>
> Wie het die gjeef by die koffie gegooi?
>
> Een van die VN ouens van daai tyd wat hier was se van was mos Carpio, en
> hy't beweer dat daar "gif" in hulle kos gegooi was. Hulle het blykbaar 'n
> hele paar leë drankbottels in die ouens se kamers gekry. Seker om te help
> met die "maag"-siektes en so aan.
>
> Vertel iemand eenkeer van die Bolander wat sy Transvaalse familie in die
> winter gaan kuier het. Slaap hulle by een of ander neef in die Karoo oor.
> Bolander het darem so 'n paar kaste van die verstookte voorbeeld van die KWV
> se produkte saamgeneem vir die familie. Word so 'n kas dan ook heel
> nonchalant aan neef Karoo gegee. Karoo se opgeskote jong seun kyk die spul
> so en hak af: "Magtag Pa, ma' dis mos KWV brandewyn!"
> "Ja" kap Pa Karoo terug: "Dis net virrie siek, en al vrek julle ok, sul
> julle nie daarvan kry nie"
>
> Vanaand se luggie in die Kaap sal koud wees, so ek sal maar een van die KWV
> se "inspuitings" teen die koud moet vat... (En al vrek julle anner ok, sul
> julle nie kry nie)
>
> Thys oppie Bos
> "Annette" wrote in message
> news:9f7fgc$9kq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> U Thant het nooit gepraat van gif by die petrol nie:))))
>> Annette

>> Tobie wrote in message ...
>>> "logika" sê
>>> : Die probleem lê by die OPUL en soortgelyke olie produserende
>>> lande wat die
>>> : prys eenvoduig deur beperkende produksie opjaag.
>>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>>> en dit het die koffie produserende lande ook gedoen en kyk waar
>>> is die koffiepryse deesdae :-(
>>> --
>>> ----------------------------------------
>>> To much analysis leads to paralysis.
>>> ----------------------------------------
>>>
>>>


>
Re: Wie se skuld? [boodskap #43200 is 'n antwoord op boodskap #43157] Sa, 02 Junie 2001 04:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" sê
------knip--------
dis mos KWV brandewyn!"
: "Ja" kap Pa Karoo terug: "Dis net virrie siek, en al vrek julle
ok, sul
: julle nie daarvan kry nie"

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

goeie een Thys ........ :-D

al wat ek nog van karel wye voete het is 'extrait d eau de
cologne double' uit die jare toet. Dit het so 'n blou etiket
voorop die bottel met die kwv sleutel op. onder dié staan
geskrywe, "die egte suid-afrikaanse eau de cologne" dit het nog
so 'n 3/4 duim cologne in. as ek daaraan ruik, laat dit my dink
aan warm dae in Wellinton en Paarl waar my 2 oumas gebly het. Het
die ouer garde dit dan nie altyd aan so 'n klein sakdoekie gesit
en oor die gesig gevee wanneer dit so warm was nie?

die mense sê dat daardie KWV sleutel baie deure oop gesluit het
.........
seker vandag nog steeds so.
--
Re: Wie se skuld? [boodskap #43231 is 'n antwoord op boodskap #43166] So, 03 Junie 2001 00:08 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3b1777c3$0$229@hades.is.co.za...

Sal nou maar aanneem dat ek die Aussie is... Nee, wat man, ons kry nie juis
KWV hier nie. In NZ is dit natuurlik vryelik beskikbaar, maar hier lyk my
is net Nederburg op die rakke, en ook net nadat ek laaaank getorring het.
Was 1998 'n goeie jaar daar vir rooi? Cab Sav '98 kry ons deesdae hier, en
ook Nederburg Rose. Mis Lanzerac sommer baaaie...

> Gloudina, Danielle en die Aussie sal beter geluk hê. Ook 'n geval van al
> vrek djy oek.
> Sakkie
>
Vorige onderwerp: Natalse Jeugkoor
Volgende onderwerp: Dit gaan beter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 11:23:54 MGT 2024