Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pinkster beteken Winterweer
Pinkster beteken Winterweer [boodskap #42719] Vr, 25 Mei 2001 06:27 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat 'n wonderlike oggend hier - reenweer!!!
Hoe kort dit ookal mag wees, dit word vreeslik waardeer.
Ek Mis My Winters!!
Die afgelope 4 jaar wag ons tevergeefs op 'n ordentlike winter - ek en die
arme vrugtebome is kompleet in die wabbeljoe:)))

Ek dink terug aan die jare in die Vrystaat hoe ons met Pinkstertyd al voor
die kaggels gesit het en stewels en jasse gedra het.
Ek het nog nie nodig gehad om een van my Vrystaatjasse hier te dra nie, en
die elektriese kombersie is ook nog nie weer uitgehaal sedert ek hier is
nie.

Nee, ek kry nie warm gloede nie:)))
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Re: Pinkster beteken Winterweer [boodskap #42773 is 'n antwoord op boodskap #42719] Sa, 26 Mei 2001 04:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier op die Hoëveld is die weer nou onverbeterlik. Nagte is koel to koud en
die dae is sonnig en warm. "Ek dink die mense vier, vir ewig in die hemel,
die herfsweer soos hier.."

"Annette" skryf in boodskap news:9el049$4d6$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Wat 'n wonderlike oggend hier - reenweer!!!
> Hoe kort dit ookal mag wees, dit word vreeslik waardeer.
> Ek Mis My Winters!!
> Die afgelope 4 jaar wag ons tevergeefs op 'n ordentlike winter - ek en die
> arme vrugtebome is kompleet in die wabbeljoe:)))
>
> Ek dink terug aan die jare in die Vrystaat hoe ons met Pinkstertyd al voor
> die kaggels gesit het en stewels en jasse gedra het.
> Ek het nog nie nodig gehad om een van my Vrystaatjasse hier te dra nie, en
> die elektriese kombersie is ook nog nie weer uitgehaal sedert ek hier is
> nie.
>
> Nee, ek kry nie warm gloede nie:)))
> --
> ann...@ctnet.co.za
> Red wine lover.
>
Re: Pinkster beteken Winterweer [boodskap #42794 is 'n antwoord op boodskap #42773] Sa, 26 Mei 2001 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Hier op die Hoëveld is die weer nou onverbeterlik. Nagte is koel to koud en
> die dae is sonnig en warm. "Ek dink die mense vier, vir ewig in die hemel,
> die herfsweer soos hier.."
>

Ja, miskien moes Leipoldt ook 'n ode aan die herfs geskryf het
(in plaas van aan die Suid-Afrikaanse lente, in "Oktobermaand.")
Herfs oral in SA was altyd vir my een van die beste tye van die
jaar. Selfs in Pretoria ( is dit Hoëveld?) onthou ek die skerp blou
dae van die herfs. Selfs in die heuwels bo Pietermaritzburg was
die dae so helder dat mens die kruine van die Drakensberge
kon sien. En in die Drakensberge self was daar pers en geel
en pienk kleure in die gras as dit in die wind rimpel. Dis in die
Drakensberge dat ek my eerste "red maple" gesien het, wat
iemand daar ewe trots aan ons gewys het. Hulle het dit uit
Noord-Amerika ingevoer.
Hier in Kanada is die rooi maples natuurlik op hulle beste
in Oktober ( juis wanneer dit Leipoldt se Oktobermaand is!)
En ons kry dieselfde lang blou dae, en voel dieselfde: dat dit is
soos dit in die hemel behoort te wees, vir ewig.

Gloudina
Re: Pinkster beteken Winterweer [boodskap #42795 is 'n antwoord op boodskap #42773] Sa, 26 Mei 2001 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> "Ek dink die mense vier, vir ewig in die hemel,
> die herfsweer soos hier.."

Ek is geinteresseerd in die feit dat beide Annette en jy die
woord "Pinkster" gebruik asof dit 'n subfase van die herfs
is.( Of val die herfs op die Hoëveld totaal saam met die
veertig dae van Pinkster?) As ek reg getel het, is Pinkster
in die volgende week. Is dit dan wanneer die herfs ophou
en winter op die Hoëveld begin?
Pinkster in Engels in Whitsuntide. Ek was geinteresseerd
om uit te vind waar die Engelse woord vandaan kom. Whitsun
kom glo van die middelengels wat "white Sunday" beteken,
en wat verwys na die wit klere wat die dopelinge aangetrek
het wanneer hulle gedoop word.
Ek was ook geinteresseerd dat die Afrikaanse woordeboek
die woord "pinkster-roos" wys, met die betekenis van "peony."
Die peony is 'n blom wat in die noordelike halfrond in die
lente blom, en ek neem aan die woord pinksterroos het in
Nederland ontstaan waar die peony in die lente groei. As die
peony in Suid-Afrika gekweek kan word, sal dit tog seker
in die suidelike lente moet blom, dus in Oktober of so.
Ek is besonder lief vir die peony. Dis 'n blom wat in die
lente baie lang lote maak en dan groot roosagtige blomme
ontwikkel. Maar die blomme is gewoonlik so groot en die
stingels van die plant so dun en tog so lank, dat die eerste
goeie reën of wind die peony-stingel, met die blom aan die
einde, omwaai sodat meeste van die peonies later omgewaai
op die grond lê, hulle lieflike groot blomme vol modderspatsels.
Peonies is vir my so tragies en tog ook so komies.

Gloudina
Re: Pinkster beteken Winterweer [boodskap #42796 is 'n antwoord op boodskap #42719] Sa, 26 Mei 2001 14:52 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef ...
> Ek was ook geinteresseerd dat die Afrikaanse woordeboek
> die woord "pinkster-roos" wys, met die betekenis van "peony."
> Die peony is 'n blom wat in die noordelike halfrond in die
> lente blom, en ek neem aan die woord pinksterroos het in
> Nederland ontstaan waar die peony in die lente groei.

Ek het 'n pinksterroos in die agtertuin staan wat inderdaad altyd rond die
pinksterdae bloei. Maar die meeste mense hier praat teenwoordig van
"pioenrose", nie van "pinksterrose" nie.

Groete,
Arthur
Vorige onderwerp: Aandag Jong Norbert!!
Volgende onderwerp: Re: Spam FAQ - korter weergawe :-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 20:20:05 MGT 2024