Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaapse Kosfees
Kaapse Kosfees [boodskap #42708] Vr, 25 Mei 2001 05:43
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gisteraand in die Goeie Hoop Sentrum ( tot Sondag en ek gaan beslis weer).
Heerlik geproe aan Pampoensaadolie ( glo vreeslik gesond), olywe, olyfolie
gemeng met balsamasyn, *100de* kase, nuwe koffieprodukte en likeurs. Dit het
al 9uur gesluit, en ek kon niks wyne proe nie - een van die redes vir 'n
tweede besoek:))
Daar was gekleurde peperkorrels - wat ek sal koop net omdat dit so mooi lyk
in die bottel ( en baie hard probeer om nie te gebruik nie) en organies
gekweekte peperkorrels ( wat ek wel sal gebruik).
Heerlike pesto's wat ek weer moet gaan proe voordat ek kan besluit wat om te
kry.
En die kersie op die koek - die koekversieringskompetisieinskrywings ( nie
die langste Afrikaanse woord nie) - wat Ma ook moet sien.
Daar was een inskrwing van 'n boshoed, kompleet met 4 rye stiksels op die
rand, en verskeie rangskikkings - waar mens eers seker is dit is nie
werklike blomme nie, as jy sien daar is 'n inskrywingsnommer by.

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Vorige onderwerp: Waarvoor stan AVBOB?
Volgende onderwerp: Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 22:10:37 MGT 2024