Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Daar mòet 'n boom wees.
Daar mòet 'n boom wees. [boodskap #4260] Sa, 20 Maart 2004 20:25 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En as jy in die veld loop en 'n leeu jaag jou?
Dan klim ek in 'n boom!
En as daar nié 'n boom is nie?
Daar mòet 'n boom wees!

Die foto het ek sowat 7 ure gelede geneem.
Vir webdoeleindes het ek dit kleiner gemaak
maar wie die oorspronklike van my wil hê
is welkom natuurlik. Sowat half mb groot.
Die verwebsing het egter goed uitgekom.
Ek pos dit net hierna. Lees eers bò.

DD
Re: Daar mòet 'n boom wees. - DSCF0677b.jpg (0/1) [boodskap #4261 is 'n antwoord op boodskap #4260] Sa, 20 Maart 2004 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 20 Mar 2004 22:25:45 +0200, DD wrote:

>
> En as jy in die veld loop en 'n leeu jaag jou?
> Dan klim ek in 'n boom!
> En as daar nié 'n boom is nie?
> Daar mòet 'n boom wees!
>

> DD
>

Ek is dikwels by die diere.
Dié foto is wel nie uniek nie
maar wat ek vanmiddag gefotografeer het
is beslis 'n plekkie in jou album werd.

DD
Re: Daar mòet 'n boom wees. [boodskap #4264 is 'n antwoord op boodskap #4260] So, 21 Maart 2004 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
> En as jy in die veld loop en 'n leeu jaag jou?
> Dan klim ek in 'n boom!
> En as daar nié 'n boom is nie?
> Daar mòet 'n boom wees!

LOL! En wat doen jy so knaend in die leeukuile, DD? Is jy 'n
ontluikende gladiator? :-)

Lorinda
Re: Daar mòet 'n boom wees. (0/1) [boodskap #4266 is 'n antwoord op boodskap #4264] Ma, 22 Maart 2004 04:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Mar 2004 08:37:22 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> DD skryf in boodskap news:...
>> En as jy in die veld loop en 'n leeu jaag jou?
>> Dan klim ek in 'n boom!
>> En as daar nié 'n boom is nie?
>> Daar mòet 'n boom wees!
>
> LOL! En wat doen jy so knaend in die leeukuile, DD? Is jy 'n
> ontluikende gladiator? :-)
>
> Lorinda


LOL... dit is ondermeer, omdat dit een van my gunsteling ontspanplekke
en eetplekke is, Lorinda. Nie eens ver van Roodepoort nie:-)
Sowat negentig kilo's vanaf my huis. Van leeuparke gepraat, is die
Krugersdorp Leeupark heelwat nader, en ons ry daarby verby na
Mullersdrift, maar 'n mens raak mos maklik verknog aan 'n plek.

'n Ander rede dat ek dit nou meer besoek, is die feit dat ek dat ek
binnekort verhuis, en dan minder daar sal kom.

Sterkfonteingrotte (Cradle of Humankind) is ook daar êrens,
inderwaarheid nader aan my huis, en ek wil voor ek Durban
toe trek, ook weer 'n keer daar gaan kuier.

So lyk die restaurant daar...
(en mens is somtyds so honger soos 'n leeu as jy daar is:-)

DD
Re: Daar mòet 'n boom wees. (0/1) [boodskap #4268 is 'n antwoord op boodskap #4266] Ma, 22 Maart 2004 21:38 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:dsos50p1791f3ma2rl0iso2bquianljcbc@4ax.com...
>
> LOL... dit is ondermeer, omdat dit een van my gunsteling ontspanplekke
> en eetplekke is, Lorinda. Nie eens ver van Roodepoort nie:-)
> Sowat negentig kilo's vanaf my huis. Van leeuparke gepraat, is die
> Krugersdorp Leeupark heelwat nader, en ons ry daarby verby na
> Mullersdrift, maar 'n mens raak mos maklik verknog aan 'n plek.

Verkoop die plek lime milkshakes?


Lorinda
Vorige onderwerp: Anti-semitisme
Volgende onderwerp: Die Koeksister
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:04:58 MGT 2024