Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lorinda, hoe vêr is Derby van jou af?
Re: Mensedinge [boodskap #4246 is 'n antwoord op boodskap #4239] Di, 16 Maart 2004 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:6atc50t80dauva2p5io98ljepnt0ar4det@4ax.com...
> Daar is op die oomblik 'n verskuiwing van die Montreal span die
> Montreal Expos byvoorbeeld. Maar ek weet nou rerig nie wie of
> waarheen hulle verplaas gaan word nie.
> Dalk Alabama...
> ;-)))))))))))))))))))))))))))))))))))))))
>

Ek weet nie, maar ek sou dink dit sou nogal 'n aanpassing wees! :-) Waarom
skuif spanne na ander plekke?

Lorinda
Re: Mensedinge [boodskap #4249 is 'n antwoord op boodskap #4239] Wo, 17 Maart 2004 02:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Lorinda wrote:

> Ek weet nie, maar ek sou dink dit sou nogal 'n aanpassing wees! :-) Waarom
> skuif spanne na ander plekke?

Ek het so gehoop jy sou nie vra nie!! ;-)
Die eenvoudige antwoord is "greed".
Die hoofrede is hoofsaaklik ekonomies. Die spanne (wat is franchise
in Afrikaans?) behoort aan individuele/privaat mense, wat die
"franchise" gekoop het hoofsaaklik om wins te maak. As die fan-base
nie groot genoeg is op 'n sekere plek nie, dan probeer hulle skuif na
'n ander plek. Of soos Bud Selig (die huidige kommisaris van MLB) 2
jaar gelede met die Montreal Expo's en die Minnesota Twns wou doen,
om net eenvoudig die spanne wat nie ekonomies haalbaar is nie, te
skrap. Die eienaar word dan uitbetaal teen min of meer 200 miljoen
dollars, en die spelers word opgekoop deur die oorblywende spanne.
Iets het verhoed dat daardie plan deurgaan, maar ek weet nie wat hulle
gaan doen met daardie 2 sukkelende spanne nie.
Dis ook nie so eenvoudig nie, want daar is allerande ander dinge wat
ook 'n rol speel, maar ek weet rerig nie al die inns and outs nie. Ek
weet net elke jaar omtrent is daar gevegte en onmin tussen die
eienaars en die spelers en die oorkopelende beheerliggam (MLB).
Wordsworth die digter [boodskap #4267 is 'n antwoord op boodskap #4234] Ma, 22 Maart 2004 04:20 Na vorige boodskap
Paula  is tans af-lyn  Paula
Boodskappe: 9
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
"Katryn" wrote in message
> news:5uv950lt9v7sqs72vvo2j85ltb2eqt5m7n@4ax.com...
>>
>> O, Paula daar is een digter wat ons eerder nie hier bespreek nie. Dit
>> is Wordsworth. VERAL nie nou dat daar juis so baie daffodille in
>> Lorinda se tuin staan nie. Moenie vra nie, onthou dit net!!
>> ;-)))
> Lorinda:
> LOL! Dis reg, spot maar. Maar onthou net, almal het een of ander snaar
> waaraan daar liefs nie geraak moet word nie. Want die resultaat is dat die
> rooi mis neerdaal en skerpioene by die mond uitpeul... en Wordsworth is
> myne...:-)

Paula: Wel, julle het my nou nuuskierig maar ek sal maar nie vra nie.
Daarom het ek sommer maar net na n gedig van Wordsworth gaan soek.
Een wat handel oor affodille en ek plaas hom hier vir die lekker
daarvan. Maar ek sê ook dankie dat julle oor Wordsworth gepraat het
want ek het nou soveel van sy gedigte gaan lees en het voorheen glad
nie van hom geweet nie!

"I WANDERED LONELY AS A CLOUD"

I WANDERED lonely as a cloud
That floats on high o'er vales and hills,
When all at once I saw a crowd,
A host, of golden daffodils;
Beside the lake, beneath the trees,
Fluttering and dancing in the breeze.

Continuous as the stars that shine
And twinkle on the milky way,
They stretched in never-ending line
Along the margin of a bay:
10
Ten thousand saw I at a glance,
Tossing their heads in sprightly dance.

The waves beside them danced; but they
Out-did the sparkling waves in glee:
A poet could not but be gay,
In such a jocund company:
I gazed--and gazed--but little thought
What wealth the show to me had brought:

For oft, when on my couch I lie
In vacant or in pensive mood,
20
They flash upon that inward eye
Which is the bliss of solitude;
And then my heart with pleasure fills,
And dances with the daffodils
Vorige onderwerp: Van storm see
Volgende onderwerp: 78speed records
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:47:54 MGT 2024