Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Volg Namibië Zimbabwe se pad? 35.6kb jpg lêer aanhangsel
Re: Volg Namibië Zimbabwe se pad? 35.6kb jpg lêer aanhangsel [boodskap #42331] So, 20 Mei 2001 12:49 na volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 May 2001 16:47:08 +0200, "Tobie" wrote:

>
Interessante foto Tobie - of is ek lelik as ek altyd tussen die lyne
wil kyk? As ek ander dinge sien as wat die foto veronderstel is om vir
my te wys? Want wat ek hier sien is dat die plakaat swaaiers nie eens
hul eie gedagte kon neerpen nie - maar slegs almal dieselfde woorde
rondswaai - nie eens een op die foto het oorspronklike woorde nie.

DD
Re: Volg Namibië Zimbabwe se pad? 35.6kb jpg lêer aanhangsel [boodskap #42360 is 'n antwoord op boodskap #42331] So, 20 Mei 2001 15:05 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf:
: Interessante foto Tobie - of is ek lelik as ek altyd tussen die lyne
: wil kyk? As ek ander dinge sien as wat die foto veronderstel is om vir
: my te wys? Want wat ek hier sien is dat die plakaat swaaiers nie eens
: hul eie gedagte kon neerpen nie - maar slegs almal dieselfde woorde
: rondswaai - nie eens een op die foto het oorspronklike woorde nie.
: DD
~~~~~~~~~~~~~~~

DD so tydjie gelede was daar op die groep gesels oor Zimbabwe en
wat nou daar gebeur, die boere wat van hulle plase moet padgee
sonder vergoeding en selfs hulle regters wat moet bedank as
gevolg van uitsprake tengunste van die boere ens ens. Toe het ek
ook iets te sê gehad oor die berigte wat ek in die Windhoek
Observer gelees oor 'n tyd. Nou weer het die soort nuus opgeduik
en dit wil voorkom of dit erger word. Ek het ook destyds gesê ek
wonder hoekom ons president nie Zimbabwe se president aanspreek
oor die verkeerde dinge nie. Het maar net gewonder sou hy dit
doen en iets soortgelyks gebeur hier by ons kan hy mos uitgekryt
word as huigelaar want dieselfde gebeur dan ook nou hier en laat
dit toe.
Korrek oor die plakate, SWAPO het natuurlik dit vir hulle
ondersteuners gedruk. Dit was 'n SWAPO georganiseerde optog. Jy
sal die jpg moet vergroot om die berig wat ek op die prentjie
gesit het te lees
groete
--
------------------------------------------------------------
Die beste helpende hand is aan die einde van jou eie arm.
------------------------------------------------------------
Vorige onderwerp: Re: Cracked Pots
Volgende onderwerp: Iets om oor na te dink.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 01:09:52 MGT 2024