Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek loop die pad
Ek loop die pad [boodskap #4203] So, 14 Maart 2004 03:40 na volgende boodskap
Paula  is tans af-lyn  Paula
Boodskappe: 9
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
Mag ek vir julle 'n gedig hier plaas wat eintlik 'n baie mooi song is?
Geniet dit in elk geval.

Liriek: Amanda Strydom
Musiek: Zane Cronje

Ek loop die pad al lank, my lam
so kaalvoet deur die kou
van doeriekant se doringveld
en kyk hoe lyk ek nou

Ek loop die pad so sonder hoed
deur son en wind en grou
so kaalvoet op die slingerpad
en kyk hoe lyk ek nou

My lam, die gras is soms so groen
die son is soms so lou
maar ek loop hierdie pad alleen my lam
en kyk hoe lyk ek nou

Onthou jy nog hoe ons kon loop
so loslyf en verspot
so vlieg - vlieg oor die koppies heen
'n Ragab en 'n Lot

Maar nou loop ek alleen, my lam
so kaalvoet deur die kou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou?
Re: Ek loop die pad [boodskap #4205 is 'n antwoord op boodskap #4203] So, 14 Maart 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Mar 2004 19:40:02 -0800, pau...@ananzi.co.za (Paula) wrote:

> Mag ek vir julle 'n gedig hier plaas wat eintlik 'n baie mooi song is?
> Geniet dit in elk geval.

Welkom Paula!
(Ek hoop nie jou van is Jones nie!!)
;-))

Dankie vir die mooi song. Hoop om meer van jou hier te sien. ;-)
Re: Ek loop die pad [boodskap #4211 is 'n antwoord op boodskap #4205] So, 14 Maart 2004 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paula  is tans af-lyn  Paula
Boodskappe: 9
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> On 13 Mar 2004 19:40:02 -0800, pau...@ananzi.co.za (Paula) wrote:
>
>> Mag ek vir julle 'n gedig hier plaas wat eintlik 'n baie mooi song is?
>> Geniet dit in elk geval.
>
> Welkom Paula!
> (Ek hoop nie jou van is Jones nie!!)
> ;-))
>
> Dankie vir die mooi song. Hoop om meer van jou hier te sien. ;-)

Paula: Hoekom? Sou dit my van "oorkant-die-pad" maak? :-)) Dankie
vir die verwelkoming, Katryn. Wie weet, dalk geniet ek dit hier.....
Re: Ek loop die pad [boodskap #4222 is 'n antwoord op boodskap #4211] Ma, 15 Maart 2004 00:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Mar 2004 10:48:08 -0800, pau...@ananzi.co.za (Paula) wrote:

>> Welkom Paula!
>> (Ek hoop nie jou van is Jones nie!!)
>> ;-))

> Paula: Hoekom? Sou dit my van "oorkant-die-pad" maak? :-))

Nee, eerder "onder-die-treinspoor", of is dit verkeerde kant van
die treinspoor. Kan nie so mooi onthou nie. ;-)
Paula Jones was mos een van die berugte floozies wat blykbaar deur
Clinton gemollesteer was. Sy het die hoofsaak teen Clinton gewen vir
$850,000.

> Dankie vir die verwelkoming, Katryn. Wie weet, dalk geniet ek dit hier.....

Ek is BAIE versigtig deesdae om mense welkom te heet, want ELKE keer
nog het hulle verdwyn pas na 'n hartlike verwelkoming. Kom jy dit ook
agter, Roely?
Laas het ek en jy mos so ewe vriendelik nogal in Nederlands vir iemand
hier welkom geheet, en toe skrik die persoon hom seker boeglam, want
hy/sy het sedertdien niks weer geskryf nie.
So, moenie jy dit nou ook gaan doen nie, Paula. Skryf ten minste net
so paar boodskappies voor jy verdwyn, 'kay? Net ter wille van my
brose ego!!
;-)))
Re: Ek loop die pad [boodskap #4228 is 'n antwoord op boodskap #4222] Ma, 15 Maart 2004 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:3bv950hi12vjnhtf0a6pe7g4gs54rp26fj@4ax.com...
> On 14 Mar 2004 10:48:08 -0800, pau...@ananzi.co.za (Paula) wrote:
>
>>> Welkom Paula!
>
>> Dankie vir die verwelkoming, Katryn. Wie weet, dalk geniet ek dit
hier.....
>
> Ek is BAIE versigtig deesdae om mense welkom te heet, want ELKE keer
> nog het hulle verdwyn pas na 'n hartlike verwelkoming. Kom jy dit ook
> agter, Roely?

Ja! DAt is mij ook opgevallen. Wij hebben al diverse mensen verwelkomd, maar
wij hebben ze kennelijk met stomheid geslagen.......

> Laas het ek en jy mos so ewe vriendelik nogal in Nederlands vir iemand
> hier welkom geheet, en toe skrik die persoon hom seker boeglam,

mooie uitdrukking! In het nederlands: hij schrikt zich lam (of dood)

want
> hy/sy het sedertdien niks weer geskryf nie.
> So, moenie jy dit nou ook gaan doen nie, Paula. Skryf ten minste net
> so paar boodskappies voor jy verdwyn, 'kay? Net ter wille van my
> brose ego!!
> ;-)))
>

Ek stem saam met Katryn! So asseblief Paula, sê iets.

Roely
Re: Ek loop die pad [boodskap #4229 is 'n antwoord op boodskap #4222] Ma, 15 Maart 2004 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paula  is tans af-lyn  Paula
Boodskappe: 9
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
Katryn wrote in message
> Ek is BAIE versigtig deesdae om mense welkom te heet, want ELKE keer
> nog het hulle verdwyn pas na 'n hartlike verwelkoming. Kom jy dit ook
> agter, Roely?
> Laas het ek en jy mos so ewe vriendelik nogal in Nederlands vir iemand
> hier welkom geheet, en toe skrik die persoon hom seker boeglam, want
> hy/sy het sedertdien niks weer geskryf nie.
> So, moenie jy dit nou ook gaan doen nie, Paula. Skryf ten minste net
> so paar boodskappies voor jy verdwyn, 'kay? Net ter wille van my
> brose ego!!
> ;-)))

Paula: Dan bly ek vir eers 'n rukkie. :-) Ek weet darem ook self hoe
dit voel om nerf-afbroos te wees. :-)

Dankie weer vir jou vriendelikheid.
Re: Ek loop die pad [boodskap #4233 is 'n antwoord op boodskap #4222] Ma, 15 Maart 2004 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:3bv950hi12vjnhtf0a6pe7g4gs54rp26fj@4ax.com...
>
> Nee, eerder "onder-die-treinspoor", of is dit verkeerde kant van
> die treinspoor. Kan nie so mooi onthou nie. ;-)

NEE Katryn! Dis DD wat onder die treinspoor is! :-)

Lorinda
Re: Ek loop die pad [boodskap #4235 is 'n antwoord op boodskap #4233] Ma, 15 Maart 2004 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 2004 22:00:05 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "Katryn" wrote in message
> news:3bv950hi12vjnhtf0a6pe7g4gs54rp26fj@4ax.com...
>>
>> Nee, eerder "onder-die-treinspoor", of is dit verkeerde kant van
>> die treinspoor. Kan nie so mooi onthou nie. ;-)
>
> NEE Katryn! Dis DD wat onder die treinspoor is! :-)
>
> Lorinda
>

Wel Lorinda, tegnies is Katryn reg
omdat onder-die-treinspoor
mos verkeerde kant van
die treinspoor is
Re: Ek loop die pad [boodskap #4236 is 'n antwoord op boodskap #4235] Ma, 15 Maart 2004 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:nebc50l6dcbkgpf2jo67siicg4vg1le59i@4ax.com...
>
> Wel Lorinda, tegnies is Katryn reg
> omdat onder-die-treinspoor
> mos verkeerde kant van
> die treinspoor is

Nee dit is nie. Daar is geen status verlies daarin om onder die treinspoor
te wees nie. Anders as aan die verkeerde kant van spoorlein. Daarom kan jy
nog steeds ons dinner parties bywoon :-))

Lorinda
Re: Ek loop die pad [boodskap #4238 is 'n antwoord op boodskap #4228] Di, 16 Maart 2004 03:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 2004 10:43:07 +0100, "Roely" wrote:

>> Ek is BAIE versigtig deesdae om mense welkom te heet, want ELKE keer
>> nog het hulle verdwyn pas na 'n hartlike verwelkoming. Kom jy dit ook
>> agter, Roely?
>
> Ja! DAt is mij ook opgevallen. Wij hebben al diverse mensen verwelkomd, maar
> wij hebben ze kennelijk met stomheid geslagen.......

Presies!! Sien jy nou Paula. Ek jok nie!!
;-))

> Ek stem saam met Katryn! So asseblief Paula, sê iets.

Roely, jou Afrikaans klink al baie beter as my Nederlands. Ons sal
weer moet oefen. Maar die keer moet DD en Lorinda en Paula saam
oefen?
;-))
Re: Ek loop die pad [boodskap #4240 is 'n antwoord op boodskap #4233] Di, 16 Maart 2004 03:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 2004 22:00:05 -0000, "Lorinda" wrote:

>> Nee, eerder "onder-die-treinspoor", of is dit verkeerde kant van
>> die treinspoor. Kan nie so mooi onthou nie. ;-)
>
> NEE Katryn! Dis DD wat onder die treinspoor is! :-)

Ooooops.....jammer DD!
;-))))))
Re: Ek loop die pad [boodskap #4241 is 'n antwoord op boodskap #4233] Di, 16 Maart 2004 03:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Mar 2004 22:00:05 -0000, "Lorinda" wrote:

> NEE Katryn! Dis DD wat onder die treinspoor is! :-)

Ek het skoon vergeet van DD en sy brug. Maar hy is ook so stil
hier...
;-))
Re: Ek loop die pad [boodskap #4243 is 'n antwoord op boodskap #4238] Di, 16 Maart 2004 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:i5tc50dhf8vjechhgoq4qr17i6nl9oqlup@4ax.com...
> On Mon, 15 Mar 2004 10:43:07 +0100, "Roely" wrote:
>
>> Ek stem saam met Katryn! So asseblief Paula, sê iets.
>
> Roely, jou Afrikaans klink al baie beter as my Nederlands.

Jy is te beskeie Katryn! Jy het 'n aansienlik berig geskryf (in Nederlands!)
en ek het geapploudiseer vir jou!

Ons sal
> weer moet oefen.

Okee. Ons sal 'n klassie in die lewe roep :-)

Maar die keer moet DD en Lorinda en Paula saam
> oefen?
> ;-))
>
Hulle kan ons gesels?

Roely
Re: Ek loop die pad [boodskap #4244 is 'n antwoord op boodskap #4241] Di, 16 Maart 2004 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Nee dit is nie. Daar is geen status verlies daarin om onder die treinspoor
> te wees nie. Anders as aan die verkeerde kant van spoorlein. Daarom kan jy
> nog steeds ons dinner parties bywoon :-))

>> NEE Katryn! Dis DD wat onder die treinspoor is! :-)
>
> Ek het skoon vergeet van DD en sy brug. Maar hy is ook so stil
> hier...
> ;-))


Ek is verplaas. Vandag die verplasings vorm gekry,
en ek weet nie eens waar die plek is waarheen die
verplasing is nie. So, ek weet nie of ek dit moet
aanvaar nie. Dink nie ek moet gaan nie.
Weet enige van julle waar Sedna is?


DD
Re: Ek loop die pad [boodskap #4245 is 'n antwoord op boodskap #4244] Di, 16 Maart 2004 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:glfe5090qru4ngbgornsfammdc2f6rd4k3@4ax.com...
>
> Ek is verplaas. Vandag die verplasings vorm gekry,
> en ek weet nie eens waar die plek is waarheen die
> verplasing is nie. So, ek weet nie of ek dit moet
> aanvaar nie. Dink nie ek moet gaan nie.
> Weet enige van julle waar Sedna is?
>
>
> DD

So, omdat jy dink iemand het jou brug sleg gesê gaan jy verskuif na 'n plek
8 biiljoen myl vanaf die aarde... Dink jy nie dis bietjie van 'n skerp
reaksie nie? :-)) Oor waar dit is, ek dink jy moet regs draai by Pluto.....

Lorinda
Re: Ek loop die pad [boodskap #4247 is 'n antwoord op boodskap #4245] Di, 16 Maart 2004 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Mar 2004 19:28:18 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:glfe5090qru4ngbgornsfammdc2f6rd4k3@4ax.com...
>>
>> Ek is verplaas. Vandag die verplasings vorm gekry,
>> en ek weet nie eens waar die plek is waarheen die
>> verplasing is nie. So, ek weet nie of ek dit moet
>> aanvaar nie. Dink nie ek moet gaan nie.
>> Weet enige van julle waar Sedna is?
>>
>>
>> DD
>
> So, omdat jy dink iemand het jou brug sleg gesê gaan jy verskuif na 'n plek
> 8 biiljoen myl vanaf die aarde... Dink jy nie dis bietjie van 'n skerp
> reaksie nie? :-)) Oor waar dit is, ek dink jy moet regs draai by Pluto.....
>
> Lorinda
>
>
>

rol...
regs draai by Pluto sê jy...:-)))))))))
hoe dink jy Lorinda, lyk dit as iemand kliphard uitbars van die lag
by die rekenaar:-)))
Re: Ek loop die pad [boodskap #4251 is 'n antwoord op boodskap #4203] Wo, 17 Maart 2004 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MoerFie  is tans af-lyn  MoerFie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Volle Lid
pragtig pragtig pragtig

"Paula" skryf in boodskap news:5236e38a.0403131940.2ecc0472@posting.google.com...
> Mag ek vir julle 'n gedig hier plaas wat eintlik 'n baie mooi song is?
> Geniet dit in elk geval.
>
> Liriek: Amanda Strydom
> Musiek: Zane Cronje
>
> Ek loop die pad al lank, my lam
> so kaalvoet deur die kou
> van doeriekant se doringveld
> en kyk hoe lyk ek nou
>
> Ek loop die pad so sonder hoed
> deur son en wind en grou
> so kaalvoet op die slingerpad
> en kyk hoe lyk ek nou
>
> My lam, die gras is soms so groen
> die son is soms so lou
> maar ek loop hierdie pad alleen my lam
> en kyk hoe lyk ek nou
>
> Onthou jy nog hoe ons kon loop
> so loslyf en verspot
> so vlieg - vlieg oor die koppies heen
> 'n Ragab en 'n Lot
>
> Maar nou loop ek alleen, my lam
> so kaalvoet deur die kou
> en soms, net soms, dan wonder ek
> my lam, waar is jy nou
> en soms, net soms, dan wonder ek
> my lam, waar is jy nou?
Re: Ek loop die pad [boodskap #4257 is 'n antwoord op boodskap #4236] Do, 18 Maart 2004 20:14 Na vorige boodskap
MoerFie  is tans af-lyn  MoerFie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Volle Lid
Onder die treinspoor is nie so erg soos tussen die treinspoor en die trein
nie!!!

Soois

> "DD" wrote in message

>> omdat onder-die-treinspoor
>> mos verkeerde kant van
>> die treinspoor is
>
Vorige onderwerp: Hulp nodig
Volgende onderwerp: Gelukkige St. Patrick's Day almal!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:25:38 MGT 2024