Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrymesselary
Re: Nog AB (tot vervelens toe) [boodskap #42192 is 'n antwoord op boodskap #42190] Vr, 18 Mei 2001 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi
>>> Ook nie 'n plek waar mens kan aansoek doen om lidmaatskap nie. Of
>>> waar mens kan uitvind daaroor nie.

pv
>> Wat, is daar nie 'n epos-adres of telefoonnommer op hulle website waar
>> jy dit kan vasstel nie?

Ferdi
> Nee.

Snaaks, want daar is drie bladsye met tientalle e-pos skakels op hulle site,
ook vir die onderskeie streke:

Hoofkantoor
http://www.icon.co.za/~abond/Kontakhoofkantoor.htm

Uitvoerende Raad
http://www.icon.co.za/~abond/kontakur.htm

Jeugbond:
http://www.icon.co.za/~abond/kontakjeug.htm

Hulle uitvoerende direkteur se adres is kmos...@abond.co.za

-----------

>> Of is jy gemaklik met wat jy glo en wil jy nie met nuwe
>> inligting verwar word nie?

> Hoekom gee jy my nie 'n telefoon-nommer wat ek kan bel nie?

Hulle hoofkantoor is in Johannesburg, die telefoonnommer behoort
in die gids te wees. Ek het dit ongelukkig nie.
Re: Nog AB (tot vervelens toe) [boodskap #42201 is 'n antwoord op boodskap #42192] Vr, 18 Mei 2001 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 May 2001 13:09:22 +0200, "plaasvark"
wrote:

> Snaaks, want daar is drie bladsye met tientalle e-pos skakels op hulle site,
> ook vir die onderskeie streke:
>
> Hoofkantoor
> http://www.icon.co.za/~abond/Kontakhoofkantoor.htm

Die blad bv.
Daar is 'n afdeling LEDESAKE. Kliek daarop en jy kry jou e-mail client
ook met die adres lede...@abond.co.za .
Niks meer nie.
Vir my beteken dit as jy 'n lid is, kan jy navraag doen oor ledesake
by die adres.

Ek het in elk geval gister 'n e-mail gestuur en gevra of hulle
ledelyste bekend is.
Ek het nog geen antwoord gekry nie.

> Hulle hoofkantoor is in Johannesburg, die telefoonnommer behoort
> in die gids te wees. Ek het dit ongelukkig nie.

Weereens - round and round we go en geen inligting oor lede nie.
Lyk baie duidelik vir my.

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: Nog AB (tot vervelens toe) [boodskap #42204 is 'n antwoord op boodskap #42201] Vr, 18 Mei 2001 16:11 Na vorige boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Ferdi : Weereens - round and round we go en geen
inligting oor lede nie. Lyk baie duidelik vir my.

Al wat vir my duidelik lyk is dat jy al in die rondte wil gaan, Ferdi. Jy
het gesê daar is geen e-pos adres op hulle site nie, dit was 'n leuen. Jy
verwag van die AB om hulle ledelyste op hulle site te hê, terwyl ander
organisasies dit ook nie doen nie. Hulle tree soos enige ander organisasie
op, met openlike aktiwiteite, maar jy wil hulle graag as geheim
klassifiseer. Ek noem dit parano�a.

Hoekom probeer jy nie ook om die DA, AHI, ATKV, ACVV en VLV se nasionale
ledelyste te kry nie, dan verklaar ons hulle ook almal geheime organisasies
as hulle nie dadelik saamspeel nie? Fair is fair.
Vorige onderwerp: Geskiedenis van Boedisme
Volgende onderwerp: Plaasvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 08:05:25 MGT 2024