Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kerry en die Slagter
Kerry en die Slagter [boodskap #4107] Wo, 03 Maart 2004 18:33 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die enigste ding wat vandag op die nuus gedreig het om die Kerry oorwinning
in die skadu te stel, was dat ene Mark Butcher beseer is en nie in die
krieket toets teen die Wes Indies sal kan speel nie. Laasgenoemde tragiese
nuus beteken nie veel vir my nie want ek het nie eers van die bestaan van
Mnr Butcher geweet voor vandag nie:-)) Maar in elk geval, geluk Katryn, en
onwards and upwards!

Van slagters gepraat, ek het eendag deur 'n ou Bulgaarse "phrase book" in
'n stapel by 'n boekstalletjie geblaai, en sien toe die volgende "nuttige"
frase: "I believe you and the butcher are in cahoots.." Ek het al baie
gewonder oor situasies waarin mens daardie woorde sou kon gebruik :-))

Lorinda
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4110 is 'n antwoord op boodskap #4107] Wo, 03 Maart 2004 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:404624f7$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> Van slagters gepraat, ek het eendag deur 'n ou Bulgaarse "phrase book" in
> 'n stapel by 'n boekstalletjie geblaai, en sien toe die volgende "nuttige"
> frase: "I believe you and the butcher are in cahoots.." Ek het al baie
> gewonder oor situasies waarin mens daardie woorde sou kon gebruik :-))
>
LOL! Die situaties zijn er natuurlijk volop in Bulgarije (geweest).
(Ik moest wel eerst 'cahoots' opzoeken in het woordenboek. Weer iets
geleerd!)

Roely
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4111 is 'n antwoord op boodskap #4107] Wo, 03 Maart 2004 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Mar 2004 18:33:32 -0000, "Lorinda" wrote:

> Die enigste ding wat vandag op die nuus gedreig het om die Kerry oorwinning
> in die skadu te stel, was dat ene Mark Butcher beseer is en nie in die
> krieket toets teen die Wes Indies sal kan speel nie. Laasgenoemde tragiese
> nuus beteken nie veel vir my nie want ek het nie eers van die bestaan van
> Mnr Butcher geweet voor vandag nie:-))

Ek moet vir jou en Roely vertel van my wedervaringe gister oppad
na die stemlokaal. Ek was wreed daaraan herinner dat ek myself nou in
die Suide bevind - af en toe vergeet ek dit. ;-))
En Lorinda, ek het toe Monster gisteraand gaan kyk. Dit was 'n
perfekte goor einde aan 'n perfekte goor dag. Sal later meer daaroor
vertel, maar ek is van mening dat Charlize daardie Oscar uit en uit
verdien het. Maar ai, waarom moes sy nou juis daardie tema kies om
haar talent te bewys. Die fliek was heeltemal teveel vir my brose
sisteem. Ek is nou nog teneurgedruk.
;-)

> Maar in elk geval, geluk Katryn, en onwards and upwards!


Dankie! ;-) Maar ek is nogal teleurgestel dat Edwards nie as VP wil
run nie.
Nou moet ons net uitpluis wat om by daardie potion van jou te gooi wat
Bush se meer 100 miljoen "warchest" kan neutraliseer!
Ons sal dit GOU moet doen, want hulle het vandag in alle erns begin
met hulle misleidende advertensies. Die idee is blykbaar on die media
te satureer met hulle advertensies en campaign slogans, en veral te
konsentreer op die swing states. Hulle het miljoene spandeer aan
koerante en televisie en radio dekking. Gebruik ook die Internet met
mening deesdae. Ek het vanoggend seker maklik 30 boodskappe van mense
wat ek ken en ander Repug familie lede gekry met "feite" van waarom
Bush die beter keuse is. Hoe kan Kerrie hiermee kompeteer? Dit gaan
'n uiters moeilike taak wees, maar ek bly hoopvol. ;-)

> Van slagters gepraat, ek het eendag deur 'n ou Bulgaarse "phrase book" in
> 'n stapel by 'n boekstalletjie geblaai, en sien toe die volgende "nuttige"
> frase: "I believe you and the butcher are in cahoots.." Ek het al baie
> gewonder oor situasies waarin mens daardie woorde sou kon gebruik :-))

LOL!
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4112 is 'n antwoord op boodskap #4111] Wo, 03 Maart 2004 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:iqic40dl746pj5per6ase6v49qtkljekd2@4ax.com...
>
> Ek moet vir jou en Roely vertel van my wedervaringe gister oppad
> na die stemlokaal. Ek was wreed daaraan herinner dat ek myself nou in
> die Suide bevind - af en toe vergeet ek dit. ;-))

Vertel! vertel!


> En Lorinda, ek het toe Monster gisteraand gaan kyk. Dit was 'n
> perfekte goor einde aan 'n perfekte goor dag. Sal later meer daaroor
> vertel, maar ek is van mening dat Charlize daardie Oscar uit en uit
> verdien het. Maar ai, waarom moes sy nou juis daardie tema kies om
> haar talent te bewys. Die fliek was heeltemal teveel vir my brose
> sisteem. Ek is nou nog teneurgedruk.
> ;-)

Teneurgedruk. Ek hou van daardie woord. Dit klink sommer so neerdrukkend...
Ek het gedink daardie fliek is dalk nie vir my nie, en ek sal dit maar
liewer nie sien nie. Jammer dat jy moes ly vir die kuns, maar ek sal maar my
spirits (nee, nie die poitin soort nie :-)) redelik vrolik moet hou want ek
het al my krag nodig vir die maak van die anti-Bush brousel wat nou krities
nodig is!


Lorinda
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4117 is 'n antwoord op boodskap #4111] Do, 04 Maart 2004 02:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - 'n enkel vraag wat my opval. Kerry is gewild (klaarblyklik) veral
nav sy militêre-verlede. Daarenteen was Clinton 'n diensplig ontduiker - in
dieselfde oorlog. Hoe rym dit dan?
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4119 is 'n antwoord op boodskap #4117] Do, 04 Maart 2004 03:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Mar 2004 04:41:23 +0200, "Jonas" wrote:

> Katryn - 'n enkel vraag wat my opval. Kerry is gewild (klaarblyklik) veral
> nav sy militêre-verlede. Daarenteen was Clinton 'n diensplig ontduiker - in
> dieselfde oorlog. Hoe rym dit dan?

Wat het Clinton nou weer te doen met die huidige eleksie? Elkgeval,
afgesien van die obvious (911 en die gevolge), laat ek net gou een
ding in perspektief vir jou plaas.
Clinton en Bush is beide diensplig ontduikers. Hulle het net
verskillende metodes gebruik.
Dus het jy Bush as diensplig ontduiker teenoor Kerry met 'n trotse
militêre verlede. Die res is Amerikaanse politiek, en moet gesien
word in die lig van die huidige politieke omgewing hier in Amerika.
Die oorlog in Irak...
As dit nog nie vir jou rym nie, moenie dat dit jou teveel pla nie.



Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4130 is 'n antwoord op boodskap #4119] Vr, 05 Maart 2004 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Inteendeel - dit pla my nie. Ek is wel ingestel op logiese en konsekwente
besluitneming.
O ja - ek glo ook nie Bush was 'n dienspligontduiker nie - en sou hy wees,
bepaald nie tot dieselfde mate as Clinton nie.
Let wel - ek stem nie vir enige een van die kandidate nie.
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4133 is 'n antwoord op boodskap #4130] Vr, 05 Maart 2004 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 5 Mar 2004 20:07:48 +0200, "Jonas" wrote:

> Let wel - ek stem nie vir enige een van die kandidate nie.

Jy bedoel nie vir Kerry of die slagter nie?

Terloops, was jy al ooit in Amerika, Jonas? Ek onthou jy het eenkeer
genoem dat jy 'n suster of niggie het wat iewers hier in Amerika woon.
Of was dit in Kanada?
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4134 is 'n antwoord op boodskap #4133] Sa, 06 Maart 2004 02:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - ek was al in die VSA. Ek het baie goeie vriende daar wat gereeld
hier besoek aflê - dit wat klankbord aan betref. En ek het familie in
Noord-Amerika - in die VSA en Kanada.
En soos enige normale mense in die "res van die wêreld" word ek met nuus uit
die VSA op 'n daaglikse basis oorval - vandaar my belangstelling.
Ek neem deel aan nuusgroepe met die uitsluitlike doel om stimulasie te kry.
So, ek geniet dit as mense met my verskil en ek met hulle. Ek beskou myself
nie as alleswetend nie - maar ek beskou ook geen ander persoon as
alleswetend nie.
En, ek word intellektueel nie maklik bedreig, geintimideer of bedrieg nie.
So - as ek met jou verskil of duiwelsadvokaat speel moet dit nie persoonlik
opneem nie - maar dis steeds jou keuse.
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4137 is 'n antwoord op boodskap #4134] Sa, 06 Maart 2004 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:c2bc7i$a0n$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Katryn - ek was al in die VSA. Ek het baie goeie vriende daar wat gereeld
> hier besoek aflê - dit wat klankbord aan betref. En ek het familie in
> Noord-Amerika - in die VSA en Kanada.
> En soos enige normale mense in die "res van die wêreld" word ek met nuus uit
> die VSA op 'n daaglikse basis oorval - vandaar my belangstelling.

Uit die VSA "ken" ek eitnlik net vir Katryn. Ek kom wel Amerikaners in
Londen tee (as toeriste, en ook besoekende Amerikaners by die werk), en ons
hoor ook daagliks nuus uit die VSA, maar ek het nog altyd Amerkaners op 'n
afstand gehou. Alhoewel ek baie films sien,. kyk ek met 'n paar
uitsonderings min Amerikaanse flieks, ek vermy dit gewoonlik. Van
Amerikaanse kultuur het ek net in "cult" dele daarvan belangestel, soos die
"Beats" en comics (laasgenoemde net sekere daarvan, vandat die comics
culture 'n eie interpretasie gegee is in Europa met mense soos Bilal ens) Om
Katryn te leer ken was baie goed vir my, ek dink dit het dit het my 'n meer
gebalanseerde siening gegee. Ek dink dat selfs al is ons goed ingelig ens,
sien ons almal die wereld deur 'n persoonlike prisma van eie interpretasie.

Die punt wat ek wou maak is dat ons op hierdie groep met mekaar praat net as
gevolg van Usenet, ons sou mekaar nie andersins ontmoet het nie, en dit is
baie waarskynlik dat selfs as ons het ons niks met mekaar te doen sou wou
hê nie (dis 'n veralgemening, maar julle weet wat ek bedoel). Ek persoonlik
dink ek het baie gebaat by die feit dat ons hier met mekaar praat (en stry
en verskil, maar ons praat met mekaar). Op SCSAA was dit asof daar te veel
mense is wat blindelings 'n agenda verdedig met geen plek vir dialoog in
enige ware sin nie, maar selfs dan kry mense steeds die kans om kontak te
maak met ander sienings.


Lorinda
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4139 is 'n antwoord op boodskap #4137] Sa, 06 Maart 2004 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Mar 2004 09:45:50 -0000, "Lorinda" wrote:

> Op SCSAA was dit asof daar te veel
> mense is wat blindelings 'n agenda verdedig met geen plek vir dialoog in
> enige ware sin nie,

Puik! Uitstekend gestel, Lorinda. Dis presies wat ek ook gedink
het....
net nadat jy dit gesê het.
;-)))
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4140 is 'n antwoord op boodskap #4139] Sa, 06 Maart 2004 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 06 Mar 2004 13:15:29 -0500, Katryn wrote:


> Puik! Uitstekend gestel, Lorinda. Dis presies wat ek ook gedink
> het....
> net nadat jy dit gesê het.
> ;-)))

Uitstekend! Ook dìt, is puik gestel:-)))

;-)))
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4173 is 'n antwoord op boodskap #4140] Wo, 10 Maart 2004 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:v06k40l9pg0q8ih5ckied0vvqop1b7q7uh@4ax.com...
> On Sat, 06 Mar 2004 13:15:29 -0500, Katryn
> wrote:
>
>
>> Puik! Uitstekend gestel, Lorinda. Dis presies wat ek ook gedink
>> het....
>> net nadat jy dit gesê het.
>> ;-)))
>
> Uitstekend! Ook dìt, is puik gestel:-)))
>
> ;-)))
>
>

Ja, helemaal puik Lorinda! Als spuit elf (= helemaal achteraan) kom ik nog
eens melden dat ik eerst helemaal niks van Amerika of Amerikanen moest
hebben, tot ik een paar Amerikanen leerde kennen: het leken precies mensen
;-)))

Roely
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4175 is 'n antwoord op boodskap #4173] Do, 11 Maart 2004 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Roely" skryf in boodskap news:...
> Als spuit elf (= helemaal achteraan)

Wat 'n wonderlike uitdrukking! Waar kom dit vandaan?

Lorinda
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4177 is 'n antwoord op boodskap #4175] Do, 11 Maart 2004 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0403111235.63032e2d@posting.google.com...
> "Roely" wrote in message
news:...
>> Als spuit elf (= helemaal achteraan)
>
> Wat 'n wonderlike uitdrukking! Waar kom dit vandaan?
>
> Lorinda

Ik denk uit het brandweerwezen.

Roely
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4189 is 'n antwoord op boodskap #4137] Sa, 13 Maart 2004 04:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - wanneer mens 'n onderwerp aanhaal op 'n nuusgroep moet jy maar
menings verwag wat moontlik met jou eie kan verskil. Sover ek kan waarneem
het ek nie Amerikaners of hulle politiek hier te berde gebring nie - ek
lewer bloot kommentaar en vra vrae.
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4196 is 'n antwoord op boodskap #4189] So, 14 Maart 2004 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Lorinda - wanneer mens 'n onderwerp aanhaal op 'n nuusgroep moet jy maar
> menings verwag wat moontlik met jou eie kan verskil. Sover ek kan waarneem
> het ek nie Amerikaners of hulle politiek hier te berde gebring nie - ek
> lewer bloot kommentaar en vra vrae.

Hmm. Ek dink hier is 'n misverstand iewers. Ek stem saam dat mens
menings verwag wat van jou eie verskil. Dis ek wat Amerikaners hier te
berde gebring het (ek het geen idee wat "te berde gebring" beteken
nie, maar in elk geval :-))en ons almal lewer kommentaar en vra vrae.
Wat ek geskryf het was my opinie, en het na myself verwys.

Lorinda
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4200 is 'n antwoord op boodskap #4196] So, 14 Maart 2004 02:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Mar 2004 16:35:41 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> "Jonas" skryf in boodskap news:...
>> Lorinda - wanneer mens 'n onderwerp aanhaal op 'n nuusgroep moet jy maar
>> menings verwag wat moontlik met jou eie kan verskil. Sover ek kan waarneem
>> het ek nie Amerikaners of hulle politiek hier te berde gebring nie - ek
>> lewer bloot kommentaar en vra vrae.
>
> Hmm. Ek dink hier is 'n misverstand iewers. Ek stem saam dat mens
> menings verwag wat van jou eie verskil. Dis ek wat Amerikaners hier te
> berde gebring het (ek het geen idee wat "te berde gebring" beteken
> nie, maar in elk geval :-))en ons almal lewer kommentaar en vra vrae.
> Wat ek geskryf het was my opinie, en het na myself verwys.
>
> Lorinda

Hier is nou 'n tipiese voorbeeld van 'n probleem wat kan opduik
wanneer die spreker nie dit aanhaal waarop hy/sy reageer nie..
Bring net so stukkie saam wat die opposisie gesê het,
om die fight te regverdig:-)

DD
Re: Kerry en die Slagter [boodskap #4214 is 'n antwoord op boodskap #4200] So, 14 Maart 2004 19:15 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...


> Bring net so stukkie saam wat die opposisie gesê het,
> om die fight te regverdig:-)
>
> DD

Watter opposisie? Watter fight? :-))
Ons is bly om Jonas terug te sien, en wag maar net geduldig hier dat
hy ons van sy vakansie vertel....

Lorinda
Vorige onderwerp: raad asseblief
Volgende onderwerp: Lorinda
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 10:45:25 MGT 2024