Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apartheid en tydgebonde perspektiewe
Apartheid en tydgebonde perspektiewe [boodskap #41725] So, 06 Mei 2001 22:43 na volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoe verder ons weg beweeg van die dae van Apartheid af, hoe moeiliker word
dit vir iemand om werklik opinies van enige werklike waarde daaroor te gee
behalwe oor die gevolge daarvan wat vandag nog sigbaar is. Apartheid is nie
iets wat mens eenvoudig kan "label" as dit of dat nie. Dit is baie meer
kompleks as dit.

Om Apartheid as net sleg of net goed te bestempel is ook nie die regte ding
om te doen nie, want dan maak mens iets wat duidelik beide was af as 'n
eenvoudige ding wat maklik is om te begryp en te verklaar. Die waarheid is
eenvoudig Apartheid was nie eenvoudig nie. Apartheid in sy totaal is baie
meer ingewikkeld as wat enige persoon of selfs waarheids komissie kan
probeer om te begryp.

Ek kan probeer om al die slegte dinge te noem en al die slegte dinge waarvan
ek bewus is en dan probeer om 'n sommetjie te doen oor of dit oorwegend goed
of oorwegend sleg was, maar my resultaat sal nie die begin en die einde van
die debat wees nie.

Wat ek wel wil sê is dat ons nie dom moet wees en Apartheid moet afmaak as
'n euwel of 'n seëning nie. Dis iets anders. Dis 'n POESPAS van goeters.
Die woord POESPAS beteken mengelmoes as jy wonder.

Hier is die goeie:
- Goeie infrastruktuur
- Goeie ekonomie
- Goeie skool en universiteits instellings

Die slegte:
- Rasse spanning (in my opinie aangeblaas deur kommunistiese dryfvere)
- Voordeel vir minderheid en meerderheid uitgelaat
- Het nie die beweeg rede vir die stelsel gedokumenteer nie. (Ek weet nie
van enige manifes wat aandui hoekom die leiers van weleer die stelsel nodig
geag het nie)

Die onbekende:
- Waarom?
- Kon die swartes opgevoed word in die tyd toe Apartheid ingestel is?
- Was daar nie veronderstel om 'n spertyd te wees nie? ('n tipe "sell by
date")
- Is die swart mense nou reg om die land suksesvol te bestuur?

Ek kan nie 'n slotsom bereik nie, omdat ek nog daaroor dink. Ek dink ek sal
seker 'n opinie vorm as die huidige regering triomfeer oor die probleme van
die land of vaal. Suid Afrika het die beste van alles (en hope meer daarvan
as enige ander Afrika land). As die swart regering nie die paal haal nie,
dan kan geen swart regering nie. Dan sal my slotsom ongelukkig wees dat
Apartheid die regte stelsel was omdat ten minste een gedeelte van die
bevolking reg is vir vooruitgang. Ek hoop egter ek kan sê dat Apartheid die
swart mense 'n voet gegee het om op te staan en die toekoms sterker in te
gaan as wat enige ander Afrika staat kon.

Groete
Logika
Re: Apartheid en tydgebonde perspektiewe [boodskap #41740 is 'n antwoord op boodskap #41725] So, 06 Mei 2001 23:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Logika wrote:

> Hier is die goeie:
> - Goeie infrastruktuur
> - Goeie ekonomie
> - Goeie skool en universiteits instellings
>

Ek is sat van mense wat van die "goeie infrastruktuur"en die "goeie ekonomie"
praat as twee van die plusse
van apartheid. Die infrastruktuur sou gekom het, watter
regering daar aan bewind was. (Dis meestal gebou in
die tyd toe die prys van goud $800 was, en die land
baie geld gehad het.) En dit word algemeen aangeneem
dat die sosialistiese engineering wat daar gedurende
die laaste dekades van die apartheidsregime bestaan
het, eintlik goeie kapitalistiese ontwikkeling in die
wiele gery het.
En as jy nou van die goeie skole en Universiteite
praat, praat jy nou van Bantoe-Onderwys en van die
Bosuniversiteite?

Gloudina
Re: Apartheid en tydgebonde perspektiewe [boodskap #41759 is 'n antwoord op boodskap #41725] Ma, 07 Mei 2001 08:44 Na vorige boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Geen enkel politiek systeem die mensen onderdrukt heeft ooit in
de geschiedenis lang gewerkt.
Mensen komen opeens in opstand. Voor ZA was de apartheid een slecht
syteem. Een deel van de bevolking had hieronder te leiden.
Het systeem moest met geweld in stand worden gehouden en dat had vroeg of
laat in een burgeroorlog ontaard.
Democratie is beste staatsvorm maar niet de makkelijkste.

Grt Emmy

Logika schreef in berichtnieuws
9d4kja$igc$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Hoe verder ons weg beweeg van die dae van Apartheid af, hoe moeiliker word
> dit vir iemand om werklik opinies van enige werklike waarde daaroor te gee
> behalwe oor die gevolge daarvan wat vandag nog sigbaar is. Apartheid is nie
> iets wat mens eenvoudig kan "label" as dit of dat nie. Dit is baie meer
> kompleks as dit.
>
> Om Apartheid as net sleg of net goed te bestempel is ook nie die regte ding
> om te doen nie, want dan maak mens iets wat duidelik beide was af as 'n
> eenvoudige ding wat maklik is om te begryp en te verklaar. Die waarheid is
> eenvoudig Apartheid was nie eenvoudig nie. Apartheid in sy totaal is baie
> meer ingewikkeld as wat enige persoon of selfs waarheids komissie kan
> probeer om te begryp.
>
> Ek kan probeer om al die slegte dinge te noem en al die slegte dinge waarvan
> ek bewus is en dan probeer om 'n sommetjie te doen oor of dit oorwegend goed
> of oorwegend sleg was, maar my resultaat sal nie die begin en die einde van
> die debat wees nie.
>
> Wat ek wel wil sê is dat ons nie dom moet wees en Apartheid moet afmaak as
> 'n euwel of 'n seëning nie. Dis iets anders. Dis 'n POESPAS van goeters.
> Die woord POESPAS beteken mengelmoes as jy wonder.
>
> Hier is die goeie:
> - Goeie infrastruktuur
> - Goeie ekonomie
> - Goeie skool en universiteits instellings
>
>
> Die slegte:
> - Rasse spanning (in my opinie aangeblaas deur kommunistiese dryfvere)
> - Voordeel vir minderheid en meerderheid uitgelaat
> - Het nie die beweeg rede vir die stelsel gedokumenteer nie. (Ek weet nie
> van enige manifes wat aandui hoekom die leiers van weleer die stelsel nodig
> geag het nie)
>
> Die onbekende:
> - Waarom?
> - Kon die swartes opgevoed word in die tyd toe Apartheid ingestel is?
> - Was daar nie veronderstel om 'n spertyd te wees nie? ('n tipe "sell by
> date")
> - Is die swart mense nou reg om die land suksesvol te bestuur?
>
> Ek kan nie 'n slotsom bereik nie, omdat ek nog daaroor dink. Ek dink ek sal
> seker 'n opinie vorm as die huidige regering triomfeer oor die probleme van
> die land of vaal. Suid Afrika het die beste van alles (en hope meer daarvan
> as enige ander Afrika land). As die swart regering nie die paal haal nie,
> dan kan geen swart regering nie. Dan sal my slotsom ongelukkig wees dat
> Apartheid die regte stelsel was omdat ten minste een gedeelte van die
> bevolking reg is vir vooruitgang. Ek hoop egter ek kan sê dat Apartheid die
> swart mense 'n voet gegee het om op te staan en die toekoms sterker in te
> gaan as wat enige ander Afrika staat kon.
>
> Groete
> Logika
>
Vorige onderwerp: Sy kom met die sekelmaan
Volgende onderwerp: Wat die amerikaners dink van SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:19:30 MGT 2024