Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tong in kies: Was Spot se check!
Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41029] Di, 17 April 2001 09:27 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou ja toe nou!

Na al die draakstekery en die geografismes wat reggestel kon worde (Ek wis
daar is geen Ottowa-meer, Gloudina!) het die gespresk nou na die argiewe
gedraai.
Het die naweek my garage begin leegmaak vir die komende verhuising:
(Sien, die de Wetjies is nou mooi groot, en hakskene redelik erg na rooi, en
Ma en Pa haal nou die nes so stuk-stuk onder hulle stertvere uitmekaar)
My seun had ook so 'n "elektronies-rekenaar-hamster" fase in sy lewe betree,
en al wat elektroniese bord is moes gehou word om komponente te herwin. Pa
het later nie eens meer sy kar in die garage kon kry nie weens die herwonne
ongebonne onoorwonne stryd om spasie te herwin in dat wat ek nooit moes
prysgee nie.

Klink my daai Commodore was ook so 'n geval. :-))

Dit het my laat dink aan die rekenaars waarop ek as operateur begin werk
het:
Geen video-skerms, geen modemlyne of soiets nie. Alles het op ponskaarte in
die rekenaar 'ingekom' en op bokse vol aaneenlopende papier daaruit gegaan.
En ons het 24 uur skofte gewerk om die blikbrein se maag vol data te hou!
En die goed het 'n hele vleuel van 'n lewensversekeringmaatskappy se gebou
vol gestaan, en ons was as een of ander demi-gode beskou net omdat ons die
regte knoppies kon druk... Tot eendag, toe een ou so 'n bietjie pad-af
geraak het, en bo-op die rye en rye verwerkers en stoorplek en war nog als
begin hardloop het soos 'n wafferse Rambo. Homself toe netjies vir drie
weke in Stikland in gehardloop...
Dit was in die dae toe daai Commodore nog maar 'n loteling vir die vloot was
Gloudina...
En wie sal nie met my saamstem dat rekenaars heelwat verander het van
daardie dag af. Een van ons bestuurders van daai tyd had toe die volgende
wysheid kwytgeraak:
"This would seem to be the age of the microchip and the microfiche"

Klink my die gloudiniaanse telg het hom heel goed van sy taak gekwyt.
My knaap het ook my tuisrekenaar so "verander" dat Pa ook nooit weer beheer
daarvan gekry het nie, tot eendag, toe ek nou net mooi gasstofie-vol was vir
al die speletjies, beeps, geeps, en wat nogal, en ek per toeval (ja ek het
amper een gekry voor die tyd) die hardeskyf van 40Megagreep geformatteer
het! "Wat het Pa nou aangevang? En al my 'gheims' is nou weg!! Ag hel, hoe
moet ek nou maak?" en al daai soort kommentaar moes aanhoor. "Maar as jy
dit op 'n rekenaar wil doen, kry jou eie", en daar vloog hy weg en toe ek
weer sien, kom hy met nog stukke herwinbare rekenaars by die huis aan, en
bou self sy eie rekenaar op. En ek kon in vrede my eie rekenaar weer
benut...
Vandag is hy ook 'n rekenaar ingenieur in eie reg, en ek leer deesdae by
hom...

Genoeg vir nou.
Thys de Wet oppie Bos
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41033 is 'n antwoord op boodskap #41029] Di, 17 April 2001 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Klink my daai Commodore was ook so 'n geval. :-))
>
>

So, Thys, kan jou seun onthou wanneer die Commodore 64 alin gebruik gekom
het? Ek onthou dat dit 'n taamlike ruk was voor
IBM se Junior-version, wat met groot fanfare geadverteer is, maar
toe nooit werklik vlamgevat het nie en wat na 'n paar jaar getermineer
is. Ek dink die geheim van die sukses van die Commodore was dat
daar 'n groot ondergrondse uitruil van games was wat niemand kon
of wou stop nie. Mens het dus net die Commodore nodig gehad, al
die honderde speletjies was vry.
Nou, as ek terugdink, is die ander ding wat my verstom dat met
'n modem jy die Commodore kon verbind met 'n groot main frame
computer. My man ('n wiskundige) moes op 'n stadium die universiteit
se mainframe gebruik om sekere bevindinge te toets. Hy het later
uitgevind dat hy dit uit ons huis op die Commodore kan doen. Hy kon
uit ons huis die printer ook aansê om die informasie uit te druk.

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41036 is 'n antwoord op boodskap #41029] Di, 17 April 2001 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirk Matthee  is tans af-lyn  Dirk Matthee
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
'n Destydse kolega van my het vertel hoe hulle doerietyd annimasievideo's op
Commodore 64 geskryf het vir hul plaaslike popgroepe (Bulgarye) en hoe dit
langer as 16 uur geneem het as hulle die programme uitdruk. Hierdie is die manne
wat rekenaarvirusse ontwikkel het as hulle verveeld was.

Dirk Matthee by Moskow on the hill.

Thys de Wet wrote:

> Nou ja toe nou!
>
> Na al die draakstekery en die geografismes wat reggestel kon worde (Ek wis
> daar is geen Ottowa-meer, Gloudina!) het die gespresk nou na die argiewe
> gedraai.
> Het die naweek my garage begin leegmaak vir die komende verhuising:
> (Sien, die de Wetjies is nou mooi groot, en hakskene redelik erg na rooi, en
> Ma en Pa haal nou die nes so stuk-stuk onder hulle stertvere uitmekaar)
> My seun had ook so 'n "elektronies-rekenaar-hamster" fase in sy lewe betree,
> en al wat elektroniese bord is moes gehou word om komponente te herwin. Pa
> het later nie eens meer sy kar in die garage kon kry nie weens die herwonne
> ongebonne onoorwonne stryd om spasie te herwin in dat wat ek nooit moes
> prysgee nie.
>
> Klink my daai Commodore was ook so 'n geval. :-))
>
> Dit het my laat dink aan die rekenaars waarop ek as operateur begin werk
> het:
> Geen video-skerms, geen modemlyne of soiets nie. Alles het op ponskaarte in
> die rekenaar 'ingekom' en op bokse vol aaneenlopende papier daaruit gegaan.
> En ons het 24 uur skofte gewerk om die blikbrein se maag vol data te hou!
> En die goed het 'n hele vleuel van 'n lewensversekeringmaatskappy se gebou
> vol gestaan, en ons was as een of ander demi-gode beskou net omdat ons die
> regte knoppies kon druk... Tot eendag, toe een ou so 'n bietjie pad-af
> geraak het, en bo-op die rye en rye verwerkers en stoorplek en war nog als
> begin hardloop het soos 'n wafferse Rambo. Homself toe netjies vir drie
> weke in Stikland in gehardloop...
> Dit was in die dae toe daai Commodore nog maar 'n loteling vir die vloot was
> Gloudina...
> En wie sal nie met my saamstem dat rekenaars heelwat verander het van
> daardie dag af. Een van ons bestuurders van daai tyd had toe die volgende
> wysheid kwytgeraak:
> "This would seem to be the age of the microchip and the microfiche"
>
> Klink my die gloudiniaanse telg het hom heel goed van sy taak gekwyt.
> My knaap het ook my tuisrekenaar so "verander" dat Pa ook nooit weer beheer
> daarvan gekry het nie, tot eendag, toe ek nou net mooi gasstofie-vol was vir
> al die speletjies, beeps, geeps, en wat nogal, en ek per toeval (ja ek het
> amper een gekry voor die tyd) die hardeskyf van 40Megagreep geformatteer
> het! "Wat het Pa nou aangevang? En al my 'gheims' is nou weg!! Ag hel, hoe
> moet ek nou maak?" en al daai soort kommentaar moes aanhoor. "Maar as jy
> dit op 'n rekenaar wil doen, kry jou eie", en daar vloog hy weg en toe ek
> weer sien, kom hy met nog stukke herwinbare rekenaars by die huis aan, en
> bou self sy eie rekenaar op. En ek kon in vrede my eie rekenaar weer
> benut...
> Vandag is hy ook 'n rekenaar ingenieur in eie reg, en ek leer deesdae by
> hom...
>
> Genoeg vir nou.
> Thys de Wet oppie Bos
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41037 is 'n antwoord op boodskap #41029] Di, 17 April 2001 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dirk Matthee wrote:

> Dirk Matthee by Moskow on the hill.
>

Nou hoekom sou jy UCT "Moskow on the hill" noem?
Omdat dit nou so vol mense uit voorheen-kommunistiese
lande is?
Word UCT mense nog Ikeys genoem?

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41087 is 'n antwoord op boodskap #41029] Do, 19 April 2001 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ADC38EF.FA7A2F52@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Ek onthou dat dit 'n taamlike ruk was voor
IBM se Junior-version, wat met groot fanfare geadverteer is, maar
toe nooit werklik vlamgevat het nie en wat na 'n paar jaar getermineer
is.

Dit laat my wonder of hulle eendag die genadedood op inteligente rekenaars
sal wettig?
Se^ nou die goed kan praat en so aan?
Sal mens dit in die oe" kan kyk en sê "time is up ou vriend, ek soek 'n
nuwe model"?
Dit sal seker beter wees om die goed aan Afrika te skenk. ?
Ag nee wat, hulle sal die nuutste modelle gratis wil he^.

> Nou, as ek terugdink, is die ander ding wat my verstom dat met
'n modem jy die Commodore kon verbind met 'n groot main frame
computer. My man ('n wiskundige) moes op 'n stadium die universiteit
se mainframe gebruik om sekere bevindinge te toets. Hy het later
uitgevind dat hy dit uit ons huis op die Commodore kan doen. Hy kon
uit ons huis die printer ook aansê om die informasie uit te druk.

Jislaaik, as mens darem destyds soiets by Pelindaba kon inprop.
Maar die een se brood is die ander se dood, of hoe?
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41088 is 'n antwoord op boodskap #41036] Do, 19 April 2001 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dirk Matthee skryf in boodskap news:3ADC47C2.EE25C9DE@eng.uct.ac.za...

> Hierdie is die manne wat rekenaarvirusse ontwikkel het as hulle verveeld
was.

Ja'k, in Afrika het hulle 'n ander tipe virus ontwikkel toe hulle verveeld
was met bestaande virusse.
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41089 is 'n antwoord op boodskap #41029] Do, 19 April 2001 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ADC5018.CEF0EBD7@home.com...

> Word UCT mense nog Ikeys genoem?

Ja, en Wits word nog steeds Wits genoem. Die enigste engelse universiteit in
die wêreld met 'n afrikaanse naam.
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41090 is 'n antwoord op boodskap #41029] Do, 19 April 2001 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:8topdt4gdvf8tksof0jpuq6gqmeajokj80@4ax.com...
> On Tue, 17 Apr 2001 11:27:49 +0200, "Thys de Wet"

> (Vra hom of hy een van sy moeilikste kliente van die Tygerberg kampus kan
onthou!) :-))

En ek dag die hele tyd jy is 'n koel customer, bokkie?
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41110 is 'n antwoord op boodskap #41029] Do, 19 April 2001 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet skryf in boodskap news:9bh2am$hpa$1@news.adamastor.ac.za...
> Nou ja toe nou!

> Dit het my laat dink aan die rekenaars waarop ek as operateur begin werk
> het: Alles het op ponskaarte in
> die rekenaar 'ingekom' en op bokse vol aaneenlopende papier daaruit
gegaan.

Klink vir my baie soos daai Fortran kar wat ek destyds gery het, ou Thys
Van nul tot een in 'n paar minute. Myne het ook nie 'n windscreen gehad nie.

> En wie sal nie met my saamstem dat rekenaars heelwat verander het van
> daardie dag af.
Ek stem heeltemal saam. Kyk bietjie of jy nog een van die modelle by hierdie
adres kan onthou.
http://www.jigzone.com/ms/z.php?p=jz/p7/Microsoft_1978&z =48_piece_classic&q=
gt
Ek dink die masjien links onder is werklik begaaf.
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41208 is 'n antwoord op boodskap #41029] Ma, 23 April 2001 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
My knaap het in PC era grootgeword, en ek was in elk geval in die tyd van
die Commodore van mening dat daardie rekenaars niks anders as 'n
oorgangsfase in die rekenaarhardeware ontwikkeling was nie.
Wie onthou nog die Apple II en die IIe? Speelgoed teen vandag se intreevlak
PC's, maar tog het dit 'n blywende impak op die hele werkswyse van die
rekenaarwêreld kom maak.

Al dir groot rekenaar name is vandag net daarop gesteld om stelsels so
deursigtig en so toegangklik as moontlik te maak. Maar in die proses pluk
hulle latte vir se eie agterente omdat sekuriteit van inligting en
privaatheid van daardie inligting so maklik omseil kan word.

Ek was net verlede week op 'n kursus oor hoe ons nou stelsels gaan ontwikkel
om vanaf die www sigbaar te wees. M.A.W. jy sal in Timbuktu kan sit en jou
uitslae via die www kan lees, jou studentegelde rekening elektronies kan
vereffen, ens...
Gloudina, moenie bekommerd wees dat ek jou akademiese rekord kan lees en
sommer vir my 'n graad aanlyn kan druk nie, daardie stelsels werk nie deur
die internet nie, en dit sal ook nie.

Thys oppie Bos
('n ou hond wat nou nuwe truuks geleer is:
"Sitt Rex, Rex rol ommmm..."
Rex klop net met sy stert op die vloer en gee sy voorpoot.)

skryf in boodskap news:3ADC38EF.FA7A2F52@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Klink my daai Commodore was ook so 'n geval. :-))
>
>

So, Thys, kan jou seun onthou wanneer die Commodore 64 alin gebruik gekom
het? Ek onthou dat dit 'n taamlike ruk was voor
IBM se Junior-version, wat met groot fanfare geadverteer is, maar
toe nooit werklik vlamgevat het nie en wat na 'n paar jaar getermineer
is. Ek dink die geheim van die sukses van die Commodore was dat
daar 'n groot ondergrondse uitruil van games was wat niemand kon
of wou stop nie. Mens het dus net die Commodore nodig gehad, al
die honderde speletjies was vry.
Nou, as ek terugdink, is die ander ding wat my verstom dat met
'n modem jy die Commodore kon verbind met 'n groot main frame
computer. My man ('n wiskundige) moes op 'n stadium die universiteit
se mainframe gebruik om sekere bevindinge te toets. Hy het later
uitgevind dat hy dit uit ons huis op die Commodore kan doen. Hy kon
uit ons huis die printer ook aansê om die informasie uit te druk.

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41212 is 'n antwoord op boodskap #41029] Ma, 23 April 2001 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Al dir groot rekenaar name is vandag net daarop gesteld om stelsels so
> deursigtig en so toegangklik as moontlik te maak. Maar in die proses pluk
> hulle latte vir se eie agterente omdat sekuriteit van inligting en
> privaatheid van daardie inligting so maklik omseil kan word.
>

Kan iemand vir my in woorde van een sillabe verduidelik
wat Linux is? Hier in Ottawa is daar 'n maatskappy
Corel wat so 'n ruk gelede probeer het om deur Linux
produkte vir Microsoft tot 'n val te probeer bring, en toe
in die proses omtrent hulle eie keel afgesny het. Nou is
dinge weer stil. Daar is 'n ander Kanadese maatskappy
Red Hat wat so suksesvol was met die ontwikkeling
van Linux-goed, dat die tante wat vir die ou wat die
maatskappy gestig het met geld wat hy van sy tante
geleen het, haar aandele in Red Hat verkoop het,
haar oorspronklike lening afgetrek het van die geld
wat sy ontvang het, genoeg vir haarself agtergehou
het en toe 'n dertig miljoen dollar donasie kon maak
aan een of ander universiteit. ( Watter ingewikkelde
sin is dit!)

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41224 is 'n antwoord op boodskap #41029] Di, 24 April 2001 04:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n OS (Kleinboet van Unix (Risc)) wat op Intel processors loop

skryf in boodskap news:3AE46257.C79CEFDE@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Al dir groot rekenaar name is vandag net daarop gesteld om stelsels so
>> deursigtig en so toegangklik as moontlik te maak. Maar in die proses pluk
>> hulle latte vir se eie agterente omdat sekuriteit van inligting en
>> privaatheid van daardie inligting so maklik omseil kan word.
>>
>
> Kan iemand vir my in woorde van een sillabe verduidelik
> wat Linux is? Hier in Ottawa is daar 'n maatskappy
> Corel wat so 'n ruk gelede probeer het om deur Linux
> produkte vir Microsoft tot 'n val te probeer bring, en toe
> in die proses omtrent hulle eie keel afgesny het. Nou is
> dinge weer stil. Daar is 'n ander Kanadese maatskappy
> Red Hat wat so suksesvol was met die ontwikkeling
> van Linux-goed, dat die tante wat vir die ou wat die
> maatskappy gestig het met geld wat hy van sy tante
> geleen het, haar aandele in Red Hat verkoop het,
> haar oorspronklike lening afgetrek het van die geld
> wat sy ontvang het, genoeg vir haarself agtergehou
> het en toe 'n dertig miljoen dollar donasie kon maak
> aan een of ander universiteit. ( Watter ingewikkelde
> sin is dit!)
>
> Gloudina
>
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41227 is 'n antwoord op boodskap #41224] Di, 24 April 2001 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, soos Krokkiedilmeestervanniesaak geseg het:
LINUX is 'n "oop" bedryfstelsel wat deur Linus Torvalds ontwikkel is vanuit
die UNIX bedryfstelsel. Dit loop op basies enigeiets wat soos 'n rekenaar
lyk. Vanaf IBM hooframe tot op 'n 386 Intel boks met so min as 2MG geheue.
(2MB Memory)

Daar is verskeie Value Added Resellers wat ook op die "bandwagon" geklim het
en produkte ontwikkel het om op die kern van die bedryfstelsel te werk. Red
Hat, Corel, Mandrake, SUSe ens, is almal variante van Linux. En almal maak
geld. Soss daai tante wat jy van vertelle het.
Hier by ons is 'n kollega wat van RedHat praat as RooiKappie

Thys oppie Bos

"Krokkie" skryf in boodskap news:3ae5017f$0$254@helios.is.co.za...
> 'n OS (Kleinboet van Unix (Risc)) wat op Intel processors loop
>
>
>
> skryf in boodskap news:3AE46257.C79CEFDE@home.com...
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> Al dir groot rekenaar name is vandag net daarop gesteld om stelsels so
>>> deursigtig en so toegangklik as moontlik te maak. Maar in die proses
> pluk
>>> hulle latte vir se eie agterente omdat sekuriteit van inligting en
>>> privaatheid van daardie inligting so maklik omseil kan word.
>>>
>>
>> Kan iemand vir my in woorde van een sillabe verduidelik
>> wat Linux is? Hier in Ottawa is daar 'n maatskappy
>> Corel wat so 'n ruk gelede probeer het om deur Linux
>> produkte vir Microsoft tot 'n val te probeer bring, en toe
>> in die proses omtrent hulle eie keel afgesny het. Nou is
>> dinge weer stil. Daar is 'n ander Kanadese maatskappy
>> Red Hat wat so suksesvol was met die ontwikkeling
>> van Linux-goed, dat die tante wat vir die ou wat die
>> maatskappy gestig het met geld wat hy van sy tante
>> geleen het, haar aandele in Red Hat verkoop het,
>> haar oorspronklike lening afgetrek het van die geld
>> wat sy ontvang het, genoeg vir haarself agtergehou
>> het en toe 'n dertig miljoen dollar donasie kon maak
>> aan een of ander universiteit. ( Watter ingewikkelde
>> sin is dit!)
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41228 is 'n antwoord op boodskap #41029] Di, 24 April 2001 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Gloudina, soos Krokkiedilmeestervanniesaak geseg het:
> LINUX is 'n "oop" bedryfstelsel wat deur Linus Torvalds ontwikkel is vanuit
> die UNIX bedryfstelsel. Dit loop op basies enigeiets wat soos 'n rekenaar
> lyk. Vanaf IBM hooframe tot op 'n 386 Intel boks met so min as 2MG geheue.
> (2MB Memory)
>
> Daar is verskeie Value Added Resellers wat ook op die "bandwagon" geklim het
> en produkte ontwikkel het om op die kern van die bedryfstelsel te werk. Red
> Hat, Corel, Mandrake, SUSe ens, is almal variante van Linux.

Wel, wat ek nie kan verstaan nie, hoekom bring dit nie Microsoft se
heerskappy tot 'n val nie?
Wat verhinder Corel elke keer om 'n duik in Microsoft se tegnologiese
huid te maak? Hulle het "Wordperfect" aangekoop, om daardeur
vir Microsoft te probeer onderbring, en het dit gehelp? (Alhoewel ek merk
dat Wordperfect in SA nogal wyd gebruik word - 'n paar jaar gelede
het mos UNISA oorgeslaan daarheen.) Corel wou selfs die Kanadese regering
hof toe neem omdat hulle nie van sy produk gebruik wou maak nie in 'n
aankope vir die Kanadese weermag, maar Microsoft verkies het.
Ek vra maar net. As inwoner van Ottawa het ek 'n ongesonde
belangstelling in Corel en sy baas (sy naam kan ek nou nie so vroeg in
die oggend onthou nie - Michael somebody or other, oorspronklik uit
Engeland.).Nie alleen ry ons omtrent elke dag verby die groot pienk
ronde glasstruktuur van Corel nie, maar hy het ook 'n absoluut
gedrogtelike huis gebou in Rockcliffe, waar die Goewerneur Generaal
se landgoed is en al die ambassades (insluitende die SA High Commission)
vir tien miljoen dollars. Mens kan opgooi as jy daarna kyk. Sy latest
vrou, duidelik 'n trophy huweliksmaat, kom omtrent kaal na allerhande
charity balls toe.
Ek het nou sy naam onthou. Dis Michael Copeland. Hy is nou nie
meer CEO van Corel nie. Die aandeelhouers het hom glo afgedwing.
Maar ek neem aan hy besit nog die oorgrote meerderheid van Corel
aandele.

Gloudina

>
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41229 is 'n antwoord op boodskap #41228] Di, 24 April 2001 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

@home.com wrote:

> Ek het nou sy naam onthou. Dis Michael Copeland.

Ek het sy naam verkeerd gespel. Dis Michael Cowpeland.

Dis snaaks hoe mense persepsies van sekere CEO's opbou.
Michael Cowpland en Terry Matthews is albei mense uit
Engeland wat hier by Nortel kom werk het, en toe saam
vir Mitel begin het. Hulle het Mitel verkoop en Michael
Cowpland het Corel begin en Terry Matthews vir Newbridge
Networks ( wat onlangs aan die Franse maatskappy Alcatel
verkoop is.) Terry Matthews (wat uit Wallis kom en wat een
van die rykste mense is in die UK) word algemeen as 'n
beminde inwoner van Ottawa gesien. Michael Cowpland word
omtrent algemeen deur mense in Ottawa met onguns bejeën.
En dit nadat hy die Corel Centre laat aanbou het, wat die
grootste stadion is wat Ottawa nog ooit gehad het.

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41235 is 'n antwoord op boodskap #41029] Wo, 25 April 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tyd sal leer. mikrosag en willem hekke het natuurlik 'n goeie
empaaier(tjie) van bemarking om hulle wat alles wat effens van hulle af weg
neig, eenvoudig te probeer stoomroller.
Linux se verskillende weergawes is in elk stukke beter as wat die venster
goete van mikrosag is. En dis GRATIS beskikbaar vir diegene wat ernstig is
om sy eie ding te doen. Ek wed dat hierdie boodskap op een of ander tyd
deur een of meer as een Linux boks hanteer sal word op pad daar na die
ottowaanse ontvanger toe.
Word Perfect was op 'n tyd maar 'n redelike pyn om te gebruik, al die goeie
punte ten spyt. Ekself had destyds dit net een kyk gegee en maar aangehou
kap op willem hekke se Word 5 vir DOS. Corel Draw is omtrent al van hulle
produkte wat regitg iets is om na te kyk. Ekself vat nie graag daaraan nie.
Ekwivalente daarvan is gratis beskikbaar vir Linux se X-Windows, en dan kan
jy nog kies of jy GNOME of KDE se desktop wil gebruik. En dit werk ook op
al die verskillende Linux variante.
En X-Wimdows is alles wat willempie se venters nog moet word as dit eendag
grootword...
Is daar 'n pikkewyn op jou desktop? Of beplan jy om een te kry?

(Linux se "mascot" is 'n pikkewyntjie)

Thys oppie Bos
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41238 is 'n antwoord op boodskap #41029] Wo, 25 April 2001 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
S J Burger  is tans af-lyn  S J Burger
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
> Gloudina vra: Wel, wat ek nie kan verstaan nie, hoekom bring dit nie Microsoft
> se
> heerskappy tot 'n val nie?
> Wat verhinder Corel elke keer om 'n duik in Microsoft se tegnologiese
> huid te maak?

Ten spyte daarvan dat Linux "gratis" is en ook baie suksesvol in die lêer- en
web-bediener mark is, lyk dit of meer as 90 persent van alle
Intel-werkstasiegebruikers steeds die duurder Microsoft Windows bedryfstelsel
verkies of geforseerd is om dit te gebruik. Maatskappye wat programmatuur
ontwikkel, ontwikkel dus eerste vir (of slegs vir) Microsoft Windows aangesien dit
hulle die grootste afsetgebied gee. Om dieselfde programmatuur vir 'n tweede
bedryfstelsel vry te stel, verg relatief hoë insetkoste vir marginale bykomende
inkomste. Dis 'n kringloop wat moeilik gebreek kan word. Selfs Corel maak baie
meer geld uit WordPerfect vir Windows as enige ander van hul produkte.
Verder is daar die verskynsel dat mense hul keuse van 'n produk baseer op
markaandeel eerder as gehalte, soms met goeie rede. Bv. "Daar is baie mense wat
Microsoft produkte ken", "kandidate vir poste is volop", "Microsoft het 'n beter
kans op oorlewing en hul produkte is dus 'n veilige keuse". En moenie vir Bill
Gates onderskat nie. Hy's strategies baie vernuftig.
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41239 is 'n antwoord op boodskap #41029] Wo, 25 April 2001 17:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

S J Burger wrote:

> Selfs Corel maak baie
> meer geld uit WordPerfect vir Windows as enige ander van hul produkte.
> Verder is daar die verskynsel dat mense hul keuse van 'n produk baseer op
> markaandeel eerder as gehalte, soms met goeie rede.
> En moenie vir Bill
> Gates onderskat nie. Hy's strategies baie vernuftig.

Dankie vir die verduideliking. Ek sien jy is van Unisa.
Is ek reg as ek sê dat UNISA so drie vier jaar gelede
vir Wordperfect ingevoer het. Hoekom is die gebruik
van Wordperfect baie meer wyd versprei in SA as
wat dit blykbaar hier die geval is? (Maar miskien is
ek verkeerd. Iemand hier in Ottawa het ons 'n paar
dae gelede hoofstukke van haar tesis in Wordperfect
gestuur - wat ons nie kon proses nie.) In watter opsig
is Wordperfect beter as Word? Vir lang dokumente?

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41241 is 'n antwoord op boodskap #41029] Wo, 25 April 2001 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Is daar 'n pikkewyn op jou desktop? Of beplan jy om een te kry?
>
> (Linux se "mascot" is 'n pikkewyntjie)
>
>

Nee wat, vir die dinge waarvoor ons 'n rekenaar gebruik,is die Windows-goed goed
genoeg.
Nou wonder ek hoekom Linus 'n pikkewyn as 'n
mascot gekies het. Pikkewyne word mos net in die
suidelike halfrond gekry. Ek wonder hoekom hulle
nie in die noordelike halfrond is nie.

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41270 is 'n antwoord op boodskap #41029] Do, 26 April 2001 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
S J Burger  is tans af-lyn  S J Burger
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
@home.com wrote:

> Ek sien jy is van Unisa.
> Is ek reg as ek sê dat UNISA so drie vier jaar gelede
> vir Wordperfect ingevoer het. Hoekom is die gebruik
> van Wordperfect baie meer wyd versprei in SA as
> wat dit blykbaar hier die geval is? (Maar miskien is
> ek verkeerd. Iemand hier in Ottawa het ons 'n paar
> dae gelede hoofstukke van haar tesis in Wordperfect
> gestuur - wat ons nie kon proses nie.) In watter opsig
> is Wordperfect beter as Word? Vir lang dokumente?
>
> Gloudina

Wat ek sê, is slegs my eie opinie en nie noodwendig die van die Universiteit
nie. As ek reg onthou, was dit langer terug - so om en by 1992. Unisa het
aanvanklik DisplayWrite van IBM gebruik en toe WordPerfect as "standaard" vir
die instansie ingebring. Op daardie stadium was Microsoft nie amptelik in
Suid-Afrika teenwoordig nie - sanksietye. Dit is 'n moontlike rede waarom
WordPerfect in SA baie meer aanhangers gehad het as bv. in die VSA. Ek kry die
indruk dat die balans aan die swaai is ten gunste van Microsoft. Vandag word
Microsoft Word by Unisa toenemend saam met Word Perfect gebruik, veral ter
wille van skakeling met oorsese en ander instansies.

Dokumente is gewoonlik goed uitruilbaar tussen Word en WordPerfect, mits beide
kante met die nuutste "service packs" opgradeer is. Aangesien die produkte nie
tegelyk vrygestel word nie, moet die ouer een altyd opgradeer word om dokumente
van die nuwer weergawe van die mededinger te kan omskakel - en dis nie altyd in
bv. Microsoft se belang om omskakeling van 'n mededinger se formaat te maklik
te maak nie. Daar's maar altyd so 'n leap-frog-effek, ook wat die vermoë van
die produkte betref. Om te beweer dat die een beter as die ander is, sal 'n
taai debat (dalk vir 'n ander nuusgroep) uitlok, want dit hang baie af van
persoonlike voorkeur en watter spesifieke funsionaliteit die meeste benut
word. Ek gebruik beide produkte omtrent ewe veel en ondervind geen wesentlike
pyn met enigeen nie. Dokumente behoort liefs uitgeruil te word (tussen
verskillende woordverwerkers) deur van 'n uitruilformaat soos Rich Text Format
gebruik te maak. Omtrent alle woordverwerkers het die vermoë om dokumente
van/na so 'n formaat om te skakel. Ongelukkig is dit 'n soort gedrags-etiket
wat nie toegepas word nie. Verder is dokumente soms so kompleks, met ingeslote
objekte soos spreitabelle ens., dat omskakeling tussen formate 'n nagmerrie is.
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41288 is 'n antwoord op boodskap #41029] Vr, 27 April 2001 01:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

S J Burger wrote:

> Op daardie stadium was Microsoft nie amptelik in
> Suid-Afrika teenwoordig nie - sanksietye.

Dierbaarheid. Ek het skoon vergeet van die sanksies
.Beteken dit dat mens nie produkte gelaai met enige
Microsoft-produkte in SA. voor 1990 kon koop nie?

Ek vind allerhande irriterende dingetjies in Word. Soos
dat in sekere gevalle dit 'n hoofletter maak vir 'n woord
wat nie aan die begin van 'n sin is nie, maar aan die begin
van 'n reël. Ek moet dan teruggaan om dit korrek te maak.
En wanneer ek soms op hierdie nuusgroep tik, neem dit
my tweede reël en las die helfte daarvan aan die eerste
reël en laat woorde inmekaar loop. (Alhoewel ek in Netscape
werk as ek op die nuusgroep skryf, dus is dit miskien nie
Word se skuld nie.)

Gloudina
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41524 is 'n antwoord op boodskap #41029] Wo, 02 Mei 2001 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
S J Burger  is tans af-lyn  S J Burger
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
@home.com wrote:

> . Ek het skoon vergeet van die sanksies .Beteken dit dat mens nie
> produkte gelaai met enige Microsoft-produkte in SA. voor 1990 kon koop
> nie?

Dit was geen probleem om die produkte deur handelaars te bekom nie.
Microsoft was net nie amptelik verteenwoordig nie en het geen direkte
ondersteuning verskaf nie. Nog iets wat toe tot die groter gewildheid
van WordPerfect kon bydra, was die feit dat WordPerfect langer aangehou
het om hul produk vir DOS verder te ontwikkel en te ondersteun, terwyl
Microsoft kort na die vrystelling van Windows 3 opgehou het om die
DOS-weergawes te verbeter. Daai dae het ons nog met hordes rekenaars
gesit wat nie vir Windows geskik was nie.

> Ek vind allerhande irriterende dingetjies in Word. Soos dat in sekere
> gevalle dit 'n hoofletter maak vir 'n woord wat nie aan die begin van
> 'n sin is nie, maar aan die begin van 'n reël.

Daar's soms 'n goeie rede hiervoor. As die vorige reël 'n kode soos 'n
[ENTER] aan die einde het, of enigiets wat dit soos die einde van 'n sin
of paragraaf laat lyk, word die volgende woord met 'n hoofletter begin.
Ek verkies om onder "Tools" - "AutoCorrect" in te gaan en die
"Capitalize first letter of sentences"-opsie af te sit. Dis minder
irriterend, mits mens maar self jou hoofletters tik waar jy dit wil hê.

Sybrand
Re: Tong in kies: Was Spot se check! [boodskap #41604 is 'n antwoord op boodskap #41029] Sa, 05 Mei 2001 14:12 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

S J Burger wrote:

> Daar's soms 'n goeie rede hiervoor. As die vorige reël 'n kode soos 'n
> [ENTER] aan die einde het, of enigiets wat dit soos die einde van 'n sin
> of paragraaf laat lyk, word die volgende woord met 'n hoofletter begin.
> Ek verkies om onder "Tools" - "AutoCorrect" in te gaan en die
> "Capitalize first letter of sentences"-opsie af te sit. Dis minder
> irriterend, mits mens maar self jou hoofletters tik waar jy dit wil hê.
>
> Sybrand

Baie dankie. ( My man het dit gedoen. )

Nou wil ek twee vrae vra, maar dit het niks met Word te doen
nie. Ek gaan vir hierdie nuusgroep op Netscape, dus het dit seker
iets te doen met Netscape.
(1) Soms as ek 'n stuk tik (gewoonlik met kort reëls) en dit
dan wegstuur, kom dit op die nuusgroep met die eerste reel wat
in deel van die tweede in loop, en sommige van die woorde
loop ook inmekaar, dus sonder spasies. Ek wonder hoekom
dit soms dit doen en soms dit nie doen nie.
(2) Die nuusgroep is so gestel dat ek die varsste poste bo-aan
kry. Maar hier en daar duik die vars poste op ander plekke op.
Soos Lou s'n, wat gereeld nie bo-aan verskyn nie. En soos joune,
wat alreeds Woensdag se datum het maar wat ek vandag eers
ontdek het.
Ek verwag nie dat jy antwoorde op hierdie goed sal kan gee nie,
maar dis snaaks vir my hoekom daar hierdie onreëlmatighede is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Karel Schoeman
Volgende onderwerp: Residents see street searches and arrests as arbitrary
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:20:06 MGT 2024