Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS
"villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS [boodskap #39390] So, 18 Februarie 2001 15:14 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
‘n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi’s hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,

Re: "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS [boodskap #40874 is 'n antwoord op boodskap #39390] Di, 10 April 2001 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Antonio  is tans af-lyn  Antonio
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
Was dit nou een van daardie gedigte van die Internet Polisie, of het ek die
kat by die stert beet?
schrieb im Newsbeitrag news:3AD3877E.6B6A8A81@home.com...
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Re: "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS [boodskap #40881 is 'n antwoord op boodskap #39390] Wo, 11 April 2001 16:36 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie.
My geliefkoosde stukkie Oos Vrystaat.- Clarens.
Annette

@home.com wrote in message ...
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Vorige onderwerp: "Karoo" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Winterpad" deur ANDRE LE TOIT
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:45:13 MGT 2024