Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mandela oor Afrikaans
Mandela oor Afrikaans [boodskap #40880] Wo, 11 April 2001 14:00 na volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
07/04/2001 08:32 PM - (SA)
Mandela prys die Afrikaners
Johanna van Eeden

'n Hand van versoening is gister hier deur oudpres. Nelson Mandela na
Afrikaans, Afrikaners en die Afrikaanse taalgemeenskap uitgereik. Mandela
het op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) gepraat.

Hy was die gasspreker by die toekenning van ereburgerskap van Oudtshoorn aan
die KKNK. Hy het die grootste deel van sy toespraak in Afrikaans gehou en
het 'n spesifieke boodskap vir Afrikaners gehad.

"Ek weet dat dit nie meer moontlik is om op 'n eenvoudige manier te praat
van Afrikaners as 'n eenvormige groep nie. Ek wil tog die stelling maak dat
daardie versameling mense wat ons Afrikaners noem, 'n besondere plek in ons
geskiedenis beklee."

Mandela het verwys na Suid-Afrika se swart bevolking wat van die vroegste
tye af gewikkel was in 'n vryheidstryd.

"Van al die blanke bevolkingsgroepe is die Afrikaners die enigste wat self
ook hier 'n vryheidstryd gevoer het. Hul heldhaftige teenstand teen Britse
oorheersing is legendaries.

"Daardie stryd was wel net vir die vryheid van die eie groep en in later
jare sou daardie oorwinnings gebruik word om ander te verkneg. Maar die feit
dat Afrikaners daardie ervaring van 'n vryheidstryd gehad het, bind hulle op
'n besondere manier met die res van die bevolking wat vir vryheid moes veg.

"Dat hulle hier in hierdie land moes veg vir vryheid en selfbeskikking,
beteken ook dat hulle nie 'n ander tuiste het waarheen hulle hulself
emosioneel kan wend nie. Hulle is gewortelde Suid-Afrikaners en Africans."

Mandela sê hy is bewus daarvan dat daar vroeër sprake was om 'n Afrikaanse
universiteit op Oudtshoorn te begin. Hy sê dié planne is 'n aanduiding van
die vrese wat daar in die Afrikaanse taalgemeenskap bestaan oor die toekoms
van Afrikaans as akademiese taal.

"Ek dink nie dat enigiemand in die regering kwaadgesind is teenoor Afrikaans
as wetenskaptaal nie. Daar moet egter 'n regverdige balans gevind word
tussen die regte van verskillende taalgemeenskappe om toegang te kry tot
universiteite."

Hy was verheug toe hy hoor prof. Kader Asmal, die minister van onderwys, het
dr. Jakes Gerwel aangestel as voorsitter van 'n taakgroep wat moet besin oor
die rol van Afrikaans in tersiêre onderwys. Afrikaanssprekendes kan gerus
wees dat die saak toevertrou is aan 'n man vir wie Afrikaans baie na aan die
hart lê. Die feit dat Gerwel lid is van die bruin gemeenskap, is 'n sterk
aanduiding hoe Afrikaans as 'n taalgemeenskap onder die nuwe demokrasie
gegroei het.

Die oudpresident het die KKNK bestempel as deel van die Afrika-renaissance
en 'n kosbare middel wat die onderskeie sektore binne die Afrikaanssprekende
gemeenskap tot eenheid bind.

Hy het verwys na die vroeëre onderdrukking van die bruin gemeenskap deur
mede-Afrikaanssprekendes, en gesê die KKNK het 'n groot rol te speel om die
wonde van die verlede te genees en die Afrikaanse taalgemeenskap te
versterk. Hy het die bruin mense aangemoedig om trots te wees op hul eie
geskiedenis en prestasies.

"In veranderende tye het Afrikaans ook 'n veranderende rol, en dit word
gereflekteer in die aard van hierdie fees." Hy meen dit sal deesdae vir
Langenhoven moeilik wees om nog na Afrikaans te verwys as "die enigste
witmenstaal wat nie klaar gemaak uit Europa gekom het nie" .

Die KKNK bevestig dat Afrikaans nie 'n taal vir net blankes is nie, en dat
dit boonop nie 'n Europese taal is nie: "Die KKNK dra die boodskap dat
Afrikaans en Afrikaanssprekendes onteenseglik gewortel is in hierdie land en
hierdie kontinent."

Hy verneem die Afrikaanse jeug lees nie meer "verskriklik baie Langenhoven"
nie, maar hy is nog een van daardie ouer garde wat Afrikaans geleer het deur
sy werk te lees - spesifiek werke soos Herrie op die tremspoor en
Loeloeraai.

jva...@rapport.co.za
Re: Mandela oor Afrikaans [boodskap #40885 is 'n antwoord op boodskap #40880] Do, 12 April 2001 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is die volledig teks van die toespraak êrens beskikbaar - waar?

"Rico" skryf in boodskap news:9b1nsm$5sq$1@news1.xs4all.nl...
>
>
> 07/04/2001 08:32 PM - (SA)
> Mandela prys die Afrikaners
> Johanna van Eeden
>
>
> 'n Hand van versoening is gister hier deur oudpres. Nelson Mandela na
> Afrikaans, Afrikaners en die Afrikaanse taalgemeenskap uitgereik. Mandela
> het op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) gepraat.
>
> Hy was die gasspreker by die toekenning van ereburgerskap van Oudtshoorn aan
> die KKNK. Hy het die grootste deel van sy toespraak in Afrikaans gehou en
> het 'n spesifieke boodskap vir Afrikaners gehad.
>
> "Ek weet dat dit nie meer moontlik is om op 'n eenvoudige manier te praat
> van Afrikaners as 'n eenvormige groep nie. Ek wil tog die stelling maak dat
> daardie versameling mense wat ons Afrikaners noem, 'n besondere plek in ons
> geskiedenis beklee."
>
> Mandela het verwys na Suid-Afrika se swart bevolking wat van die vroegste
> tye af gewikkel was in 'n vryheidstryd.
>
> "Van al die blanke bevolkingsgroepe is die Afrikaners die enigste wat self
> ook hier 'n vryheidstryd gevoer het. Hul heldhaftige teenstand teen Britse
> oorheersing is legendaries.
>
> "Daardie stryd was wel net vir die vryheid van die eie groep en in later
> jare sou daardie oorwinnings gebruik word om ander te verkneg. Maar die feit
> dat Afrikaners daardie ervaring van 'n vryheidstryd gehad het, bind hulle op
> 'n besondere manier met die res van die bevolking wat vir vryheid moes veg.
>
> "Dat hulle hier in hierdie land moes veg vir vryheid en selfbeskikking,
> beteken ook dat hulle nie 'n ander tuiste het waarheen hulle hulself
> emosioneel kan wend nie. Hulle is gewortelde Suid-Afrikaners en Africans."
>
> Mandela sê hy is bewus daarvan dat daar vroeër sprake was om 'n Afrikaanse
> universiteit op Oudtshoorn te begin. Hy sê dié planne is 'n aanduiding van
> die vrese wat daar in die Afrikaanse taalgemeenskap bestaan oor die toekoms
> van Afrikaans as akademiese taal.
>
> "Ek dink nie dat enigiemand in die regering kwaadgesind is teenoor Afrikaans
> as wetenskaptaal nie. Daar moet egter 'n regverdige balans gevind word
> tussen die regte van verskillende taalgemeenskappe om toegang te kry tot
> universiteite."
>
> Hy was verheug toe hy hoor prof. Kader Asmal, die minister van onderwys, het
> dr. Jakes Gerwel aangestel as voorsitter van 'n taakgroep wat moet besin oor
> die rol van Afrikaans in tersiêre onderwys. Afrikaanssprekendes kan gerus
> wees dat die saak toevertrou is aan 'n man vir wie Afrikaans baie na aan die
> hart lê. Die feit dat Gerwel lid is van die bruin gemeenskap, is 'n sterk
> aanduiding hoe Afrikaans as 'n taalgemeenskap onder die nuwe demokrasie
> gegroei het.
>
> Die oudpresident het die KKNK bestempel as deel van die Afrika-renaissance
> en 'n kosbare middel wat die onderskeie sektore binne die Afrikaanssprekende
> gemeenskap tot eenheid bind.
>
> Hy het verwys na die vroeëre onderdrukking van die bruin gemeenskap deur
> mede-Afrikaanssprekendes, en gesê die KKNK het 'n groot rol te speel om die
> wonde van die verlede te genees en die Afrikaanse taalgemeenskap te
> versterk. Hy het die bruin mense aangemoedig om trots te wees op hul eie
> geskiedenis en prestasies.
>
> "In veranderende tye het Afrikaans ook 'n veranderende rol, en dit word
> gereflekteer in die aard van hierdie fees." Hy meen dit sal deesdae vir
> Langenhoven moeilik wees om nog na Afrikaans te verwys as "die enigste
> witmenstaal wat nie klaar gemaak uit Europa gekom het nie" .
>
> Die KKNK bevestig dat Afrikaans nie 'n taal vir net blankes is nie, en dat
> dit boonop nie 'n Europese taal is nie: "Die KKNK dra die boodskap dat
> Afrikaans en Afrikaanssprekendes onteenseglik gewortel is in hierdie land en
> hierdie kontinent."
>
> Hy verneem die Afrikaanse jeug lees nie meer "verskriklik baie Langenhoven"
> nie, maar hy is nog een van daardie ouer garde wat Afrikaans geleer het deur
> sy werk te lees - spesifiek werke soos Herrie op die tremspoor en
> Loeloeraai.
>
> jva...@rapport.co.za
>
Re: Mandela oor Afrikaans [boodskap #40889 is 'n antwoord op boodskap #40880] Do, 12 April 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Rico:
'n Hand van versoening is gister hier deur oudpres. Nelson Mandela na
Afrikaans, Afrikaners en die Afrikaanse taalgemeenskap uitgereik.

Leuce:
'n Joernalis was nie tevrede met goeie nuus nie, en wou dit in ekstatiese
nuus verander met die "hand van versoening" cliché. Feit is, mnr Mandela
het lankal 'n hand van versoening na die taalgemeenskap uitgesteek. Tensy
daardie hande weer teruggetrek was, is dit mos laf om te sê dat hy nou
weeeeer 'n keer nog 'n hand van versoening uitgesteek het, so asof daar
verdere versoening nodig is. Sover ek weet het mnr Mandela nie vóór hierdie
toespraak homself téén Afrikaans uitgespreek nie... so waarvandaan die idee
dat sy gebaar enigsins 'n "versoeningsgebaar" is? Dis 'n oulike gebaar, ja.
Re: Mandela oor Afrikaans [boodskap #40893 is 'n antwoord op boodskap #40889] Do, 12 April 2001 13:28 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> 'n Joernalis was nie tevrede met goeie nuus nie, en wou dit in ekstatiese
> nuus verander met die "hand van versoening" cliché. Feit is, mnr Mandela
> het lankal 'n hand van versoening na die taalgemeenskap uitgesteek. Tensy
> daardie hande weer teruggetrek was, is dit mos laf om te sê dat hy nou
> weeeeer 'n keer nog 'n hand van versoening uitgesteek het, so asof daar
> verdere versoening nodig is. Sover ek weet het mnr Mandela nie vóór hierdie
> toespraak homself téén Afrikaans uitgespreek nie... so waarvandaan die idee
> dat sy gebaar enigsins 'n "versoeningsgebaar" is?

Ja, maar dis natuurlik in die guns van diegene wat "verontreg" voelom die mite
van die "kloof" in stand te hou. Die soort mense wat
selfs van hierdie kloof 'n industrie maak, soos ou Fred Rundle en
Aida Parker, die leermeester van die rsaboytjie Frikkie Potgieter.
As mens Nelson Mandela se biografie lees, word jy getref deur sy
pogings om Afrikaans te leer gedurende sy gevangenisskap.Mandela
was natuurlik maklik daartoe instaat, omdat hy binne die grense van
SA sy jare van bannelingskap deurgebring het. Mens kan Thabo
Mbeki vergewe dat sy Afrikaans nie so goed is nie, want hy moes
sy bannelingskap in die buiteland deurbring.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: National Lotto : What's wrong with this file?
Volgende onderwerp: Elize Botha
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 18:18:24 MGT 2024