Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voorblad: Kuns
Voorblad: Kuns [boodskap #40769] Wo, 04 April 2001 08:29
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Genotvolle aand - met Riaan wat ongemaklik saam met die kunstenaar op die
grond lê.
Die kunstenaar het beweer dat hy nie sy kuns hoef te verduidelik nie.
Riaan merk tereg op dat weinig mense sal verstaan wat die kunstenaar probeer
uitbeeld.
Dan was daar die kritici was Riaan afskiet as 'n ignoramus in geval van die
betrokke kunstenaar, en omdat hy gehou het van iets.

Al wat ek wil weet - as die kunstenaar iets doen om hom te laat goed voel,
en hy voel verbitterd omdat niemand hom verstaan nie, hoe op aarde gaan hy
enige genoegdoening kry as hy nie die minste moeite doen om wat hy probeer
sê sinvol aan die bree publiek bekend te stel nie?

Ek moet sê, ek was nogal teleurgesteld dat die snit nie gewys het hoe die
brandende klapper in die agterstewe ontplof nie:))))

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Meer effektiewe geestelike interpretasie Inisiatief
Volgende onderwerp: provider cd's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:48:04 MGT 2024