Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Outspan" deur JOHAN MYBURG
"Outspan" deur JOHAN MYBURG [boodskap #40556] Sa, 24 Maart 2001 19:49
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

OUTSPAN
Johan Myburg

Gister 'n brief
gehad van Bill.
Die somer was nat,
skryf hy, en guur.
London ruik plek-plek
nog net so suur
soos voorheen. “Niks
was soos jy jou sou
verbeel nie.”
Breedvoerig brei hy
uit oor Maastricht
en die ekonomie.
Vanoggend luister
ek na die mars
uit Die liefde vir
drie lemoene, ruik
terstond die vars
sitrusreën in
die National Opera
en die London
van ons lemoenseisoen.
Vorige onderwerp: 'n gedig
Volgende onderwerp: "Groenspreeu" deur P.W. BUYS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 03:53:33 MGT 2024