Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina
J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40427] Di, 20 Maart 2001 06:21 na volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beeld - 16/03/2001 20:20 - (SA)

J.M. Coetzee 'wil emigreer'

Kaapstad. - Die Suid-Afrikaanse
skrywer J.M. Coetzee, wat twee
keer die prestigeryke Bookerprys verower het, gaan na berig word na
Australië emigreer.

Volgens 'n berig in die koerant The Australian het Coetzee navraag
gedoen oor emigrasie na Australië tydens 'n besoek aan die Sydney
Writer's Festival in Mei verlede jaar. Coetzee het verlede week 'n
lesing
gegee by die Universiteit van Adelaide.

The Australian het volgens Sapa-AFP berig dat 'n woordvoerder vir
Coetzee se uitgewers, Random House, gesê het Coetzee "ondersoek
reeds lankal die moontlikheid" om na Australië te gaan. Random House
in Suid-Afrika is egter onbewus van die planne.

Coetzee het nie kommentaar gelewer op 'n navraag wat aan hom
gestuur is nie.

Sy roman Disgrace, wat deur party kritici beskou is as 'n negatiewe blik
op postapartheid-Suid-Afrika, het die Bookerprys in 1999 gewen.
Coetzee se The Life and Times of Michael K. het in 1983 dié eer te
beurt geval. - Sapa
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40441 is 'n antwoord op boodskap #40427] Di, 20 Maart 2001 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Mar 2001 08:21:32 +0200, Lou wrote:

J.M. Coetzee 'wil emigreer'

Net so by the way Lou, watter JM Coetzee boek is jou gunsteling?

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40442 is 'n antwoord op boodskap #40427] Di, 20 Maart 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Beeld - 16/03/2001 20:20 - (SA)
>
> J.M. Coetzee 'wil emigreer'
>
> Kaapstad. - Die Suid-Afrikaanse
> skrywer J.M. Coetzee, wat twee
> keer die prestigeryke Bookerprys verower het, gaan na berig word na
> Australië emigreer.
>

Dankie, Lou, dat jy aan my gedink het toe jy dit gelees het.
Ek het dit toe alreeds gelees. (Ek lees die kuberuitgawe van
"Beeld" taamlik gereeld elke dag.)
Ek kan natuurlik tussen die reëls lees dat jy weer iets wil
"bewys" deur hierdie stukkie nuus spesiaal aan my te stuur. Jy
wil sê, dink ek, dat SELFS JM Coetzee nou wil emigreer. Is
ek reg?
Wel, ons sal seker nooit weet hoekom hy na Australië wil
gaan nie. Ek weet dat hy nooit vreeslik enchanted was met die
behandeling wat hy in literêre kringe in Suid-Afrika gekry het
nie. Hy het laat blyk dat hy dink die joernaliste het hom nooit
ernstig opgeneem nie, en net gebel vir 'n onderhoud wanneer
hy weer 'n prys gekry het. En dat hulle dan die verkeerde
vrae gevra het. Vrae oor sy persoonlike agtergrond. Vrae oor
sy politiek. Terwyl hy vrae oor sy metodes en dies meer wou
hê.
Gloudina
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40443 is 'n antwoord op boodskap #40427] Di, 20 Maart 2001 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Coetzee het nie kommentaar gelewer op 'n navraag wat aan hom
> gestuur is nie.
>
> Sy roman Disgrace, wat deur party kritici beskou is as 'n negatiewe blik
> op postapartheid-Suid-Afrika, het die Bookerprys in 1999 gewen.
> Coetzee se The Life and Times of Michael K. het in 1983 dié eer te
> beurt geval. - Sapa

Dis natuurlik tipies van "party kritici" dat hulle "Disgrace" as 'nboek met
'n negatiewe blik op postapartheid-SA gaan sien het.
Die boek begin met 'n ondervinding van 'n professor wat uit sy
werk geskors word omdat hy aangekla word van molestering
van een van sy vroue-studente. Daarna gaan hy kuier in die
Oos-Kaap waar sy dogter bly, 'n dogter wat verkrag word deur
'n groep swart mans, maar wat weier om 'n aborsie te kry en
wat uiteindelik (as ek reg onthou) gaan trou met die swart man
wat 'n lokale grondeienaar geword het en wat ook blykbaar
die verkragters 'n veilige hawe gee. Nou, volgens my interpretasie,
is hierdie boek op een vlak oor die dinamiek van postapartheid
SA, die feit dat die swart man begin "mag" kry, en die feit dat
die hoofkarakter se dogter besluit om met die nuwe (swart)
grondeienaar te trou. Sy, volgens Coetzee, het die insig en die
oplossings in 'n baie komplekse SA in die een en twintigste eeu.
En die kind wat gebore gaan word, al is dit in die proses van
verkragting, is die kind wat die toekoms van SA gaan be-erwe.
In alle geval, dis een interpretasie. En ek hou nog vol
dat JM Coetzee se eerste twee of drie boeke eintlik sy beste
is. Lees "Shadowlands" en sy beskrywing van 'n toer wat 'n
wit trekboer maak noordwaarts in die land van die Namakwas
in die agtiende eeu. Dis 'n absolute tour de force, en die hele
boek een magtige voorbeeld van die post-modernisme.

Gloudina
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40467 is 'n antwoord op boodskap #40443] Wo, 21 Maart 2001 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi )

On Tue, 20 Mar 2001 14:15:06 GMT, @home.com wrote:

> Dis natuurlik tipies van "party kritici" dat hulle "Disgrace" as 'nboek met
> 'n negatiewe blik op postapartheid-SA gaan sien het.

Enigiemand wat Disgrace as bloot dit sien, sal seker ook se Crime and
Punishment is 'n aksie-roman wat in St. Petersburg afspeel.

Disgrace beweeg op talle vlakke. Die omgewing is toevallig. Dis waar
Coetsee woon. Hy kan sy boek net met sy eie omgewing inklee. Dit
beteken egter nie hy "skryf oor sy fisieke omgewing" nie.

In elk geval enigiemand wat meer as een van sy boeke gelees het, veral
as mens Boyhood gelees het, sal seker nie verbaas wees dat hy sy
omgewing verwerp nie.

As sy omgewing te stadig is om hom te verwerp, sal hy dit verwerp....
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40479 is 'n antwoord op boodskap #40427] Do, 22 Maart 2001 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee Gloudina - ek wou nie iets bewys nie - ek weet dat jy die skrywer as
een van SA se betse skrywers beskoue en dat jy sy doen en late as
nuuswaardig beskou.

Soek al weer ander agter die deur ne?

@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Beeld - 16/03/2001 20:20 - (SA)
>>
>> J.M. Coetzee 'wil emigreer'
>>
>> Kaapstad. - Die Suid-Afrikaanse
>> skrywer J.M. Coetzee, wat twee
>> keer die prestigeryke Bookerprys verower het, gaan na berig word na
>> Australië emigreer.
>>
>
> Dankie, Lou, dat jy aan my gedink het toe jy dit gelees het.
> Ek het dit toe alreeds gelees. (Ek lees die kuberuitgawe van
> "Beeld" taamlik gereeld elke dag.)
> Ek kan natuurlik tussen die reëls lees dat jy weer iets wil
> "bewys" deur hierdie stukkie nuus spesiaal aan my te stuur. Jy
> wil sê, dink ek, dat SELFS JM Coetzee nou wil emigreer. Is
> ek reg?
> Wel, ons sal seker nooit weet hoekom hy na Australië wil
> gaan nie. Ek weet dat hy nooit vreeslik enchanted was met die
> behandeling wat hy in literêre kringe in Suid-Afrika gekry het
> nie. Hy het laat blyk dat hy dink die joernaliste het hom nooit
> ernstig opgeneem nie, en net gebel vir 'n onderhoud wanneer
> hy weer 'n prys gekry het. En dat hulle dan die verkeerde
> vrae gevra het. Vrae oor sy persoonlike agtergrond. Vrae oor
> sy politiek. Terwyl hy vrae oor sy metodes en dies meer wou
> hê.
> Gloudina
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40480 is 'n antwoord op boodskap #40441] Do, 22 Maart 2001 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nie 'n JM Coetzee bewonderaar nie - ek het bloot die berig geplaas
omdat Gloudina hom hoog aanslaan.

Ferdi wrote:
>
> On Tue, 20 Mar 2001 08:21:32 +0200, Lou wrote:
>
> Net so by the way Lou, watter JM Coetzee boek is jou gunsteling?
>
> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40481 is 'n antwoord op boodskap #40427] Do, 22 Maart 2001 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 20 Mar 2001 14:15:06 GMT, @home.com wrote:
>
>
> As sy omgewing te stadig is om hom te verwerp, sal hy dit verwerp....

Diep man diep!!! Maar wat beteken dit?
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40485 is 'n antwoord op boodskap #40481] Do, 22 Maart 2001 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Mar 2001 09:02:12 +0200, Lou wrote:

As sy omgewing te stadig is om hom te verwerp, sal hy dit
verwerp....
>
> Diep man diep!!! Maar wat beteken dit?

Dat jy nog nooit 'n boek van hom gelees het nie? Dat jy maar die
eerste keer van hom bewus geword het toe jy so 'n week gelede die
koerant-beriggie raakgelees het?

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40486 is 'n antwoord op boodskap #40480] Do, 22 Maart 2001 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Mar 2001 09:01:16 +0200, Lou wrote:

> Ek is nie 'n JM Coetzee bewonderaar nie - ek het bloot die berig geplaas
> omdat Gloudina hom hoog aanslaan.

Dit maak sin, ja. Dis soos jy mos maar gewoonlik reageer.

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40491 is 'n antwoord op boodskap #40486] Do, 22 Maart 2001 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 22 Mar 2001 09:01:16 +0200, Lou wrote:
>
[color=blue]>
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40492 is 'n antwoord op boodskap #40485] Do, 22 Maart 2001 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 22 Mar 2001 09:02:12 +0200, Lou wrote:
>
> verwerp....
>>
>> Diep man diep!!! Maar wat beteken dit?
>
> Dat jy nog nooit 'n boek van hom gelees het nie? Dat jy maar die
> eerste keer van hom bewus geword het toe jy so 'n week gelede die
> koerant-beriggie raakgelees het?
>

He he - somtyds ...
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40509 is 'n antwoord op boodskap #40492] Vr, 23 Maart 2001 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Mar 2001 17:05:53 +0200, Lou wrote:

>> Dat jy nog nooit 'n boek van hom gelees het nie? Dat jy maar die
>> eerste keer van hom bewus geword het toe jy so 'n week gelede die
>> koerant-beriggie raakgelees het?

>
> He he - somtyds ...

So wanneer HET jy die eerste keer van hom gehoor?

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: J.M. Coetzee 'wil emigreer' - vir Gloudina [boodskap #40515 is 'n antwoord op boodskap #40509] Vr, 23 Maart 2001 13:45 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 22 Mar 2001 17:05:53 +0200, Lou wrote:
>
> Dat jy nog nooit 'n boek van hom gelees het nie? Dat jy maar die
>>> eerste keer van hom bewus geword het toe jy so 'n week gelede die
>>> koerant-beriggie raakgelees het?
>
>>
>> He he - somtyds ...
>
> So wanneer HET jy die eerste keer van hom gehoor?

Hmmm - moeilik om te sê - wanneer het jy die eerste keen van Isaac
Assimov(spel) gehoor?
Vorige onderwerp: Waarheid
Volgende onderwerp: Boodskap van Constand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 03:58:18 MGT 2024