Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Culture of reason....
Re: Culture of reason.... [boodskap #40455] Wo, 21 Maart 2001 01:30 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Dit sal nou interessant wees om
> te sien of die "slim" Afrikaans - Kanadese tannie iets te se het oor
> AFRIKAANSE kultuur en gedrag/denkpatrone? Ek twyfel, maar nou
> ja...mens kan maar net probeer....
>

Jy wil nie opgee nie, né? Waarom is jy so gekonsentreer
op my? Al wat ek in jou gedragspatroon sien, is die
konstante aandagtrek deur negatiewe dinge kwyt te raak
oor ander. Nouja, miskien is jy die ideologiese dissipel
van die apartheidsvarke, wat mense probeer terroriseer
het deur hul as "anders" as die "Afrikaner" te sien. Maar
hulle is nou ontmasker. Afrikaners is 'n baie meer komplekse
en intelligente kultuurgroep as wat mens sou aflei as jy net
na die apartheidsvarke kyk. Laasgenoemde was maar net 'n klein
siek groepie wat deur hulle metodes die res van die bevolking
geterroriseer het. Gelukkig het daar in SA 'n nuwe gees ingekom:
Ubuntu - die gees van samewerking tussen die dele van die
gemeenskap, wat die welsyn van die gemeenskap hoër stel
as die lot van sy individuele lede. Ubuntu, die rede hoekom
die swart meerderheid nie die wit minderheid in die see gejaag
het nie. Ubuntu, wat die geduld het om te wag, solank die wete
daar is dat die gemeenskap as 'n geheel op 'n gesonde pad is.

Gloudina
Re: Culture of reason.... [boodskap #40456 is 'n antwoord op boodskap #40455] Wo, 21 Maart 2001 01:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Anyway, many historians, philosophers and other scholars have argued
> that fundamentally different ways of thinking about the world existed
> in ancient civilizations and linger in their successor societies.
> Ancient Greek civilization gave rise to the analytic mentality of
> Westerners (?)
> It could be argued that Greeks wanted to know in order to understand
> rules of nature, whereas Chinese, sought knowledge in order to
> properly behave toward others. Thus, the ancient Chinese made
> scientific advances grounded more in practical applications than in
> formal models or theories.

Die Grieke, beginnende met Plato, het 'n utilitêre filosofie geskep,
wat gelei het tot die split tussen die siening van die natuur as
materialisties,
en die psige as iets onmaterialisties. Dis dië siekte waaraan die westerse

denke nog vandag ly. Die Indiese en Chinese filosofieë het nooit hierdie
kloof ondervind nie. As gevolg daarvan kan veral die Indiese denke
komplekse psigiese dinge makliker hanteer as "westerse denke." Daar
was natuurlik sommige westerse filosowe wat hierdie kloof probeer
oorbrug het, maar die algemene neiging in die Weste is nog om, soos
Aristoteles, dinge alleen as werklik te sien as jy hulle op
materialistiese
maniere kan klassifiseer.
Wat mens egter soms laat wonder: hoekom is veral die Chinese
soveel beter op die gebied van "westerse" wiskunde? Dis asof hulle
selfs die westerse konsepte helderder kan sien en manipuleer.

Gloudina
Re: Culture of reason.... [boodskap #40457 is 'n antwoord op boodskap #40455] Wo, 21 Maart 2001 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink hier by ons is dit op 'n baie meer persoonlike vlak. Diegene wat
bereid was om ontvanklik te wees vir ander mense se sienswyses - d.m.v.
kontak, reis of lees - se redenering en gevolgtrekking van 'n stelling sal
wesentlik verskil met persone wat 'n baie eng lewenswyse verkies.
Dan is daar nog diegene van ons wat ons deur niemand wil laat voorskryf hoe
om te dink nie:)))
Annette

Danielle wrote in message ...
>
> So ruk terug het ek hierdie skrywe in the Engelse groep geplaas, en 'n
> paar baie goeie terugvoeringe gekry. Dit sal nou interessant wees om
> te sien of die "slim" Afrikaans - Kanadese tannie iets te se het oor
> AFRIKAANSE kultuur en gedrag/denkpatrone? Ek twyfel, maar nou
> ja...mens kan maar net probeer....
>
>
> How does mind and culture orchestrate reasoning?
> Do frameworks for reasoning differ between various cultures,
> specifically in South Africa? I seem to encounter problems at times
> "communicating" with folk from SA. Misunderstandings abound, and it
> led me to wonder about this...
>
> In the United States, people usually adopt an "analytic" perspective.
> They look for the traits of objects while largely ignoring their
> context, categorize items by applying formal logic and explicit rules,
> and try to resolve any contradictions that turn up. Their attention
> gravitates toward constant features of isolated entities.
> Compared to East Asians, that calls for a more "holistic" approach.
> They usually make little use of categories and formal logic and
> instead focus relations among objects and the context in which they
> interact. These populations also tend to accept or even search for
> contradictory perspectives on the same issue. In short, they direct
> their attention to a complex, conflict-strewn environment.
>
> (The above taken from various writings and articles of psychologists
> such as Nisbett and Luria)
>
> Anyway, many historians, philosophers and other scholars have argued
> that fundamentally different ways of thinking about the world existed
> in ancient civilizations and linger in their successor societies.
> Ancient Greek civilization gave rise to the analytic mentality of
> Westerners (?)
> It could be argued that Greeks wanted to know in order to understand
> rules of nature, whereas Chinese, sought knowledge in order to
> properly behave toward others. Thus, the ancient Chinese made
> scientific advances grounded more in practical applications than in
> formal models or theories.
>
Re: Culture of reason.... [boodskap #40466 is 'n antwoord op boodskap #40455] Wo, 21 Maart 2001 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

>> Die Grieke, beginnende met Plato, het 'n utilitêre filosofie geskep,
>
> Bedoel jy hierby 'n praktiese, logiese filosofie van maatskaplike nut,
> wat veral die geluk en voorspoed van die grootste gedeelte van die
> populasie wil besorg? Dat plesier en geluk kosbare entiteite is, en
> dat pyn en lyding negatiewe entiteite is, en dat alles tussen in net
> instrumenteel is as as 'n "means to an end"? Of bedoel jy iets anders
> hier?

Onthou dat in die kultuur van Athene die vroue en dieslawe nie belangrike
deelnemers aan die sogenaamde
demokrasie was nie. So om van die "geluk en voorspoed
van die grootste gedeelte van die populasie" te praat, is
om te glo in 'n populêre mite oor die Grieke.

>> wat gelei het tot die split tussen die siening van die natuur as
>> materialisties,
>> en die psige as iets onmaterialisties. Dis dië siekte waaraan die westerse
>
> Waarom gebruik jy die woord "siekte"? Natuurlik is jy geregtig op jou
> siening , maar is dit werklik nodig om so dramatiese negatiewe woord
> en konnektasie te gebruik om die westerse filosofie(e) te
> kompartementaliseer (?is daar so woord)?

Wel, dis nodig om uit te wys dat die Grieke en die manierwaarop hulle
verantwoordelik was vir die "westerse manier
van dink" iets negatiefs was. Meeste mense in die Weste,
tensy hulle bewus Oosterse kulture en maniere van dink
bestudeer, glo net blind dat die materialisme wat veroorsaak
is deur die laat-Griekse manier van dink die enigste grond van
die denke is. (Daar was vroeg-Griekse filosowe wat meer
in gemeen gehad het met Indiese denke, maar Plato se idees
het hulle s'n tot niet gemaak.) Noudat die wereld kleiner word
en Westerlinge opnuut in aanraking kom met ander kulture,
word dit nodig om die basis van die Westerse kultuur weer
krities te ondersoek.

> En dit laat my dan onmiddelik dink aan Walter Pahnke (as ek nou die
> van reg gespel het). Hy het daar in 1966 rond 'n studie gedoen by
> Berkeley, CA . Hy het 'n groep van 20 protestante uit 'n kweekskool
> geneem en een helfte 'n placebo gegee, en vir die ander helfte 'n
> hallisogeniese medisyne wat "psilocybin" bevat.
>
> Gevolgtrekking? Ek glo dat Pahnke voorgestel het dat gesonde mense
> wat oop is vir mistieke ervaringe, en wat dit kan ervaar in 'n
> ondersteunende omgewing, kan langdurige positiewe effekte ervaar.
> Ekself is maar bietjie skepties oor sulke publikasies en implikaies,
> maar nou ja...:-)
>

Ja, suiwer psilocybin (in Kanada word dit gevind in die
klein mushroom "Liberty cap") is 'n wonderlike en gesonde
manier om 'n diep-psigiese ervaring te hê - dit hang alles af
van hoe geestelik voorbereid jy is, hoe diep die insigte is
wat jy daaruit kry. Ek vind dit skandalig dat die pluk van
die klein sampioentjie en die besit daarvan in Kanada onwettig
is, terwyl die regering self die verkoop van alkohol behartig
en die verkoop van tabak-produkte goedkeur. Tabak en
alkohol is nog altyd, die wereld oor, die twee mees verwoestende
"addictive drugs." Psilocybin is nie gewoontevormend nie.
Inderdaad, mens moet moed hê om dit te gebruik, want
(afhangende van die hoeveelheid wat jy neem) is dit 'n
kragtige medium.

Gloudina
Re: Culture of reason.... [boodskap #40475 is 'n antwoord op boodskap #40455] Do, 22 Maart 2001 05:12 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danielle wrote in message ...
> On Wed, 21 Mar 2001 07:09:56 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek dink hier by ons is dit op 'n baie meer persoonlike vlak.
>
> Wil jy met hierdie stelling impliseer dat die Amerikaners
> "oppervlakkig" is? :-)
> :-))

Nee - ek hou nie daarvan om te veralgemeen nie - maar ek dink dit wel van
Amerikaners wat vir my sê, na 'n vraag waar ek vandaan kom - * Africa? That
is far!*
>
>> Diegene wat
>> bereid was om ontvanklik te wees vir ander mense se sienswyses - d.m.v.
>> kontak, reis of lees - se redenering en gevolgtrekking van 'n stelling sal
>> wesentlik verskil met persone wat 'n baie eng lewenswyse verkies.
>
> Maak sin, want dan is mens se verwysingsraamwerk soveel groter. Maar
> soos jy tereg ook noem, mens moet ontvanklik wees vir ander se
> sieninge en opinies.
Wel deesdae word sommige mense gedwing om dit te doen - of hulle nou wil of
nie - ET in die tronk het blykbaar ook nou tot nuwe insigte gekom:)))

>
>> Dan is daar nog diegene van ons wat ons deur niemand wil laat voorskryf hoe
>> om te dink nie:)))
>
> Ayn Rand sal trots wees op jou!!! :-)))) Ayn Rand is 'n ou gunsteling;))
>
> Mooi loop Annette..:-)
Dankie - jy ook.

Annette
>
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Planetêre Water Verskaffing Inisiatief
Volgende onderwerp: Editor's Opinion Poll
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:15:55 MGT 2024