Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » heerlikheid, wat 'n ryke dag!
heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #39997] Do, 08 Maart 2001 07:40 na volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudiena:
Ek kry dit hier, in Ottawa.Kan jy vir my vertel hoe jy op die"leuce" as
skuilnaam besluit het, Samuel Murray? En hoe gaan dit met die getroude lewe?

Leuce:
Dis my vierde internet nick. Die eerste ene wat "Clarah Hallstein" (uit 'n
Duitse skoolhandboek gekry), daarna "debbie" (my een DM se meisie se naam),
daarna "coinquay" (spreek hom in Engels uit, luister in Afrikaans), en toe
uiteindelik "leuce". Dis 'n verwronging van my eerste meisie se naam, Lucy.
Die meisie is lank nie meer nie, maar die nick bly klou.

Die getroude lewe? Heerlik, hoor. Ijlant en ekke is heel gelukkig. Jy
moet 'n draai kom maak by ons in L (die voorstad van afgetrede professors,
advokate en koerantredakteurs) as jy weer in Jansberg 'n draai loop.

Erm, wie is Samuel Murray? *loer*
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40007 is 'n antwoord op boodskap #39997] Do, 08 Maart 2001 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leuce:
...daarna "coinquay" (spreek hom in Engels uit, luister in Afrikaans)

Gloudiena:
Sies vir jou.

Leuce:
Jong, jy sal my nie glo hoeveel mense spreek hom uit as "koin-ghaai" nie.
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40008 is 'n antwoord op boodskap #39997] Do, 08 Maart 2001 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> Leuce:
> internet nick.
>
> daarna "coinquay" (spreek hom in Engels uit, luister in Afrikaans),

Sies vir jou.

> L (die voorstad van afgetrede professors,
> advokate en koerantredakteurs)

Hier het jy my. Is dit "Linden?"

Gloudina

>
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40009 is 'n antwoord op boodskap #39997] Do, 08 Maart 2001 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leuce:
L (die voorstad van afgetrede professors, advokate en koerantredakteurs)

Gloudiena:
Hier het jy my. Is dit "Linden?"

Leuce:
Jy dink ek het jou... maar ek sien ek het nie.
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40013 is 'n antwoord op boodskap #39997] Do, 08 Maart 2001 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> Leuce:
> L (die voorstad van afgetrede professors, advokate en koerantredakteurs)
>
> Gloudiena:
> Hier het jy my. Is dit "Linden?"
>
> Leuce:
> Jy dink ek het jou... maar ek sien ek het nie.

So ek neem aan dit is dan Linden.Noem hulle almal vir jou "Boetman" ?

Gloudina
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40016 is 'n antwoord op boodskap #39997] Do, 08 Maart 2001 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> Leuce:
> ...daarna "coinquay" (spreek hom in Engels uit, luister in Afrikaans)
>
> Jong, jy sal my nie glo hoeveel mense spreek hom uit as "koin-ghaai" nie.

Dis die Khoi en die San invloed in die kop van dieAfrikaner.

Dit verbaas my altyd hoeveel Khoi woorde so
maklik deur mens se gebruik in ander se taal
versprei. Die twee kragtigste woorde vir my is die
Afrikaanse "eina" (Khoi é+ ná) en "sies" (van Khoi
si of tsi) wat ek gereeld gebruik wanneer ek met
baie klein kindertjies speel. Hulle tel dit dadelik op.
Ek dink die rede dat hulle dit dadelik optel, is dat
hulle presies weet wat daarmee bedoel word wanneer
ek dit gebruik. Met "eina" wys ek op ander maniere
ook dat hulle my seergemaak het, wat hulle natuurlik
amper altyd weer doen sodat hulle weer my reaksie
kan sien. Met "sies" weet hulle ook dadelik dat ek
wil hê dat hulle iets moet uitspoeg.

Gloudina
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40033 is 'n antwoord op boodskap #39997] Vr, 09 Maart 2001 05:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudiena:
So ek neem aan dit is dan Linden. Noem hulle almal vir jou "Boetman"?

Leuce:
Jong, nie juis nie. Met my fesmus en lokke en Hollandse vroutjie met haar
aweregse gewoontetjies is ek nie juis die tipiese "ja oom"-boetman nie. Die
mense weet nog nie wat hulle moet doen met my nie. Gaan kerk toe ja, maar
daag nie by die AB-vergaderings op nie... vreemde wese, dié.
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40034 is 'n antwoord op boodskap #39997] Vr, 09 Maart 2001 05:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wonder net of hy nou nog die bliksem in is? Koerante is maar stillerig
daaroor (Sy de bliksem in/uit)

Thys wonderend oppie Bos
skryf in boodskap news:3AA7A789.FFF9CA40@home.com...
> So ek neem aan dit is dan Linden.Noem hulle almal vir jou "Boetman" ?
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40053 is 'n antwoord op boodskap #39997] Vr, 09 Maart 2001 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:
Met my fesmus

Wat is 'n "fesmus" ? Iets soos 'n fez. Of is
dit 'n Neerlandisme?

Gloudina
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40054 is 'n antwoord op boodskap #39997] Vr, 09 Maart 2001 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Wonder net of hy nou nog die bliksem in is? Koerante is maar stillerig
> daaroor (Sy de bliksem in/uit)
>

In die stuk wat Emmy 'n rukkie gelede gepos het, het hulle gesê
dat hy 'n boek geskryf het waarin hy die ou geskrifte van die
voorgeslagte van die Afrikaners gaan lees het (soos joernale
van die Voortrekkers en dies meer) en tot die gevolgtrekking
gekom het dat die konsep van die "Afrikaner" wat in die
twintigste eeu ontwikkel het, grootliks 'n skepping is van die
Broederbond. Ek stem met hom saam. Self in my eie tyd
was die idee van die "Afrikaner" ( wat later in die apartheids-
regime de rigeur geword het), vir my heeltemal vreemd. My
ma wou byvoorbeeld nie hê dat ek volkspeletjies speel nie,
en het geweier om vir my Voortrekkerkappies te laat dra.
En sy was net so 'n goeie Afrikaner as die volgende een.
Dit is dus gesond dat "Boetman" nou die voortou neem om van
hierdie ou mites van wat die Afrikaner behoort te wees, tot
'n einde te laat kom. Die deursnee Afrikaner is baie meer
gesofistikeerd, wereldwys en kosmopolitaans as wat die ou
wit omies en die ou wit predikante vir ons in die apartheids-
era wou wysmaak.

Gloudina
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40125 is 'n antwoord op boodskap #39997] Ma, 12 Maart 2001 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Voetleuce:
Met my fesmus

Gloudiena:
Wat is 'n "fesmus" ? Iets soos 'n fez. Of is dit 'n Neerlandisme?

Leuce:
Dis 'n leuceisme vir 'n kofiamussie (soos wat die moesliems dra in die
kaap).
Re: heerlikheid, wat 'n ryke dag! [boodskap #40130 is 'n antwoord op boodskap #39997] Ma, 12 Maart 2001 12:45 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> Voetleuce:
> Met my fesmus
>
> Gloudiena:
> Wat is 'n "fesmus" ? Iets soos 'n fez. Of is dit 'n Neerlandisme?
>
> Leuce:
> Dis 'n leuceisme vir 'n kofiamussie (soos wat die moesliems dra in die
> kaap).

O.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: lonely in cape town?
Volgende onderwerp: "Die gevalle Zoeloe-Indoena" deur C.M. VAN DEN HEEVER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 03:32:11 MGT 2024