Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Mooi trap
Mooi trap [boodskap #40081] Sa, 10 Maart 2001 18:41 na volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
rekenaarspel) vir haar sal kopieer.

Hy probeer vir haar 'n kopié maak maar kry dit om een of ander rede
nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
sestig rand. Wat sy toe doen.

Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.

Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.

My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en nié
aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.

Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.

Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
voel hulle het hul plig gedoen.

Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
nie.

Die lang brief is net om twee dinge te sê:

1.
Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
nodig het eer ek jou kan antwoord

2.
Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
skoolklere.

DD
Re: Mooi trap [boodskap #40091 is 'n antwoord op boodskap #40081] So, 11 Maart 2001 05:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kenmerkend van die nuwe SAPS - 'n maklike prooi gewees die arme ou.
Ek verstaan die manne ondersoek deesdae slegs die ernstige moorde?

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:suqkatc0ejmnfedfieaoo589e988uhd1ag@4ax.com...
>
>
>
> Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
> Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
> Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
> rekenaarspel) vir haar sal kopieer.
>
> Hy probeer vir haar 'n kopieë maak maar kry dit om een of ander rede
> nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
> kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
> sestig rand. Wat sy toe doen.
>
> Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
> na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.
>
> Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
> skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
> skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
> die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.
>
> My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
> winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
> van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
> Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en ni�
> aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
> gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.
>
> Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
> onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.
>
> Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
> deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
> voel hulle het hul plig gedoen.
>
> Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
> oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
> nie.
>
> Die lang brief is net om twee dinge te sê:
>
> 1.
> Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
> ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
> nodig het eer ek jou kan antwoord
>
> 2.
> Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
> Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
> mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
> wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
> skoolklere.
>
> DD
>
Re: Mooi trap [boodskap #40104 is 'n antwoord op boodskap #40081] So, 11 Maart 2001 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis jammer dat die mense wat rekenaars en bykomstighede hier verkoop, dink
die Rand is net so sterk soos die Dollar.

Waar 'n Amerikaner 'n week se salaris gee vir sagteware moet 'n gemiddelde
Suid Afrikaner maklik 'n maand se salaris prysgee om wettige sagteware te
bekom.

Dink daaroor...

Dave Du Plessis skryf in boodskap news:suqkatc0ejmnfedfieaoo589e988uhd1ag@4ax.com...
>
>
>
> Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
> Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
> Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
> rekenaarspel) vir haar sal kopieer.
>
> Hy probeer vir haar 'n kopieë maak maar kry dit om een of ander rede
> nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
> kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
> sestig rand. Wat sy toe doen.
>
> Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
> na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.
>
> Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
> skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
> skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
> die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.
>
> My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
> winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
> van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
> Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en ni�
> aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
> gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.
>
> Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
> onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.
>
> Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
> deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
> voel hulle het hul plig gedoen.
>
> Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
> oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
> nie.
>
> Die lang brief is net om twee dinge te sê:
>
> 1.
> Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
> ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
> nodig het eer ek jou kan antwoord
>
> 2.
> Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
> Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
> mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
> wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
> skoolklere.
>
> DD
>
Re: Mooi trap [boodskap #40107 is 'n antwoord op boodskap #40091] So, 11 Maart 2001 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder wat nou gaan word van die ernstige moorde siende hulle al die spes
eenhede,ek praat van Kaapstad en weet nie of dit in die ander stede ook is
nie, toe maak en net een stig met n paar lede.

Wat ek daar gebeur het is dat iemand die man gaan verklaar het.
Reenen van Niekerk

Jonas skryf in boodskap news:3aab0c4f$0$230@hades.is.co.za...
> Kenmerkend van die nuwe SAPS - 'n maklike prooi gewees die arme ou.
> Ek verstaan die manne ondersoek deesdae slegs die ernstige moorde?
> "Dave Du Plessis" wrote in message
> news:suqkatc0ejmnfedfieaoo589e988uhd1ag@4ax.com...
>>
>>
>>
>> Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
>> Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
>> Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
>> rekenaarspel) vir haar sal kopieer.
>>
>> Hy probeer vir haar 'n kopieë maak maar kry dit om een of ander rede
>> nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
>> kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
>> sestig rand. Wat sy toe doen.
>>
>> Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
>> na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.
>>
>> Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
>> skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
>> skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
>> die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.
>>
>> My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
>> winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
>> van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
>> Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en ni�
>> aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
>> gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.
>>
>> Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
>> onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.
>>
>> Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
>> deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
>> voel hulle het hul plig gedoen.
>>
>> Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
>> oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
>> nie.
>>
>> Die lang brief is net om twee dinge te sê:
>>
>> 1.
>> Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
>> ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
>> nodig het eer ek jou kan antwoord
>>
>> 2.
>> Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
>> Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
>> mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
>> wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
>> skoolklere.
>>
>> DD
>>
>
Re: Mooi trap [boodskap #40111 is 'n antwoord op boodskap #40104] So, 11 Maart 2001 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jona sê
> Ek wonder wat nou gaan word van die ernstige moorde en Reenen sê
> Ek verstaan die manne ondersoek deesdae slegs die ernstige moorde?
> Wat ek daar gebeur het is dat iemand die man gaan verklaar het.

en Davie Davis wônner of alle moorde dan nie ernstig is nie.

Anoth" skryf:
> Waar 'n Amerikaner 'n week se salaris gee vir sagteware moet 'n gemiddelde
> Suid Afrikaner maklik 'n maand se salaris prysgee om wettige sagteware te
> bekom.
>

Ja Reenen, moontlik het iemand gaan skinder. Feit van die saak is dat
wanneer jy in besigheid is, sal jy een of ander tyd op iemand se tone
trap.
Net so moontlik het sy 'n lokval gestel om punte te verwerf. Wat die
werklik misdaad aanbetref... julle onthou mos dat die polisie êrens
van privaat sekuriteits firmas gebruik gemaak het om hulle te beskerm.

Ek lees juis vandag in die koerant dat Madonna êrens op 'n jagtog niks
raakgeskiet het nie. En toe skiet sy skielik 'n niks vermoedende voël
wat êrens op 'n tak sit en slaap, om ook iets te skiet.

DD
Re: Mooi trap [boodskap #40113 is 'n antwoord op boodskap #40111] So, 11 Maart 2001 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pete[1]  is tans af-lyn  pete[1]
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Selfs as ek USD verdien sal ek maar bekommerd wees. Want sien, Micro$oft wil
nou glads sagteware aan jou verhuur - gaan lees daaroor op CNET. Hulle
profyt droog nou op - geweldige verbetering van Window$ 3.1 na 95 toe, so
bietjie meer met 98 en ME, maar die meeste mense het nog niks gebyt
betreffende 2000 nie. Al wat nou byt is M$ se profyt (in die stof).

Hoor juis ou Billy wil sy huisie vergroot, shame.
Re: Mooi trap [boodskap #40116 is 'n antwoord op boodskap #40113] So, 11 Maart 2001 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie verstaan hoekom daar so baie mense is
wat gal afgaan oor Bill Gates nie. Die man verdien
sy biljoene, hy het n konsep begin (Windows) wat almal
van hou, bleddie hard gewerk, n comglomorate opgebou. Hy
is n doodgewone man met n vrou en twee kinders, hy gee
miljoene aan charity elke jaar, hy lewe n goeie en voorbeeldige lewe.
Hoekom jaloers wees op hom en wens hy val? Hoekom kan
hy nie sy geld geniet nie?

Pop

pete skryf in boodskap news:98gnjb$c4f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Selfs as ek USD verdien sal ek maar bekommerd wees. Want sien, Micro$oft wil
> nou glads sagteware aan jou verhuur - gaan lees daaroor op CNET. Hulle
> profyt droog nou op - geweldige verbetering van Window$ 3.1 na 95 toe, so
> bietjie meer met 98 en ME, maar die meeste mense het nog niks gebyt
> betreffende 2000 nie. Al wat nou byt is M$ se profyt (in die stof).
>
> Hoor juis ou Billy wil sy huisie vergroot, shame.
>
Re: Mooi trap [boodskap #40123 is 'n antwoord op boodskap #40091] Ma, 12 Maart 2001 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
>
> Kenmerkend van die nuwe SAPS - 'n maklike prooi gewees die arme ou.
> Ek verstaan die manne ondersoek deesdae slegs die ernstige moorde?

Ernstige moorde? Is daar iets soos 'n nie ernstige moord? (tong innie
kies!)
Re: Mooi trap [boodskap #40124 is 'n antwoord op boodskap #40116] Ma, 12 Maart 2001 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
"poppie" skryf in boodskap news:98gub6$pm3$1@slb3.atl.mindspring.net...
> Ek kan nie verstaan hoekom daar so baie mense is
> wat gal afgaan oor Bill Gates nie. Die man verdien
> sy biljoene, hy het n konsep begin (Windows) wat almal
> van hou, bleddie hard gewerk, n comglomorate opgebou. Hy
> is n doodgewone man met n vrou en twee kinders, hy gee
> miljoene aan charity elke jaar, hy lewe n goeie en voorbeeldige lewe.
> Hoekom jaloers wees op hom en wens hy val? Hoekom kan
> hy nie sy geld geniet nie?
>
> Pop
>

Pop
As jy mooi gaan kyk na 'n prent wat gemaak is oor die 2 groot ouens Steve
Jobs & Bill Gates (Ek dink die prent se naam is "Pirates of Silicone Valley"
of so iets, het Bill Gates dit eerste kopie van MS-Dos by 'n verlamde ou
gekoop vir $20, praat van piracy. Hy gaan verkoop dit toe aan IBM vir
duisende onder sy maatskappy se naam en gee geen credit what so ever vir die
verlamde ou nie. Wie het met piracy begin hy self. Ek persoonlik het net een
oorspronklike CD in my versameling die res sal ek en vriende saam as 'n klub
die oorspronklike koop en vir die ander kopiee sny want die goed kos te
duur. Ons registreer ook die een pakket onder die klub se naam, maar ons
verkoop wel geen pirated software aan enige van die lede nie, want elkeen
kry net 'n gerugsteunde kopie. Is dit ook piracy?

DA
Re: Mooi trap [boodskap #40127 is 'n antwoord op boodskap #40091] Ma, 12 Maart 2001 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Orcas  is tans af-lyn  Orcas
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Junior Lid
Plaas laat die bliksems misdaad ondersoek. Maar nee nou donder hulle op
maklikke prooi toe. Dit laat seker die statestiek goed lyk as hulle kan se
hulle haet darrem "een" misdadiger gevang.

Dit maak my so kwaad ek sien rooi hier voor my

"Jonas" skryf in boodskap news:3aab0c4f$0$230@hades.is.co.za...
> Kenmerkend van die nuwe SAPS - 'n maklike prooi gewees die arme ou.
> Ek verstaan die manne ondersoek deesdae slegs die ernstige moorde?
> "Dave Du Plessis" wrote in message
> news:suqkatc0ejmnfedfieaoo589e988uhd1ag@4ax.com...
>>
>>
>>
>> Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
>> Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
>> Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
>> rekenaarspel) vir haar sal kopieer.
>>
>> Hy probeer vir haar 'n kopieë maak maar kry dit om een of ander rede
>> nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
>> kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
>> sestig rand. Wat sy toe doen.
>>
>> Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
>> na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.
>>
>> Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
>> skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
>> skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
>> die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.
>>
>> My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
>> winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
>> van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
>> Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en ni�
>> aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
>> gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.
>>
>> Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
>> onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.
>>
>> Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
>> deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
>> voel hulle het hul plig gedoen.
>>
>> Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
>> oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
>> nie.
>>
>> Die lang brief is net om twee dinge te sê:
>>
>> 1.
>> Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
>> ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
>> nodig het eer ek jou kan antwoord
>>
>> 2.
>> Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
>> Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
>> mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
>> wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
>> skoolklere.
>>
>> DD
>>
>
Re: Mooi trap [boodskap #40147 is 'n antwoord op boodskap #40116] Ma, 12 Maart 2001 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Umm, net een regstellinkie hier: Bill Gates aka Microsoft het NIE die
konsep (Windows) uitgedink of begin NIE. Hy het wel 'n dêm goeie
bemarkingsafdeling (en goeie programmeerders ook! ;-) )

Die hele manier wat Windows/Apple/Linux/Unix se grafiese "presentation" werk
is deur 'n navorsingspan wat as PARC bekend gestaan het uitgewerk: Palo Alto
Research Center Hierdie span het o.a. mense ingesluit van Hewlett-Packard,
Xerox, Sun, Bell Labs. IBM skitter in hulle afwesigheid hier! Dis ook
uiteindelik van hulle waar die sg. standardisasie van Unix ontstaan het.
Unix het in der waarheid a baie lankal 'n "Windows"-stelsel, die sg
X-Windows. Wat BG/MS reggekry het is om die idee (met sy eie ander idees
daarin vermeng) te populariseer en te bemark.

Ek het niks teen Bill Gates nie. Net één van die dinge wat hom toppunte by
my gee, is dat ek nou nog enige ou DOS-program op Windows 98 kan laai en die
kanse is goed dat die program foutloos en sonder hiccups sal werk. gaan
probeer dit bietjie met Unix, of erger, met enige van die proprietary
dinosourus stelsels van IBM en kie. Die enigste ander ouens wat naby aan
daardie ideaal kan kom is DEC/VAX met VMS en Unisys se bedryfstelsel. Dit
is ook natuurlik die ding wat Windows se programmeerders hoofbrekens gee -
die feit dat hulle moet voorsiening maak vir programme wat 20 jaar terug
geskryf is!

Dries Venter

"poppie" skryf in boodskap news:98gub6$pm3$1@slb3.atl.mindspring.net...
> Ek kan nie verstaan hoekom daar so baie mense is
> wat gal afgaan oor Bill Gates nie. Die man verdien
> sy biljoene, hy het n konsep begin (Windows) wat almal
> van hou, bleddie hard gewerk, n comglomorate opgebou. Hy
> is n doodgewone man met n vrou en twee kinders, hy gee
> miljoene aan charity elke jaar, hy lewe n goeie en voorbeeldige lewe.
> Hoekom jaloers wees op hom en wens hy val? Hoekom kan
> hy nie sy geld geniet nie?
>
> Pop
>
> pete wrote in message
news:98gnjb$c4f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Selfs as ek USD verdien sal ek maar bekommerd wees. Want sien, Micro$oft
> wil
>> nou glads sagteware aan jou verhuur - gaan lees daaroor op CNET. Hulle
>> profyt droog nou op - geweldige verbetering van Window$ 3.1 na 95 toe, so
>> bietjie meer met 98 en ME, maar die meeste mense het nog niks gebyt
>> betreffende 2000 nie. Al wat nou byt is M$ se profyt (in die stof).
>>
>> Hoor juis ou Billy wil sy huisie vergroot, shame.
>>
>
Re: Mooi trap [boodskap #40148 is 'n antwoord op boodskap #40124] Ma, 12 Maart 2001 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
JA, DIT IS PIRACY. En ek skree dit uit, want ek is een van daai ouens wat
uit sagteware 'n lewe moet maak. So what as BG die oorspronklike idee vir
$20 gekoop het? Hy het dit gekoop en gebruik. PUNT. Nie gesteel nie!
Daar was niks wat die oorsp. ontwikkelaar verhoed het om sy goed aan IBM
voor te lê in 1980 (of daar rond) nie. BG was die entrepeneur, my vriend.
Net so iets verder oor die oorsp. DOS. Daar was 'n ander OS voorgestel wat
alreeds op mikrorekenaars in gebruik was (nie IBM s'n nie) Die OS se naam
was CP-M, van Digital Research. Die storie soos ek dit het was dat DOS
gewen het omdat DR laat was vir hulle vergadering met IBM.

Dries Venter

"DARKANGEL" skryf in boodskap news:98hsq2$2d1$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> verlamde ou nie. Wie het met piracy begin hy self. Ek persoonlik het net een
> oorspronklike CD in my versameling die res sal ek en vriende saam as 'n klub
> die oorspronklike koop en vir die ander kopiee sny want die goed kos te
> duur. Ons registreer ook die een pakket onder die klub se naam, maar ons
> verkoop wel geen pirated software aan enige van die lede nie, want elkeen
> kry net 'n gerugsteunde kopie. Is dit ook piracy?
Re: Mooi trap [boodskap #40151 is 'n antwoord op boodskap #40124] Ma, 12 Maart 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
DARKANGEL wrote in message ...

> Ek persoonlik het net een
> oorspronklike CD in my versameling die res sal ek en vriende saam as 'n klub
> die oorspronklike koop en vir die ander kopiee sny want die goed kos te
> duur.

Sou jy dit 'n soort van "affirmative shopping" noem?

Swart Simon
Re: Mooi trap [boodskap #40152 is 'n antwoord op boodskap #40124] Ma, 12 Maart 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
DARKANGEL wrote in message ...

> Ek persoonlik het net een
> oorspronklike CD in my versameling die res sal ek en vriende saam as 'n klub
> die oorspronklike koop en vir die ander kopiee sny want die goed kos te
> duur.

Sou jy dit 'n soort van "affirmative shopping" noem?

Swart Simon
Re: Mooi trap [boodskap #40154 is 'n antwoord op boodskap #40148] Di, 13 Maart 2001 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Die storie soos ek dit het was dat DOS
> gewen het omdat DR laat was vir hulle vergadering met IBM.
>

As ek die storie reg onthou, het Bill Gates se ma die
hoof van IBM goed geken, en hom beinvloed om vir
haar seun en sy ietwat ouer vriend die job te gee.

Gloudina
Re: Mooi trap [boodskap #40161 is 'n antwoord op boodskap #40147] Di, 13 Maart 2001 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter wrote:
> Net één van die dinge wat hom toppunte by
> my gee, is dat ek nou nog enige ou DOS-program op Windows 98 kan laai en die
> kanse is goed dat die program foutloos en sonder hiccups sal werk.

Nee wat Dries - Miskien meeste vorige uitgawe van Windows programme maar
enige DOS program - nie maklik nie.
Re: Mooi trap [boodskap #40166 is 'n antwoord op boodskap #40147] Di, 13 Maart 2001 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam met jou Dries. Ek werk heeldag met rekenaars (programmering) en
daar is NIE 'n bedryfstelsel wat enigsins naby DEC se OpenVMS / VMS kom nie.
Nie eers UNIX nie. Miskien UNIX, maar dan sal jy 'n redelike guru nodig hê
om dieselfde funksionaliteit as VMS te kan benut.
By ons loop daar nou al VMS kaste vir ongeveer 5 jaar sonder dat daar 'n
breekspul was. Ons MOES in Januarie 2000 die kaste afskakel as deel van die
mite van die 'waai-toe-kei' toetse, en daar was geen pyne daarmee nie.

'n Pel van my stuur my nou eendag 'n E-pos dat daar in Switserland een van
die eerste VAX rekenaars wat buite die VSA geïnstalleer, na 20 of 25 jaar,
nog steeds loop, en geen 're-boot' in daardie tyd gedoen is nie.... Loop
nog VMS ver 3.0

Wys my die IBM/UNIX kas wat dieselfde kan doen..

Willem Hekke (vertaal dit na amerikaans) het op 'n PDP11 / VAX 7-reeks
rekenaar geleer programmeer. Laat mens dink nè! As sommige van sy
programmeerders ook daarop kon leer, dan sou wien-dous ten minste
twee-derdes meer kompak kon wees. Kyk maar hoe effektief en kompak is Apple
se Mac OS!
Die probleem met wien-dous is dat dit aan 'n 'hobby' argitektuur (die 8088
argitektuur) verbind is om opwaartse aanpasbaarheid te kon verseker, en dat
DOS programme se funksionaliteit min of meer behoue kon bly, en om die
rekenaarvervaardigers in die sak te kan hou. (Sit-t Rex! Sit-t! Haakskeen
Seun! OuNooi se honne!.) Antie Barabara-baie-tande Houthuis se gesegdes
vir haar honne!)
En moet nou nie vergeet dat Torvalds Linus se impak met sy oop LINUX ook 'n
hele paar duiwe in die hok laat agteroor val het nie, om nie te praat van
dié wat van hulle stokkies afgeval het nie! Ook maar UNIX, maar op 'n hele
ander benadering. En X-Windows is wat willem hekke se wiendous moes gewees
het as die mikrosafte mensies hulle sake in orde kon kry voordat die
bemarkers hulle uitverkoop het!

Thys oppie Bos met sy VMS hoed op wat oop is
(OpenVMS, why anything else?
Hoekom "toe" wees as jy kan "oop" wees)

"Dries Venter" skryf in boodskap news:98jdt2$so3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Umm, net een regstellinkie hier: Bill Gates aka Microsoft het NIE die
> konsep (Windows) uitgedink of begin NIE. Hy het wel 'n dêm goeie
> bemarkingsafdeling (en goeie programmeerders ook! ;-) )
>
> Die hele manier wat Windows/Apple/Linux/Unix se grafiese "presentation" werk
> is deur 'n navorsingspan wat as PARC bekend gestaan het uitgewerk: Palo Alto
> Research Center Hierdie span het o.a. mense ingesluit van Hewlett-Packard,
> Xerox, Sun, Bell Labs. IBM skitter in hulle afwesigheid hier! Dis ook
> uiteindelik van hulle waar die sg. standardisasie van Unix ontstaan het.
> Unix het in der waarheid a baie lankal 'n "Windows"-stelsel, die sg
> X-Windows. Wat BG/MS reggekry het is om die idee (met sy eie ander idees
> daarin vermeng) te populariseer en te bemark.
>
> Ek het niks teen Bill Gates nie. Net één van die dinge wat hom toppunte by
> my gee, is dat ek nou nog enige ou DOS-program op Windows 98 kan laai en die
> kanse is goed dat die program foutloos en sonder hiccups sal werk. gaan
> probeer dit bietjie met Unix, of erger, met enige van die proprietary
> dinosourus stelsels van IBM en kie. Die enigste ander ouens wat naby aan
> daardie ideaal kan kom is DEC/VAX met VMS en Unisys se bedryfstelsel. Dit
> is ook natuurlik die ding wat Windows se programmeerders hoofbrekens gee -
> die feit dat hulle moet voorsiening maak vir programme wat 20 jaar terug
> geskryf is!
>
> Dries Venter
Re: Mooi trap [boodskap #40167 is 'n antwoord op boodskap #40081] Di, 13 Maart 2001 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 10 Mar 2001 20:41:14 +0200, Dave Du Plessis
wrote:

> Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
> ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
> nodig het eer ek jou kan antwoord

Vat jou tyd.
Maar is jy nou Dave Davies of wat? Waar kom die Du Plessis vandaan? Of
verwar ek julle?

> Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
> Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
> mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
> wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
> skoolklere.

Microsoft is BAIE teenwoordig in SA en 'n groot dryfveer agter die
anti piracy-beweging.

-----------------------------------

Bill Gates het 12 badkamers in sy huis. Parkeerplek vir 28 motors. Sy
eetkamer kan 120 mense bedien. Hy het R36 miljoen bestee aan sy
onderdakse swembad van 18 meter. Dit het 'n onderwater klank-stelsel.

Bill Gates het volgens skatting 'n persoonlik fortuin van iewers in
die omgewing van R80 MILJARD Amerikaanse dollars.

Ek vra soms: Wat kan 'n mens met 80 miljard doen wat jy nie met een
miljard kan doen nie?

Kopieering is onwettig. Dis dom om dit te doen vir vreemdelinge as jy
'n winkel het.
Maar, mens MAG jou eie CD's vir jouself kopieer as "backups" Dis 100%
wettig in SA en in die VSA.

As jy dit sou wou doen, gaan na www.gamecopyworld.com vir details.
As die ou met 'n game gesukkel het, was die game waarskynlik met
Safedisk beskerm. Dis algemeen vir games, dink ek.
As 'n mens jou eie games wil kopieer, is daar egter maklike wee om die
beskerming.
Tipies sou jy 'n "diskdump"doen met 'n program soos DDump en dit dan
terug op die lee CD skryf met iets soos FireWriter.
Dan kan die kinders en die hond maar die CD byt en vol peanut butter
smeer. As dit breek, het jy steeds jou oorspronklike een.

Ek het nou die dag gelees dat Microsoft van tyd tot tyd CD's van
vroeere pakkette - bv, Office 97 - terugkry van maatskappye wat
opgradeer na 'n nuwe weergawe.
Soos jy weet, koop 'n groot maatskappy tipies net een CD en 'n klomp
lisensies - dan installeer hy van die een CD op al die onderskeie
PC's.

Wat maak Microsoft met daardie ou CD's?
Gee dit vir skole? Nee.
Gee dit vir hospitale? Nee.
Gee dit vir universiteite? Nee.
Gee dit vir die armes? Nee.

Volgens wat ek gelees het, vernietig hulle dit.

Hoekom?
Die suckers moet upgrades koop.

Wat kos upgrades? So R2000 'n gooi vir 'n Office Suite.

Gebruik iemand soos jy, Dave, en ek, OOIT meer as die helfte van die
modules in so 'n pakket? Nee.

betaal ons daarvoor? Ja.
Het ons 'n keuse? Nee.

Die enigste werklike opposisie wat Microsoft gehad het, was Corel van
Kanada, wat WordPerfect gemaak het - dit was goedkoper as MS se suite
en 'n lekkerder program ook, na my mening.

Wat het onlangs gebeur? MS het 'n groot chunk van Corel gekoop.

Wat wed ek julle Corel suites is of iets van die verlede of nie
naastenby meer so goed as in die verlede nie.

Ons het nog steeds koloniale magte in vandag se wereld. Amerika is die
groot kolonialiseerder in die wereld vandag. Die weermagte van die
nuwe koloniale moonthede dra nie gewere nie, hulle dra Palm Pilots en
kas-registers.

Che leef.
Re: Mooi trap [boodskap #40168 is 'n antwoord op boodskap #40116] Di, 13 Maart 2001 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 Mar 2001 16:33:28 -0600, "poppie" wrote:

> Ek kan nie verstaan hoekom daar so baie mense is
> wat gal afgaan oor Bill Gates nie. Die man verdien
> sy biljoene, hy het n konsep begin (Windows) wat almal
> van hou,

Paar goed om aan te dink:
1.) Gates het NIE DOS vir IBM geskryf nie. Iemand anders in Seattle
het. Gates het dit gaan koop herverkoop.
2) Gates het NIE die Windows-konsep ontwikkel nie. Xereox het, as ek
reg onthou, en daarna Apple.
3) Windows is 'n heel kak bedryfstelsel.
Dit is vol bugs, hang op, is clunky en swaar ens.

Ek het nou die dat uitgereken van SES (6) Windows-weergawes, kon ek
net EEN (1) kry wat my klein netwerkie van twee PC's kon laat werk
sonder dat iets kern aan dier twee PC's crash of weier om te werk en
dus alles ongedaan maak.

Dis twee uitgawes van 95, twee van 98, ME en 2000.

Net 98 SE werk die ander is 'n moerse joke in my konfigurasie.

bleddie hard gewerk, n comglomorate opgebou.

En is die proses mense bedonner, maatskappye afgedreig, great idees
doodgemaak....

Hy
> is n doodgewone man met n vrou en twee kinders,

Wag tot jy hom op 'n perskonferensie uit die internasionale oog sien.
En sien hoe hy mense wat effens ongemaklik vrae vra behandel....

hy gee
> miljoene aan charity elke jaar,>

Ver minder as 1% van wat hy self maak. Meer as 99% gaan in sy eie
bank-rekening.
Ek en jy gee baie meer van ons inkomste aan charity.

hy lewe n goeie en voorbeeldige lewe.

Great vir hom. Wens hom alle geluk toe.
Die kwessie van MS, Windows, die Gates miljarde en die armes van die
wereld, dis egter 'n ander kwessie.

> Hoekom jaloers wees op hom en wens hy val? Hoekom kan
> hy nie sy geld geniet nie?

Ek is seker hy genit sy geld. Al 80 miljard dollar daarvan.
Dis juis die punt.
Re: Mooi trap [boodskap #40170 is 'n antwoord op boodskap #40148] Di, 13 Maart 2001 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Mar 2001 23:04:37 +0200, "Dries Venter"
wrote:

. Die storie soos ek dit het was dat DOS
> gewen het omdat DR laat was vir hulle vergadering met IBM.

Daai een is urban legend.
Re: Mooi trap [boodskap #40171 is 'n antwoord op boodskap #40147] Di, 13 Maart 2001 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Mar 2001 22:57:07 +0200, "Dries Venter"
wrote:

> Ek het niks teen Bill Gates nie. Net één van die dinge wat hom toppunte by
> my gee, is dat ek nou nog enige ou DOS-program op Windows 98 kan laai en die
> kanse is goed dat die program foutloos en sonder hiccups sal werk.

Is dit nie omdat 98 se kern steeds DOS is nie?

gaan
> probeer dit bietjie met Unix,

Wel, die Unix rekenaar sal nie vries en doodgaan as jy try nie......
Maar los die Windows rekenaar vir so 'n dag of wat en kykj hoe skop sy
"random reboot untility" in. Gewoonlik met jou dokument oop.

of erger, met enige van die proprietary
> dinosourus stelsels van IBM en kie. Die enigste ander ouens wat naby aan
> daardie ideaal kan kom is DEC/VAX met VMS en Unisys se bedryfstelsel. Dit
> is ook natuurlik die ding wat Windows se programmeerders hoofbrekens gee -
> die feit dat hulle moet voorsiening maak vir programme wat 20 jaar terug
> geskryf is!>

Wel as Gates nie alles wat remotely soos opposie gelyk het doodgemaak
het nie, sou ons dalk vandag beter keuses gehad het.
Re: Mooi trap [boodskap #40172 is 'n antwoord op boodskap #40161] Di, 13 Maart 2001 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Mar 2001 08:48:16 +0200, lous wrote:

> Nee wat Dries - Miskien meeste vorige uitgawe van Windows programme maar
> enige DOS program - nie maklik nie.

Inderdaad.
Ek sal hom 'n DOS game kan gee was vlot werk met 'n Pentium1 en Win 95
maar totaal uitbom op 'n Pentium II met 98.
Re: Mooi trap [boodskap #40176 is 'n antwoord op boodskap #40167] Di, 13 Maart 2001 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Mar 2001 08:53:31 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:

>
> Vat jou tyd.
> Maar is jy nou Dave Davies of wat? Waar kom die Du Plessis vandaan? Of
> verwar ek julle?
>
Moet nie toelaat dat Dave Du Plessis namens my antwoord nie Ferdi.
Ek dra mos my eie verantwoordelikhede.

Ns.
waarom het jy vir Lous gesê dat jy nie meer met hom praat nie
want jy weet nie wie hy is nie... wie is ek Ferdi?

DD
Re: Mooi trap [boodskap #40179 is 'n antwoord op boodskap #40176] Di, 13 Maart 2001 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 13 Mar 2001 17:32:01 +0200, Davie Davis wrote:

> waarom het jy vir Lous gesê dat jy nie meer met hom praat nie
> want jy weet nie wie hy is nie... wie is ek Ferdi?

Jy het nooit aan die gesprek deelgeneem nie, Dave.....

Jy wou nie antwoord nie, jy wou nie se wat jy in glo nie....

Ons het nie gepraat nie, Dave.
Re: Mooi trap [boodskap #40182 is 'n antwoord op boodskap #40179] Di, 13 Maart 2001 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Mar 2001 18:25:59 GMT, please_ask@me.for.the.adres (Ferdi) wrote:

> On Tue, 13 Mar 2001 17:32:01 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
> > want jy weet nie wie hy is nie... wie is ek Ferdi?
>
> Jy het nooit aan die gesprek deelgeneem nie, Dave.....
>
> Jy wou nie antwoord nie, jy wou nie se wat jy in glo nie....
>
> Ons het nie gepraat nie, Dave.
>

Ferdi, net so êêêffens begin jy my nou irriteer
Jy drup van selfvoldaanheid

DD
Re: Mooi trap [boodskap #40190 is 'n antwoord op boodskap #40182] Wo, 14 Maart 2001 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Mar 2001 22:47:05 +0200, Davie Davis wrote:

Ferdi, net so êêêffens begin jy my nou irriteer

ooooooo!

> Jy drup van selfvoldaanheid

Davie, jy het nog nie die vrae geantwoord nie. Onthou jy? Jy het my
vrae gevra. Ek het jou geantwoord. Toe vra ek jou 'n vraag oof KOos de
la rey en oor politieke partye en beginsels.

Toe swyg jy soos die graf.

Dink jy nog aan antwoorde?
Is jy nie bereid om te antwoord nie?
Het jy geantwoord en ek het dit gemis?
Re: Mooi trap [boodskap #40202 is 'n antwoord op boodskap #40190] Wo, 14 Maart 2001 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi wrote:

> Davie, jy het nog nie die vrae geantwoord nie. Onthou jy? Jy het my
> vrae gevra. Ek het jou geantwoord. Toe vra ek jou 'n vraag oof KOos de
> la rey en oor politieke partye en beginsels.
>
> Toe swyg jy soos die graf.
>
> Dink jy nog aan antwoorde?
> Is jy nie bereid om te antwoord nie?
> Het jy geantwoord en ek het dit gemis?

Ja, ek wag ook nog die antwoord.

Gloudina
Re: Mooi trap [boodskap #40235 is 'n antwoord op boodskap #40081] Do, 15 Maart 2001 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Ferdi wrote:
>
>> Davie, jy het nog nie die vrae geantwoord nie. Onthou jy? Jy het my
>> vrae gevra. Ek het jou geantwoord. Toe vra ek jou 'n vraag oof KOos de
>> la rey en oor politieke partye en beginsels.
>>
>> Toe swyg jy soos die graf.
>>
>> Dink jy nog aan antwoorde?
>> Is jy nie bereid om te antwoord nie?
>> Het jy geantwoord en ek het dit gemis?
>
> Ja, ek wag ook nog die antwoord.
>
> Gloudina

Spaans Inkwisisie - snaak hoe jy altyd jou eie sondes by ander soek ...
Re: Mooi trap [boodskap #40239 is 'n antwoord op boodskap #40235] Do, 15 Maart 2001 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 15 Mar 2001 09:24:30 +0200, Lou wrote:
@home.com wrote:

>> Ferdi wrote:

>>> Davie, jy het nog nie die vrae geantwoord nie. Onthou jy? Jy het my
>>> vrae gevra. Ek het jou geantwoord. Toe vra ek jou 'n vraag oof KOos de
>>> la rey en oor politieke partye en beginsels.
>>>
>>> Toe swyg jy soos die graf.
>>>
>>> Dink jy nog aan antwoorde?
>>> Is jy nie bereid om te antwoord nie?
>>> Het jy geantwoord en ek het dit gemis?

>> Ja, ek wag ook nog die antwoord.

>> Gloudina
>
>
> Spaans Inkwisisie - snaak hoe jy altyd jou eie sondes by ander soek ...

Lou dis loshande die stiksienigste reaksie wat ek ooit op enige plek
gelees het.

Dit kan nie meer uit verand of losgemaak van feite wees nie.

Jy het jou oomblikke, wel negatiewe oomblikke, maar wel oomblikke wat
'n glimlag verskaf.
Re: Mooi trap [boodskap #40253 is 'n antwoord op boodskap #40239] Do, 15 Maart 2001 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Thu, 15 Mar 2001 09:24:30 +0200, Lou wrote:
> >> Ferdi wrote:
>
>>>> Davie, jy het nog nie die vrae geantwoord nie. Onthou jy? Jy het my
>>>> vrae gevra. Ek het jou geantwoord. Toe vra ek jou 'n vraag oof KOos de
>>>> la rey en oor politieke partye en beginsels.
>>>>
>>>> Toe swyg jy soos die graf.
>>>>
>>>> Dink jy nog aan antwoorde?
>>>> Is jy nie bereid om te antwoord nie?
>>>> Het jy geantwoord en ek het dit gemis?
>
>>> Ja, ek wag ook nog die antwoord.
>
>>> Gloudina
>>
>>
>> Spaans Inkwisisie - snaak hoe jy altyd jou eie sondes by ander soek ...
>
> Lou dis loshande die stiksienigste reaksie wat ek ooit op enige plek
> gelees het.
>
> Dit kan nie meer uit verand of losgemaak van feite wees nie.
>
> Jy het jou oomblikke, wel negatiewe oomblikke, maar wel oomblikke wat
> 'n glimlag verskaf.

Is dit nou antwoorde soos bostaande waar jy jou gewaande
meerderwaardigheid en selfvoldaanheid nie vir jouself kan hou nie. Jy
laat my daarmee gereeld lag!
Re: Mooi trap [boodskap #40476 is 'n antwoord op boodskap #40081] Do, 22 Maart 2001 06:46 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter wrote:
>
> Julle (Ferdi en Lous) lees ook maar net so ver dit julle pas, né? Ek het
> nie gesê ALLE ou DOS programme sal loop nie, gaan lees mooi. Ek het gesê
> dat die kanse goed is dat enige ou DOS program sal loop.

Lyk vir my of dit maar net dieselfde beteken - maar as jy lees wat ek
gesê het - het ek spesifiek jou woorde gebruik - d.w.s. enige pgm. Maar
ek volg jou redenasie - die programme wat gewoonlik probleme het is die
wat call na die Dos kernel gemaak het.

> Natuurlik is daar
> uitsonderings, veral onder die speletjies. Ek het so 'n klompie ou Sierra
> speletjies wat nog 100% werk. Van die ander meer ernstige speletjies soos
> doom ens het ek nooit gehad nie. Maar ek kan nou nog programme wat ek nog
> met Turbo Pascal 3.0 & Assembler geskryf het laai, en hulle werk. Ek
> herhaal, daar is geen ander bedryfstelsel waar jy 20 jaar terug se programme
> binary-compatible is met die huidige bedryfstelsel nie. Nie een VMS wat,
> soos Thys-oppie-bos treg sê, legendaries stabiel is, kan dit doen nie. Met
> die nuutste VMS stelsel moet jy baie van die programme hersaamstel
> (compile), maw hulle is source-compatible.

Jy vergelyk natuurlik nie appels met appels nie - jy kan nie 'n sigle
user OS soos DOS en Windows (jae ek weet Bill sal nie saamstem nie) met
iets soos VMs of UNIX vergelyk nie - hulle dien verskillende teiken
markte.

>
> Ek staan by my punt - ten spyte van almal se gekla oor Windows, is dit 'n
> goeie stelsel.

Ek stem saam - vir die doel waarvoor dit geskryf is - is windows
definitief goed - dit is net dat die pgmeerders van windows soos 'n spul
vrate tekere gaan - as ek terug dink aan die pgme'e wat ek of 64k op dos
geskryf het, of op mainframes met 64M waar ons verskeie intydse stelse
geloop het met heelwat gebruikers en wat hulle nou sukkel om in 132M op
'n single user system reg te kry dan wonder ek.

Dit bring ons natuurlik by 'n ander vraag - wat jaag die vernuwing in
die rekenaar bedryf - die programmatuur of die apparatuur (sjoe - tjek
net hoe gooi ek die afrikaans! :) ). Ons kan met beter programmering
sekerlik dieslefde kon doen op heelwat minder hardeware ... windows is
soos om 'n vlieg met 'n haelgeweer dood te maak, die vlieeplak sal dit
net so goed kon doen met heelwat minder gemors. Windows probeer te veel
dinge vir te veel mense wees.
Vorige onderwerp: Y2K
Volgende onderwerp: Rekenaar Ingenieur ???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:17:08 MGT 2024