Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Weeklag van die sater in die Winkelsentrum" deur FERDI GREYLING
"Weeklag van die sater in die Winkelsentrum" deur FERDI GREYLING [boodskap #39826] Do, 01 Maart 2001 21:40 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Weeklag van die sater in die Winkelsentrum.
Ferdi Greyling


Met hulle lywe soos wolke in die somer
weef vroue sluwe strikke op die grond.

Met hulle siele diep skadus's in die somer
het hulle ons in die bloedige son
gelok en gevang.

Hulle het ons gevang
in die kompartemente
van dae
en van weke
en van maande...

Ons lê vas in die argitektuur
van hulle koppe
wat die blink strome van tyd
in oggende
en in middae
en in aande kanaliseer.

En opdam
sodat die wasgoed gewas kan word
en die aandete geëet kan word.

In die winkelsentrum staan ek.

Teen die roltrap se hoogste helling staan ek.

Ek tuur af in die valleie winkels.

Die jong vroue loop verby.
Hulle weet hulle borste
is druppels klaviermusiek vroegaand.

Hulle heupe is strome
diep en blou in die oudste see.

In die bloedige somer weef hulle skaduwee's
oor die grond waar ons loop.

Op die hoogte bo die roltrap staan ek,
my bokpote skaam weggesteek
in ordinêre blou jeans...
Re: "Weeklag van die sater in die Winkelsentrum" deur FERDI GREYLING [boodskap #39948 is 'n antwoord op boodskap #39826] Di, 06 Maart 2001 12:59 Na vorige boodskap
Charlie  is tans af-lyn  Charlie
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dit was baie goed!!
Vorige onderwerp: "Twee Diewe" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Ek is opsoek na 'n gedig van 'n hanswors...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:10:00 MGT 2024