Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Aan ons vriend(e) in Seattle - aardbewing
Re: Aan ons vriend(e) in Seattle - aardbewing [boodskap #39900] So, 04 Maart 2001 20:20
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie. Ons is OK. Dit was nogal 'n belewenis. Dit het begin met 'n groot
slag. Daarna het ons gebou heen en weer begin swaai. Boekrakke het
omgeval, PCs en monitors het van lessenare afgeval en swaar meubels het oor
die vloer migreer. Ons is op die vierde vloer, en buitekant was alles wat
normaalweg rigied is, aan die beweeg. Alhoewel dit net 40 sekondes geduur
het, het dit baie, baie langer gevoel. Snaaks genoeg het ek geen vrees
ondervind terwyl ek het gewonder het of die volgende swaai die gebou gaan
laat ineenstort nie. Dit was net 'n kalm gewaarwording van wel -this is it.
Die krag het onmiddelik afgegaan, en in die middel van alles het ek opgelet
dat die nood diesel generators wel gestart het (ons deel die gebou met die
polisie en brandweer - daarom die generators). Toe die geraas en geswaai
ophou, het ek my telefoon opgediep uit die gemors op die vloer, maar dit was
dood so ek nie huis toe bel nie. Daarna het ons almal ontruim ingeval daar
naskokke sou kom. Ons is afgeraai om in die parkeergarage in te gaan, so ek
het huis-toe begin hardloop. Dit sou in elk geval nie gewerk het om te ry
nie want al die robotte was uit en daar was 'n trein op die oorgang.
Gelukkig het ons geen skade of beserings by die huis nie. Ek het die gas
afgesit net ingeval. Ons grootste ongerief was om sonder krag, telefoon te
wees vir 'n paar uur en sonder verhitting en warm water vir 'n dag.

Danielle skryf in boodskap news:igvq9toa6mkh9ckirg5km7a852nkrdeiet@4ax.com...
> Hoop julle is okay. Dit was 'n ou grootte die keer ne? :-(
>
> Wou maar net se dat ek hoop almal is ongeskond en is veilig.
>
Vorige onderwerp: Re: THE SICKENING REALITY
Volgende onderwerp: Death Row
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 03:59:59 MGT 2024