Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Die burg van hertog Bloubaard" deur HENNING PIETERSE
Uit "Die burg van hertog Bloubaard" deur HENNING PIETERSE [boodskap #39650] So, 25 Februarie 2001 16:06 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit " Die burg van hertog Bloubaard"
Henning Pieterse

Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat déúr my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.

Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.

Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Re: Uit "Die burg van hertog Bloubaard" deur HENNING PIETERSE [boodskap #39880 is 'n antwoord op boodskap #39650] Sa, 03 Maart 2001 12:43 Na vorige boodskap
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.

is baie mooi gesê

skryf in boodskap news:3A992E2E.7B1C6570@home.com...
Uit " Die burg van hertog Bloubaard"
Henning Pieterse

Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat dáár my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van 'n eggo van 'n sug.

Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.

Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Vorige onderwerp: "Rei van my Vrouens" deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: "Twee Diewe" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:50:00 MGT 2024