Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antwood op terug na SA-2
Antwood op terug na SA-2 [boodskap #39771] Wo, 28 Februarie 2001 21:10 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @ .

Jonas. Jou onnosel dips tick jy kan nie die vergelyking hoogste
misdaadsyfer in die westerse wêreld - ons het die hoogste/laagste in
die onderontwikkelde lande aanbied as argument nie. Die twee is op
veskillende basisse gebaseer en jy weet nie eens of SA die
hoogste/laagste is nie!!
SA het die laaste jaar 'n jul polisie belet om misdaad statistieke te
publiseer - sal eers in Julie vanjaar publiseer
Britanje se misdaadsyfer is baier hoog - grotendeels misdaad op
voertuie - steel van en steel uit voertuie - nie geweldadig soos in SA
nie.

Persoonlike belasting is verlaag in SA maar totale belasting wat ju;;e
spul betaal is nog steed vrekhoog - my skoonpa op sy karige pensioen
het uitgewerk 66% van sy inkomste gaan in direkte en indirekte
belasting

Reenen van Niekerk
My rede vir loop was primer finansieel - my professionele beroep was
beperk deur die SA regering in ons fooie en sonder om korrup te wees
kon ek nie 'n goeie bestaan maak nie.

Net om sout in jul 2 se wonde te vryf nog 'n paar

21. In SA is jy naby jou skoonma
22. Die min ontspanning plekke naby jou woonplek
23. Die gemors wat die SA slaghuise in die sg. boerewors sit en julle dan vreet
24.Die vlieë wat op jul biltong sit - hier maak ons biltong in 2 weke sonder vlieë
25.Die reuk van ongewaste lywe op straat in SA
26. Die baie bestuurders oor die alkohol limiet op SA paaie
27. Die slagting op SA paaie veral oor vakansies
28. Die min ontspanning plekke naby jou woonplek
.
29. dan nog elke winter kry jy skaam vir jou span in die super 12's
Re: Antwood op terug na SA-2 [boodskap #39813 is 'n antwoord op boodskap #39771] Do, 01 Maart 2001 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3a9d6942.2902488@news.zoom.co.uk...
> Jonas. Jou onnosel dips tick jy kan nie die vergelyking hoogste
> misdaadsyfer in die westerse wêreld - ons het die hoogste/laagste in
> die onderontwikkelde lande aanbied as argument nie. Die twee is op
> veskillende basisse gebaseer en jy weet nie eens of SA die
> hoogste/laagste is nie!!
> SA het die laaste jaar 'n jul polisie belet om misdaad statistieke te
> publiseer - sal eers in Julie vanjaar publiseer
> Britanje se misdaadsyfer is baier hoog - grotendeels misdaad op
> voertuie - steel van en steel uit voertuie - nie geweldadig soos in SA
> nie.
>
> Persoonlike belasting is verlaag in SA maar totale belasting wat ju;;e
> spul betaal is nog steed vrekhoog - my skoonpa op sy karige pensioen
> het uitgewerk 66% van sy inkomste gaan in direkte en indirekte
> belasting
>
> Reenen van Niekerk
> My rede vir loop was primer finansieel - my professionele beroep was
> beperk deur die SA regering in ons fooie en sonder om korrup te wees
> kon ek nie 'n goeie bestaan maak nie.
>
> Net om sout in jul 2 se wonde te vryf nog 'n paar
>
> 21. In SA is jy naby jou skoonma
> 22. Die min ontspanning plekke naby jou woonplek
> 23. Die gemors wat die SA slaghuise in die sg. boerewors sit en julle
> dan vreet
> 24.Die vlieë wat op jul biltong sit - hier maak ons biltong in 2 weke
> sonder vliee
> 25.Die reuk van ongewaste lywe op straat in SA
> 26. Die baie bestuurders oor die alkohol limiet op SA paaie
> 27. Die slagting op SA paaie veral oor vakansies
> 28. Die min ontspanning plekke naby jou woonplek
> .
> 29. dan nog elke winter kry jy skaam vir jou span in die super 12's
>

Super 12 is nie in die winter nie
Re: Antwood op terug na SA-2 [boodskap #39821 is 'n antwoord op boodskap #39771] Do, 01 Maart 2001 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @ .

On Wed, 28 Feb 2001 21:10:44 GMT, @ . wrote:

Skuus Krokkie was te lank al in die Noordelike halfrond

Braam
Re: Antwood op terug na SA-2 [boodskap #39859 is 'n antwoord op boodskap #39813] Vr, 02 Maart 2001 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
> skryf in boodskap news:3a9d6942.2902488@news.zoom.co.uk...

>> Net om sout in jul 2 se wonde te vryf nog 'n paar
>>
>> 21. In SA is jy naby jou skoonma

Sy is OK solank jy nie binne gryp afstand van haar hok kom nie. En my
kind het oupas en oumas wat hy gereeld sien. En sy bak die lekkerste
melktert en koesisters.

>> 22. Die min ontspanning plekke naby jou woonplek

Was jy hier om te party of te werk :) - die ouens innie kaap bly langs
die see as jy sover terug kan onthou. En Durban is so 7 ure weg van
Gauteng, die KNP so 4 ure weg v, Pilanesberg twee, die Vaal 1 ...

>> 23. Die gemors wat die SA slaghuise in die sg. boerewors sit en julle
>> dan vreet

En die ou daar by julle sit nie lekker malbees vleis in joune nie ...
seker die dat jy so foam om die mond - hier kan ons nog Boerewors koop,
nie 'n swak namaaksel nie!

>> 24.Die vlieë wat op jul biltong sit - hier maak ons biltong in 2 weke
>> sonder vliee

Daai quick biltong proe maar net nie dieselle as die regte ding nie -
seker die dat jy gewaai het - was te stupit gewees om 'n droog hok te
bou met gaas draad.

>> 25.Die reuk van ongewaste lywe op straat in SA

Jy bly nie in Europa nie ne!? In die UK nogal - daar waar mense een maal
in die somer was en minder gereeld in die winter - die ou klankie in die
mol trein is nie perfume nie! Maar dan is jou neus seker te toe van die
koue om dit te ruik.

>> 26. Die baie bestuurders oor die alkohol limiet op SA paaie

Baie?

>> 27. Die slagting op SA paaie veral oor vakansies

Duh! Die slagting is heel jaar aan die gang. :)

>> 28. Die min ontspanning plekke naby jou woonplek

Lyk my jou kop hak uit - sien jou 22.

>> .
>> 29. dan nog elke winter kry jy skaam vir jou span in die super 12's

Ons het darem 'n span en al verloor hulle - hulle bly ONS span. Maar dan
het jy seker toe jy nog SA'kaner was 'n draadsitter en het net vir die
sterkste span geskrou. Vir skreeu jy nou?

Jy kan maar kla boet - as jy dit dan so lekker vind daar annerkant sou
jy mos nie hier met die mense hier gestry het nie?
Re: Antwood op terug na SA-2 [boodskap #39882 is 'n antwoord op boodskap #39859] Sa, 03 Maart 2001 13:31 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

>>> 21. In SA is jy naby jou skoonma
>
> Sy is OK solank jy nie binne gryp afstand van haar hok kom nie.

Lou, verwag ek teveel van jou, of is hier 'n subtieleverwysing na die storie
van Hansel en Gretchel?

Gloudina
Vorige onderwerp: Ek roep Tertius Bouwer
Volgende onderwerp: Vlaamse taal?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 17:44:37 MGT 2024