Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Archives: 28 February, 1901
Re: Archives: 28 February, 1901 [boodskap #39791] Do, 01 Maart 2001 06:36 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Duidelik had die 'myl en gardjin' se informant die kat aan die verkeerde
handvatsel beetgehad, wat Louis Botha het nie oorgegee nie, dit was Cronje
by Paardeberg!
Thys met my stukkie geskiedenis-mus op
skryf in boodskap news:3A9D4CA0.CFBF3E46@home.com...
> On February 28, 1901 the Globe and Mail reported
> that the impression existed in London that Boer
> General Louis Botha had surrendered to the British
> in South Africa, while the wily Boer General De
> Wet had likely gotten away from his pursuers.
>
Re: Archives: 28 February, 1901 [boodskap #39805 is 'n antwoord op boodskap #39791] Do, 01 Maart 2001 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Baba Mung  is tans af-lyn  Baba Mung
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Thys de Wet skryf in boodskap news:97kqlu$228n$1@news.adamastor.ac.za...
> Duidelik had die 'myl en gardjin' se informant die kat aan die verkeerde
> handvatsel beetgehad, wat Louis Botha het nie oorgegee nie, dit was Cronje
> by Paardeberg!
> Thys met my stukkie geskiedenis-mus op
> skryf in boodskap news:3A9D4CA0.CFBF3E46@home.com...
>> On February 28, 1901 the Globe and Mail reported
>> that the impression existed in London that Boer

Nie die "Mail and Guardian", Thys. Dit was die "Globe and Mail" - wat van 'n
verkeerde 'impression' in Londen vertel het.

Baba Mung
Re: Archives: 28 February, 1901 [boodskap #39893 is 'n antwoord op boodskap #39791] So, 04 Maart 2001 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 4 Mar 2001 12:57:36 +0200, "koos" wrote:

> Inleiding
> Agtergrond
> Verloop van die Volksmoord
> Afloop
> Gevolg
> Gevolgtrekking
>

Uiters belangrike, negatiewe ja, maar steeds belangrike nuus wat jy
hier vertel Koos. Dit strook met wat ek as kind in geskiedenis geleer
het. Gelukkig is dit nie in soveel detail in skool leerplanne oorgedra
nie (miskien moes dit tog gebeur het sodat die khaki verag kan word
vir wat hulle is.)

Weet nie waar jy dit vandaan gekry het nie en ek sien dat jy dit na
meer (2) nuusgroepe gestuur het. Kan jy nie êrens 'n engelse weergawe
kry en dit na meer groepe stuur nie? En 'n Chinese weergawe en 'n
Arabiese een en Iranees en Irakees en Duitse en Sweedse en.....

DD
Re: Archives: 28 February, 1901 [boodskap #39895 is 'n antwoord op boodskap #39791] So, 04 Maart 2001 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

>
>
> n Nuwe liedjie op n ou deuntjie
>
> C Louis Leipoldt
> (uittreksel)
>
> Jy, wat die hoop van ons nasie is;
> Jy, wat ons volk so min kan mis;
> Jy, wat moet opgroei tot n man;
> Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
> Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
> Jy; wat moet sing uit pure pret --
> Jy moet verdwyn in n kinderkamp,
> Jy moet vir vrede word uitgestamp:
>
> Vou maar jou handjies dig tesame,
> Sluit maar jou ogies, en sê ame!
>
> Kinkhoes en tering, sonder melk:
> Bitter vir jou is die lewenskelk!
> Daar is jou plek, by die graffies daar --
> Twee in n kissie, n bruilofspaar!
>
> Al wat jy wen, is dat ons onthou:
> Meer was die vryheid as kind of vrou!
>
Re: Archives: 28 February, 1901 [boodskap #39896 is 'n antwoord op boodskap #39791] So, 04 Maart 2001 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

> In die konsentrasiekamp
> (Aliwal-Noord, 1901)
>
> C Louis Leipoldt (uittreksel)
>
> Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie
> Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael --
> Jou enigste skuil in die nag teen die buie;
> Die Junie-lug stort oor die stroom van die Vaal --
> Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie
> Gedrup van die reëndruppeltjies oor die paal.
>
> n Kers, nog maar anderhalf duim voor hy sterwe,
> Brand dof in n bottel hier vlak naas jou bed
> (n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe
> Daar lê n mens sag, en sy slaap is gered!) --
> En hier in die nag laat jou drome jou swerwe
> n Aaklige rondte met trane besmet.
>
> Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore;
> Hier sterwe die oumens te swak vir die stryd;
> Hier kom n gekerm en gekreun in jou ore;
> Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;
> Want elke sekond van die smart laat sy spore
> Gedruk op jou hart, deur n offer gewyd.
>
> Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
> Die smarte, die angs het so baie gepla!
> Die yster het gloeiend n merk vir die eeue
> Gebrand op ons volk; en dié wond is te ná --
> Te ná aan ons hart, en te diep in ons lewe --
> "Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!"
>
> Aangrypend dig Leipoldt ook oor n seepkissie na aanleiding van kinderlykies
> wat darem nog in dié luukse begrawe kon word:
>
> Hulle het jou in England gemaak, seepkissie,
> Om hier vir ons kinders as doodkis te dien;
> Hulle het vir jou lykies gevinde, seepkissie,
> En ek het jouselwe as doodkis gesien.
>
> Ewe onvergeetlik is AG Visser se beskrywing van n weeskind in die
> konsentrasiekamp in sy gedig, Die Jongste Burger:
>
> In die kamp van die vroue heers stilte en donker
> Die ellende genadig bedek deur die nag.
> Hier en daar in n tent nog n flou liggeflonker,
> Waar die Engel van Meely -- die Doodsengel -- wag.
>
> In die plaas van verdriet en van loodsware harte
> Lê n knapie te snik in n troostloos geween.
> O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
> Van n weeskind verlate, op die wêreld alleen!
>
> Later in die gedig beskryf genl De Wet die stryd aan die ontsnapte kind wat
> by sy kommando kom aansluit en sê:
>
> Vryheid verg hier vanuit onse geleedre
> Manne van moed wat gevare uittart.
> Maar in die kamp ook die moeder, die teedre
> En die onskuldige kind aan haar hart.
>
> En die beloning? Miskien op die velde
> Eensaam n rusplaas, benat deur geen traan.
> Eenmaal, wie weet, eer die nakroos ons helde...
> Seun, sien jy kans? Generaal, ek sluit aan!
>
Re: Archives: 28 February, 1901 [boodskap #39897 is 'n antwoord op boodskap #39791] So, 04 Maart 2001 15:33 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Gelukkig is dit nie in soveel detail in skool leerplanne oorgedra
> nie (miskien moes dit tog gebeur het sodat die khaki verag kan word
> vir wat hulle is.)
>

Ja, miskien moes dit in meer detail in die skool-leerplanne
ingesluit gewees het. Net soos 'n mens hoop dat in die
skool-leerplanne van die toekoms die misdadige sloping
van woonbuurtes gedurende die apartheidsregime ook
ingesluit sal word: die manier waarop huise deur skrapers
omver gestoot is, en die familie dan met hulle skamel
besittings op 'n vragmoter gelaai is en daar êrens op die
kaal haai vlakte afgelaai is. Imperialistiese Brittanje se
aksie in die Transvaal en Vrystaat moet veroordeel word
(en die koningin moes om verskoning daarvoor gevra het.)
Imperialistiese apartheidsvarke moet veroordeel word
(en die mense, soos P.W. Botha, wat nie daarvoor verskoning
wil maak nie) moet voor die hof gedaag word, soos Pinochet
in Chile

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Boesak's Jail Cell Cellphone
Volgende onderwerp: Afrikaans at non-ZA universities and colleges
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 18:33:35 MGT 2024