Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Y2K
Y2K [boodskap #39445] Ma, 19 Februarie 2001 18:38 na volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jermina - baie netjies, baie vriendelik en baie swart. Met die
gewoonte om baie van dit wat sy sê op te volg met 'n 'dêt lat jou
dênk nê!"

Vanmiddag in die parkeerruimte by ShopRite Chckers - die toeter in die
parkeerarea skuins voor my, 'n glimlag van agter die stuurwiel van die
Opel, en Jermina wat uitklim met die kenmerkende 'dêt lat jou dênk
nê!"

Vyftien minute later in die tuisnywerheid en die vroutjie wat sê "dit
klink asof dié jaar se griep erger gaan wees as die voriges"
Gister se Rapport wat op bl. 5 - 'Dit kan wees dat griep Suid-Afrika
weer vanjaar hard gaan slaan."

En skielik weet ek... Y2K... die (voorspelde millenium probleem wat
geblyk het die grootste bedrogspul van die millenium te wees) en
griep... die ooreenkoms...

Dêt lat jou dênk nê!"

DD
Re: Y2K [boodskap #39710 is 'n antwoord op boodskap #39445] Di, 27 Februarie 2001 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Feb 2001 20:38:45 +0200, Davie Davis wrote:

> En skielik weet ek... Y2K... die (voorspelde millenium probleem wat
> geblyk het die grootste bedrogspul van die millenium te wees) en
> griep... die ooreenkoms...

Snaaks dat niemand hierop gereageer het nie -
of julle stem nie saam nie
of julle hoor nie wat ek sê nie

DD
Re: Y2K [boodskap #39717 is 'n antwoord op boodskap #39710] Wo, 28 Februarie 2001 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kon sien wat jy sê - en het nie gedink jy verwag 'n beaming nie.
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Mon, 19 Feb 2001 20:38:45 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> En skielik weet ek... Y2K... die (voorspelde millenium probleem wat
>> geblyk het die grootste bedrogspul van die millenium te wees) en
>> griep... die ooreenkoms...
>
> Snaaks dat niemand hierop gereageer het nie -
> of julle stem nie saam nie
> of julle hoor nie wat ek sê nie
>
> DD
Re: Y2K [boodskap #39744 is 'n antwoord op boodskap #39717] Wo, 28 Februarie 2001 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 Feb 2001 02:56:34 +0200, "Annette" wrote:

> Ek kon sien wat jy sê - en het nie gedink jy verwag 'n beaming nie.
> Annette
>
Nie werklik 'n beaming gevra nie Anette, maar tog gewonder of die
mense dink ek is koekoes (wat ek self partykeer dink) en of julle
verstaan het wat ek sê. Want die griep dreigemente klink lankal net
soos die boere wat een na die ander die rympie herhaal oor hoe hulle
die regering die laaste kans gee om die misdadigers vas te vat -
anders neem hulle reg in eie hande.

Maar moenie vir my luister nie want ek kan heel verkeerd wees.

DD
>
Re: Y2K [boodskap #39746 is 'n antwoord op boodskap #39744] Wo, 28 Februarie 2001 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> . Want die griep dreigemente klink lankal net
> soos die boere wat een na die ander die rympie herhaal oor hoe hulle
> die regering die laaste kans gee om die misdadigers vas te vat -
> anders neem hulle reg in eie hande.
>

Wanneer jy van "die griep" praat, na watter griep
verwys jy - griep in die algemeen, of verlede
winter se griep? Hoekom ek vra: hier in Ontario
het ons ook gehoor van die groot griep wat aan
die kom is, en die provinsiale regering het toe
besluit om vry griepinspuitings vir almal beskikbaar
te maak (want verlede jaar het ons 'n krisis in die
hospitale gehad met die griep in die winter, en hulle
wou nie weer 'n herhaling daarvan hê nie.) En toe
kom die winter nou, en die griep is nie vreeslik
sleg nie. (En hulle dink nie dis as gevolg van die
feit dat meer mense hulle griepinspuitings gekry het
nie. Dit was maar sommer net 'n milde griepseisoen.)
Was dit dieselfde in Suid-Afrika?

Gloudina
Re: Y2K [boodskap #39749 is 'n antwoord op boodskap #39744] Wo, 28 Februarie 2001 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het lankal geleer om nie iets in antwoord te verwag as jy iets op 'n ng
pos nie. As dit gebeur - is dit 'n bonus. Daar is 'n klomp mense daar buite
wat alles lees wat hulle kan - saamstem of nie - maar nie 'n vinger lig om
'n mening te waag nie.
So, moet nou nie te kenne gee dat slegs mense wat iets skryf koekoes is
nie:)))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Wed, 28 Feb 2001 02:56:34 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek kon sien wat jy sê - en het nie gedink jy verwag 'n beaming nie.
>> Annette

> Nie werklik 'n beaming gevra nie Anette, maar tog gewonder of die
> mense dink ek is koekoes (wat ek self partykeer dink) en of julle
> verstaan het wat ek sê. Want die griep dreigemente klink lankal net
> soos die boere wat een na die ander die rympie herhaal oor hoe hulle
> die regering die laaste kans gee om die misdadigers vas te vat -
> anders neem hulle reg in eie hande.
>
> Maar moenie vir my luister nie want ek kan heel verkeerd wees.
>
> DD

>
Re: Y2K [boodskap #39763 is 'n antwoord op boodskap #39749] Wo, 28 Februarie 2001 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Was dit dieselfde in Suid-Afrika?

> Gloudina

Dieselfde in Suid Afrika, ja. Elke jaar nog - behalwe wat wel anders
is, is die feit dat gratin inspuitings nié gegee word nie behalwe aan
die senior mense (wat natuurlik pragtig is - en dit was ook net
verlede jaar)
Dieselfde in SA ja, jaar na jaar, en die skrikmaakstories loop alweer
rond - wat tog sò aan y2k herinner.

On Wed, 28 Feb 2001 15:07:49 +0200, "Annette" wrote:

> So, moet nou nie te kenne gee dat slegs mense wat iets skryf koekoes is
> nie:)))
> Annette
>
Dankie, jy help my om nie so alleen te voel nie

DD
Re: Y2K [boodskap #39788 is 'n antwoord op boodskap #39710] Do, 01 Maart 2001 06:26 Na vorige boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jy sê niks nuuts nie......

Tue, 27 Feb 2001 22:42:59 +0200:: Davie Davis
skrywe:

> On Mon, 19 Feb 2001 20:38:45 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> En skielik weet ek... Y2K... die (voorspelde millenium probleem wat
>> geblyk het die grootste bedrogspul van die millenium te wees) en
>> griep... die ooreenkoms...
>
> Snaaks dat niemand hierop gereageer het nie -
> of julle stem nie saam nie
> of julle hoor nie wat ek sê nie
>
> DD
Vorige onderwerp: JPG-lêers verklein
Volgende onderwerp: Mooi trap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 10:12:08 MGT 2024