Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: kaas
Re: kaas [boodskap #39699] Ma, 26 Februarie 2001 20:29
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3A9585AE.589C7022@home.com...

> Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
> melk makliker om te verteer as koeimelk?
>
> Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
> die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
> ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
> effekte kan hê. Droom ek net?

Melk van enige spesie is maklik verteerbaar (dis hoekom babas dit geredelik
kan inneem) en mense wat 'n suiwelallergie het, is waarskynlik
allergies vir een of ander vreemde proteien (waarskynlik 'n
immunoglobulien) waaraan die persoon te vroeg te skielik blootstelling gehad
het.

Mens behoort te onderskei tussen 'n voedselallergie (verhoogde IgE
vlakke in die bloed) en voedselintoleransie.

Daar is sommiges wat voel dat dit onnatuurlik vir volwassenes is om melk te
drink. Die mens is waarskynlik die enigste spesie waar die gebruik om melk,
al is dit nou ook al die van ander spesies, dwarsdeur die natuurlike lewe in
te neem, wyd voorkom (alhoewel ek moet noem dat ek al 'n koei gesien het wat
haarself gereeld aan beide kante kon leegsuip :) ;)). Indien mens vir 'n
taamlike tyd nie melk gedrink het nie, verloor jy die ensiem om laktose na
melksuur
om te skakel. Hierdie laktose-intoleransie kom baie wyd voor (70 persent van
volwassenes wêreldwyd) en meer dikwels by nie-Kaukasie'rs. Genetiese redes
word soms genoem maar die oorsaak is waarskynlik eerder die gevolg van die
gebruik van volwassenes om die melk te laat suur word vir preservering.
Gevolglik word die kinders saam met hulle nie aan laktose in sy natuurlike
vorm blootgestel nie, en verloor hulle ook mettertyd die vermoë om laktose
in melk te verteer. Wanneer laktose-intolerante persone natuurlike melk
inneem, vorm
die oormatige bakteriele groei in sulke persone waterstofgas in die
spysverteringskanaal en die persone mag diarree in verskillende grade
ontwikkel. Een van die toetse van laktose-intoleransie is juis om die
waterstofinhoud van uitgeasemde lug te
meet so 'n wyle na 'n laktoselading. Honde ly ook dikwels aan 'n
laktose-intoleransie wat op dieselfde manier verwerf word.

Oor kaas weet ek maar min en dis beter om die hulp van die Nederlanders in
te roep.

Sover ek verstaan , word meer laktose in die stremsel gelaat tydens die
vervaardiging van die 'soeter' kase, bv Soetmelk en Gouda, as die kase wat
vir rypmaak bestem is. Daarna word melksuurbakteriekulture bygevoeg vir
smaakontwikkelling en die meeste van hierdie bakterieë sit 'n gedeelte van
die laktose in melksuur om. In die 'soeter' kase word boonop proporsioneel
minder van die laktose in melksuur omgesit as in die kase bestem vir
swaarder geurontwikkelling. Indien met te hoë laktoseinhoud begin sou word
by die 'swaarder' kase, kry daardie kase, bv. Cheddar, lateraan 'n suurder
smaak wat ongewens is. In die soeter kase kan daar soveel as tot 0.5%
laktose wees terwyl Cheddars en ander ryper kase met minder as 0.1% laktose
eindig. Die kase met 'n hoë laktoseinhoud akkordeer dikwels nie goed met
mense wat laktose intolerant is nie. Daarenteen kan hulle maklik swaarder
kase, bv. Cheddar, waar die meeste van die (relatief min) laktose na
melksuur omgebou is, inneem. Hoe langer die veroudering, hoe minder laktose
bly agter in die kaas.

Daar is ook nog ander veranderings wat met veroudering plaasvind, bv.
fermentering van sekere aminosuurverbindings, verlaagde wateraktiwiteit en
dus ook minder mikroorganismes, maar 'n fisiese probleem (kaas akkordeer
nie) sou hoogs waarskynlik te wyte kon wees aan 'n mate van
laktose-intoleransie.

Miskien hou hy doodeenvouding meer van die smaak van die verouderde kaas :).
Die voorkoms van laktose-intoleransie word dikwels oorskat. Indien 'n
persoon genoeg melk kan inneem om in die daaglikse behoeftes (bv kalsium) te
voorsien sonder enige waargenome nagevolge, het die persoon waarskynlik nie
'n
laktose-intoleransieprobleem nie. Enigeen wat melk in oormaat inneem gaan
een of ander tyd 'n mate van laktose-intoleransie ondervind.

Hans
Vorige onderwerp: Wees Gewaarsku:Vloektaal
Volgende onderwerp: Treinstasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:15:30 MGT 2024