Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Terug na SA?
Terug na SA? [boodskap #39615] Vr, 23 Februarie 2001 21:02
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @ .

Jy het vergeet dat in Suid Afika is daar

1. hoë belasting
2. jou geld word weggevat in belasting en honderde BMW's vir
staatsamptenare daarmee gekoop. (jou geld was ook weggevat in
belasting en subsidies aan boere betaal sodat die spul moet aanhou
Nasionaal stem )
3. die staatsamptenare kry elke 3 jaar nuwe BMW's met jou geld
4. Die staatsamptenare kry hul 3 jaar oue BMW bealsting vry
5. Die 20% inflasie ( wat die regering jou die laaste 20 jaar vertel
is 15% Inflasie)
6. die vuil slaghuise (vergelyk met Britse)
7. Die vrot groente (vergelyk met die Tesco / Sainsbury groente)
8. Motorkarre, Televiese en elektriese goedere is dieselfde prys as in
Britanje net jou inkomste is 'n derde van die Britse inkomste
9. Afrikaner kerke wat oor Sondagsport bekommerd terwyl hul eie
lidmate van die ergste rassiste in die wereld was (mind you ek het 20
jaar laas my voet gesit in een van hierdie goet wat as kerke voorgehou
word)
10. Geweld, geweld geweld
11.Karskakings
12. Moorde. Jy moet teruggaan en net 1 kind of jou vrou verloor en jy
sal jouself nooit vergeef nie
13. Verkragtings - ek het 'n vrou en 4 dogters!!
14. Vrek koue winters op die hoëveld
15. Geen sentrale verhitting in jou huis omdat elektrisiteit vrekduur
is - jy vrek in die winter
16. Vrekwarm hoëveld somers - so warm jy kan nie asemhaal nie
17. Geen lugversorging - omdat elektrisiteit so duur is vrek jy in
die somer
18. Wonderlike Kruger wildtuin en ander natuureservate - te duur om
met jou karige Rand inkomste te besoek - en in elke geval al die
honderde staatsamptenare bespreek dit jare vooruit
19. Swak diens
20. die werkloosheid
21 Swak mediese sorg - en nog die baie AIDS boonop

Nee wat in 5 minute het ek 20 redes opgedink, ek is seker ander sal
nog baie kan bylas.
Onthou net hoe seker was jy die dag to jy uit SA geloop het jy doen
die regte ding vir die regte redes. Al daai redes is nog daar.
As jy nie wegloop met jou kinders uit SA nie sal jou kinders eendag
sonder jou wegloop uit SA uit en jy sal in jou oudag allenig wees.
Derduisende Ouma's en Oupa's voer 'n karige eensame bestaan op
pensioene weggvreet deur inflasie in SA en sien nooit hul kinders of
kleinkinders nie - die is in die buiteland!

Braam het gepraat
Vorige onderwerp: Re: Afrikaanse Rap
Volgende onderwerp: Terug na SA?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 22:33:35 MGT 2024