Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » blou
Re: blou [boodskap #39404 is 'n antwoord op boodskap #39352] So, 18 Februarie 2001 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi skryf in boodskap news:3a90e1f9.1367318@news.is.co.za...
> On Fri, 16 Feb 2001 22:42:38 GMT, @home.com wrote:
>
> vir die verklaring. Dit voel vir my ook al dat die
>> blou see wat SA so omring, iets met hierdie persepsie
>> te doen het dat alles wat lekker is, blou is. Ek het
>> nog altyd gesê: die see speel 'n baie groter rol in
>> die gemoedere van Suid-Afrikaners as wat mens sou
>> verwag. Daar is nie baie lande waar die see so binne
>> bereik van omtrent almal is nie.>
>
> Tog is Suid-Afrikaners nie 'n see-varende nasie nie en het bote nie
> juis 'n bekoring vir hulle nie.
>
Dis waarskynlik nie die see of seereise nie maar water per se wat vir Suid
Afrikaners so 'n spesiale bekoring bied. Dalk omdat dit die meeste van die
tyd maar droog is hier rond. Wanneer die Nederlanders hier kom kuier moet ek
myself inhou om nie vir hulle net water te wil wys nie. Daarom ry ek maar
liewer deesdae met hulle draaie om al die damme en soek juis die droeër
besienswaardighede op (as daar nou een ding is waarmee jy 'n Hollander nie
kan beïndruk nie, is dit water). Maar as ons Suid Afrikaners in die wêreld
rondreis is dit net die teenoorgestelde - as jy weer sien kry jy jouself
onwillekeurig maar weer terugkeer waterkant toe...

Hans
Re: blou [boodskap #39438 is 'n antwoord op boodskap #39294] Ma, 19 Februarie 2001 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Gloudina schreef...
>> Ja, dis my fout om "kombuis" Maleis-Portugees te noem.
>
> 'n Woord soos kombuis kan natuurlik nie regstreeks uit die oninteressante
> Hollands voortkom ;)
>
> Ek sien hierdie houding ook by genealoge.

Wel, Arthur, ek waardeer jou sarkasme, veral wanneer jy ook diegenealoë daarby
insluit.
Maar jy moet tog toegee dat die woord "kombuis" in Afrikaans
nie direk van Nederland af gekom het nie. Dit is Nederlandse skeeps-
taal wat na die Verre Ooste uitgevoer is, waar die mense op die
skepe 'n mengsel van Maleis, Portugees en Nederlandse skeepstaal
gepraat het. Dis op daardie manier, in die monde van matrose wat
later Vryburgers geword het en in die mond van Maleise slawe,
dat dit by die Kaap aangekom het en gebruik is in plaas van die
Nederlandse "keuken." Ek is baie seker dat die Van Riebeecks
en die van der Staels van "keuken" gepraat het, maar die mense
wat in hulle keukens gewerk het, het seker uit wans uit van
"kombuis" gepraat. Hulle het die woord uit die Verre Ooste
saamgebring. Onthou dat ek vir jou eendag meer vertel van die
teorieë van Hesseling.

Gloudina
Re: blou [boodskap #39446 is 'n antwoord op boodskap #39381] Ma, 19 Februarie 2001 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dryfas" schreef...
> Toe ons in die Army was, het hulle ons BLOUFITERJOEL gevoer sodat ons nie 'n
> ereksie kon kry nie.
>

Wat is bloufiterjoel eintlik? Toe ek in militaire diens was, het die gerug
rondgegaan dat "hulle" kamfer in ons aandete gedoen het. Ek vermoed dit het
dieselfde werking as jou bloufiterjoel ...... ek is seker dit was slegs 'n
gerug :)

Arthur
Re: blou [boodskap #39451 is 'n antwoord op boodskap #39446] Ma, 19 Februarie 2001 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:96rqjm$1f92$1@news.kabelfoon.nl...
> "Dryfas" schreef...
>> Toe ons in die Army was, het hulle ons BLOUFITERJOEL gevoer sodat ons nie 'n
>> ereksie kon kry nie.
>>
>
> Wat is bloufiterjoel eintlik? Toe ek in militaire diens was, het die gerug
> rondgegaan dat "hulle" kamfer in ons aandete gedoen het. Ek vermoed dit het
> dieselfde werking as jou bloufiterjoel ...... ek is seker dit was slegs 'n
> gerug :)
>
> Arthur
>

Dis blou kopersulfaat. (Hier's ons alweer by blou!) Ek het altyd gedog
mens kry net bloues, maar het onlangs ook van wit kopersulfaat gehoor...
Enige skeikundiges met 'n antwoord?

Ek vat die storie maar met 'n knippie sout... Ons moes ook af en toe
skottelgoed was, of die kombuis skoonmaak, en ek het baie goed gekyk!!!
Ek het ook gesorg dat ek, waar ek ookal in die army gekom het, vriende
was met minstens één "kok"! (Lewer altyd voordele op!) Hulle het almal
gesê dis 'n twakstorie...

Groete
Skunk
Re: blou [boodskap #39454 is 'n antwoord op boodskap #39446] Ma, 19 Februarie 2001 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen skryf in boodskap news:96rqjm$1f92$1@news.kabelfoon.nl...
> "Dryfas" schreef...
>> Toe ons in die Army was, het hulle ons BLOUFITERJOEL gevoer sodat ons nie 'n
>> ereksie kon kry nie.
>>
>
> Wat is bloufiterjoel eintlik? Toe ek in militaire diens was, het die gerug
> rondgegaan dat "hulle" kamfer in ons aandete gedoen het. Ek vermoed dit het
> dieselfde werking as jou bloufiterjoel ...... ek is seker dit was slegs 'n
> gerug :)
>

Dis kopersulfaat. (CuSO4.5H2O). (Die bg. verwys na die pentahidraat-vorm).
Ek is seker dié is ook 'n gerug. Koper kummuleer in die lewer en word in
stress-omstandighede vinnig vrygestel. Dis dan dodelik.

Hans
Re: blou [boodskap #39458 is 'n antwoord op boodskap #39294] Ma, 19 Februarie 2001 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Maar jy moet tog toegee dat die woord "kombuis" in Afrikaans
> nie direk van Nederland af gekom het nie. Dit is Nederlandse skeeps-
> taal wat na die Verre Ooste uitgevoer is, waar die mense op die
> skepe 'n mengsel van Maleis, Portugees en Nederlandse skeepstaal
> gepraat het.

Ik weet niet, hoor, die theorie klinkt mij wat vergezocht. In Indonesië
koken ze in de "dapur", niet in een kombuis. De reis van Indonesië naar Zuid
Afrika was echt niet lang genoeg om mensen hun taal te laten vergeten en ze op
"scheepstaal" te doen overschakelen.

Maar dit soort redernaties verklaart wel waarom er zo vaak beweert wordt dat
Afrikaans veel leenwoorden uit Maleis en andere talen heeft, terwijl ik
ze nog bijna niet heb kunnen ontdekken ....

> Onthou dat ek vir jou eendag meer vertel van die teorieë van Hesseling.

Ik probeer het te onthouden. Ik ben heel nieuwsgierig. Op Internet kon ik er
zo gauw niets over vinden.

Groeten,
Arthur
Re: blou [boodskap #39463 is 'n antwoord op boodskap #39451] Ma, 19 Februarie 2001 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Skunk wrote:

> Dis blou kopersulfaat. (Hier's ons alweer by blou!) Ek het altyd gedog
> mens kry net bloues, maar het onlangs ook van wit kopersulfaat gehoor...
> Enige skeikundiges met 'n antwoord?
>
> Ek vat die storie maar met 'n knippie sout... Ons moes ook af en toe
> skottelgoed was, of die kombuis skoonmaak, en ek het baie goed gekyk!!!
> Ek het ook gesorg dat ek, waar ek ookal in die army gekom het, vriende
> was met minstens één "kok"! (Lewer altyd voordele op!) Hulle het almal
> gesê dis 'n twakstorie...
>

Ek weet nie of aluin dieselfde as kopersulfaat is nie. ("Alum" is "any of
various sulfates of a trivalent metal such as aluminum, chromium or iron,
and a univalent metal such as potassium or sodium..... widely used in
industry... and medicinally as topical astringents and STYPTICS."
'n Styptic..."contracts the tissues or blood vessels..."
My man het gesweer dat hulle die groen korreltjies in hulle kos
in Huis Marais kon sien, so as dit 'n "urban legend" is, dan is dit
baie wyd versprei.

Gloudina
Re: blou [boodskap #39466 is 'n antwoord op boodskap #39446] Di, 20 Februarie 2001 04:14 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie dit het regtig gewerk nie , ek onthou die Tempe-Tigers het maar
erg deurgeloop

"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:96rqjm$1f92$1@news.kabelfoon.nl...
> "Dryfas" schreef...
>> Toe ons in die Army was, het hulle ons BLOUFITERJOEL gevoer sodat ons nie 'n
>> ereksie kon kry nie.
>>
>
> Wat is bloufiterjoel eintlik? Toe ek in militaire diens was, het die gerug
> rondgegaan dat "hulle" kamfer in ons aandete gedoen het. Ek vermoed dit het
> dieselfde werking as jou bloufiterjoel ...... ek is seker dit was slegs 'n
> gerug :)
>
> Arthur
>
Vorige onderwerp: Re: Liberaal vs Konserwatief
Volgende onderwerp: Diskussie JK:-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:10:55 MGT 2024