Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » blou
blou [boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 13:19 na volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
word??

Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
my nie so goe te verstaan nie.

Groeten Rico.
Re: blou [boodskap #39298 is 'n antwoord op boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rico wrote:

> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
> word??
>
> Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
> my nie so goe te verstaan nie.
>

Dis 'n interessante vraag wat jy hier vra. Ek kan alleen my eie
teorie daaroor gee: Omdat groot dele van SA half-woestynagtig
is en dus met droër lug, is die lug baie meer blou en ook baie
meer onbewolk as in Europa byvoorbeeld. Daar is ook, veral
in sommige seisoene, iets wat jy kan noem "'n blou waas" oor
dinge, iets wat ook metereologies verklaar kan word. Hier in
Kanada het ons sulke blou wase in die herfs.
Daar is 'n "Bloubergstrand." Maar ek kan nie dink dat alle
berge in SA as blou beskou kan word nie. Naby waar ek
grootgeword het, het ons 'n "Rooiberg" gehad. En dan is
daar die beroemde "Swartberge" buitekant Oudtshoorn, waar
die hele Swartbergpas as Nasionale Monument verklaar is.

Gloudina
Re: blou [boodskap #39302 is 'n antwoord op boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Feb 2001 15:37:11 GMT, @home.com wrote:

> Rico wrote:
>
>> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
>> word??


> Dis 'n interessante vraag wat jy hier vra. Ek kan alleen my eie
> teorie daaroor gee: Omdat groot dele van SA half-woestynagtig
>
> Gloudina

Solank volgende Maandag net nie 'n Blou Maandag is nie
het ek vrede met die blou... o ja, en die blou bulle wat nie Afrikaans
wil praat nie nevermaaind rugby kan speel !

DD
Re: blou [boodskap #39304 is 'n antwoord op boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie Gloudina ek kan my 'n voorstelling maak van die lug. In
Nederland het ons veral "grauwe grijze luchten".

En die see hier is nie blou nie.

Ons het wel dikwels van die " Rode/Oranje luchten" aands as die son sak in
die Noordzee. :-))

Arthur deze uitspraken komen allemaal uit de liedjies van Johannes
Kerkorrel. Je moet ze echt maar snel gaan beluisteren, want ze zijn goed te
verstaan :-))

Gr Rico
> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
> word??
>
> Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
> my nie so goe te verstaan nie.
>

Dis 'n interessante vraag wat jy hier vra. Ek kan alleen my eie
teorie daaroor gee: Omdat groot dele van SA half-woestynagtig
is en dus met droër lug, is die lug baie meer blou en ook baie
meer onbewolk as in Europa byvoorbeeld. Daar is ook, veral
in sommige seisoene, iets wat jy kan noem "'n blou waas" oor
dinge, iets wat ook metereologies verklaar kan word. Hier in
Kanada het ons sulke blou wase in die herfs.
Daar is 'n "Bloubergstrand." Maar ek kan nie dink dat alle
berge in SA as blou beskou kan word nie. Naby waar ek
grootgeword het, het ons 'n "Rooiberg" gehad. En dan is
daar die beroemde "Swartberge" buitekant Oudtshoorn, waar
die hele Swartbergpas as Nasionale Monument verklaar is.

Gloudina
Re: blou [boodskap #39308 is 'n antwoord op boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rico wrote:

> Ons het wel dikwels van die " Rode/Oranje luchten" aands as die son sak in
> die Noordzee. :-))
>

Gebruik "saans" waar jy daar "aands" gebruik het.
So ook "soggends" "smiddags" en "snags." Hier
dink ek het Afrikaans 'n ouer vorm van Nederlands
behou, want die -s- voor die woorde kom, dink
ek, van "des nags, des oggends" ensovoorts.

Gloudina
Re: blou [boodskap #39316 is 'n antwoord op boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Blou is nie n kleur nie, dis n emosie.
. . . pop

skryf in boodskap news:3A8D49B8.6B0ECF40@home.com...
Rico wrote:

> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
> word??
>
> Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
> my nie so goe te verstaan nie.
>

Dis 'n interessante vraag wat jy hier vra. Ek kan alleen my eie
teorie daaroor gee: Omdat groot dele van SA half-woestynagtig
is en dus met droër lug, is die lug baie meer blou en ook baie
meer onbewolk as in Europa byvoorbeeld. Daar is ook, veral
in sommige seisoene, iets wat jy kan noem "'n blou waas" oor
dinge, iets wat ook metereologies verklaar kan word. Hier in
Kanada het ons sulke blou wase in die herfs.
Daar is 'n "Bloubergstrand." Maar ek kan nie dink dat alle
berge in SA as blou beskou kan word nie. Naby waar ek
grootgeword het, het ons 'n "Rooiberg" gehad. En dan is
daar die beroemde "Swartberge" buitekant Oudtshoorn, waar
die hele Swartbergpas as Nasionale Monument verklaar is.

Gloudina
Re: blou [boodskap #39317 is 'n antwoord op boodskap #39316] Vr, 16 Februarie 2001 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Feb 2001 15:55:17 -0600, "poppie" wrote:

> Blou is nie n kleur nie, dis n emosie.
> . . . pop
>
>
Wanneer dit die kleur is van jou oë

Johan Potgieter
Re: blou [boodskap #39318 is 'n antwoord op boodskap #39294] Vr, 16 Februarie 2001 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> Blou is nie n kleur nie, dis n emosie.
> . . . pop
>

Ja, miskien moet ons in daardie rigting gaan soek
vir die verklaring. Dit voel vir my ook al dat die
blou see wat SA so omring, iets met hierdie persepsie
te doen het dat alles wat lekker is, blou is. Ek het
nog altyd gesê: die see speel 'n baie groter rol in
die gemoedere van Suid-Afrikaners as wat mens sou
verwag. Daar is nie baie lande waar die see so binne
bereik van omtrent almal is nie. Dis omdat SA aan die
suidpunt van die kontinent is, en ook weens die feit
dat dit driehoekig is. Waar bly jy in SA wat jy nie
binne ten minste vyf tot sewe-honderd myl van die
see af is nie? Meeste mense in die binneland dink aan
"weggaan" in die somervakansie as see-toe gaan in
SA. Hier by ons is dit heeltemal anders. Ek kan nie
onthou wanneer laas ek die oseaan gesien het nie.
Dit mag wees dat dit laas in 1993 in SA was. (Ek
sien natuurlik Groot Mere die hele tyd.)

Gloudina
Re: blou [boodskap #39322 is 'n antwoord op boodskap #39294] Sa, 17 Februarie 2001 00:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar die see in Noord-Amerika is nie soos die see
in Suid-Afrika nie Gloudina. Ek was al by verskeie kusgedeeltes
aan die Ooskus (Noord en Suid Carolina, Georgia, Maryland) aan die Golf
(Florida)
en die naaste aan S.A. is die see by San Fransisco.

In S.A. is die see skakerings van blou/groen/turkoois, maar elders (ook
Europa, behalwe miskien Spanje) is dit vaal. In Singapoer is dit vaal
en eers weer in Oz kom die kleure uit. Dit het seker ook te doen met
besoedeling. Margaret Thatcher het eenkeer opgelet, na haar
besoek aan Suid-Afrika, dat nêrens in die wêreld het sy sulke skakerings
van blou lug gesien as in S.A. (shame, as mens in London woon, is
enige kleur seker beter as grys) :-)

Poppie

skryf in boodskap news:3A8DAD6F.959393D0@home.com...

poppie wrote:

> Blou is nie n kleur nie, dis n emosie.
> . . . pop
>

Ja, miskien moet ons in daardie rigting gaan soek
vir die verklaring. Dit voel vir my ook al dat die
blou see wat SA so omring, iets met hierdie persepsie
te doen het dat alles wat lekker is, blou is. Ek het
nog altyd gesê: die see speel 'n baie groter rol in
die gemoedere van Suid-Afrikaners as wat mens sou
verwag. Daar is nie baie lande waar die see so binne
bereik van omtrent almal is nie. Dis omdat SA aan die
suidpunt van die kontinent is, en ook weens die feit
dat dit driehoekig is. Waar bly jy in SA wat jy nie
binne ten minste vyf tot sewe-honderd myl van die
see af is nie? Meeste mense in die binneland dink aan
"weggaan" in die somervakansie as see-toe gaan in
SA. Hier by ons is dit heeltemal anders. Ek kan nie
onthou wanneer laas ek die oseaan gesien het nie.
Dit mag wees dat dit laas in 1993 in SA was. (Ek
sien natuurlik Groot Mere die hele tyd.)

Gloudina
Re: blou [boodskap #39328 is 'n antwoord op boodskap #39294] Sa, 17 Februarie 2001 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Rico wrote:
>
>> Ons het wel dikwels van die " Rode/Oranje luchten" aands as die son sak in
>> die Noordzee. :-))
>
> Gebruik "saans" waar jy daar "aands" gebruik het.
> So ook "soggends" "smiddags" en "snags." Hier
> dink ek het Afrikaans 'n ouer vorm van Nederlands
> behou, want die -s- voor die woorde kom, dink
> ek, van "des nags, des oggends" ensovoorts.

Nee, julle het juis verder ontwikkel. In Afrikaans is dit 1 woord, in
Nederlands gebruik ons nog die argaiese " 's nachts".

Oorigens, Rico, ons het meer "blou" in ons taal as jy waarskynlik vermoed.
Suid Afrika het blou aarde, ons het blou klei. Ons kan 'n bloutjie loop,
hierdie diskussie kan jou bloublou laat en ons kan selfs blou wees (behalwe
natuurlik as jy -soos ek- liewer cola drink) ..... en wat dink jy van die ou
(skel)naam vir Indiërs?

Daar is bloukouse, mense van die Blou Knoop, bloutjies (vlinders), blou
reigers, blou vinvisse en in Vlaanderen het hulle (in de 19e eeu) blouvoete;
studente wat gestry het in die "Taalstrijd". Daar is 'n natuurgebied "De
Blauwe Kamer" (ek glo by Nijmegen) en op ons dorp het ons 'n blou zone; jy
mag jou motor daar nie langer as 2 uur laat staan nie, julle het die
waarskynlik ook. En om nie te vergeet nie, ons het blou enveloppe .... :(

Groete,
Arthur
Re: blou [boodskap #39329 is 'n antwoord op boodskap #39294] Sa, 17 Februarie 2001 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek dink ek gaan sien wat jy bedoel. Al wat lekker is noem jy blou. Blou
gee 'n emosie aan.

En Arthur ek ken ook die blou enveloppe en al hierdie sake waar jy oor het,
maar dat is nie dieselfde nie.
Boondien ek is 'n stadsmens, ek ken nie die blou klei nie :-)))

Ons praat nie van die blou see, blou aarde, blou bergenie.
Als jy sê die blou see, kry ek 'n lekker gevoel, maar Arthur als jy my sê jy
het 'n bloutjie geloop, dit voel nooit lekker nie :-))

Ek moe sê ek is nie gereeld nie, maar ek is eenmaal blou gewees en dat is
ook nie baie lekker nie, die wêreld draai rondomtoe en jou kop is al
heeltemal nie meer lekker nie :-))

Ek dink die Afrikaanse blou is "beter", ons Hollands blou het meer 'n
negatiewe klank.
Het "Delfts Blauw" is natuurlik nie meegereken nie hierindie opsommings
:-))))

Gr Rico.

Die volgende keer, ga ik toch maar in het Nederlands verder :-)). Ik heb
alleen nog maar koffie op, maar voel me al blauw :-)))))

Geniet allen die naweek
poppie wrote:

> Blou is nie n kleur nie, dis n emosie.
> . . . pop
>

Ja, miskien moet ons in daardie rigting gaan soek
vir die verklaring. Dit voel vir my ook al dat die
blou see wat SA so omring, iets met hierdie persepsie
te doen het dat alles wat lekker is, blou is. Ek het
nog altyd gesê: die see speel 'n baie groter rol in
die gemoedere van Suid-Afrikaners as wat mens sou
verwag. Daar is nie baie lande waar die see so binne
bereik van omtrent almal is nie. Dis omdat SA aan die
suidpunt van die kontinent is, en ook weens die feit
dat dit driehoekig is. Waar bly jy in SA wat jy nie
binne ten minste vyf tot sewe-honderd myl van die
see af is nie? Meeste mense in die binneland dink aan
"weggaan" in die somervakansie as see-toe gaan in
SA. Hier by ons is dit heeltemal anders. Ek kan nie
onthou wanneer laas ek die oseaan gesien het nie.
Dit mag wees dat dit laas in 1993 in SA was. (Ek
sien natuurlik Groot Mere die hele tyd.)

Gloudina
Re: blou [boodskap #39330 is 'n antwoord op boodskap #39328] Sa, 17 Februarie 2001 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 17 Feb 2001 11:25:59 +0100, "Arthur Hagen" wrote:

> Gloudina schreef...
>> Rico wrote:

>>> Ons het wel dikwels van die " Rode/Oranje luchten" aands as die son sak in
>>> die Noordzee. :-))


> Oorigens, Rico, ons het meer "blou" in ons taal as jy waarskynlik vermoed.
> Suid Afrika het blou aarde, ons het blou klei. Ons kan 'n bloutjie loop,

> Groete,
> Arthur
>

Hiérdie een deel ons Arthur... ons loop ook somtyds bloutjies.
Hallo Rico, jy verwonder my met die spoed waarmee jou Afrikaans
verbeter.

DD
Re: blou [boodskap #39332 is 'n antwoord op boodskap #39329] Sa, 17 Februarie 2001 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek was skaars weg, en nou dat ek weer langskom praat al die Nederlanders
(selfs met mekaar!) afrikaans!

Mooi so! (daar's hoop vir die taal!)

Skunk
Re: blou [boodskap #39333 is 'n antwoord op boodskap #39328] Sa, 17 Februarie 2001 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
> Daar is bloukouse, mense van die Blou Knoop, bloutjies (vlinders), blou
> reigers, blou vinvisse en in Vlaanderen het hulle (in de 19e eeu) blouvoete;
> studente wat gestry het in die "Taalstrijd". Daar is 'n natuurgebied "De
> Blauwe Kamer" (ek glo by Nijmegen) en op ons dorp het ons 'n blou zone; jy
> mag jou motor daar nie langer as 2 uur laat staan nie, julle het die
> waarskynlik ook. En om nie te vergeet nie, ons het blou enveloppe .... :(
>
> Groete,
> Arthur
>
>

Ons het toe ek so 11 jaar oud was ook van die kinders uit die
"onderdorp" as "blouboude" gepraat :-) Vra my nie waar dit vandaan gekom
het nie...

Skunk
Re: blou [boodskap #39334 is 'n antwoord op boodskap #39329] Sa, 17 Februarie 2001 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 17 Feb 2001 12:18:59 +0100, "Rico" wrote:

>
> Ja ek dink ek gaan sien wat jy bedoel. Al wat lekker is noem jy blou.

> Gr Rico.
>

Jy kan 'n bloutjie loop as jy so op 'n blou Maandag dink dat blou
beteken net lekker.

DD
Re: blou [boodskap #39338 is 'n antwoord op boodskap #39332] Sa, 17 Februarie 2001 16:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan jou sê ons hoop Afrikaans sal 'n belangrike taal in Afrika wees en
bly!!!
Ek is baie lief vir die taal en ek hoop dat ons Nederlands 'n bietjie op
Afrikaans kan gaan lyk.
Dit sal makliker wees. Ons kan stop met dink of ons word of wordt moet
skryf.
Arthur het al gesê in Afrikaans is dit saands en in Nederlands sê ons 's
avonds.
Jy kan sien dat in Afrikaans baie sake simpeler is en ek sê simpel, ek
bedoel dit postief!!!!

Maar waarom ons Nederlanders Afrikaans gaan praat, selfs met mekaar, dis 'n
bietjie snaaks???

Gr Rico
"Skunk" skryf in boodskap news:96loqt$bvr$1@azure.nl.gxn.net...
> Ek was skaars weg, en nou dat ek weer langskom praat al die Nederlanders
> (selfs met mekaar!) afrikaans!
>
> Mooi so! (daar's hoop vir die taal!)
>
> Skunk
>
Re: blou [boodskap #39341 is 'n antwoord op boodskap #39338] Sa, 17 Februarie 2001 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 17 Feb 2001 17:05:56 +0100, "Rico" wrote:

> Arthur het al gesê in Afrikaans is dit saands en in Nederlands sê ons 's
> avonds. "Saans" is die woord Rico
> Jy kan sien dat in Afrikaans (in) baie sake simpeler is en ek sê simpel, ek
> bedoel dit postief!!!! Kyk waar het ek 'in' ingevoeg - positief
> Maar waarom ons Nederlanders Afrikaans gaan praat, selfs met mekaar, dis 'n
> bietjie snaaks???
Sodat ons Suid Afrikaners deel van die gesprek kan wees

DD

> Gr Rico
> "Skunk" schreef in bericht
> news:96loqt$bvr$1@azure.nl.gxn.net...
>> Ek was skaars weg, en nou dat ek weer langskom praat al die Nederlanders
>> (selfs met mekaar!) afrikaans!

>> Mooi so! (daar's hoop vir die taal!)

>> Skunk


>
Re: blou [boodskap #39345 is 'n antwoord op boodskap #39341] Sa, 17 Februarie 2001 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Dave Du Plessis" schreef...
> "Rico" wrote:
>
>> Maar waarom ons Nederlanders Afrikaans gaan praat, selfs met mekaar, dis 'n
>> bietjie snaaks???
> Sodat ons Suid Afrikaners deel van die gesprek kan wees

Ja nee, ek dink dis nie rerig nodig nie vir ons om Afrikaans te skryf sodat
ons op die nuusgroep verstaan word, tog?

Groete,
Arthur
Re: blou [boodskap #39347 is 'n antwoord op boodskap #39294] Sa, 17 Februarie 2001 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit word blou genoem omdat dit blou is. Wanneer ons na berge hier kyk is
hulle blou. Enige foto van die aarde vanaf die buitenste ruim toon tog die
aarde as blou.
Annette

Rico wrote in message ...
> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
> word??
>
> Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
> my nie so goe te verstaan nie.
>
>
> Groeten Rico.
>
Re: blou [boodskap #39349 is 'n antwoord op boodskap #39333] Sa, 17 Februarie 2001 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Skunk" schreef...
>
> Ons het toe ek so 11 jaar oud was ook van die kinders uit die
> "onderdorp" as "blouboude" gepraat :-) Vra my nie waar dit vandaan gekom
> het nie...
>

Wat toevallig! In Poeldijk -ook hier in die Westland- is 'n
karnavalsvereniging "De Poellukse Blauwkonters". Hulle sê die naam is
ontstaan vanweë die "blauwe bips" wat jy kryg as jy baie lang sittend op 'n
boomstam wyn drink :)

Groete,
Arthur
Re: blou [boodskap #39350 is 'n antwoord op boodskap #39294] Sa, 17 Februarie 2001 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 16 Feb 2001 14:19:19 +0100, "Rico" wrote:

> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
> word??
>
> Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
> my nie so goe te verstaan nie.

Onder meer - die berge IS blou gesien van 'n afstand.
Blou aarde ken ek nie.
Re: blou [boodskap #39351 is 'n antwoord op boodskap #39333] Sa, 17 Februarie 2001 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 17 Feb 2001 12:54:14 +0100, "Skunk" wrote:

Ons het toe ek so 11 jaar oud was ook van die kinders uit die
> "onderdorp" as "blouboude" gepraat :-) Vra my nie waar dit vandaan gekom
> het nie...

As jy hard geslaan word, le daar blou merke.
As jy koud kry in die winter, raak jou vel so blouerig.
Re: blou [boodskap #39352 is 'n antwoord op boodskap #39294] Sa, 17 Februarie 2001 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 16 Feb 2001 22:42:38 GMT, @home.com wrote:

a, miskien moet ons in daardie rigting gaan soek
> vir die verklaring. Dit voel vir my ook al dat die
> blou see wat SA so omring, iets met hierdie persepsie
> te doen het dat alles wat lekker is, blou is. Ek het
> nog altyd gesê: die see speel 'n baie groter rol in
> die gemoedere van Suid-Afrikaners as wat mens sou
> verwag. Daar is nie baie lande waar die see so binne
> bereik van omtrent almal is nie.>

Tog is Suid-Afrikaners nie 'n see-varende nasie nie en het bote nie
juis 'n bekoring vir hulle nie.
Re: blou [boodskap #39354 is 'n antwoord op boodskap #39347] Sa, 17 Februarie 2001 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 17 Feb 2001 22:10:53 +0200, "Annette" wrote:

it word blou genoem omdat dit blou is. Wanneer ons na berge hier kyk
is
> hulle blou. Enige foto van die aarde vanaf die buitenste ruim toon tog die
> aarde as blou.>

....blue moooooon.......la, la la, la laaaa.....
Re: blou [boodskap #39356 is 'n antwoord op boodskap #39354] Sa, 17 Februarie 2001 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"O vra my nie my liefde
ek het dit weggegee
aan n klein koringblommetjie *
en aan die groot blou see"
(ek dink) Boerneef

*n koringblommetjie is blou

pop

Ferdi skryf in boodskap news:3a91e29b.1528874@news.is.co.za...
> On Sat, 17 Feb 2001 22:10:53 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> > hulle blou. Enige foto van die aarde vanaf die buitenste ruim toon tog die
>> aarde as blou.>
>
>
> ....blue moooooon.......la, la la, la laaaa.....
Re: blou [boodskap #39360 is 'n antwoord op boodskap #39356] Sa, 17 Februarie 2001 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"poppie" schreef op Sat, 17 Feb 2001 15:31:51 -0600 in
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans :

> "O vra my nie my liefde
> ek het dit weggegee
> aan n klein koringblommetjie *
> en aan die groot blou see"
> (ek dink) Boerneef
>
> *n koringblommetjie is blou
>
> pop
>

'Mij spreekt de blomme een tale,
mij is het kruid beleefd,
mij groet het altemale,
dat God geschapen heeft!'

(Guido Gezelle)

Michel
Re: blou [boodskap #39363 is 'n antwoord op boodskap #39360] Sa, 17 Februarie 2001 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
O dit is so mooi Michel, het jy nog van Gezelle?
pop

Michel Martens skryf in boodskap news:q2ut8t8silu8mlec307vbk2qc6gjrstksn@4ax.com...
> "poppie" schreef op Sat, 17 Feb 2001 15:31:51 -0600 in
> nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans :
>
>> "O vra my nie my liefde
>> ek het dit weggegee
>> aan n klein koringblommetjie *
>> en aan die groot blou see"
>> (ek dink) Boerneef
>>
>> *n koringblommetjie is blou
>>
>> pop
>>
>
>
> 'Mij spreekt de blomme een tale,
> mij is het kruid beleefd,
> mij groet het altemale,
> dat God geschapen heeft!'
>
> (Guido Gezelle)
>
> Michel
Re: blou [boodskap #39364 is 'n antwoord op boodskap #39360] Sa, 17 Februarie 2001 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wie sou nou gedink het ons ou groepie kon so n lekker
bespreking om "blou" hê, wat van rooi?

Ek sal begin:
"n oulap se rooi maak mooi"

vir die Nederlanders -" n stuiwer se rooi maak leuk" (somehow
klink dit nie reg nie, kan iemand help?)

pop

Michel Martens skryf in boodskap news:q2ut8t8silu8mlec307vbk2qc6gjrstksn@4ax.com...
> "poppie" schreef op Sat, 17 Feb 2001 15:31:51 -0600 in
> nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans :
>
>> "O vra my nie my liefde
>> ek het dit weggegee
>> aan n klein koringblommetjie *
>> en aan die groot blou see"
>> (ek dink) Boerneef
>>
>> *n koringblommetjie is blou
>>
>> pop
>>
>
>
> 'Mij spreekt de blomme een tale,
> mij is het kruid beleefd,
> mij groet het altemale,
> dat God geschapen heeft!'
>
> (Guido Gezelle)
>
> Michel
Re: blou [boodskap #39366 is 'n antwoord op boodskap #39356] Sa, 17 Februarie 2001 23:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> "O vra my nie my liefde
> ek het dit weggegee
> aan n klein koringblommetjie *
> en aan die groot blou see"
> (ek dink) Boerneef
>
> *n koringblommetjie is blou
>

Dit is deur A.D. Keet
1888- 1972

Ek hou van Blou
A.D. Keet

O vra my nie my liefde,
Ek het dit weggegee
Aan 'n kleine koringblommetjie
En aan die grote see.

Ek hou van bloue blomme,
'k Aanbid die hemelblou,
En jou oë vermy dit kón ek nie -
Ek min hul meer dan jou!
Re: blou [boodskap #39367 is 'n antwoord op boodskap #39364] So, 18 Februarie 2001 01:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
ek is happy, ons kan praat oor blou en nou gaan praat oor rooi. Ek dink dis
"beter", ons moenie (vir Hilda moe-nie :-))) veg op hierdie NG nie.

Vir jou vra, ek dink Arthur kan antwoord gee, ek verstaan die vra nie en ek
het nie enig idee wat ' stuiwer se rooi maak leuk" in Nederlands beteken
nie.

Gr Rico

"poppie" skryf in boodskap news:96mukn$tpe$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Wie sou nou gedink het ons ou groepie kon so n lekker
> bespreking om "blou" hê, wat van rooi?
>
> Ek sal begin:
> "n oulap se rooi maak mooi"
>
> vir die Nederlanders -" n stuiwer se rooi maak leuk" (somehow
> klink dit nie reg nie, kan iemand help?)
>
> pop
>
> Michel Martens wrote in message
> news:q2ut8t8silu8mlec307vbk2qc6gjrstksn@4ax.com...
>> "poppie" schreef op Sat, 17 Feb 2001 15:31:51 -0600 in
>> nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans :
>>
>>> "O vra my nie my liefde
>>> ek het dit weggegee
>>> aan n klein koringblommetjie *
>>> en aan die groot blou see"
>>> (ek dink) Boerneef
>>>
>>> *n koringblommetjie is blou
>>>
>>> pop
>>>
>>
>>
>> 'Mij spreekt de blomme een tale,
>> mij is het kruid beleefd,
>> mij groet het altemale,
>> dat God geschapen heeft!'
>>
>> (Guido Gezelle)
>>
>> Michel
>
Re: blou [boodskap #39369 is 'n antwoord op boodskap #39367] So, 18 Februarie 2001 01:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rico wrote:

> ek is happy, ons kan praat oor blou en nou gaan praat oor rooi.

"Ek is bly dat ons oor blou kan praat en dat ons nou oor rooi gaan praat."(Merk
op dat dele van die werkwoordkompleks byna altyd na die einde
van die sin gaan.)

> Vir jou vra, ek dink Arthur kan antwoord gee, ek verstaan die vra nie en ek
> het nie enig idee wat ' stuiwer se rooi maak leuk" in Nederlands beteken
> nie.
>

"Oor jou vraag, ek dink Arthur kan die antwoord gee. Ek verstaan nie die
vraag nie en ek het nie enige idee wat "stuiwer se rooi maak leuk"n
Nederlands beteken nie.

Rico, 'n "oulap" is 'n baie ou woord vir 'n pennie." 'n Oulap se rooi
maak mooi" beteken dus dat selfs 'n klein bietjie rooi aandag trek
en dinge mooi maak.

Die Dictionary of South African English gee die volgende
verklaring vir die woord OULAP: A penny (Afrikaans "ou"
+ "lap" rag, clout fr. Dutch seaman's term "coin."
Ek wonder tog of die "lap" werklik "rag" beteken, en of dit
nie 'n Maleis-Portugese woord is wat uit die Ooste ingevoer
is nie.
My ma en pa het nog van oulappe gepraat, maar gewoonlik
in 'n idiomatiese vorm - "ek gee nie 'n oulap om vir daardie
mens nie" "hy verdien net 'n paar oulap" ensovoorts.
Re: blou [boodskap #39374 is 'n antwoord op boodskap #39364] So, 18 Februarie 2001 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wil jy nou die mense met blou bloed deurmekaar maak?:))
Annette

poppie wrote in message ...
> Wie sou nou gedink het ons ou groepie kon so n lekker
> bespreking om "blou" hê, wat van rooi?
>
> Ek sal begin:
> "n oulap se rooi maak mooi"
>
> vir die Nederlanders -" n stuiwer se rooi maak leuk" (somehow
> klink dit nie reg nie, kan iemand help?)
>
> pop
>
> Michel Martens wrote in message
> news:q2ut8t8silu8mlec307vbk2qc6gjrstksn@4ax.com...
>> "poppie" schreef op Sat, 17 Feb 2001 15:31:51 -0600 in
>> nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans :

>>> "O vra my nie my liefde
>>> ek het dit weggegee
>>> aan n klein koringblommetjie *
>>> en aan die groot blou see"
>>> (ek dink) Boerneef
>>>
>>> *n koringblommetjie is blou
>>>
>>> pop
>>>


>> 'Mij spreekt de blomme een tale,
>> mij is het kruid beleefd,
>> mij groet het altemale,
>> dat God geschapen heeft!'

>> (Guido Gezelle)

>> Michel
>
Re: blou [boodskap #39379 is 'n antwoord op boodskap #39364] So, 18 Februarie 2001 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"poppie" schreef...
> Ek sal begin:
> "n oulap se rooi maak mooi"
>
> vir die Nederlanders -" n stuiwer se rooi maak leuk" (somehow
> klink dit nie reg nie, kan iemand help?)

Ons het geen uitdrukking oor 'n rooi stuiwer nie, wel oor 'n rooi duit: "ek
het geen rooi duit nie".

Vir Gloudina: in Holland ken ons geen munt met die naam "Lap" nie, maar "om
te lap" is 'n uitdrukking vir "om te betaal". Maar dis glo nie 'n baie ou
uitdrukking nie. Ek dink die uitdrukking is ontstaan met die gebruik van
papiergeld.

Groete,
Arthur
Re: blou [boodskap #39381 is 'n antwoord op boodskap #39294] So, 18 Februarie 2001 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dryfas  is tans af-lyn  Dryfas
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Toe ons in die Army was, het hulle ons BLOUFITERJOEL gevoer sodat ons nie 'n
ereksie kon kry nie.

"Rico" skryf in boodskap news:96j9dl$aic$1@news1.xs4all.nl...
> Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
> word??
>
> Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
> my nie so goe te verstaan nie.
>
>
> Groeten Rico.
>
Re: blou [boodskap #39385 is 'n antwoord op boodskap #39379] So, 18 Februarie 2001 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Ons het geen uitdrukking oor 'n rooi stuiwer nie, wel oor 'n rooi duit: "ek
> het geen rooi duit nie".

Ja, ek het dit ook al in Afrikaans gehoor. Gewoonlik sêdie sprekers "rooie
duit." Dis vir my nogal 'n merkwaardige
proses in Afrikaans: die -e- aan die einde van byvoeglike
naamwoorde wat idiomaties gebruik word of 'n emosionele
element by het. Wonder of julle dit ook so gereeld in
Nederlands doen: 'n warme verwelkoming, 'n swarte toekoms,
'n bittere ondervinding.

> Vir Gloudina: in Holland ken ons geen munt met die naam "Lap" nie, maar "om
> te lap" is 'n uitdrukking vir "om te betaal". Maar dis glo nie 'n baie ou
> uitdrukking nie. Ek dink die uitdrukking is ontstaan met die gebruik van
> papiergeld.
>

Wel, dis dan miskien die verklaring van die "oulap." Maar die feit
dat dit aangedui word dat dit uit die seemanstaal kom, laat my tog
dink aan moontlike invloed uit Maleis-Portugees (dis waar die
Afrikaanse kooi en kombuis vandaan kom.)

Gloudina
Re: blou [boodskap #39386 is 'n antwoord op boodskap #39294] So, 18 Februarie 2001 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> Ons het geen uitdrukking oor 'n rooi stuiwer nie, wel oor 'n rooi duit:
>> "ek het geen rooi duit nie".
>
> Ja, ek het dit ook al in Afrikaans gehoor. Gewoonlik sê
> die sprekers "rooie duit." Dis vir my nogal 'n merkwaardige
> proses in Afrikaans: die -e- aan die einde van byvoeglike
> naamwoorde wat idiomaties gebruik word of 'n emosionele
> element by het. Wonder of julle dit ook so gereeld in
> Nederlands doen: 'n warme verwelkoming, 'n swarte toekoms,
> 'n bittere ondervinding.

Ah, dus zo werkt die -e- in het Afrikaans. Ik had er al moeite mee. In het
Nederlands gebruiken we die -e- bijna altijd. Alleen bij onzijdige woorden
gebruiken we hem niet na "een".

Het kleine kind, een klein kind.
Het snelle paard, een snel paard.
Het blonde meisje, een blond meisje.
De grote neushoorn, een grote neushoorn.
De mooie vrouw, een mooie vrouw.
De slimme jongen, een slimme jongen.

> Wel, dis dan miskien die verklaring van die "oulap." Maar die feit
> dat dit aangedui word dat dit uit die seemanstaal kom, laat my tog
> dink aan moontlike invloed uit Maleis-Portugees (dis waar die
> Afrikaanse kooi en kombuis vandaan kom.)

Ik ben wel nieuwsgierig naar de Maleis-Portugese oorsprong van kooi en
kombuis. Deze woorden kennen we in het Nederlands immers ook. Ik kan
makkelijk een goede verklaring in het Nederlands vinden; een kooi vanwege de
vorm van de slaapplaats en een buis (overdekt deel van de boot) om te koken
met kommen. Nog steeds hebben moderne jachten hier een buiskap om buiswater
uit de kuip te houden.

Groeten,
Arthur
Re: blou [boodskap #39388 is 'n antwoord op boodskap #39294] So, 18 Februarie 2001 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Ah, dus zo werkt die -e- in het Afrikaans. Ik had er al moeite mee. In het
> Nederlands gebruiken we die -e- bijna altijd. Alleen bij onzijdige woorden
> gebruiken we hem niet na "een".
>
> Het kleine kind, een klein kind.
> Het snelle paard, een snel paard.

Ja, dit lyk my Afrikaans het homself losgemaak van diegrammatika van Nederlands
in hierdie verband, en toe
besluit om die -e- vir ander doeleindes te gebruik: om
emosie ensovoorts uit te druk.

Gloudina

>
Re: blou [boodskap #39389 is 'n antwoord op boodskap #39294] So, 18 Februarie 2001 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Ik ben wel nieuwsgierig naar de Maleis-Portugese oorsprong van kooi en
> kombuis. Deze woorden kennen we in het Nederlands immers ook. Ik kan
> makkelijk een goede verklaring in het Nederlands vinden; een kooi vanwege de
> vorm van de slaapplaats en een buis (overdekt deel van de boot) om te koken
> met kommen. Nog steeds hebben moderne jachten hier een buiskap om buiswater
> uit de kuip te houden.

Ja, dis my fout om "kombuis" Maleis-Portugees te noem. Volgensdie Dictionary of
South African English is "kombuis" afkomende
van die Nederlands vir 'n ship's galley. Ek neem egter aan dat mense
wat gedink het hulle praat maleis-portugees in die ooste, hierdie woord
in hulle woordeskat gehad het as bedoelende 'n kookplek. Slawe uit
die ooste het dus in die Kaap aangekom met hierdie woord, en so het
dit ons Afrikaanse woord "kombuis" geword. Die woord het definitief in
die eerste dae van die Nederlandse teenwoordigheid aan die Kaap
wortel geskiet. Daar is geen taalgroep in die hele SA wat die Nederlandse
woord "keuken" vir "kitchen" gebruik nie.

Gloudina

>
Re: blou [boodskap #39394 is 'n antwoord op boodskap #39364] So, 18 Februarie 2001 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 17 Feb 2001 16:43:50 -0600, "poppie" wrote:

> Wie sou nou gedink het ons ou groepie kon so n lekker
> bespreking om "blou" hê, wat van rooi?
>
> Ek sal begin:
> "n oulap se rooi maak mooi"
>
> vir die Nederlanders -" n stuiwer se rooi maak leuk" (somehow
> klink dit nie reg nie, kan iemand help?)
>
> pop
>

En volgens 'n rubriek skrywer in die Rapport oor die Kerstyd verlede
jaar, is Pointstraat in die rooilig gebied van Durban geleë.

DD
Re: blou [boodskap #39396 is 'n antwoord op boodskap #39294] So, 18 Februarie 2001 16:48 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Ja, dis my fout om "kombuis" Maleis-Portugees te noem. Volgens
> die Dictionary of South African English is "kombuis" afkomende
> van die Nederlands vir 'n ship's galley. Ek neem egter aan dat mense
> wat gedink het hulle praat maleis-portugees in die ooste, hierdie woord
> in hulle woordeskat gehad het as bedoelende 'n kookplek. Slawe uit
> die ooste het dus in die Kaap aangekom met hierdie woord, en so het
> dit ons Afrikaanse woord "kombuis" geword.

'n Woord soos kombuis kan natuurlik nie regstreeks uit die oninteressante
Hollands voortkom ;)

Ek sien hierdie houding ook by genealoge. Niemand wil graag toegee dat die
meeste van hul voorsate gewoon onteressante boere en arbeiders is. Hulle
soek altyd na 'n adellike tak of op ander wyse interessante voorsate. Enig
iemand wil uniek wees ....

Groete,
Arthur
Vorige onderwerp: Re: Liberaal vs Konserwatief
Volgende onderwerp: Diskussie JK:-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:43:30 MGT 2024