Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » antie gloudiena se vrae
antie gloudiena se vrae [boodskap #39353] Sa, 17 Februarie 2001 20:43 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou antie

sjoe ma' antie vra meer vrae as my klyn sissie! baie van die goed weet ek
nie en dan moet ek my pa vra en antie weet hoe syp hy. ma' antie stella sal
bly wees om te hoor lat my pa nou ok vinnig grys word. hy sê ek maak hom so.

antie my pa sê 'n mens skryf antie tjankie van behysing se naam s-a-n-k-i-e
m-t-h-e-m-b-i - m-a-h-a-n-y-e-l-e. is 'n swaar naam wat antie tjankie dra.

my pa sê oorlat hy ok nou al grys is kan hy nie meer so mooi die storie van
oom wieljam makgabba by wits onthou nie. ma' oom hansie vannie pênnelbieters
weet. hy sê lat die groot profjesore by wits baie kwaat geword het omdat hy
gelieg het oor sy kwalfikasies toe hy onnerkaptein van hille eerste span
geword het. toe bekly hille met mekaar in die sandei taaims. toe loop baie
van daai profjesore na petoorsdorp se ienniewersityd toe en oom wieljam loop
mediese navorsenraad toe.

my pa sê toe lag petoorsdorp allie pad bank toe en wits het nie meer
profjesore nie. toe hou hille op om die kinders afrikaans te leer op wits.
toe loop die kinders wat wou afrikaans leer raau of tikkies toe. toe beslyt
die een profjesoor van wits hy moet wits weer oppie mêp sit toe gaan vertel
hy in jammerika hoe lat hy kanker gesond maak. mientaaim vang die
jammerikaners hom toe yt lat hy gelieg het oor sy risseltate. toe het hy
mooi vir wits op kiemberlie se gat loop neersit oppie mêp.

my pa sê dis ongrondwettig lat antie stella so diskrimineer teen die ooms
wat grys is. hy sê hy weet nie hoe antie stella se kop werk nie want wie sê
die anties wat nie opgestaan het nie se hare was nie gedaai nie. my pa sê
dit smaak hom daas een ding wat antie nie vir antie stella geleer het soos
wat hy op tikkies geleer het nie. hy sê al het oom peewee haar nog koningin
van transkaai gemaak weet sy nie lat dit daai grys op jou kop is wat maak
lat jy kan dink nie. hy sê sonder daai grys stof op jou kop vat nie eers die
ienniewersityd vannie noorde jou nie.

oom hansie vannie pênnelbieters sê jys soos dit nou aangaan gat hille die
ienniewersityd vannie noorde nog die jaar toemaak al is oom wieljam nie eers
da' nie. antie weet mos dis wa' om maffuse pôsa geleer het om afrikaanse
rissetasies te skryf voorlat hy proemoer van oempoemalankal geword het
voorlat oom taboe vir oom masjlangoe wat sê dis orraait om te lieg in sy
plek proemoer gemaak het.

die moeilikhyd met die kinners hie vannie noorde is lat hille nie wil leer
nie sê my pa. klipgooi is beter sê hille. toe maak oom kadawer ismal 'n plan
en hy stel 'n oom aan wat die noorde se ienniewersityd binne ses maande moet
regrik. ma' oppie dag wat hille oopmaak begin gooi die kinners weer klip en
hille wil oom kadawer se man wegjaag. toe slyt hy die noorde sommer weer op
dieselle dag antie. dis die lat oom hansie sê as dit so aanhou gaan oom
kadawer van daai ienniewersityd nog hierie jaar 'n lykshys en begraafplaas
maak. dan gannie kinners seker wits toe.

koebaai antie (moenie so baie vrae vra nie want dit maak my net grys)

hennerietjie
Re: antie gloudiena se vrae [boodskap #39371 is 'n antwoord op boodskap #39353] So, 18 Februarie 2001 01:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> toe beslyt
> die een profjesoor van wits hy moet wits weer oppie mêp sit toe gaan vertel
> hy in jammerika hoe lat hy kanker gesond maak. mientaaim vang die
> jammerikaners hom toe yt lat hy gelieg het oor sy risseltate. toe het hy
> mooi vir wits op kiemberlie se gat loop neersit oppie mêp.
>

Hennerietjie, ek weet jy wil nie hê ek moet so baie
vrae vra nie, maar kan jy bietjie meer vertel van
hierdie saak. Wat was die professor se naam en watter
soort kanker kon hy kamma gesond maak?

Tannie Gloudina
Re: antie gloudiena se vrae [boodskap #39372 is 'n antwoord op boodskap #39353] So, 18 Februarie 2001 02:05 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> my pa sê dis ongrondwettig lat antie stella so diskrimineer teen die ooms
> wat grys is.

Ag, Hennerietjie, dit lyk my die hele SA se monde staan
deesdae tuit soos hulle die woord "grondwettig" probeer
uitspreek. Dit gebeur mos wanneer mens vir die eerste
keer 'n bill of rights in jou grondwet het wat almal beskerm.
Hier in Kanada, waar ons maar net 'n bill of rights het
sedert 1981, het snaakse dinge wettig geword. Byvoorbeeld,
dis nie onwettig vir 'n vroumens in Ontario om met 'n kaal
bolyf rond te loop nie. ( Die vroumense beroep hulle op die
feit dat mans met kaal bolywe mag rondloop.)

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: afrikaans skop gat in stellies
Volgende onderwerp: Re: http://fight.at/afrikaans/
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:48:33 MGT 2024