Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie gloudiena
briefie vir antie gloudiena [boodskap #39310] Vr, 16 Februarie 2001 19:39 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
liewe antie

dankie lat antie vir my probeer virdydelik het wat rinnesaans beteken. ma'
dit smaak my antie en oom makgabba syp net so baie soos my pa want jille
weet ok nie. die enigste mense wat weet is oom taboe en oom hansie vannie
pênnelbieters. oom hansie sê rinnesaans is amper soos die rymtestasie wat
die jammerikaners en die risse nou bou. paai ien de skaai sê hy.

vat nou vir oom terrakotta wat minister van oorlog hie by ons is. oom
terrakotta sê die storie van die gewapende skandaal is glad nie goed vir
handel met die byteland nie. hy sê as hille so aanhou met onder soek na
wapens gaan die belegdes hille belegdinge vat en loop. hy sê dis beter lat
hille net bo langs soek. my pa sê oom terrakotta het nou 'n helder oomblik
beleef wat vatvat aan oom taboe se rinnesaans.

het antie op see en en gesien hoe lat die lorries inkom en die mense se hyse
plat slaan by aleksandria. glo lat hille nie innie jikskei rivier moet val
nie want daars nie geld vir jiek om te keer teen kollera nie. antie tjankie
van behysing sê syt dit nie gesien nie. ma' my pa sê sy sallie want die
esybiesie wys dit nie. die mense van aleksandria sê hulle dog dis oom peewee
wat 'n kam bek maak ma' toe hille hoor dis antie tjankie se mense toes hille
eers kwaat antie. toe hensop hulle die raadslede en virbrand hille karre en
gooi erger klip as wat dawid vir gooljat bygekom het.

nou vra die mense van aleksandria hoekom antie tjankie se mense nie voor
desember se virkiesing kom hyse platslaan het lat hille vir oom taboe kon
virtel het wat rinnesaans is nie.

koebaai antie (antie hoef nie meer te warrie lat ons te veel virlang na die
ou syd afrika nie)

hennerietjie
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39312 is 'n antwoord op boodskap #39310] Vr, 16 Februarie 2001 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> oom makgabba

Hennerietjie, vertel tog vir my die geskiedenis vanMakgoba by Wits. Ek weet daar
was 'n insident daar
waarin hy betrokke was, maar ek is te lui om uit te
vind wat aangegaan het.

Tannie Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39313 is 'n antwoord op boodskap #39310] Vr, 16 Februarie 2001 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> die storie van die gewapende skandaal
>

Luister, Hennerietjie, ek lees nou die dag die
volgende. In 1998 vra Stella Sigcau vir 'n
klomp senior managers by Denel (die SA
wapen-maatskappy) dat alle mense met
grys hare moet opstaan. Toe staan daar
120 mans op, en hulle is almal wit. Geen
vrou nie. Geen nie-blanke nie. So wat
moet ek nou din?. Die wapen-skandaal
word deur mense uitgemaak as die skuld
van die ANC, maar agter die hele ding
voel ek is 'n klomp ou wit omies.
Soos jy seker kan onthou, is Stella Sigcau
een van my vroeëre studente. Soos jy sien,
het sy dit ook in vir die ou wit omies.

Tannie Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #39315 is 'n antwoord op boodskap #39310] Vr, 16 Februarie 2001 20:10 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> antie tjankie

Hennerietjie, wie is Antie tjankie. Hoe spel jou pahaar naam?

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Only 782 ?? There must be more .
Volgende onderwerp: afrikaans skop gat in stellies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:54:06 MGT 2024