Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
"Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #39300] Vr, 16 Februarie 2001 15:44
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TYD EN DIE KLEIN KAROO

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.

Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.

Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.
Vorige onderwerp: "Laatmiddag in die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Dien avond en die rooze" deur GUIDO GEZELLE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 00:20:07 MGT 2024