Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mea culpa...
Mea culpa... [boodskap #39177] Ma, 12 Februarie 2001 11:16 na volgende boodskap
me & bobby magee  is tans af-lyn  me & bobby magee
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek besluit toe om na twee jaar net vinnig te kom inloer - waar daar lewe is,
was daar nog altyd hoop. Maar helaas, dis nog alles onveranderd. Net 'n
paar name het verander... Die persoonlike aanvalle gaan nog steeds voort,
en spruit nog steeds uit dieselfde bron: die menslike onvermoe om andere se
opinies te verduur, vergeet maar heeltemal van aanvaar. Terug na dieselfde
ou woord: onverdraagsaamheid. Sal ons as gebore Suid-Afrikaners ooit leer
om saam te werk, om te probeer vergewe en vergeet? Seker te veel gevra -
ons geniet 'n goeie moddergooi geveg net te veel.

'n Opmerking die ander dag bly my nog steeds by: "Die kinders hier lyk nie
of hulle enige probleme het met ander rasse nie." My antwoord, na 'n
kontrak in een van die mees problematiese hoerskole hier: "Nee wat, hulle
sien velkeur nie eers raak nie - dit is heeltemal onbelangrik. Hulle maak
vriende of vyande na aanleiding van mens se persoonlikheid; wie jy is, is
belangriker as hoe jy lyk." Wonderlike houding.

Die kookaburras lag nog steeds in ons agterplaas, die galahs vermaak ons nog
steeds, en die swerm wilde kokketiele is nog steeds die enigste wekker wat
ons nodig het. Die son skyn nog steeds wonderlik warm; die lewe is nog
steeds een lang, wonderlike ondervinding, hier in my Paradys.
Re: Mea culpa... [boodskap #39192 is 'n antwoord op boodskap #39177] Ma, 12 Februarie 2001 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Feb 2001 22:16:20 +1100, "me & bobby magee"
wrote:

>
> 'n Opmerking die ander dag bly my nog steeds by: "Die kinders hier lyk nie
> of hulle enige probleme het met ander rasse nie." My antwoord, na 'n
> kontrak in een van die mees problematiese hoerskole hier: "Nee wat, hulle
> sien velkeur nie eers raak nie - dit is heeltemal onbelangrik. Hulle maak
> vriende of vyande na aanleiding van mens se persoonlikheid; wie jy is, is
> belangriker as hoe jy lyk." Wonderlike houding.
>

Hallo Bobby, jy't 'n heel lekker manier van skryf. Lekkr om jou brief
te lees. Kom kuier gerus meer.
Is 'n hoerskool nie maar gewoonlik problematies nie?

DD
Re: Mea culpa... [boodskap #39193 is 'n antwoord op boodskap #39177] Ma, 12 Februarie 2001 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Voetleuce:
Ek lag my soms vrek vir al die stuitighede. Net solank dit
nie ekke is wat die viktiem is nie.

@home:
Nouja, jy vra daarvoor. Van nou af is jy my persoonlike viktiem (sic)

Leuce:
Gooi weer 'n slag 'n villanelle daar, meisiekind! Ai, dis tog so die
mooiste vorm van digkuns daai.
Re: Mea culpa... [boodskap #39198 is 'n antwoord op boodskap #39192] Ma, 12 Februarie 2001 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:mlsf8t8kkqlqnqqkbcdmf9m11k8jdb6j44@4ax.com...
> On Mon, 12 Feb 2001 22:16:20 +1100, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>
>>
>> 'n Opmerking die ander dag bly my nog steeds by: "Die kinders hier lyk nie
>> of hulle enige probleme het met ander rasse nie." My antwoord, na 'n
>> kontrak in een van die mees problematiese hoerskole hier: "Nee wat, hulle
>> sien velkeur nie eers raak nie - dit is heeltemal onbelangrik. Hulle maak
>> vriende of vyande na aanleiding van mens se persoonlikheid; wie jy is, is
>> belangriker as hoe jy lyk." Wonderlike houding.
>>

Die vorige brief het ek uit ny kantoor geskryf. Toe was ek nog die
diplomatiese
Davie Davis. Terwyl ek huis toe ry het ek lekker moerig geword oor jou
vermetekheid om óns aan te val en in die selfde asem te verwys na jou
kontrak met
'n hoerskool.
By ons word baie tyd gespandeer aan entrepeneuring maar hoerskole is 'n vlak
waarheen ons nog nie gedaal het nie.

(probeer 'n alt 137)

DD
Re: Mea culpa... [boodskap #39202 is 'n antwoord op boodskap #39177] Ma, 12 Februarie 2001 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja, solank julle net julle viktiemiteit privaat hou, en nie al julle wasgoed
hier op die ng kom uithang nie

Dries
skryf in boodskap news:3A87D731.584408F0@home.com...
> Voetleuce wrote:
>
>> Ek lag my soms vrek vir al die stuitighede. Net solank dit
>> nie ekke is wat die viktiem is nie.
>>
>
> Nouja, jy vra daarvoor. Van nou af is jy my
> persoonlike viktiem (sic.)
>
> Oom Kallie wat sy vrou met 'n handsambok slaan
>

Is jy 'n 'cross dresser' Gloudina?
Re: Mea culpa... [boodskap #39212 is 'n antwoord op boodskap #39177] Di, 13 Februarie 2001 00:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
me & bobby magee skryf in boodskap news:KZZh6.23475$65.117453@newsfeeds.bigpond.com...

Maak seker jou numlock is aan en dan sal jy miskien die alt
sleutels kan gebruik.

poppie

>

> (terloops, ek het al alt 137 and baie ander probeer - dit werk nie op my PC
> nie - selfs die taalvoorkeur na Afrikaans verander, maar dit veroorsaak
> ander probleme... is dit regtig so belangrik?)
>
> maar hoerskole is 'n vlak
>> waarheen ons nog nie gedaal het nie.
>>
>> (probeer 'n alt 137)
>>
>> DD
>>
>
Re: Mea culpa... [boodskap #39218 is 'n antwoord op boodskap #39177] Di, 13 Februarie 2001 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Feb 2001 21:15:58 +1100, "me & bobby magee" wrote:

> Haai daar Davie
>
> ... is dit regtig so belangrik?)
>

uh uh Bobby, dis nie regtig so belangrik nie. Wat wél belangrik is, om
somtyds 'n grappie te deel en saam te lag.

DD
Re: Mea culpa... [boodskap #39224 is 'n antwoord op boodskap #39198] Di, 13 Februarie 2001 10:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Haai daar Davie

Was nie bedoel as 'n aanval nie - slegs 'n waarneming - probeer kalm bly as
jy huis toe ry, daar is genoeg idiote op die pad.

Ek dink in elk geval, te oordeel aan die dalende morele standaarde die hele
wereld oor, baie skole is maar hoerskole vandag - ek self het al 'n paar
uitgevang! Eers het ek skaam geword, maar nou ja, mens raak aan alles
gewoond. Net die dag toe ons 'n seun vang besig om homself in te spuit (met
een of ander verdowingsmiddel) was ek bietjie geskok.

(terloops, ek het al alt 137 and baie ander probeer - dit werk nie op my PC
nie - selfs die taalvoorkeur na Afrikaans verander, maar dit veroorsaak
ander probleme... is dit regtig so belangrik?)

maar hoerskole is 'n vlak
> waarheen ons nog nie gedaal het nie.
>
> (probeer 'n alt 137)
>
> DD
>
Re: Mea culpa... [boodskap #39238 is 'n antwoord op boodskap #39212] Di, 13 Februarie 2001 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
poppie sê
: Maak seker jou numlock is aan en dan sal jy miskien die alt
: sleutels kan gebruik.
~~~~~~~~~~~~~~~~~
altyd gewonner waarvoor daar 'n 'scroll lock' sleutel is .......
weet iemand meskien?
kan nie onthou of ek hom al ooit gebruik het nie

------------------------------------------------------------ -------
--
Re: Mea culpa... [boodskap #39246 is 'n antwoord op boodskap #39218] Wo, 14 Februarie 2001 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Feb 2001 10:44:56 +0200, Davie Davis
wrote:

> On Tue, 13 Feb 2001 21:15:58 +1100, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>> Haai daar Davie

>> ... is dit regtig so belangrik?)

>
>
> uh uh Bobby, dis nie regtig so belangrik nie. Wat wél belangrik is, om
> somtyds 'n grappie te deel en saam te lag.
>
> DD

Tog ìs dit belangrik omdat hoër sonder die deelteken beteken laer

(kopiereg op dié een! DD_2001-2010)

DD
Re: Mea culpa... [boodskap #39268 is 'n antwoord op boodskap #39177] Do, 15 Februarie 2001 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Feb 2001 00:13:54 +1100, "me & bobby magee" wrote:

>
> Ou Duifie, jy raak nou heel stuitig! Hier is een vir jou om aan te dink:
>
> "How do you make a peanut laugh?" - 'n vraag aan my gestel in die middel van
> 'n ernstig klas, deur Big Joe. Laat ons sien of jy dit kan ontrafel...
>

Ek't nou gehoop iemand anders antwoord dit voor my dan't ek gemaak of
ek dit ook geweet het. Intussen maak ek myself 'n peanut deur vir die
klerke te vra hoe jy 'n peanut aan die lag kry. Toe's hulle die
peanuts want hulle lag toe vir my.

So ek gee op. Wat het Big Joe gesê?

DD
Re: Mea culpa... [boodskap #39277 is 'n antwoord op boodskap #39246] Do, 15 Februarie 2001 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ou Duifie, jy raak nou heel stuitig! Hier is een vir jou om aan te dink:

"How do you make a peanut laugh?" - 'n vraag aan my gestel in die middel van
'n ernstig klas, deur Big Joe. Laat ons sien of jy dit kan ontrafel...

> Tog ís dit belangrik omdat hoër sonder die deelteken beteken laer
>
> (kopiereg op dié een! DD_2001-2010)
>
> DD
>
Re: Mea culpa... [boodskap #39290 is 'n antwoord op boodskap #39268] Vr, 16 Februarie 2001 08:39 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"You tickle his nuts, Silly!"

Einde van die klas. Onbeheerbaar hierna - net soos ek self.

'Skuus tog as ek iemand aanstoot gee... hier is 'n hele paar "nuts" (of is
dit nou "nutters") wat die nuusgroep besoek - dog toe hulle sou die antwoord
ken.

> Intussen maak ek myself 'n peanut deur vir die
> klerke te vra hoe jy 'n peanut aan die lag kry. Toe's hulle die
> peanuts want hulle lag toe vir my.
>
> So ek gee op. Wat het Big Joe gesê?
>
> DD
Vorige onderwerp: 'n paar briewe om oor te glimlag - Waar's jy Emmy?
Volgende onderwerp: Re: Tussen die duiwel en die diep blou see...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 23:28:01 MGT 2024