Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Happy Valentine's Day! :-)
Re: Happy Valentine's Day! :-) [boodskap #39262] Wo, 14 Februarie 2001 23:37
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Op hierdie Valentine's day herdenk ek weer die lewe van
Ant Sarie Valentine, die regterhand van die distriksgeneesheer
in die omtrek waar ek grootgeword het. Ek neem aan sy het
my eiehandig die wêreld help inbring (want sy het net die
distriksgeneesheer laat kom as daar komplikasies was.) Haar
man was 'n Engelsman genaamd Valentine. Sy het 'n seun
gehad genoem Orange Valentine, een van die legendariese
swemmers wat die Oranje Rivier kon oorswem wanneer dit
in vloed is. (Hy het ver bokant sy destinasie in die rivier
ingespring en die rivier hom laat meesleur totdat hy aan
die oorkantste oewer kon kom deur sterk teen die stroom
te swem. Hy het ook in die tonnels van die besproeiings-
skema se kanale ingegaan wanneer dit tyd was om hulle
skoon te maak.) Almal het geweet dat Ant Sarie van haar
kant Khoi bloed gehad het. Sy het ook die mooiste tuin in
die omtrek gehad. Ek onthou inspeksies van haar tuin as
'n spirituele ervaring, selfs as 'n klein kind. Sy het die enigste
katjiepiering-boom in die omtrek gehad. Op 'n sekere manier
het hierdie feit in my kindergemoed saamgehang met die feit
dat sy kinders die wêreld help inbring het.

Gloudina
Vorige onderwerp: Koos du Plessis
Volgende onderwerp: Mel en sy dinge... Sy dinges...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 18:46:28 MGT 2024