Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Mea culpa...
Re: Mea culpa... [boodskap #39162] Ma, 12 Februarie 2001 01:29 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

me & bobby magee wrote:

> die menslike onvermoe om andere se
> opinies te verduur, vergeet maar heeltemal van aanvaar. Terug na dieselfde
> ou woord: onverdraagsaamheid. Sal ons as gebore Suid-Afrikaners ooit leer
> om saam te werk, om te probeer vergewe en vergeet?

> Die kookaburras lag nog steeds in ons agterplaas, die galahs vermaak ons nog
> steeds, en die swerm wilde kokketiele is nog steeds die enigste wekker wat
> ons nodig het. Die son skyn nog steeds wonderlik warm; die lewe is nog
> steeds een lang, wonderlike ondervinding, hier in my Paradys.

En na twee jaar afwesigheid sit jy nog opgepof soos 'n kokketieldaar in Perth
en ratel oor "my paradys," oor die "lewe wat een lang,
wonderlike ondervinding is." (Ek is altyd bietjie suspisieus as iemand
genoop voel om vir die wêreld te vertel dat alles so maneskyn en rose is.
Dit is gewoonlik 'n teken dat daar dinge in die ondergrond rondvroetel.)
Perth is nog maar bietjie te warm vir jou in die somer, né? En Perth
bly nog maar die back of beyond, né?

Die witborskraai van Mosselbaai.
Re: Mea culpa... [boodskap #39163 is 'n antwoord op boodskap #39162] Ma, 12 Februarie 2001 04:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vir jare (miskien dekades) vergelyk ek Suid-Afrikaners met mense in ander
dele van die wêreld, en sonder om to 'n slotsom te kom, moet ek jou sê ons
is verdomp normaal. Om die waarheid te sê, doen ons nogal goed. Goddank ek
bly nie in 'n paradys nie. Ek geloof 'n mens hou op groei in daardie dele
van die wêreld waar jy in die skaduwee van 'n groot boom grootword en groei.
Neem as voorbeeld die ouens wat in Kanada gaan vestig het - hulle vind
steeds hulle stimulasie op hierdie NG.
Dat daar 'n sterk mate van onverdraagsaamheid plaaslik is moet ek gelyk gee.
Maar man, waarom wil jy verdraagsaam wees - die groot rus kom mos in die
hiernamaals. Ons is hier om te woel en te woeker.
Oor die kinders wat nie velkleur raaksien nie is ek kinderlik verheug. Ek
glo ons is besig om in hierdie verband plaaslik te vorder. Die nuwe geslag
se ingesteldheid in die verband verander bepaald, maar ongelukkig word daar
nou weer nuwe vure gestook met dinge soos regstellende aksies ens. Die bose
kringloop hou op 'n manier aan.
Nee wat. Dankie maar nee-dankie - my paradys sal hierna kom. (Hopelik.)

"me & bobby magee" skryf in boodskap news:nMFh6.22849$65.114302@newsfeeds.bigpond.com...
> Ek besluit toe om na twee jaar net vinnig te kom inloer - waar daar lewe is,
> was daar nog altyd hoop. Maar helaas, dis nog alles onveranderd. Net 'n
> paar name het verander... Die persoonlike aanvalle gaan nog steeds voort,
> en spruit nog steeds uit dieselfde bron: die menslike onvermoe om andere se
> opinies te verduur, vergeet maar heeltemal van aanvaar. Terug na dieselfde
> ou woord: onverdraagsaamheid. Sal ons as gebore Suid-Afrikaners ooit leer
> om saam te werk, om te probeer vergewe en vergeet? Seker te veel gevra -
> ons geniet 'n goeie moddergooi geveg net te veel.
>
> 'n Opmerking die ander dag bly my nog steeds by: "Die kinders hier lyk nie
> of hulle enige probleme het met ander rasse nie." My antwoord, na 'n
> kontrak in een van die mees problematiese hoerskole hier: "Nee wat, hulle
> sien velkeur nie eers raak nie - dit is heeltemal onbelangrik. Hulle maak
> vriende of vyande na aanleiding van mens se persoonlikheid; wie jy is, is
> belangriker as hoe jy lyk." Wonderlike houding.
>
> Die kookaburras lag nog steeds in ons agterplaas, die galahs vermaak ons nog
> steeds, en die swerm wilde kokketiele is nog steeds die enigste wekker wat
> ons nodig het. Die son skyn nog steeds wonderlik warm; die lewe is nog
> steeds een lang, wonderlike ondervinding, hier in my Paradys.
>
Re: Mea culpa... [boodskap #39169 is 'n antwoord op boodskap #39162] Ma, 12 Februarie 2001 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
> hier in my Paradys.
>
Onthou net in die paradys kry mens gewoonlik di grootste slange.

DA
Re: Mea culpa... [boodskap #39172 is 'n antwoord op boodskap #39169] Ma, 12 Februarie 2001 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NewsIS  is tans af-lyn  NewsIS
Boodskappe: 10
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Skerp

"DARKANGEL" skryf in boodskap news:967vo8$2k7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> hier in my Paradys.
>>
> Onthou net in die paradys kry mens gewoonlik di grootste slange.
>
> DA
>
Re: Mea culpa... [boodskap #39173 is 'n antwoord op boodskap #39162] Ma, 12 Februarie 2001 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
me & bobby magee:
Ek besluit toe om na twee jaar net vinnig te kom inloer - waar daar lewe is,
was daar nog altyd hoop. Maar helaas, dis nog alles onveranderd. ... Die
persoonlike aanvalle gaan nog steeds voort...

Leuce:
Jong, dis juis oor die persoonlike aanvalle wat dit soms lekker is om hier
te lees. Maar na 'n week of drie dan ontwikkel 'n mens 'n soort breinfilter
wat jou help om sommer in 'n kits enige persoonlike aanvalsoorte pos
raaksien en dan kan jy dit ignoreer as jy daardie spesifieke dag te besig is
vir grappies. Ek lag my soms vrek vir al die stuitighede. Net solank dit
nie ekke is wat die viktiem is nie.

:)
Re: Mea culpa... [boodskap #39183 is 'n antwoord op boodskap #39173] Ma, 12 Februarie 2001 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> Ek lag my soms vrek vir al die stuitighede. Net solank dit
> nie ekke is wat die viktiem is nie.
>

Nouja, jy vra daarvoor. Van nou af is jy my
persoonlike viktiem (sic.)

Oom Kallie wat sy vrou met 'n handsambok slaan
Re: Mea culpa... [boodskap #39225 is 'n antwoord op boodskap #39169] Di, 13 Februarie 2001 10:19 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nog nie 'n slang hier gesien nie - net 'n goanna, seker so 'n meter en 'n
half lank, wat homself/haarself hier rondsleep en altyd op die uitkyk is vir
'n prooi. Lelike ding, daai, veral as hy /sy op die dak begin klim! My
vrek geskrik die eerste keer.

> Onthou net in die paradys kry mens gewoonlik di grootste slange.
>
> DA
>
Vorige onderwerp: Vye Jam
Volgende onderwerp: siek mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 02:42:01 MGT 2024