Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vye Jam
Vye Jam [boodskap #39145] So, 11 Februarie 2001 18:53 na volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
... want dit is nie konfyt nie. Perskes en appelkose kan konfyt wees maar
vyejam is vyejam.

Hier êrens sien ek iemand spekuleer of hy moet terugkom SA toe. Ek dink die
kritieke faktor is of daar waar hy is vyejam is. En ek sien die mense oorsee
soek dikwels na Mrs. Ball se Blatjang wat natuurlik 'n gunsteling is. Maar
Gloudina, het julle vyejam daar?

DD
Re: Vye Jam [boodskap #39152 is 'n antwoord op boodskap #39145] So, 11 Februarie 2001 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> .Gloudina, het julle vyejam daar?
>
>

Ja, ons koop gereeld vyekonfyt van winkelswat Midde-Oosterse ware het. Ons kry
daar
ook allerhande soorte tameletjies. En by ons
naaste goeie vrugtewinkel kry ons ook nou
gereeld vars vye, maar hulle is gewoonlik
taamlik duur en ek is maar versigtig vir iets
wat uit die buiteland kom en wat nie 'n harde
skil het nie. Daar is ook turksvye, maar hulle
is van die pers (cochinile) soort waarvan ek
nie baie hou nie. Die Indiese winkel waarby
ons ons samosas en pakoras koop, vlieg ook
gereeld koejawels van Indië in.
Ek stem saam met jou - vyekonfyt is 'n
moet vir meeste Suid-Afrikaners. Veral iemand
wat in die Noord-Kaap grootgeword het met
'n oorvloed van alle soorte vye.

Gloudina
Re: Vye Jam [boodskap #39154 is 'n antwoord op boodskap #39145] So, 11 Februarie 2001 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het heel toevallig gisteroggend n flessie vyekonfyt wat ek in Desember by
n padstalletjie naby
Caledon gekoop het vir R12.99 oopgemaak . . . en o, die lekkerte.
So n gemmersmaak. Die Suid-Afrikaanse konfyte is m.i. die beste in die
wêreld. Ons gaan ten minste een maal per jaar Suid-Afrika toe om vir
familie
te gaan kuier ens., en lê altyd in met lekkernye wat ek nie hier kry nie.

pop

Davie Davis skryf in boodskap news:966n33$b12$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> ... want dit is nie konfyt nie. Perskes en appelkose kan konfyt wees maar
> vyejam is vyejam.
>
> Hier êrens sien ek iemand spekuleer of hy moet terugkom SA toe. Ek dink die
> kritieke faktor is of daar waar hy is vyejam is. En ek sien die mense oorsee
> soek dikwels na Mrs. Ball se Blatjang wat natuurlik 'n gunsteling is. Maar
> Gloudina, het julle vyejam daar?
>
> DD
>
Re: Vye Jam [boodskap #39164 is 'n antwoord op boodskap #39145] Ma, 12 Februarie 2001 04:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek is bevrees dat dat vyejam selfs plaaslik 'n probleem is om in die hande
te kry. Wie het 'n goeie resep vir vyejam en ook vir groentamatiekonfyt -
asseblief. (Of, is dit groentamatiejam)

"Davie Davis" skryf in boodskap news:966n33$b12$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> ... want dit is nie konfyt nie. Perskes en appelkose kan konfyt wees maar
> vyejam is vyejam.
>
> Hier êrens sien ek iemand spekuleer of hy moet terugkom SA toe. Ek dink die
> kritieke faktor is of daar waar hy is vyejam is. En ek sien die mense oorsee
> soek dikwels na Mrs. Ball se Blatjang wat natuurlik 'n gunsteling is. Maar
> Gloudina, het julle vyejam daar?
>
> DD
>
Re: Vye Jam [boodskap #39186 is 'n antwoord op boodskap #39145] Ma, 12 Februarie 2001 12:47 Na vorige boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:966n33$b12$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> ... want dit is nie konfyt nie. Perskes en appelkose kan konfyt wees maar
> vyejam is vyejam.
>
> Hier êrens sien ek iemand spekuleer of hy moet terugkom SA toe. Ek dink die
> kritieke faktor is of daar waar hy is vyejam is. En ek sien die mense oorsee
> soek dikwels na Mrs. Ball se Blatjang wat natuurlik 'n gunsteling is. Maar
> Gloudina, het julle vyejam daar?
>
> DD
>

Ek wonder net mis hulle nie ook die ganna-bossie vleis van die karoo nie.
Die vleis hier in die karoo smaak darem maar baie lekkerder as daai
ingevoerdes van Australië.

DA
Vorige onderwerp: Doodstraf wel of niet.....
Volgende onderwerp: Re: Mea culpa...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 06:35:31 MGT 2024