Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Oogwit - Roelof Temmingh
Oogwit - Roelof Temmingh [boodskap #38982] Wo, 07 Februarie 2001 09:19 na volgende boodskap
Gustav Franzsen  is tans af-lyn  Gustav Franzsen
Boodskappe: 12
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Oogwit

Orals in jou kamers hang vensters na jou siel
die rame ruk en knak in die wind wat daar buite waai.
Die lig brand skerp - daar is nie 'n stukkie skadu
waar jy kan wegkruip nie.

Jou gordyne is gesteel en jou skakelaars is gebreek.
Jou voordeur staan oop en almal loop oor jou matte-
hul trap modder op jou porselein katte.

En jy vind dit vreemd dat mense vir jou kom kuier,
maar hulle staar heeldag deur die vensters en hier
en daar skud iemand jou kop.

Hulle roep na jou maar jy is doof - hulle breek
en roof - hulle breek jou stoof, hulle steel jou
dak. Wie sal jou warm hou? Wie sal jou troos?

Wie sal omsien na jou ongebore kroos?
Wanneer jy te laat besef hulle is almal weg, is jy
verstof oor meel in die sand. Jy wroeg en trek
krom, en grom vir die brommers wat stap oor al die
kak in jou kamers.

Roelof Temmingh (RWT)

van http://www.afrimusik.com/somewhere/
Re: Oogwit - Roelof Temmingh [boodskap #39025 is 'n antwoord op boodskap #38982] Do, 08 Februarie 2001 11:25 Na vorige boodskap
John Smith  is tans af-lyn  John Smith
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Junior Lid
GustavF:
Orals in jou kamers hang vensters na jou siel
die rame ruk en knak in die wind wat daar buite waai.
Die lig brand skerp - daar is nie 'n stukkie skadu
waar jy kan wegkruip nie.
Roelof Temmingh (RWT)

Leuce:
Kyk by die knoop onder "briefbomme" vir 'n hele lot van Roelof se gedigte en
grafiese werk.
Vorige onderwerp: "Muezzen" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:44:56 MGT 2024