Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Langenhoven se eerste werk
Langenhoven se eerste werk [boodskap #38996] Wo, 07 Februarie 2001 21:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit J.C. Kannemeyer se "Langenhoven, 'n Lewe"

Langenhoven het van 8 Julie 1895 tot Maart 1896 skoolgehou
op die plaas Langlaagte in die distrik Heidelberg (Transvaal), 'n
Hollandstalige skool wat in 1889 geopen is en in Langenhoven
se tyd in 'n sinkgebou gehuisves was....
...die termyn op Langlaagte, soos 'n mens uit die fragment in sy
vroeë outobiografie kan aflei, was 'n klaaglike mislukking... In sy
onmiddellike nabyheid was 'n mededingende Engelse skool, en
almal, Afrikaners inbegrepe, wou hulle kinders daar laat Engels
leer. Om sy Hollandstalige skool dus nie te laat leegloop nie, het
hy meer tyd aan Engels bestee. As gevolg daarvan is hy deur die
Departement van Onderwys vermaan dat hy 'n "wegbreker" was
en dat hy hom beter moes gedra....Die Transvaalse Onderwys-
departement was destyds vol Hollanders wat Paul Kruger in
gesagsposisies aangestel het en wat 'n stelsel op alle onderwysers
wou afdwing. " Ek het maar altyd nooit, en vandag nog nie," sê
Langenhoven, "van gesag gehou nie en minste van uitlander-gesag;
en hier had jy nou 'n verwaande, siellose klomp avonturiers,
kosmopolitane in hulle eie land en natuurlik sonder die minste liefde
vir ons s'n, wat op die Afrikaner met minagting neergesien het en
die betrekkings in die Transvaal vir hulle wou bestendig as 'n afset-
gebied vir die oorskot van die skole in Holland. Om onder hulle
heerskappy te buig was nou eenmaal onmoontlik en net so skielik
as ek besluit het om daarheen te gaan het ek besluit om weer te trap."
Re: Langenhoven se eerste werk [boodskap #39034 is 'n antwoord op boodskap #38996] Do, 08 Februarie 2001 15:19 Na vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Feb 2001 21:00:58 GMT, @home.com wrote:

> Langenhoven het van 8 Julie 1895 tot Maart 1896 skoolgehou
> op die plaas Langlaagte in die distrik Heidelberg (Transvaal), 'n

Kollegas gewees Gloudina?

Liefde

DD
Vorige onderwerp: Web cam in Jhb
Volgende onderwerp: A true story ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 13:26:57 MGT 2024