Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Toemaar die Donker Man - 'n Gedig van Ingrid Jonker
Re: Toemaar die Donker Man - n Gedig van Ingrid Jonker [boodskap #38938 is 'n antwoord op boodskap #38826] Ma, 05 Februarie 2001 07:20 Na vorige boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
les...@my-deja.com wrote:
>
> In article ,
> NA wrote:
>> Ten spyte van al die verbale diaree wat jy hieronder kwyraak kan jy dit
>> nie bewys dat Verwoerd die primere oorsaak van Ingrid Jonker se
>> selfmoord is nie. Duidelik soos ek onder gesê het speel die verbandskap
>> met haar pa, haar liefdesteleurstelling(s) en maniese depressie die
>> primere rol.
>>
>> Ek sê steeds dat jy en andere Jonker se selfmoord uitbuit vir jou eie
>> selfsugtige redes.
>
> Ek dink Ferdi het dit reeds baie duidelik verduidelik. Ek sien egter
> dat jy die argumentsdoelpale nou verskuif het na "primere oorsaak".

Ek het voorheen (sarkasties) gesê - 'Ingrid Jonker se gebrekkige
verhouding met haar pa, haar liefdesteleurstelling(s), maniese depressie
en daaropvolgende selfmoord
is als verwoerd se skuld'. Jammer hoor - ek moes besef het dat jy nie
gewone afrikaans verstaan nie. 'n 'Onbekende Feit' soos dat sy 'op die
speelgronde by die skool geboelie was in standerd 3' kon ook bygedra
het. Maar ons weet dit nie ne? Net soos ons ook nie verseker weet dat
Verwoerd te blameer is nie. Net so sou ek nou die selfmoord van twee
kinders in Londen op die ANC kon blameer omdat hulle ouers dalk a.g.v
die misdaad, of gebrek aan werk vooruitsigte ge-emmigreer het? Verstaan
jy nou?

> Ek
> hou hiervan - dit dui daarop dat jy darem nou gelyk gee dat dit nie sin
> maak om 'n enkele "rede" voor te hou as verklarend in toto nie.
>
> O ja, wat sou my "Selfsugtige redes" wees, Lou?
>

Kom, kom Leswin. Alles wat verkeerd is, is mos die vorige regime en
apartheid se skuld (sien jou IJ redenasie). Die probleem is egter - die
ou verskoning raak nou laaaank in die tand en nog 'n generasie gaan
verlore terwyl hulle dit gevoer word en daaraan vasklou. En ek weet en
(verskoon my as ek verkeerd is) veral jy behoort te weet dat dit nie
help om verskonings te soek vir hoekom jy (gaan) faal nie, jy moet self
baklei - die res van die wereld is self te besig om kop bo water te
probeer hou om hulle aan jou probleme te steur.

En voor jy dit sê - somtyds veg jy teen 'n oormag ... soos tydens
apartheid ... toe werks geleenthede, beurse en universiteits opleiding
gereserveerd was vir 'n paar, ek kan dink hoe frustrerend dit moes
gewees het.
Vorige onderwerp: "Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Re: "Gedigte...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:13:52 MGT 2024