Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Doktor Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38456] Sa, 20 Januarie 2001 16:50 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Geagte Dr. Gloudina (cum laude:),

Laat jou indrukwekkende CV my dink aan 'n ou boeregrappie.
Vir die sardoniese plesier van die plebs op die NG vertel
ek hom vir julle.

Eendag loop twee ou skoolvriende mekaar raak en begin gesels
oor hulle prestasies sedert matriek ( in die jaar toet).
Sê die eerste een met die fênsie suit en die hempie vol
frilletjies aan sy vriend met die leerbaadjie en die
spykerjeans: Ou Jan, is ek bly om jou te sien.
Jy het maar gesukkel op skool en hier is jy vanaand
spekvet en vol spiere. Maar voordat ons oor die ou dae gesels,
wil ek jou gou vertel wat ek alles in die lewe bereik het.
Ek het my B.Mus (cum laude) gekry, toe my M.Mus (cum laude)
en toe my D.Phil (cum laude) en toe nog 'n D.Mus (cum laude).
Ek is toe met 'n vrou getroud met 'n M.Mus (cum laude).
Sy het so pas ook haar D.Mus (cum laude) aan my alma mater
verwerf. Ons oudste dogter het so pas haar M.Mus (cum laude)
verwerf. Bring gerus een aand jou gesin oor na ons toe dat ons vir
julle 'n stukkie kan speel.

Sê die ou met die leerbaadjie: Ou Piet, is ek bly om jou te sien.
Ek het my tiende dan in die Fillipynse gevegskuns gekry,
nadat ek my swart belt in sjoekoetchai karate gekry het.
Onlangs het ek my poekoetjai swartbelt en vyfde dan
verwerf. My vrou is 'n meester in die Oosterse
jujitsoe en het self haar sesde dan. My dogter het
'n swartbelt en vierde dan kungfoe. Jy en jou
gesin moet gerus een aand oorkom na ons toe dat ons julle
so effens kan opfok.

Barrie (FMTTNLD)
(Failed matric three times, now lorry driver)

@home.com> skryf in boodskap news:3A68457A.4E210E94@home.com...
Jonas wrote:

> . Lees 'n bietjie wyer as Antjie Somers en kie - jy kan net groei.

Wel, ou Jonas, op die oomblik lees ek die biografie vanLangenhoven deur
Kannemeyer. Dit lees soveel makliker
as die onlangse biografie van NP. Kannemeyer se biografieë
is meer juicy as meeste, nê? Het jy al die Langenhoven-
biografie gelees?

> Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
> geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....

Hou oud is jy, Jonas, dat jy nog die woord "normaalkollege"
gebruik? Wel, ou Jonas, ek weet nou nie hoe geletterd ek is
nie (ek is maar 'n nederige persoon), maar ek sal vir jou vertel
watter akademiese opleiding ek gehad het, dan kan jy besluit
watter gebrek ek het. Ek doen dit deels omdat ek weet Lou
sal tien groen tierkatjies kry as hy dit lees. So here goes:
B.A. Universiteit van Stellenbosch
S.O.D. Universiteit van Stellenbosch
BA Hons. (cum laude) Universiteit van Natal
M.A. (cum laude) Universiteit van Natal
Ph.D. Universiteit van Natal (met as eksterne
eksaminator NP van Wyk Louw. My
promotor was Stoffel Nienaber. Albei
my verhandelings het gegaan oor
Dirk Opperman.

Het jy nog enige besware, ou Jonas?

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38464 is 'n antwoord op boodskap #38456] Sa, 20 Januarie 2001 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie Barnard wrote:

> Vir die sardoniese plesier van die plebs op die NG vertel
> ek hom vir julle.
>

Dankie, ou Barrie, vir die storie. Dit volg presies
dieselfde trant as wat hier op die nuusgroep gebeur
het. Ou Jonas vat my aan vir my onkunde en
oppervlakkigheid en surmise hooghartig dat ek
'n produk moet wees van 'n bos-universiteit.
Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat
hy nou nie die produk van 'n bos-universiteit
is nie. Ek wag toe asemloos om te hoor waar
hy sy superieure talente ontwikkel het, en ha..
ha...ha... hy het net 'n standerd ag sertifikaat.
Dis toe ek wat al die black belts het, ou
Barrie, ek wat hom voor die kop kon skop
met my volstruisskoppe, ou Barrie. Min het hy
kon dink toe hy van die bos-univiersiteit praat,
met watter volstruisskoppe ek voor die dag
kon kom. Dit sal hom leer om ad hominem
aanvalle te maak op mense wat hy van geen
adamskant ken nie.

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38483 is 'n antwoord op boodskap #38456] So, 21 Januarie 2001 05:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mooi so tweede dan. Kom ons praat verder. In die werklike lewe maat jou
doktorsgraad nie soseer saak nie - wat jy daarmee vermag is dit wat praat -
"money buys the whiskey.." Die dae toe mense stomgestaan het as hulle praat
van 'n persoon en al sy grade en die aantal grade met wysheid vergelyk is is
verby. Glo my - ek het dit eens ook geglo. Die dae waar jy iemand kan troef
deur te sê dat jy 'n swartbelt het, en dit die geveg beklink is, goddank,
verby. Dit, tannie, was deel van die onderbou van 'n vorige bestel. Nie meer
nie. Dit is seker maar een van diespronge wat gemaak moet word in terme van
aanpassing....
skryf in boodskap news:3A69EB26.6985E2BF@home.com...
> Barrie Barnard wrote:
>
>> Vir die sardoniese plesier van die plebs op die NG vertel
>> ek hom vir julle.
>>
>
> Dankie, ou Barrie, vir die storie. Dit volg presies
> dieselfde trant as wat hier op die nuusgroep gebeur
> het. Ou Jonas vat my aan vir my onkunde en
> oppervlakkigheid en surmise hooghartig dat ek
> 'n produk moet wees van 'n bos-universiteit.
> Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat
> hy nou nie die produk van 'n bos-universiteit
> is nie. Ek wag toe asemloos om te hoor waar
> hy sy superieure talente ontwikkel het, en ha..
> ha...ha... hy het net 'n standerd ag sertifikaat.
> Dis toe ek wat al die black belts het, ou
> Barrie, ek wat hom voor die kop kon skop
> met my volstruisskoppe, ou Barrie. Min het hy
> kon dink toe hy van die bos-univiersiteit praat,
> met watter volstruisskoppe ek voor die dag
> kon kom. Dit sal hom leer om ad hominem
> aanvalle te maak op mense wat hy van geen
> adamskant ken nie.
>
> Gloudina
>
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38484 is 'n antwoord op boodskap #38456] So, 21 Januarie 2001 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
O ja - feitelike regstelling.
'n Volstruisskop hou glad nie verband met die swartbelt nie. Die
volstruisskop is 'n beweging wat tydens rofstoei uitgevoer word - te veel
WWF of hoe, nê?
skryf in boodskap news:3A69EB26.6985E2BF@home.com...
> Barrie Barnard wrote:
>
>> Vir die sardoniese plesier van die plebs op die NG vertel
>> ek hom vir julle.
>>
>
> Dankie, ou Barrie, vir die storie. Dit volg presies
> dieselfde trant as wat hier op die nuusgroep gebeur
> het. Ou Jonas vat my aan vir my onkunde en
> oppervlakkigheid en surmise hooghartig dat ek
> 'n produk moet wees van 'n bos-universiteit.
> Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat
> hy nou nie die produk van 'n bos-universiteit
> is nie. Ek wag toe asemloos om te hoor waar
> hy sy superieure talente ontwikkel het, en ha..
> ha...ha... hy het net 'n standerd ag sertifikaat.
> Dis toe ek wat al die black belts het, ou
> Barrie, ek wat hom voor die kop kon skop
> met my volstruisskoppe, ou Barrie. Min het hy
> kon dink toe hy van die bos-univiersiteit praat,
> met watter volstruisskoppe ek voor die dag
> kon kom. Dit sal hom leer om ad hominem
> aanvalle te maak op mense wat hy van geen
> adamskant ken nie.
>
> Gloudina
>
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38489 is 'n antwoord op boodskap #38456] So, 21 Januarie 2001 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> In die werklike lewe maat jou
> doktorsgraad nie soseer saak nie - wat jy daarmee vermag is dit wat praat -
>

Jonas, doktorsgrade was nog altyd a dime a dozen. Disdie kwaliteit daarvan wat
tel. En intelligensie was nog
nooit gekoppel aan grade nie. Een van die mees intelligente
mense wat ek nog ooit ontmoet het, was my pa. Hy het net
nou en dan bietjie onderrig ontvang van 'n rondreisende
onderwyser in Namakwaland aan die einde van die neën-
tiende eeu, en het sy eie rekenkundige sisteem moes
ontwerp om sy werkers te betaal vir die hoeveelheid
druiwe-stokke wat hulle geknip en gevleg het.
Die ander vreeslike intelligente persoon was 'n
swart student op Adams College, wat in Junior Sertifikaat
beie Junior en Senior Sertifikaat Wiskunde onder die knie
gekry het, en besig was met Universiteits-wiskunde aan die
einde van sy Standerd 8. Toe haal sy Zulu ma hom uit die
skool uit want sy was 'n weduwee en hy moes vir die familie
sorg. Hy het toe gaan werk, maar privaat gestudeer en ek
dink 'n hele paar grade ontwikkel. Laaste wat ek gehoor het
was hy die hoof van een of ander kollege in Pietermaritzburg.

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38490 is 'n antwoord op boodskap #38456] So, 21 Januarie 2001 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> 'n Volstruisskop hou glad nie verband met die swartbelt nie. Die
> volstruisskop is 'n beweging wat tydens rofstoei uitgevoer word - te veel
> WWF of hoe, nê?

Jonas, alweer bekommer oor my kennis en intelligensie.
As Barrie se storie oor musici en judo kan gaan, kan my
storie seker ook maar oor iets snaaks gaan.
En sies, ek kyk na WWF-stoei nie. As ek moet kyk
na mense wat hulle kragte teen mekaar meet, kyk ek
liewers na boksgevegte.

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38503 is 'n antwoord op boodskap #38483] Ma, 22 Januarie 2001 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Moet ook se dat die algemene grade tyd mors en geld mors is. Mense moet nou
meer fokus
om ekonomies betrokke te raak. Ek kan myself nie indink dat iemand onderwys
wil gaan swot en dink
hy/sy gaan 'n "goeie" lewe ly nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:3a6a7717$0$226@hades.is.co.za...
> Mooi so tweede dan. Kom ons praat verder. In die werklike lewe maat jou
> doktorsgraad nie soseer saak nie - wat jy daarmee vermag is dit wat praat -
> "money buys the whiskey.." Die dae toe mense stomgestaan het as hulle praat
> van 'n persoon en al sy grade en die aantal grade met wysheid vergelyk is is
> verby. Glo my - ek het dit eens ook geglo. Die dae waar jy iemand kan troef
> deur te sê dat jy 'n swartbelt het, en dit die geveg beklink is, goddank,
> verby. Dit, tannie, was deel van die onderbou van 'n vorige bestel. Nie meer
> nie. Dit is seker maar een van diespronge wat gemaak moet word in terme van
> aanpassing....
> skryf in boodskap news:3A69EB26.6985E2BF@home.com...
>> Barrie Barnard wrote:
>>
>>> Vir die sardoniese plesier van die plebs op die NG vertel
>>> ek hom vir julle.
>>>
>>
>> Dankie, ou Barrie, vir die storie. Dit volg presies
>> dieselfde trant as wat hier op die nuusgroep gebeur
>> het. Ou Jonas vat my aan vir my onkunde en
>> oppervlakkigheid en surmise hooghartig dat ek
>> 'n produk moet wees van 'n bos-universiteit.
>> Die enigste afleiding wat mens kan maak is dat
>> hy nou nie die produk van 'n bos-universiteit
>> is nie. Ek wag toe asemloos om te hoor waar
>> hy sy superieure talente ontwikkel het, en ha..
>> ha...ha... hy het net 'n standerd ag sertifikaat.
>> Dis toe ek wat al die black belts het, ou
>> Barrie, ek wat hom voor die kop kon skop
>> met my volstruisskoppe, ou Barrie. Min het hy
>> kon dink toe hy van die bos-univiersiteit praat,
>> met watter volstruisskoppe ek voor die dag
>> kon kom. Dit sal hom leer om ad hominem
>> aanvalle te maak op mense wat hy van geen
>> adamskant ken nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38512 is 'n antwoord op boodskap #38456] Ma, 22 Januarie 2001 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Krokkie wrote:

> Ek kan myself nie indink dat iemand onderwys
> wil gaan swot en dink
> hy/sy gaan 'n "goeie" lewe ly nie.
>

En wil mense nou altyd die "goeie" lewe ly
(bedoelende die grootste hoeveelheid geld
maak.) Ek het dwarsdeur my hele loopbaan
in SA enige oproep geweier om selfs by 'n
universiteit te gaan werk. Daar is niks
wonderliker as om met jong skoolgaande
seuns en dogters die wêreld te ondersoek
nie. 'n Onderwyser wat van sy werk hou,
is 'n salige persoon.

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38513 is 'n antwoord op boodskap #38456] Ma, 22 Januarie 2001 16:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja maar die probllem kom in as jou kinders dit en dat nodig het en daar is
nie geld nie.
Ek dink die saligheid wat 'n onderwyser ervaar weeg baie swak op teen sy eie
kinders se behoeftes.
Die alewige "Nee" doen sy eie kinders nie goed nie.

Nee mens moet weg beweeg van elke 30 dae 'n tjek. Daai dae is verby, behalwe
as jy 'n direkteur van verskeie maatskappye kan word. Maar Jan Alleman moet
sy visie verander

skryf in boodskap news:3A6C2717.CF0B90FA@home.com...

Krokkie wrote:

> Ek kan myself nie indink dat iemand onderwys
> wil gaan swot en dink
> hy/sy gaan 'n "goeie" lewe ly nie.
>

En wil mense nou altyd die "goeie" lewe ly
(bedoelende die grootste hoeveelheid geld
maak.) Ek het dwarsdeur my hele loopbaan
in SA enige oproep geweier om selfs by 'n
universiteit te gaan werk. Daar is niks
wonderliker as om met jong skoolgaande
seuns en dogters die wêreld te ondersoek
nie. 'n Onderwyser wat van sy werk hou,
is 'n salige persoon.

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38514 is 'n antwoord op boodskap #38456] Ma, 22 Januarie 2001 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Krokkie wrote:

> Ja maar die probllem kom in as jou kinders dit en dat nodig het en daar is
> nie geld nie.
> Ek dink die saligheid wat 'n onderwyser ervaar weeg baie swak op teen sy eie
> kinders se behoeftes.
> Die alewige "Nee" doen sy eie kinders nie goed nie.
>
> Nee mens moet weg beweeg van elke 30 dae 'n tjek. Daai dae is verby, behalwe
> as jy 'n direkteur van verskeie maatskappye kan word. Maar Jan Alleman moet
> sy visie verander
>

Jou hele lewensfilosofie is gebaseer op
die aanskaf van aardse behoeftes. Dis
'n baie bederwende filosofie. Dinge
aankoop kan niemand se siel enige goed
doen nie. Kinders met teveel geld in die
sak, raak so bederf daardeur dat hulle
liewers na-skools wil werk as om volle
aandag aan hulle skooldae te gee. Dis
een reël wat ons vir ons kinders gemaak
het. Hulle was nie toegelaat om naskools
teveel te werk nie (behalwe in die somers,
wanneer hulle altyd gesorg het dat hulle
iets doen om geld te verdien.) Maar in
die skooljaar het hulle aandag gegee aan
hulle skoolwerk en aan skoolaktiwiteite
deelgeneem. Die medaljes wat hulle
vir leierskap en sportsaktiwiteite gekry
het, het dit moontlik gemaak vir hulle
om toegang te kry tot van die beste
universiteite in Kanada, en het hulle
uiteindelik baie meer geld in die sak
gebring as die skamel geldjies wat
hulle by McDonalds en Burgerking
kon verdien. Dis die een raad wat ek
vir ouers van skoolgaande kinders gee:
moenie dat julle kinders naskools
werk nie.

Gloudina
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38525 is 'n antwoord op boodskap #38456] Di, 23 Januarie 2001 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>> Die medaljes wat hulle
> vir leierskap en sportsaktiwiteite gekry
> het, het dit moontlik gemaak vir hulle
> om toegang te kry tot van die beste
> universiteite in Kanada, en het hulle
> uiteindelik baie meer geld in die sak
> gebring as die skamel geldjies wat
> hulle by McDonalds en Burgerking
> kon verdien. Dis die een raad wat ek
> vir ouers van skoolgaande kinders gee:
> moenie dat julle kinders naskools
> werk nie

Voeg by: '... as julle in Kanada bly. In SA waar jou kind nie 'n beurs
sal kry as hy nie op AA gronde kwalifiseer nie sal elke bietjie geld
help. Dit is ook noodsaaklik dat jou kind selfstandig sal wees en
ondervinding sal he as hy dalk die land wil verlaat.'

--
http://lous.zzn.com/
Re: Doktor Gloudina [boodskap #38539 is 'n antwoord op boodskap #38525] Di, 23 Januarie 2001 23:58 Na vorige boodskap
Klipspringer  is tans af-lyn  Klipspringer
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 23 Jan 2001 14:56:36 +0200, lous wrote:

>
>
> @home.com wrote:
>>> Die medaljes wat hulle
>> vir leierskap en sportsaktiwiteite gekry
>> het, het dit moontlik gemaak vir hulle
>> om toegang te kry tot van die beste
>> universiteite in Kanada, en het hulle
>> uiteindelik baie meer geld in die sak
>> gebring as die skamel geldjies wat
>> hulle by McDonalds en Burgerking
>> kon verdien. Dis die een raad wat ek
>> vir ouers van skoolgaande kinders gee:
>> moenie dat julle kinders naskools
>> werk nie
>
> Voeg by: '... as julle in Kanada bly. In SA waar jou kind nie 'n beurs
> sal kry as hy nie op AA gronde kwalifiseer nie sal elke bietjie geld
> help. Dit is ook noodsaaklik dat jou kind selfstandig sal wees en
> ondervinding sal he as hy dalk die land wil verlaat.'

Jy is heeltemal reg Lous.
Vorige onderwerp: Re: Archives: January 23, 1901
Volgende onderwerp: crime info
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 21:09:43 MGT 2024