Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Patriargie en rol van die vrou in die Afrikaanse gemeenskap
Re: Patriargie en rol van die vrou in die Afrikaanse gemeenskap [boodskap #38444] Vr, 19 Januarie 2001 20:37 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Op die oomblik is daar so interessante reeks artikels wat verskyn in
> die Engelse nuusgroep onder die titel "Suid Afrika".
>
> Any takers? Ek wil net sommer nou al se dat ek nogal geneig is om
> saam met Stefan te stem, maar ek dink dat meeste ouens wat in hierdie
> nuusgroep skryf, nie sal saamstem nie?
>
> Stefan Andreasson wrote:
>
>> Afrikaner society is definitely one of the more regressive patriarchies
>> among European-related societies.
>

Ek sal nie vir Stefan te ernstig opneem nie. Hy kry al sy
informasie uit sekere boeke wat die tradisionele Engelse
partylyn oor "Afrikaner society" het. Hy het ook gedink
JM Coetzee is 'n Afrikaner.
As mens na Ingmar Bergman se films kyk, dan is die
Skandinawiese maatskappy van die 18 de en 19 de eeu
wat daar uitgebeeld word, ook maar baie patriargaal
en regressief.
Een van die dinge wat my die meeste opgeval het
toe ek na Noord-Amerika gekom het, was hoe amper
agteraf en patriargaal die afkomelinge uit Europa hier
in Noord-Amerika is. Dit is die immigrante van die
Verre Ooste, veral die Indiese subkontinent, en selfs
van die Nabye Ooste, wat die mees progressiewe en
vitale intellektuele stimulus verskaf aan die nuwe Noord-
Amerikaanse scene.

Gloudina
Re: Patriargie en rol van die vrou in die Afrikaanse gemeenskap [boodskap #38480 is 'n antwoord op boodskap #38444] So, 21 Januarie 2001 01:50 Na vorige boodskap
Klipspringer  is tans af-lyn  Klipspringer
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 20 Jan 2001 17:59:46 -0500, Danielle wrote:

> Dit is interessant om die wye gaping te sien tussen verskillende
> gespreksvlakke van persoonlikhede op hierdie groep.

Wat bedoel jy?

> Ou Joorsie het darem een waarheid kwytgeraak in sy speech vandag, en
> dit is dat "education is the great equalizer" ( ek glo darem nie hy
> het na 'n switchblade verwys nie) :-)

Wat doen die knipmes in jou redenasie, Danielle?

> Anyway, mens kan net hoop dat die Afrikaner homself meer sal toespits
> op hoer opvoeding in die toekoms.

Ja, veral as dit pa en ma is wat altyd die wet van Transvaal moet
nakom ne?

> Dat die jonger generasie sal besef
> dat dit slegs KENNIS is wat hulle vry sal maak. Die rol van die vrou

En waarvan moet hulle bevry word, dink jy?

> word nogsteeds ontsettend onderdruk in die Afrikaner gemeenskap, al
> word dit nie aanvaar of raakgesien nie. Gaan gesels bietjie met 'n
> boeremeisie, en sien wat ek bedoel. Die "intellektueles" wat op
> neergekyk word deur sekere mense, is juis die ENIGSTE hoop vir die
> toekoms van Suid Afrika. Ek verwys natuurlik na wit en swart
> geleerdes...

Jy praat nonsens. :)
Vorige onderwerp: Mal website
Volgende onderwerp: Vettie hou op jpg's pos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 17:39:23 MGT 2024