Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans vir "arc-eyes"?
Afrikaans vir "arc-eyes"? [boodskap #37964] Vr, 22 Desember 2000 08:06 na volgende boodskap
Piet Pompie  is tans af-lyn  Piet Pompie
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Een van my vriende gebruik "boogoog", maar ek kry nie dit of enige ander in
my woordeboek nie.
Re: Afrikaans vir "arc-eyes"? [boodskap #37985 is 'n antwoord op boodskap #37964] So, 24 Desember 2000 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nasty Quaker  is tans af-lyn  Nasty Quaker
Boodskappe: 72
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dit is waarskynlik omdat die woord nie werklik op Engels bestaan nie,
behalwe in Benoni. Probeer "sweisersoog", of "sweisverblinding".

"Piet Pompie" skryf in boodskap news:91v1s7$otq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Een van my vriende gebruik "boogoog", maar ek kry nie dit of enige ander in
> my woordeboek nie.
>
Re: Afrikaans vir "arc-eyes"? [boodskap #38018 is 'n antwoord op boodskap #37985] Do, 28 Desember 2000 04:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is arkaais nie Afrikaans nie?

"Nasty Quaker" skryf in boodskap news:Crq16.681$Fd7.124623@news.uswest.net...
> Dit is waarskynlik omdat die woord nie werklik op Engels bestaan nie,
> behalwe in Benoni. Probeer "sweisersoog", of "sweisverblinding".
>
> "Piet Pompie" wrote in message
> news:91v1s7$otq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Een van my vriende gebruik "boogoog", maar ek kry nie dit of enige ander in
>> my woordeboek nie.
>>
>
Re: Afrikaans vir "arc-eyes"? [boodskap #38035 is 'n antwoord op boodskap #38018] Sa, 30 Desember 2000 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Arc eyes bestaan nie net in Benoni nie - vra maar enige suster met
industriƫle verpleging. Arc eyes ontstaan omdat die oog ontsteking kry as
gevolg van die ultra-violet bestraling wat inherent is aan boogsweiswerk.

Persoonlik gebruik ek arc eyes want almal weet waarvan jy praat - nie slegs
net Benoni nie. Dit is in dieslefde klas as knormoer - gee die puriste iets
om te doen maar die motoronderdeleverkoopsman ken 'n bendix beter. Probeer
gerus maar 'n knormoer op 'n Saterdagoggend koop - of beter, kyk of jy jou
oog gesond kan kry met die simpel afrikaanse term wat op soek is.

Sterkte
Re: Afrikaans vir "arc-eyes"? [boodskap #38038 is 'n antwoord op boodskap #38035] Sa, 30 Desember 2000 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Pete wrote:

> knormoer
> 'n bendix

Ek weet nie wat een van die woorde beteken nie.Ek dink nie ek het dit ooit
geweet nie. Kan iemand
asseblief vir my verduidelik in woorde van een
sillabe asseblief. Ek ken nie die dele van 'n kar
goed nie, nie in Engels nie, nie in Afrikaans nie.

Tant Hessie wat darem weet wat
'n moer is.
Re: Afrikaans vir "arc-eyes"? [boodskap #38080 is 'n antwoord op boodskap #37964] Di, 02 Januarie 2001 12:01 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n Knormoer is die stater motor. (Die ding wat di engin swaai as jy die
sleutel draai)

Bendix is dieselfde. Daar is basies 2 tipes : Bendix kompressie en bendix
torsie stater motors . (Inskop en uitskop )

Krokkie

@home.com wrote in message ...
> Pete wrote:
>
>> knormoer
>> 'n bendix
>
> Ek weet nie wat een van die woorde beteken nie.Ek dink nie ek het dit ooit
> geweet nie. Kan iemand
> asseblief vir my verduidelik in woorde van een
> sillabe asseblief. Ek ken nie die dele van 'n kar
> goed nie, nie in Engels nie, nie in Afrikaans nie.
>
> Tant Hessie wat darem weet wat
> 'n moer is.
>
Vorige onderwerp: Disting deur Oubaas
Volgende onderwerp: Brief aan Bush
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:50:11 MGT 2024