Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Stille Nag
Stille Nag [boodskap #37929] Wo, 20 Desember 2000 15:30
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

STILLE NAG

Stille nag, heilige nag.
Alles rus, eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar kindjie met Josef so trou;
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor.
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend’lik lag,
liefde teer uit u god’like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
Vorige onderwerp: radio internet
Volgende onderwerp: My translation of Stille Nag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 04:45:11 MGT 2024