Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie gloudiena
briefie vir antie gloudiena [boodskap #37781] Do, 14 Desember 2000 17:51 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

sjoe antie weet antie hoe bly is ek die jammerikaners se gesikkel is
oor voor krismis. my pa sê hys so bly hys sommer lus en skryf 'n gedig -
'bietieng about the boesh' sê hy. ma' netou dink die mense hys breitin
of iemand as hy 'n gedig skryf antie.

hie by ons was laas week ook mos ytverkiesing antie. oom taboe se mense
wou nie gaan stem nie toe lykit of oom tounie 'n bietjie beter doen al
was sy mense al op maghyt se strand. my pa sê oom tounie gaan te kere
asof hy gewen het ma' hy wonner wat sou oom tounie gesê het as hy meer
stemme gekry het ma' die hof sê oom taboe het gewen.

weet antie lat ons ook 'n hofsaak oor die ytverkiesing gehad het. een
van oom boetenlesopsê se kanniedade is mos voor die verkiesing vermoor.
toe vra die ieveepee lat hulle 'n anner kanniedaad aanwys ma' die hof
sê nee die mense moet ma' vir die dooie lyk stem. stink storie antie
want wie wil nou vir 'n lyk stem behalwe as dit in jammerika is waar jy
kan kies tussen twee lyke.

my pa willie vir my sê vir wie hy gestem het nie antie. hy sê hy het sy
briefie die verderf in gelei. hy skryf op sy briefie waar gaan sanien
geld kry om ses en sestag presidente te petaal sê my pa. ma' my pa
sê 'n dooie lyk behoort 'n beter raadslid te wees as 'n lewendige een
want die stink lat die mense darrim petymaal regop sit. soos 'n myshond.

gaan antie ook antie antjie somers se brief teken en afkoop boete
petaal antie. my pa sê hy teken en petaal niks nie. hy sê antie antjie
moet vir ons kom vertel hoelat die koebaanse koels oor haar kop geflyt
het sonner lat sy 'n sê gehad het. my pa sê hy't nie eers tyd gehad om
vir sy ma 'n brief met fênsie leestekens te skryf daai tyd nie wat nog
van 'n gedig. hy sê hy's lus om 'n brief op te stel wat mense moet
teken wat klaar petaal het. hy sê as antie antjie somers nie sy brief
teken nie gaan hy haar naam vir die ontvanger gee vir pelasting
ontdyking.

koebaai antie, annerweek gaan ons vir my ouma op mossel baai kyer waar
die water blou bilt. my pa sê die kaap is na die virkiesing die enigste
plek wat nog so effens hollans is.

hennerietjie

Sent via Deja.com
http://www.deja.com/
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37874 is 'n antwoord op boodskap #37781] Sa, 16 Desember 2000 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> hellou my antie
>
> sjoe antie weet antie hoe bly is ek die jammerikaners se gesikkel is
> oor voor krismis. my pa sê hys so bly hys sommer lus en skryf 'n gedig -
> 'bietieng about the boesh' sê hy. ma' netou dink die mense hys breitin
> of iemand as hy 'n gedig skryf antie.
>

Haai, ou Hennerietjie, tannie gloudina lees nou eers jou
ou briefie hier op die nuusgroep. Ons was vir twee dae
afgesny gewees van die internet deur ons stupid kabel-
voorsiener, wat konneksies het met Excite@home, wat
in Kalifornië gesetel is. Dit lyk vir my Kalifornië se hele
elektriese sisteem is besig om in die duie te stort. As ek
nou die Kaliforniërs is, trek ek na Kanada toe, waar ons
baie elektrisiteit het vir net dertig miljoen mense. (Dis nou
wanneer daar nie 'n ysstorm kom en al die pale val om,
en dan sit ons ook sonder elektrisiteit, soos twee jaar
gelede nie.Sommige bome staan nou nog krom van al
die ys wat hulle takke afgeskeur het.)
Nee, sê maar vir jou pa hy moet die gedig skryf.
Niemand sal vir hom met Breyten kan verwar nie. Tannie
sit nou ek lees aan 'n boek wat Tannie as 'n prys gewen
het (nogal met Breyten se eie handtekening voorin), maar
dis so boring dat tannie nie verby die eerste twintig bladsye
kon kom nie. Die boek se naam is "Woordwerk."

Tannie Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37875 is 'n antwoord op boodskap #37781] Sa, 16 Desember 2000 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

>
>
> koebaai antie, annerweek gaan ons vir my ouma op mossel baai kyer waar
> die water blou bilt.

Ai, Hennerietjie, Tannie sal darem so graag daar by julle indie see wil kom
swem. Hier by ons het ons nou vreeslik baie
sneeu wat alles verlede week geval het. Nou hoor ons dis
more weer plus 10 C, dan kom smelt die hele klomp sneeu
weer. En as dit dan begin vries, dan is die paaie soos spieëls.
Ek wens daar wil 'n natuurwet wees dat as dit onder vriespunt
is, dit daar bly totdat die winter oor is. So 'n egale - 10 C is
baie lekker.

Tannie Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #37876 is 'n antwoord op boodskap #37781] Sa, 16 Desember 2000 16:01 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> sjoe antie weet antie hoe bly is ek die jammerikaners se gesikkel is
> oor voor krismis.

Hennerietjie, die Amerikaners se gesukkel begin nou eers. TerwylShrub nou
probeer om die Demokrate te kalmeer, begin skrou die
Far Right nou "wat van ons?" Ek dink Shrub gaan meer moeite hê
met sy eie party se regtervleuel as met die Demokrate op die
linkervleuel. Vra nou vir jou pa om 'n gedig oor dáárdie voetbal-
wedstryd te maak!

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Zoek correspondent in SA
Volgende onderwerp: Re: Cross Posting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:06:21 MGT 2024