Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vergewe en Vergeet
Vergewe en Vergeet [boodskap #37704] Di, 12 Desember 2000 11:34
Frik  is tans af-lyn  Frik
Boodskappe: 43
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
Daar is iets wat my dwars in die krop steek en dit is ons Afrikaners se
jamergattige houding. Dit lyk vir my dit het nou mode geword om te bieg oor
jou apartheids sonde. Gister sien ek in die Beeld dat tot die rugby spelers
gaan nou bieg oor hulle apartheids sonde.

Ek glo dat as jy apartheids sonde gedoen het en jy het jou sonde voor Die
Liewe Vader bely, het Hy jou al lankal vergewe. Hoekom moet ons dan weer
voor mense bely, mense soos Aartsbiskop Desmond Tutu wat sy grys hare uit sy
kop uit wil trek as hy na al die stories luister. Hoekom moet ek of enige
ander mens voor 'n mens gaan bieg.

Ons moet besef dat hoe meer ons kruip en bieg hoe meer gaan daar van ons
verwag word om te kruip en te bieg en voor ons ons oe uitvee is ons
vloerlappe van die agtergeblewende volk.

Ons as Afrikaners is 'n klom slapgatte, ons is sulke patete en Sannie
jammergatte, jammer dat ons asem haal en leef. Jammer oor al die moord en
doodslag en verkragtings wat plaasvind. Maar wat doen ons NET MOOI NIKS.

Plaas laat ons ophou bieg, begin saamwerk en begin om iets te doen aan die
saak.

Ek is nie jammer oor wat ek hier gese het nie en ek staan by my woorde.
Vorige onderwerp: Zeeuws?
Volgende onderwerp: Vir die Reisiger (Persentasie stem)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:53:58 MGT 2024