Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Viverridae
Viverridae [boodskap #37459] Vr, 01 Desember 2000 00:00 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Seergeagte Mnr Muishond,

Baie dankie dat ek op hierdie wyse u aandag kon kry! Ek beskik oor
inligting wat in u hoedanigheid, veral ten opsigte van
verdedigingsmeganismes, vir u van onskatbare waarde mag wees. Voordat u
u dus haas na die 'delete'-knoppie, versoek ek u vriendelik, dog
ernstig, om verder te lees.

Soos u bewus mag wees (of hoogswaarskynlik nie) behoort muishonde tot
die orde Carnivora, familie Viverridae. 'n Uitstaande kenmerk van
laasgenoemde is hulle besonder goedontwikkelde anaalkliere wat 'n sterk
gegeurde stof afskei waarmee hulle vyande afskrik. As u dus in die
toekoms kinders wil afskrik, dink ek dit sal raadsaam wees om te dink
waar die muishond stink. Uriene is nie die antwoord nie.

As ek nog u aandag het, net iets oor my seun hennerietjie - sy
gunsteling uitdrukking is 'n aanhaling van Paulus, soos u mag bewus
wees, 'n ewe proliferatiewe briefskrywer - "toe ek 'n kind was, het ek
gedink soos 'n kind". Dit val my op dat Paulus nie 'n besonder goeie
sin vir humor gehad het nie, behalwe vir die enkele keer toe hy
aangedui het dat hy in sy eie handskrif skryf. U herinner my aan Paulus.

Hoogagtend die uwe,

Henri Burger
Re: Viverridae [boodskap #37541 is 'n antwoord op boodskap #37459] Ma, 04 Desember 2000 00:00 Na vorige boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
(Byna verby die berig gegaan sonder om te sien dat dit vir my was!)

Mnr Burger (of mag ek sommer Henry sê? - Ons is lekker informeel hier.)

Skunk slaan sy naam met 'n plank! Sorry, ek het regtig gedink dat dit urine
is waarmee 'n muishond sy vyand afskrik, maar ek sal nooit weer vergeet nie.
Daai groot biologiese name kan ek egter al klaar nie meer onthou nie...

Ek's jammer as jy beledig voel omdat ek vir jou seun ("hennerietjie") gesê
het dat sy poste moeilik lees. Ek het intussen die saak goedgestel, en kry
nie meer sy poste nie, so geen rede tot kommer nie. (As hy regtig opreg sy
beste doen - vra ek hierby verskoning, ek dog hy (het eintlik gedog dis 'n
SY!) sit aan) Dit verander natuurlik niks aan hoe ek oor sy poste voel nie.

Die Paulus stukkie gaan ongelukkig oor my kop... Bedoel jy dat ek nie 'n sin
vir humor het nie? Of is dit omdat ek probleme het met dinge van kinders?
Alle geval, 'n groot kompliment om met so groot man vergelyk te word.
Dankie.

Ek hoop die sakie is uitgeklaar en dat ons nie kwaai vriende is nie. Eerder
geen vriende.

Groete (ook vir hennerietjie)

Skunk (let op, nie "muishond" nie)

PS: Ek weet nie hoe oud hennerietjie is nie, maar ek sou maar sensor voor ek
hom sommer voor die nuusgroep laat inskuif, hier waai die hare soms.

Henri Burger schreef in berichtnieuws 9090g1$p09$1@nnrp1.deja.com...
> Seergeagte Mnr Muishond,
>
> Baie dankie dat ek op hierdie wyse u aandag kon kry! Ek beskik oor
> inligting wat in u hoedanigheid, veral ten opsigte van
> verdedigingsmeganismes, vir u van onskatbare waarde mag wees. Voordat u
> u dus haas na die 'delete'-knoppie, versoek ek u vriendelik, dog
> ernstig, om verder te lees.
>
> Soos u bewus mag wees (of hoogswaarskynlik nie) behoort muishonde tot
> die orde Carnivora, familie Viverridae. 'n Uitstaande kenmerk van
> laasgenoemde is hulle besonder goedontwikkelde anaalkliere wat 'n sterk
> gegeurde stof afskei waarmee hulle vyande afskrik. As u dus in die
> toekoms kinders wil afskrik, dink ek dit sal raadsaam wees om te dink
> waar die muishond stink. Uriene is nie die antwoord nie.
>
> As ek nog u aandag het, net iets oor my seun hennerietjie - sy
> gunsteling uitdrukking is 'n aanhaling van Paulus, soos u mag bewus
> wees, 'n ewe proliferatiewe briefskrywer - "toe ek 'n kind was, het ek
> gedink soos 'n kind". Dit val my op dat Paulus nie 'n besonder goeie
> sin vir humor gehad het nie, behalwe vir die enkele keer toe hy
> aangedui het dat hy in sy eie handskrif skryf. U herinner my aan Paulus.
>
> Hoogagtend die uwe,
>
> Henri Burger
>
Vorige onderwerp: Adam en Evolusie ?
Volgende onderwerp: Suidwesters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:21:40 MGT 2024