Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kennis van die Bybel.
Re: Kennis van die Bybel. [boodskap #37400] Do, 30 November 2000 00:00
Blommetjie  is tans af-lyn  Blommetjie
Boodskappe: 157
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Stef Roux skryf in boodskap news:0uWU5.73247$Z2.989103@nnrp1.uunet.ca...
> Blommetjie
>
> Jy s^ dat ek nie my Bybel ken nie. Wel ek is
> darem bereid om my Bybel te lees om sodoende die
> kennis op te doen wat ek kortkom.

Dit is ook goed so. Jy gaan nog lekker lees.
Ek ken my Bybel redelik goed, maar ek self gaan nog
leer tot op die laaste dag. 'n Mens is nooit te oud om
te leer nie.

> Ek het ten
> minste 'n paar Bybels wat ek kan raadpleeg.
> Verder het ek ook 'n Strongs waarin ek die woorde
> in die oorspronklike Hebreeus en Grieks kan
> naslaan om te sien wat regtig daar geskryf staan.

Ek gebruik ook 'n hele paar vertalings.
-En ek kwoteer baie verse daaruit.
Net jammer dat 'jou eie menings' hier Baie meer
voorkom as 'verse uit jou baie bybels'.

Strong's kom nie naby Akkuraatheid wat Vertaling
aanbetref nie, soos wel die geval is by Young's
Analytical Concordance of the Bible.
As jy kan, -kry dan asb. vir jouself ook een.

> Op grond hiervan wil ek nou vir jou demonstreer
> hoe jy die Bybel misbruik om jou misplaasde
> vooroordele te probeer regverdig.

Demonstreer ? -Jy is baie welkom om te probeer ...
Kom ons kyk hoe jy vaar.

> Eerstens probeer jy met alle geweld 'incest' in
> Adam se geslag regverdig. Maar daar is geen
> Bybelse gronde voor nie. Al het Adam seuns en
> dogters gehad staan daar nie dat hulle met mekaar
> getrou het nie.

Korrek.
Dit Hoef nie Spesifiek DAAR te staan nie, want ...

Genesis 5 beskryf mooi die geslagslyn van Adam
tot op Noag. Lukas 3: 23-38 beskryf baie mooi
die geslagslyn van Adam tot by Christus.
Adam word hier (vers 38) genoem "die seun van
God". Adam is ook die Identiteit / Gelykenis van
God op Aarde. -Dit het ek alreeds aangehaal en
bewys.

Ek beweer dat Adam en Eva slegs aan Een Ras
behoort het. Ek beweer dat Adam se geslag Nie
vanself 'ge-evoleer' (verander) het om al die ander
'rasse' te vorm nie. [Jer.13:23. "Kan 'n Kusiet sy
vel verander of 'n luiperd sy vlekke ?"]

Ek beweer dat daar wel ander 'mens-agtige'
(homoniede) 'rasse' hier op Aarde was, lank voor
Adam. Ek noem hulle Pre-Adamiete. -Daarom
beskou ek hierdie Pre-Adamiete as lede van die
Diereryk [geskape voor Adam]. -Dit het ek ook
alreeds aangehaal en bewys.

Ek beweer dat God sy Saad [Adam = Die kroon
van die Skepping = "Mens"] hier op die Aarde
geplaas het. Ek beweer dat God graag Sy Saadlyn
[Identiteit] Suiwer wil hou, en nie wou laat uitbaster
nie. Verbastering het wel plaasgevind, maar God
het dit verdoem, en ook sulkes onder Sy Volk
uitgeroei. Die satan het keer op keer probeer om
die Volk van God te laat Verbaster. -Want hy wil
God se Geslag stelselmatig op Aarde uitroei.

God se Saad [Israel] was ook verdoem deur die sondeval.
God wou weer Sy Geslag [Volk] uitred van die sondeval.
Sonde word geken deur Die Wet van God.
Die Wet was Slegs aan God se Volk, Israel gegee.
Slegs Israel se sondes was dmv. die bloed (van diere)
dmv. offers afgewas. Die Hoëpriester was die Middelaar
tussen Israel en God. -Dit was die Ou Testament
[Ou verbond] wat God met Sy Volk Israel aangegaan het.
Die Ou Testament voorspel die koms van die Nuwe
Testament [Nuwe Verbond = Christus] wat God met
Sy Volk Israel sal aangaan om hulle te red.

In die Nuwe Testament het God 'n Nuwe Verbond
met Sy Volk Israel [Die volle Twaalf Stamme]
aangegaan deur Sy Seun Christus as Finale Offer
[Middelaar] aan te bied vir die sondes van Sy Volk.
Nou is dit nie die bloed van diere wat Israel se sondes
afwas nie, maar die Bloed van Christus self. Slegs
Israel bly nog steeds Die Volk [Geslag] wat gered
word van hulle sonde-skuld. Dit kan ek bewys.

Ek beweer dat God dit haat wanneer sy Volk
Israel met ander volke vermeng het. Ek beweer
dat God verbastering nou nog haat. Ek beweer
dat slegs Israel [Die Suiwer Nasate / Oorblyfsel]
Uitverkore is, en ook Alleen gered sal word.
Dit sal ek enige tyd vir jou volledig bewys.

Maar ...

Liberales soos jy beweer die Teenoorgestelde,
en wil baie graag Eenheidsleer verkondig deur
te beweer dat :

1) Alle rasse uit Adam 'voortspruit' (Evolusie) en
daarom dat Israel ook uit alle rasse bestaan het.

of ...

2) Die mans van hierdie geslagslyn [Gen.5.] vir
hulleself Pre-Adamietiese vroue geneem het en
daardeur 'n bastergeslag voortgebring het.
Julle wil beweer dat God se saad (geslag) hier
op Aarde slegs in terme van basters gedefiniëer
kan word.

Hiermee wil julle dan ook verder beweer dat die
Twaalf Stamme van Israel 'n spul basters was,
wat dan ook insinueer dat Israel uit alle rasse,
volke, nasies (en basters) bestaan het. Sommige
van julle gaan ook so vêr om Christus as 'n donker
baster voor te stel.

Om julle Eenheidsleer [Die Leer van Bileam] te
'ondersteun', misbruik / verdraai julle graag 'n
paar verse in die Bybel, (en ek Ken hulle Almal)
waarmee julle dan ook die boodskap van die Res
van die Bybel probeer verander / buig, om by julle
laakbare Eenheidsleer [Die Leer van Bileam] aan
te pas.

Dit 'verskaf' aan julle natuurlik die 'fondament'
om te beweer dat alle rasse 'gered' kan word,
en dus dat alle rasse 'christene' kan wees, wat
op sy beurt 'n goeie 'verskoning' vir julle is om
gemengde huwelike goed te praat, -Want
'christene' mag mos met mekaar trou. -So praat
julle graag die verbastering van God se geslag
skaamteloos goed.

Dan probeer julle ook om graag van die term
'geestelike Israel' gebruik te maak, om sodoende
almal onder die son by God se 'uitverkiesing' in
te sluit. Net jammer vir julle, dat Daardie konsep
Nêrens in die Hele Bybel voorkom nie.

Satan wil baie graag die Geslag van God op Aarde
uitroei, en verbastering is een van sy slinkste maniere
wat hy van die begin af daarvoor gebruik. Daarom is
jy ook maar net 'n dwase werktuig in die hande van
die satan, omdat jy hom ondersteun in sy onderneming.
Jy Ontken die Unieke Identiteit van God se Volk, Israel.

Hierdie Laakbare, Liberale Eenheidsleer kan egter
nie standhou nie, want dit druis Teen 99 % van die
Bybel in. - Dit kan ek, -en Sal ek oor-en-oor bewys.
Probeer my gerus en sien dan self. Ek was lank
terug een van die 'teoloë' wat die hardste baklei het
Teen die Israel-Waarheid. Maar hoe meer ek dit
verkeerd wou bewys, hoe meer het die Bybel
vers-vir-vers aan my die teendeel bewys.
-So sal dit met jou ook wel die geval wees.

> En die stelling dat hul gene nog
> redelik volmaak was (wat dit ookal in
> wetenskaplike terme sou beteken) is ongegrond.

Dan sal jy vir ons seker sê waarom hulle in die
begin so lank gelewe het.

> Jy probeer verder Abraham se huwelik inbring as
> getuie vir jou saak. Maar die feit dat Abraham
> met 'n half suster getroud was beteken nie dat die
> vir God reg was nie.

Jou onkundige redenasievermoë skyn hier helder.
Abraham was een van die belangrikste persone in
die Ou Testament, wat ook een van die mooiste
verhoudings met God gehad het. Indien dit nie
in God se oë welbehaaglik was, dat Abraham met
sy half-suster getroud was nie, -dan sou God Sekerlik
ook Duidelik Sy Wil hieromtrent bekend gemaak het.
Waar iets mbt. Sy Volk, Nie vir God welbehaaglik
was nie, het God altyd baie vinnig van Hom laat hoor.
Bewys nou hier vir ons die teendeel.

> Die Bybels is baie duidelik
> daaroor dat Abraham op grond van sy geloof gered
> is en nie op grond van wetsonderhouyding nie.

Soos ek alreeds aangedui het, laat jou redenasievermoë
veel te wense oor, omdat jou stelling hier irelevant is, en
vêr van die onderwerp afdwaal. Ek het nie gepraat van
Abraham (of Persone) se redding (of geloof) nie, maar
ek het Wel aangedui dat Uitverkore persone [van die
Saadlyn van God] Wel met Familielede ingetrou het.
Probeer asb.weer, boetie.

> Verder haal jy 'n klomp versies aan. Wel om te
> begin haal jy Mal 2:15 uit verband uit aan. As jy
> die deel mooi lees sal jy sien dit handel eintlik
> oor die huwelik en verwys na Gen 2:24.

Mal. 2:15. "Het Hy dan nie Een mens gemaak nie, hoewel Hy
gees oorgehad ? En waarom die Een ? Hy het 'n
geslag van God gesoek. ..."

Kyk maar weer.
Uit verband dié is ek Nie. Ja, die huwelik word óók hierby
ingebring, en veral ontrouheid, waarteen God spreek.
Daarmee is niks fout nie, want Maleági was 'n Profeet van
Israel, en hier praat God deur Maleági alleen met Israel,
soos aangedui in Mal.1:1. "GODSPRAAK. Die woord van
Die Here aan Israel deur die diens van Maleagi."

En Gen.2:24 het betrekking op die geslag van Adam en Eva.
Nou ja. -Hier het ons nog steeds te doen met God se Geslag.

Nou : Wat het 'die huwelik' vir Jou uit te waai met ; *Hy het
'n geslag van God gesoek.* ??
*Sal jy Dit asseblief hier vir ons kan koppel of uitlê ??
*Sal jy daarna ook vir ons die direkte betekenis van hierdie
vers kan verduidelik, asook waarom dit daar staan ??
-Byvoorbaat Baie Dankie. -Jy is mos so 'slim'.

O Ja, ... Jy het 'vergeet' om vir ons jou 'uitleggings' (verdedigings)
van die res van my verse ook te gee. Ons wag in spanning.

> Dan haal jy onder andere 1 Pet 2:9 aan waarin van
> die uitverkore geslag gepraat het. Jy noem dat
> die geslag ('genos' Strongs 1085) na ras verwys.

Ja. Young's Analytical Concordance en ander akkurate
vertalings van die Bybel dui mooi aan dat "geslag" hier
wel "ras" beteken. Wil jy dit Ontken ?

1 Pet.2:9. "But you are a chosen race, a royal priesthood,
a holy nation, a people for special possesion, "

Hierbo word ook Slegs van Israel gepraat, en Nie van al
jou 'ander rasse' nie. Wil jy dit dalk verkeerd bewys ?
-Kom dan gerus terug, sodat ek dit aan jou kan bewys.

> Dan haal jy ander versies aan waarin die woord
> geslag gebruik word. Maar in hierdie gevalle is
> die woord in die oorspronklike Grieks 'genea'
> (Strongs 1074) en dit beteken generasie of
> ouderdomsgroep soos dit inderdaad in die vertaling
> verskyn en deur meeste Christene geinterpreteer
> word. Iemand het jou hier mislei.

Duidelik sukkel jy om te lees.

O nee. Ek is sekerlik Nie hier mislei nie. Jy verwys
nou hier slegs na Mark.13:30. Hier het ek slegs aangedui
dat die 'genea' [= "nageslag van". (-Young's)] aandui op
'die Nageslag' van die persone waarvan Jesus hier praat,
nl. die Uitverkorenes [vers 27].

Dit kan defenitief Nie op "ouderdomsgroep" dui nie, want
ten tye van die Wederkoms sou hulle almal al lankal dood
wees. Maar wat hulle 'generasie' aanbetref ; - dié sal dán
nog steeds bestaan.

Christus is hier besig met Sy Profetiese Rede, waar Hy
met van Sy Dissipels praat oor die toekoms van Israel.
Hy haal hier dan ook vir Daniël aan [vers 14].
Ons almal weet baie goed oor Wie Daniël geprofeteer
het, nê ? Indien jy dit nie weet nie, sal ek dit graag aan
jou wys.

> Baie van die versies wat jy aanhaal hou direk
> verband met jou argument nie, en kan gesien word
> dat dit vir alle mense op aarde geld.

Noem hulle en motiveer dan asb. Ek wag.

> Kom ons kyk nou bietjie wat die Bybel ook nog s^:
> Met jesus se Helem vaar gee hy die volgende opdrag
> aan sy dissipels:
> Matt 28:19 "Gaan dan na al die nasies toe en maak
> die mense my dissipels..."
> Daar staan "al die nasies" en nie "al die nasies
> behalwe die swartes nie."

Nog nooit van 'n "Helem vaar" gehoor nie, maar
nou-ja ... ;-)

Ja. Daar staan "al 'die' nasies en nie 'alle' nasies nie.
In konteks met die res van die Nuwe Testament sal
ek dit vir jou mooi en sonder twyfel kan aandui dat
hierdie 'nasies' slegs die verstrooide Israel-Nasies is.

Kom ons begin sommer by Matt.15:24. "Maar Hy
antwoord en sê : Ek is net gestuur na die verlore
skape van die huis van Israel, .."

In vers 28 het Hy ook Nie aan haar gesê dat sy nou
'gered' is nie. Omdat sy 'n 'hondjie' was, het Hy haar
slegs 'n guns bewys.

Daar is nog talle ander voorbeelde wat ek vir jou
ook sal kwoteer.

> In die ou testamentiese tyd het God vir hom 'n
> spesifieke volk uitgesoek wat hy gelei en geleer
> het, maar met jesus se koms word hierdie genade
> van God aan alle nasies geskenk.

Ja en Nee. ...

Ja, Israel is wel God se Uitverkore Volk.
En Israel Bly dit ook tot in alle Ewigheid.
Hierdie Israel is en Bly 'n Fisiese Uitverkore Volk.

Nee. Al hierdie 'nasies' van die N.T. was slegs die
Verstrooide Israeliete wat vrygekom het, lank na
die Assiriese wegvoering, soos beskryf in die O.T.
Hierdie 'verheidense' Israeliete was verstrooi in al die
nasies van daardie tyd soos bv. die Italianers, die
Grieke die Romeine, ens. Paulus was bv. ook 'n
Romein, asook 'n Israeliet uit die Stam van Benjamin.

> Hierdie ontdekking word deur Petrus in Handelinge
> gemaak en duidelik beskryf:
> Hand 10:34 "... Waarlik, ek begryp nou eers dat
> God nie onderskeid maak nie, maar uit enige volk
> die mense aanneemwat Hom vereer en doen wat reg
> is."

Ja. In die N.T. maak God geen onderskeid tussen die
Huis van Juda [besnede persone (onder Die Wet)] in
Palestina, en die onbesnede 'heidene' [die Verstrooide
10 Stamme = 'die nasies' (nog buite Die Wet)] nie.

In die N.T. word lg. ook genoem "die ander kudde".
In die N.T. staan daar duidelik dat hierdie twee Kuddes
[Die Huis van Juda en Die Huis van Israel (10 Stamme)]
weer saamgevoeg sal word om 'Een Kudde' te vorm.

Lees dan nou verder in Handelinge :

Hand.15:14. "Simeon het vertel hoe God in die begin
uitgesien het om 'n volk uit die heidene
vir Sy Naam te neem."
15. "En hiermee stem die woorde van die
profete ooreen, soos geskrywe is :
16. Daarna sal Ek terugkom en die vervalle
hut van Dawid weer oprig, en wat daar-
van verwoes is, sal Ek weer oprig en dit
herstel,
17. sodat die oorblyfsel van die mense die
Here kan soek, en al die nasies oor wie
My Naam uitgeroep is, spreek die Here
wat al hierdie dinge doen."

Hier in Handelinge word aangehaal uit Amos 9: 8-12.
Amos was 'n Profeet van Israel. Die Hut van Dawid
dui op Israel. Die "nasies oor wie My Naam uitgeroep
is" was nog altyd die Twaalf Stamme van Israel gewees.
Hier kom die woord "Oorblyfsel" ook na vore, waarvan
ek ook vantevore verwys het as die 'oorblyfsel van Israel'.

Let Wel :
Die vervalle Hut van Dawid is die Verstrooide Israeliete.
Die "nasies oor wie My Naam uitgeroep is" , is al die
verskillende Israel-Nasies wat uit die Verstrooiing kom.

Vergelyk :

Jes.43:1. "Maar nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob,
en jou Formeerder, o Israel : Wees nie bevrees
nie, want Ek het jou verlos ; Ek het jou by jou
naam geroep ; jy is Myne !"
5. "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou ; Ek sal
jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel
van die weste af."
6. "Ek sal sê aan die noorde : Gee ! En aan die suide :
Hou nie terug nie ! Bring My seuns van vêr, en My
dogters van die einde van die aarde af,
7. "elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape
het tot My eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak
het."

Hierdie paar verse is maar net die punt van die ysberg.
Daar is nog baie, baie meer wat die verstrooiing, die
uitverkiesing en die terugkoms van Israel mooi beskryf.

> Jy kritiseer my as ek s^ mens moet versigtig wees
> om alles in die Bybel letterlik op te neem. Wel
> nooi jou van harte uit om hierdie dele van die
> Bybel letterlik op te neem en daarvolgens te lewe.

Soos jy kan sien, het ek geen probleem daarmee nie.

> Paulus s^ dat die liefde die volle uitvoering van
> die wet is. Die Christelike beginsel is liefde.
> Dis deur jou liefde vir jou medemens dat jou toon
> of jy in God glo. Alle mense op aarde, alle volke
> word ingesluit by jou medemens.

Nee. Dit is Nie hoe die Bybel die term 'Naaste'
defeniëer nie. Jou Naaste is slegs jou eie (bloed-
verwante) Israel-volksgenote. Die gelykenis van
die Barmhartige Samaritaan bewys ook baie mooi
dat Nie Almal jou Naaste is nie. Christus noem bv.
vir die Fariseërs "Addergeslag". -Hulle was defenitief
Nie Sy [of Sy Dissipels] se Naaste nie.
Vorige onderwerp: briefie vir antie gloudiena
Volgende onderwerp: Kinder redenasie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 20:11:40 MGT 2024