Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaner-hondename
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37317] Di, 28 November 2000 00:00
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
10/10
--
Christo skryf in boodskap
:En hou sy van halsbandjies????
:Christo
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37318 is 'n antwoord op boodskap #37317] Di, 28 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Chr...@eskom.co.za wrote:

> My ondervinding is dat veral onder die swart nasies hier nie juis veel
> waarde aan "liefde" soos ons dit ken, geheg word nie. Daar is meesal ander
> redes waarom hulle trou of saamleef. Dis maar die westerse invloed wat maak
> dat hulle soms " liefde wys". Verstaan wat ek bedoel?
>
>

Die "westerse" idee van die "liefde" is ook maar 'n baiebeperkte konsep. Meeste
mense op die aardbol kies
hulle troumaat nie omdat daar "liefde" is nie, maar vir
ander redes, gewoonlik ekonomies en sosiaal. So
byvoorbeeld het ons vriende uit Indië wat mekaar net
ses weke geken het voordat hulle getroud is. Hy was
'n professor in Kanada en het in Indië geadverteer en
haar familie het geantwoord. Omtrent ses is deur die
professor geinterview, en hy en sy familie het toe die
een gekies waarvan hulle die meeste gehou het. Hierdie
huwelik is net soos suksesvol soos menige ander
huwelike om my.
Ek het ook altyd vir my seuns gesê dat hulle in die
keuse van hulle lewensmaats die ekonomiese en sosiale
status van hulle toekomstige lewensmaat moet ondersoek,
selfs hulle genetiese agtergrond. Dit alles is baie belangriker
as om iemand te trou omdat jy nou vir 'n rukkie so vreeslik
"lief" vir hulle is.

Gloudina
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37319 is 'n antwoord op boodskap #37317] Di, 28 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eindelik het ek nie my hond Hitler genoem omdat ek Hitler die diktator
noodwendig verpes het nie. Ek het hom so genoem omdat hy 'n Duitse
Herdershond is Duits = Hitler. As ek dink aan die Duitsers dink ek dadelik
aan Hitler. My vorige Foksie se naam was Spudnick, en my nuwe enetjie se
naam is Tammy. Moenie my vra waar ek aan die name kom nie, maar 'n hond
kies gewoonlik self sy naam. Hitler het in elk geval oor die laaste twee
jaar verander in Choppa. Dis nou wat my pa hom begin noem het, omdat my
grootjie altyd gesê het ek en my ouer suster is sy "Choppas"

Elaine

Simon van der Schans skryf in boodskap news:3a22d633.0@news1.mweb.co.za...
> Elaine vertel dat hulle Duitse herdershond se naam 'Hitler' is.
>
> Ek weet van 'n Afrikaner-gesin uit die vroeë sestigs wie hulle
> hond 'Nkrumah' genoem het.
>
> So 'n ruk terug het ons dit hier gehad oor 'n verhaal uit die
> Anglo-Boere-oorlog, waar die hond van 'n Boere-gesin die naam
> 'Jameson' (van Jameson Raid-faam?) gehad het .
>
> Ek wonder, is dit 'n gebruik wat meer algemeen voorkom by
> Afrikaners, om hulle hond te noem na iemand (veral 'n politieke
> figuur) wie hulle verpes? Kom dit net by Afikaners voor of ook
> by ander mense? Weet iemand van nog sulke voorbeelde?
>
> Swart Simon
>
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37320 is 'n antwoord op boodskap #37317] Di, 28 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
krokkie[2]  is tans af-lyn  krokkie[2]
Boodskappe: 60
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het 'n vark-hond en ek het Eguene Terblanche genoem , vir die rede om die
goed van die erf af te hou

Simon van der Schans wrote in message ...
> Elaine vertel dat hulle Duitse herdershond se naam 'Hitler' is.
>
> Ek weet van 'n Afrikaner-gesin uit die vroeë sestigs wie hulle
> hond 'Nkrumah' genoem het.
>
> So 'n ruk terug het ons dit hier gehad oor 'n verhaal uit die
> Anglo-Boere-oorlog, waar die hond van 'n Boere-gesin die naam
> 'Jameson' (van Jameson Raid-faam?) gehad het .
>
> Ek wonder, is dit 'n gebruik wat meer algemeen voorkom by
> Afrikaners, om hulle hond te noem na iemand (veral 'n politieke
> figuur) wie hulle verpes? Kom dit net by Afikaners voor of ook
> by ander mense? Weet iemand van nog sulke voorbeelde?
>
> Swart Simon
>
Vorige onderwerp: Help
Volgende onderwerp: Re: Emmy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 15:54:13 MGT 2024